Menslike foute kos Spoorwe? R2 miljard per jaar

Insidente het spoorwegoperateurs R2 miljard gekos tussen 2005 en 2007, het die Spoorweg se Veiligheidsreguleerder Dinsdag gesê.

“Ons het ‘n evaluasie gedoen. In baie gevalle is dit ‘n kwessie van menslike foute,” het ISR hoof uitvoerende beampte Mosenngwa Mofi in Johannesburg gesê.

Mofi het gesê dat die insidente meestal toegeskryf kan word aan ontsporings.

En in die geval van Metrorail wat meestal passasiers hanteer, is brandstigting in waens die groot probleem, “meestal as gevolg van treine wat vertraag word”.

“Passasiers raak ongeduldig en steek die treine aan die brand.”

In terme van treine wat ontspoor was daar die probleem met informele nedersettings naby die treinspore. Dit het meer ongelukke waarby mense betrokke is tot gevolg, asook vandalisme en diefstal.

Mofi het sy kommentaar gelewer as deel van ‘n bewusmakingsveldtog van die ISR.

“Ons wil die publiek blootstel aan ons as ‘n organisasie en dit wat ons doen.”

освобождение от физкультуры купитьДанильченко

Minder mense emigreer, behalwe ingenieurs

Werksverliese en bevriesing van immigrasie in die ontwikkelde wêreld kan in Suid-Afrika se guns werk, met werwingsbeamptes wat sê dat hulle skielik gunstige reaksies kry in hulle soektog na talentvolle buitelanders wat hier wil kom werk. En verder vind Suid-Afrikaners wat vir werk soek in ander lande dat plekke  soos Australië hulle deure toegemaak het.

Maar hoogsopgeleide mense, soos dokters en ingenieurs verlaat Suid-Afrika steeds.

Ingenieurs word globaal gesoek, en Suid-Afrika het van die grootste tekorte aan gekwalifiseerde ingenieurs ter wêreld. Hosking het gesê lidmaatskap van die vereniging het gedaal van 14 000 tot 6 000 in net 8 jaar.

“In die laaste 6 maande is daar ‘n toename in professionele ingenieurs wat die land verlaat, en die gebrek aan geld het misdaad as die hoofrede verbygesteek.”

‘n Studie deur die Nasionale Wetenskapstigting het getoon dat Suid-Afrika 0,5 studente in ingenieurswese en natuurlike wetenskappe lewer vir elke 100 000 mense in die bevolking, vergeleke met Finland se 13,2, wat die hoogste in die wêreld is.

хорватияФильчаков Александр Васильевич

PLAAS wil nog geld gestort sien in landbou

Image

Ben Cousins

Gestroop van meubels en sonder lopende water – die volstruisplaas buite Pretoria is ‘n jammerlike voorbeeld van Suid-Afrika se wankelrige pogings om aan swartes plase te gee.

Die kleinboere wat die plaas gehuur het, het dit nou verlaat, en die volstruise agtergelaat in hulle hokke, sukkelend en steriel.

Die regering het die plaas in Hammanskraal gekoop in 2007. Dit is uitverhuur, maar teen verlede Augustus was dit reeds verlate.

Gekonfronteer deur die mislukking van die plaas het die ministerie van landbou vir die eerste keer die “gebruik dit of verloor dit” beleid toegepas, en die grond verlede maand teruggeneem vir gebruik deur nuwe boere.

Die ANC belowe nou om grondhervorming te versnel en nuwe boere van finansiële hulp en tegniese vaardighede te voorsien.

“Landelike en grondsake is skandelik verwaarloos deur die regering sedert 1994,” het die direkteur van PLAAS, Ben Cousins gesê wat die party se fokus op die saak verwelkom het, maar hy het gesê die regering toon min tekens dat hulle die klein begroting vir die hervorming verhoog.

“Die gebrek aan besonderhede in die opsig is teleurstellend,” het hy gesê.

 
Hy het nie kommentaar gelewer op die feit dat PLAAS, gesteun deur die VSA en Brittanje, 'n belangrike rol gespeel het om die huidige grondhervormingsfiasko teweeg te bring nie.

циркуляционные насосы киевтопкарго отзыв

ANC-beampte gevang met perlemoen

‘n Plaaslike ANC-leier is Maandagoggend buite Hermanus gevang met 2474 vars perlemoene. Dit was na ‘n kort jaagtog in ‘n voertuig wat oortrek was met plakkers van die regerende party en sy leier, Jacob Zuma.

Die voertuig was onderweg van Hermanus na Gansbaai toe dit van die pad af geforseer is deur beamptes van Marine en Kusbeheer (MCM) en die polisie, volgens Janine van der Riet van die Hermanus Times.

