Groenteboere in Wes-Kaap trek noustrop

Die Wes-Kaapse regering in samewerking met die privaatsektor soek glo na maniere om 45 groenteboere te ondersteun, maar die boere bly skepties oor die belofte nadat die McCain-fabriek hul sluiting in George aangekondig het. Philip Terblanche, voorsitter van die Outeniqua-boerevereniging, het  aan Sake 24 gesê die sluiting van die groentefabriek in George gaan verskaffers van

Lees verder: Groenteboere in Wes-Kaap trek noustrop

Apteker afgedank na ‘rassisme’

‘n Apteker van Limpopo het sy werk verloor nadat hy ‘n rassistiese aanmerking teenoor ‘n kollega gemaak het, is Woensdag berig. Stuart Muller is verlede Dinsdag skuldig bevind en afgedank by die Clinix-privaathospitaal – dieselfde dag wat die voorval plaasgevind het, berig die Sowetan. Marinda Bouwer, hospitaalbestuurder, het gesê die bestuur het inligting ontvang oor

Lees verder: Apteker afgedank na ‘rassisme’

NAVO lê reëls vir kuberoorlog neer

Reëls vir ‘n kuberoorlog is vir die eerste keer uiteengesit in ‘n NAVO-handleiding Die handleiding sê regerings moet hulself weerhou van aanvalle op hospitale en kernaanlegte. Die handleiding is die eerste poging om te bepaal hoe die internasionale reg van toepassing is op aanlyn-aanvalle deur die staat, en waarsku dat sulke aanvalle kan lei tot

Lees verder: NAVO lê reëls vir kuberoorlog neer

Franse boek oor swart geweld word blitsverkoper

Clockwork Orange: Frankryk, ‘n omstrede boek wat beweer Frankryk is besig om ‘n barbaarse land te word met toenemende diewery, verkragtings en aanvalle, het ‘n blitsverkoper geword. Volgens die boek is hoofstroom-politici en die media besig om ‘n ontstellende werklikheid te verdoesel oor die geweld in land. “Niemand moet die werklikheid ignoreer nie,” naamlik dat

Lees verder: Franse boek oor swart geweld word blitsverkoper

Steenkoolmyners sê polisie gebruik skerppunt-ammunisie

Sewe mense is volgens berigte in die hospitaal na ‘n skietery by ‘n Graspan-steenkoolmyn by Middelburg in Mpumalanga. Mynwerkers beweer dat die polisie met skerppunt-ammunisie op stakende myners geskiet het, en dosyne gewond het. Die werkers het na bewering begin met ‘n onbeskermde staking na ‘n geskil met die bestuur oor onbetaalde bonusse. ‘n Mynwerker

Lees verder: Steenkoolmyners sê polisie gebruik skerppunt-ammunisie

Rotplaag tref ‘skoon’ premierswoning

‘n Foto van haar lelike beseerde groottoon “wat ‘n skoonheidsbehandeling benodig” is deur Wes-Kaapse premier, Helen Zille, getwiet. Sy is gister deur ‘n rot gebyt by haar ampswoning Leeuwenhof. “Die vreemdste ding het nou net gebeur,” het sy getwiet. “Ek het die koerante gaan haal by die hek toe ‘n rot uitspring en my aan

Lees verder: Rotplaag tref ‘skoon’ premierswoning

Ashanti-goud in Oslo gegaps

Twee Peruviaanse mans word in Noorweë verhoor waar hulle daarvan verdink word dat hulle verskeie kilogram goud van die koning van die Ashantivolk in Ghana gesteel het. Die juweliersware wat op meer as ‘n miljoen rand geraam word, was in ‘n tas wat van Koning Otumfuo Osei Tutu se afvaardiging gesteel is terwyl hy gewag

Lees verder: Ashanti-goud in Oslo gegaps

Malema se plaas genasionaliseer

Julius Malema se plaas is genasionaliseer. Die batebeslagleggingseenheid het gister beslag gelê op sy plaas in  Limpopo nadat hy versuim het om ‘n Pretoriase hooggeregshofbevel aan die SAID in Desember teen te staan. Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerder, is so ‘n verklaringsbevel Maandag verleen. Die geregistreerde eienaar is Gwama Properties, ‘n sakeonderneming van die

Lees verder: Malema se plaas genasionaliseer

Strenger anti-rookmaatreëls

Die regering sal dié week strenger regulasies vir rokers bekendmaak, het Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, gesê. “Die nuwe regulasies sal onder meer die rook van tabak buite geboue verbied,” het hy op ‘n vergadering van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) oor risikofaktore vir nie-oordraagbare siektes in Boksburg gesê. Motsoaledi het gesê rokers wat buite geboue staan,

Lees verder: Strenger anti-rookmaatreëls