Franse boek oor swart geweld word blitsverkoper

Clockwork Orange: Frankryk, ‘n omstrede boek wat beweer Frankryk is besig om ‘n barbaarse land te word met toenemende diewery, verkragtings en aanvalle, het ‘n blitsverkoper geword.

Volgens die boek is hoofstroom-politici en die media besig om ‘n ontstellende werklikheid te verdoesel oor die geweld in land.

“Niemand moet die werklikheid ignoreer nie,” naamlik dat daar “elke 24 uur 13.000 diefstalle, 2000 aanvalle en 200 verkragtings” plaasvind in Frankryk, syfers veel hoër as die amptelike nasionale statistiek.

Die boek word deur sommige kommentators en kriminoloë afgemaak as bevooroordeeld, onwetenskaplik en ronduit rassisties, en hulle beskuldig die skrywer dat hy smous met ver-regse teorieë wat misdaad en immigrasie koppel.

Maar sedert die vrystelling in middel-Januarie, het die boek deur Laurent Obertone, die skuilnaam van ‘n onbekende 28-jarige joernalis, 35.000 kopieë verkoop en ‘n nuwe oplaag van 20.000 is gedruk. Dit is tans op die vyfde plek op Frankryk se weeklikse Ipsos-Livres-Hebdo blitsverkoperys en is derde op Amazon se mees gesogte boekranglys.

In die boek gee die skrywer klinies ‘n opsomming van die toename in geweld en kom tot die gevolgtrekking dat “ultra-gewelddadige misdaad” ontplof het in Frankryk.

“Die werklike vlak van misdaad, waarskynlik die ergste in die geskiedenis van die Franse Republiek, is sowat 12 miljoen misdade per jaar,” sê die skrywer. Die werklike misdaadvlak is “drie keer hoër” as die amptelike syfers aangesien amptelike syfers slegs geregistreerde of opgeloste misdade in ag neem.

Obertone sê: “Ek veg vir ‘n waarheid wat ek ontdek het en wat nie die mediablootstelling kry wat dit verdien nie.” Die boek het ‘n senuwee getref want Frankryk se parlement het hierdie week begin met ‘n debat oor hervormings wat ernstige misdaad betref.

Obertone ontken dat hy ‘n ver-regse simpatiseerder is en sê hy het “geen politieke verbintenis” nie.

Maak 'n opvolg-bydrae