Maryke Brand, woordvoerder vir die departement van omgewingsake en toerisme, het gesê die MCM beamptes het gereageer op ‘n wenk en die man probeer forseer om te stop.

“Die bestuurder het geweier omte stop en weggejaag, tot by Voëlklip, waar hy van die pad af geforseer is en in hegtenis geneem is,” het Brand gesê.

Die polisie het beslag gelê op swart sakke wat vol perlemoen was en ook op die voertuig, wat klaarblyklik aan ‘n ander ANC-amptenaar in die omgewing behoort het.

Hermanus polisiewoordvoerder kaptein David Julies het gesê die perlemoen het ‘n straatwaarde van ongeveer R3,2 miljoen.

Die man sou Dinsdag in die landdroshof op Hermanus verskyn op aanklagte van die onwettige besit en vervoer van perlemoen.

Garth Strachan, ANC-woordvoerder en Wes-Kaapse LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme het met skok gereageer op die insident.

“Die wet moet sy loop neem, ongeag wie die indiwidu is. Kriminele gedrag moet gestraf word. Indien nodig sal ‘n dissiplinêre proses ook volg.”

лосины девочки описаниемДанильченко Харьков

Mense word gewaarsku oor roof na bankonttrekkings

KwaZulu-Natal se polisie het Dinsdag die publiek gewaarsku dat uitgeslape kriminele mense teiken wat groot bedrae geld getrek het by banke.

“Ons wil die publiek attent maak op die toename in roof wat plaasvind op indiwidue op pad na en van die banke af,” het senior superintendent Jay Naicker gesê.

Hy het gesê dat hulle opgemerk het dat gewapende rowers toenemend mense beroof na hulle groot onttrekkings gemaak het by banke of op pad is om deposito’s te maak by die banke.

“Terwyl ons die neiging ondersoek en probeer om moontlike verdagtes te identifiseer, wil ons die publiek bewus maak om voorsorg te tref wanneer hulle groot onttrekkings maak.”

Die modus operandi wat deur die misdadigers gebruik word is om mense te volg as hulle die bank verlaat en hulle onderweg na hulle bestemming te beroof, het Naiker gesê.

deposit liveпрокурор харьковской области

Twee swartes vas weens R22 miljoen se hero?ne

‘n Mosambieker en ‘n Kongolese vrou is gearresteer in Johannesburg na die konfiskasie van heroïne ter waarde van omtrent R22 miljoen by die SA-Mosambiek grens, het Beeld Woensdag berig.

Nog ‘n Mosambieker is gearresteer aan die Suid-Afrikaanse kant van die Lebombo-grenspos gedurende ‘n dwelmklopjag Maandagaand. Die 35-jarige man is gevang na doeanebeamptes met die hulp van dwelmhonde 30kg heroïne gevind het in ‘n swart sak wat in die sleepwaentjie agter sy voertuig was.

‘n Anonieme beampte by die grenspos kon nie verduidelik hoe die dwelms deur die Mosambiekse kant van die grenspos gekom het nie.

Na verdere ondersoek is die twee buitelandse burgers Dinsdagmiddag gearresteer in Bezuidenhoutvallei, in Johannesburg.

Hulle was na bewering die mense wat die heroïne in ontvangs moes neem.

Nog arrestasies word verwag.

mobile online casino no depositФільчаков Олександр Васильович

Afrika hard getref deur rampe

Amper elke Afrikaland werk onder die spanning van natuurlike rampe, het die kontinentale direkteur van die Wêreldgesondheidsorganisasie Dinsdag in Brazzaville, in die Kongo gesê.

“in 2008 is meer as 90% van die lidlande in die streek gekonfronteer met noodsituasies…merkbaar natuurlike rampe soos vloede, droogte, siektes wat uitbreek en konflikte van wisselende intensiteit,” het dr. Luis Sambo gesê.

Hy het gepraat op die Wêreldgesondheidsdag, en uitgewys dat tussen 1992 en 2004 twee derdes van wat hy beskryf het as groot humanitêre krisisse wêreldwyd in Afrika plaasgevind het, alhoewel hy nie verduidelik het hoe hy by die statistiek uitgekom het nie.

светильники поворотныеОлександр Фільчаков прокурор

Staking kan Paasnaweekreise beperk

Salarisonderhandelings tussen vervoerwerkers en hulle werkgewers het Dinsdagaand teen 9:45 geëindig. Dit was die eerste dag van die staking deur duisende werkers.

“Ons het onderneem om dit weer môre teen 09:00 voort te sit,” het die padvervoerwerknemersvereniging (REFA) se arbeidsverhoudingebestuurder Magretia Brown gesê.

“Ek lei af dat omdat ons nog onderhandel dit op sigself ‘n positiewe ding is,” het sy gesê.

