‘n Apteker van Limpopo het sy werk verloor nadat hy ‘n rassistiese aanmerking teenoor ‘n kollega gemaak het, is Woensdag berig.
Stuart Muller is verlede Dinsdag skuldig bevind en afgedank by die Clinix-privaathospitaal – dieselfde dag wat die voorval plaasgevind het, berig die Sowetan.
Marinda Bouwer, hospitaalbestuurder, het gesê die bestuur het inligting ontvang oor wat gebeur het en ná ‘n ondersoek bevind dat dit waar is.
Volgens die koerant het Muller ook op ‘n stuk papier geskryf en na Mokati as ‘n “boy” verwys.
“Onmiddellik nadat ons die inligting oor die voorval ontvang het, is ‘n interne ondersoek begin,” het Bouwer gesê.
Muller is genader vir kommentaar en het gesê: “Ek dink nie dit is reg om die saak met jou te bespreek nie”.
