Twee Peruviaanse mans word in Noorweë verhoor waar hulle daarvan verdink word dat hulle verskeie kilogram goud van die koning van die Ashantivolk in Ghana gesteel het.
Die juweliersware wat op meer as ‘n miljoen rand geraam word, was in ‘n tas wat van Koning Otumfuo Osei Tutu se afvaardiging gesteel is terwyl hy gewag het om by ‘n hotel in Oslo in te teken.
Een van die mans het aan die hof gesê hy was onder die indruk dat hy ‘n tas met ‘n skootrekenaar in gesteel het. Die juweliersware word deur die koning gebruik wanneer hy sy seremoniële pligte nakom.