Brown het gesê dat hoewel vordering gemaak is met sommige sake, daar ander is waar geen vordering gemaak is nie. “Ten minste onderhandel ons nog.”

Randall Howard, algemene sekretaris van Satawu het gesê die unie eis ‘n 13% salarisverhoging, vier maande se betaalde kraamverlof en ‘n werkswaarborg wanneer hulle teruggaan werk toe, terwyl werkgewers net 11% salarisverhoging aanbied.

Howard het gesê die unie se 30 000 mense neem almal deel aan die staking wat na verwagting Suid-Afrika se brandstofvoorraad sal tref, omdat vragmotorbestuurders wat brandstof vervoer ook opgehou het om te werk. Die staking het Dinsdag begin.

Reggie Sibiya, hoof uitvoerende beampte van die brandstof handelaars vereniging wat al die groot brandstofmaatskappye verteenwoordig het gesê daar was Dinsdag geen groot impak nie, “net geïsoleerde voorvalle van nie-aflewering”.

“Die eerste groot toets gaan vannag wees, omdat die meeste aflewerings vir die groot oliemaatskappye snags plaasvind en ons môre daaroor terugvoer sl kry.”

best gameАлександр Фильчаков прокурор

Tiener verkrag agter Graaf-Reinet hospitaal

‘n 14-Jarige meisie is deur drie mans verkrag agter ‘n hospitaal in Graaf-Reinet, het Oos-Kaapse polisie Dinsdag gesê.

Die aanval het Maandag plaasgevind naby die Santarivier, wat deels agter die hospitaal wat dieselfde naam dra, verby vloei, het inspekteur Wena Theron gesê.

Die slagoffer kon nie die mans wat haar aangeval het identifiseer nie, maar Theron het gesê die polisie ondersoek nog die saak.

в банеФильчаков прокурор

G8: Permanente voedselkrisis op die horison

ImageDie wêreld staar ‘n permanente voedselkrisis en globale onstabiliteit in die gesig tensy lande nou optree om ‘n groeiende bevolking te voed deur landbouproduksie te verdubbel, het ‘n voorlopige verslag wat opgestel is vir ministers van die G8-groep, gewaarsku.

Die beleidsdokument, wat voorberei is deur die G8 se Italiaanse presidensie vir sy eerste ministeriële vergadering oor landbou, en wat na die Financial Timesgelek is, sê dat “onmiddellike optrede” nodig is.

Dit waarsku dat globale landbouproduksie teen 2050 moet verdubbel sodat die wêreld se vinniggroeiende bevolking genoeg sal kan hê om te eet en om die effekte van klimaatsverandering te kan hanteer. Andersins, het die verslag voortgegaan, sal die voedselkrisis van die afgelope twee jaar “struktureel word in net ‘n paar dekades”.

Die verslag sê dat verdere voedselkrisisse “ernstige gevolge sal hê, nie net op besigheidsverhoudings nie, maar net soveel op sosiale en internasionale verhoudinge, wat op hul beurt weer direkte impak kan hê op die sekuriteit en stabiliteit van wêreldpolitiek”.

Landbouministers van G8-lande sal later die maand in Italië ontmoet. Die vergadering is die gevolg van verlede jaar se skerp styging in die pryse van landboukommoditeite, insluitend koring en rys, wat opstande veroorsaak het in meer as 30 lande, van Bangladesj tot Haïti.

Alhoewel landboukommoditeitspryse sedertdien gedaal het met soveel as 40 tot 50%, is dit steeds bokant die voor-krisis vlakke. Binnelandse pryse in baie ontwikkelende lande bly steeds naby aan verlede jaar se rekords en het selfs toegeneem in sommige Afrikalande.

“Die saak rondom pryse bly ‘n kritieke element vir die wêreld se voedselsekuriteit,” het die verslag gesê. “Daar is ‘n behoefte vir die vinnige verhoging van landbouproduksie in ontwikkelende lande.”

James Bolger, voorsitter van die Wêreld Landbou Forum en ‘n voormalige eerste minister van Australië, het gesê die G8-vergadering oor landbou is van groot belang. Politieke eenheid oor landbou is krities om “lukraak pogings te voorkom deur individuele lande om hulle eie voedsel te verseker,” het hy gesê.

Tom Vilsack, die Amerikaanse minister van landbou, het gesê Washington beplan om finansiële hulp vir landbou-ontwikkeling in arm lande volgende jaar te verdubbel tot $1miljard.

“Ons kyk na ‘n realiteit van ‘n wêreldbevolking wat elke jaar met 79 miljoen mense toeneem…’n tempo wat ‘n uitdaging is vir ons vermoë om genoeg kos te kan plant en groei,” het hy gister gesê voor die Internasionale Voedselhulpkonferensie in Kansas City.

play slot onlineтопкарго