NAVO lê reëls vir kuberoorlog neer

Reëls vir ‘n kuberoorlog is vir die eerste keer uiteengesit in ‘n NAVO-handleiding

Die handleiding sê regerings moet hulself weerhou van aanvalle op hospitale en kernaanlegte.

Die handleiding is die eerste poging om te bepaal hoe die internasionale reg van toepassing is op aanlyn-aanvalle deur die staat, en waarsku dat sulke aanvalle kan lei tot volskaalse militêre konflikte.

Die handboek, die resultaat van drie jaar se samewerking tussen internasionale kundiges vir NAVO, definieer ‘n kuberaanval as een wat “redelikerwys verwag om besering of dood te veroorsaak aan persone of skade of vernietiging aan voorwerpe.”

‘n Aanlyn-aanval op ‘n elektrisiteitsnetwerk is ‘n voorbeeld van die maniere waarop kuberoorlog werklike fisiese skade kan aanrig.

Die advieskomitee se handboek, geskryf deur 20 regskenners, sê regeringsaanvalle op burgerlikes, hospitale, kernsentrales, damme en dyke moet liefs vermy word.

“Aanvalle op die laaste drie is besonder sensitief want dit kan tot wydverspreide lewensverlies lei en moet vermy word, selfs wanneer hulle militêre doelwitte is”.

Hospitale en mediese eenhede word reeds beskerm onder die reëls van tradisionele oorlogvoering.

Die riglyne verbied ook die gebruik van kuberlokvalle en kuberaanvalle om paniek te saai onder die gewone bevolking.

Die handboek, opgestel op die uitnodiging van NAVO se Koöperatiewe Verdedigingsamewerkingsentrum van Uitnemendheid (CCDCOE) in Tallinn, Estland, sluit in ‘n voorsiening vir state om te reageer met konvensionele magte as ‘n kuberaanval tot dood of aansienlike skade aan eiendom lei.

Volskaalse oorloë kan veroorsaak word deur middel van aanlynaanvalle. Die verslag sê “kuberbedrywighede op sigself kan die potensiaal inhou om die drumpel van internasionale gewapende stryd oor te steek”.

“Hacktivists” of kraaktiviste wat deelneem aan aanlynaanvalle kan beskou word as legitieme teikens in kuberoorlog, sê die nuwe riglyne, selfs al is hulle tegnies burgerlikes.

Die CCDCOE is gestig in 2008 na aanleiding van ‘n golf van kuberaanvalle op Estland.

Die aanvalle het staatswebwerwe geteiken en die land se infrastruktuur beskadig.

Die Tallinn-handleiding, wat bestaan ​​uit 95 “swartletterreëls”, is formeel van stapel gestuur by Chatham House verlede week, volgens die Guardian.

Kolonel Kirby Abbott, ‘n assistent-regsadviseur by die NAVO, het dit beskryf as “die belangrikste dokument in kuber-oorlogvoeringwette.”

Die Stuxnetvirusaanval op Iran se kernprogram, wat fisies sensitiewe sentrifuges beskadig het, is egter deur die opstellers uitgelaat.

Die handboek lui: “Tot op datum, is geen internasionale gewapende stryd in die openbaar gekenmerk as uitsluitlik ontketen in die kuberruim nie.”

Die handleiding magtig ‘n land om “proporsionele teenmaatreëls” na ‘n aanlyn-aanval te neem, maar dit kan slegs waar dit tot die dood of ernstige skade gelei het, ‘n geweldsoplossing insluit.

Die handboek is nie ‘n amptelike NAVO-dokument of -beleid nie, maar ‘n adviserende handleiding, wat deur Cambridge University Press gepubliseer word.

Maak 'n opvolg-bydrae