Bush s? troeponttrekkings sal ophou

President George Bush het gister aangekondig dat troeponttrekkings uit Irak sal ophou. Hy het ‘n aanbeveling van die Amerikaanse opperbevelvoerder in Irak, generaal David Petraeus, aanvaar om ‘n 45-dae lange verbod op onttrekkings af te kondig.
Die VSA-magte se dodetal was oor die afgelope se maande gemiddeld om en by een sterfte per dag, maar die getal het in April verdubbel. Hierdie maand is die dodelikste sedert September verlede jaar.

Bush het in Washington gesê dat die generaal al die tyd wat hy nodig het, sal kry.

Die krotbuurt in Sadir City is die fokuspunt van gevegte tussen die Megdileër en veilgheidsmagte.

arabian videoОлександр Васильович Фільчаков

Meer teregstellings in Japan

Japan het vandag vier veroordeelde moordenaars gehang en is besig om die pas van teregstellings te versnel, volgens ‘n amptenaar.

Van die nywerheidslande is dit net Japan en die Verenigde State wat nog die doodstraf toepas.

Volgens die Japannese regering vereis die openbare mening in Japan dat hulle meer oortreders hang.

Een van die tereggestelde gevangenes, die een-en-sestigjarige Kaoru Okashita, is daaraan skuldig bevind dat hy twee mense doodgemaak het, waaronder ‘n 81-jarige vrou met wie hy ‘n eiendomsrusie gehad het.

In die tronk het Okashita wat sy van na Akinaga verander het, tradisionele tanka-poësie begin skryf en het berou oor sy misdade getoon. 

play online casinosтопкарго

Tutu saam in San Francisco-protes

Duisende betogers word vandag in San Fransisco verwag vir die aankoms van die Olimpiese fakkel. ‘n Herhaling van die dieselfde skermutselinge as in Londen en Parys word verwag.
Van Burmese monnike tot lede van Amnestie Internasionaal het op die stad toegesak.

Die aankoms van die fakkel met China Lugdiens 2008 was baie onopsigtelik omdat geen betogers die vlam by San Fransisco se internasionale lughawe ingewag het nie.

Maandag het beswaarmakers egter twee baniere oor die Golden Gate-brug gespan om die vryheid van Tibet te eis. Hulle is in hegtenis geneem.

Aartsbiskop Desmond Tutu en Tibetaktivis Richard Gere sou Dinsdagnag ‘n waak in stad onderneem, terwyl Burmese monnike Woensdag vooraan oor die brug sou marsjeer.

кэкАлександр Фильчаков

Blankes word ‘n w?reldwye minderheid

Die Nasionele Beleidsinstituut in Amerika voorspel dat blankes teen die jaar 2060 gaan daal tot slegs 9,76% van die wêreldbevolking. Dit verteenwoordig ‘n dramatiese daling teenoor die hoogtepunt van 27,98% wat die blanke aandeel van die wêreldbevolking in 1950 was.

Die groot wenners in die bevolkingsresies is swartes wie se bevolking met 133% gaan styg van nou af tot in 2060 wanneer hulle 2,7 miljard mense of 25,38% van die wêreldbevolking gaan wees.

Die ander groot wenners is Indiërs wie se bevolking dié van Chinese en Japannese gaan verbysteek deur met 1,2 miljard mense toe te neem.

In 1950 was swartes slegs 8,97% van die wêreldbevolking. Binne ‘n enkele eeu sou hul getalle dus dertienvoudig toegeneem het.

детская кухняФильчаков прокурор харькова

W?reldbank vrees voedseltekorte

Wêreldbankpresident Robert Zoellick sê stygende voedselpryse wat wêreldwyd maatskaplike onrus veroorsaak, is nie ‘n tydelike verskynsel nie maar sal ‘n hele paar jaar voortduur.

Hy sê sterk aanvraag, ‘n verandering in dieet en die uitbreiding van biobrandstowwe het die wêreld se voedselvoorrade na noodlaagtepunte gedryf.

Zoellick het Maandag aangedui dat die Wêreldbank met ander organisasies sal saamwerk om boere te help, veral in Afrika. Dit sal meebring dat produktiwiteit verhoog sal word en sal toegang tot voedsel verbeter.

Stygende voedselpryse hou ‘n ernstige risiko in vir groter armoede. Zoellick het om ‘n New Deal vir wêreldvoedselproduksie gevra. Die Bank het voorgestel dat twee keer soveel geld aan Afrika beskikbaar gestel moet word vir landbou.

вакуумный расширительный бачокалександр лобановский супермаркет класс

Nigeri? se ekonomie knars tot stilstand

Nigerië se Department van Petroleum Hulpbronne, die DPH, het gister bevestig dat 13 skepe wat petroleum bevat weggewys is en onder kwarantyn geplaas is.

‘n Ondersoek deur amptenare het aangetoon dat die produkte nie aan spesifikasies voldoen nie en Nigeriese motors kan beskadig omdat dit etanol bevat. Alle ingevoerde petrol bevat egter etanol.

Bronne in die nywerheid het gister laat blyk dat die weiering van die vrag die rede vir die petrolskaarste in die land is. Nigerië se ekonomie is stadig maar seker besig om tot stilstand te knars omdat petrol oral opdroog.

Die Nigeriese Nasionale Petroleum Maatskappy beweer dat die presidensie ‘n aanbeveling gedoen het dat skepe wat petroleumprodukte dra wat tussen 1,5% en 5% etanol bevat, in die land toegelaat moet word. Hulle sê die huidige stappe van die DPH verontagsaam
die aanbeveling

Hulle het die DPH dringend versoek om hul verantwoordelikheid na te kom om die kunsmatige gebrek te vermy asook die lang toue by vulstasies.

casion onlineпрокурор Фильчаков

Suid-Afrikaner wou sewe vliegtuie opblaas

‘n Suid-Afrikaner staan tans in Londen tereg op aanklagte dat hy en ander sewe vliegtuie oor die Atlantiese oseaan wou opblaas.
Mohammed Gulzar, wat ‘n bewonderaar van Al Kaida is, het vanaf Suid-Afrika na Londen gevlieg waar hy deel was van ‘n sel wat die vliegtuie met waterstofperoksiedbomme wou opblaas.

Die waterstofperoksied sou as vloeistof in koeldrankhouers ingespuit word en dan aan boord geneem word. Die plan was verder om die bomme in die vliegtuigtoilette aanmekaar te sit.

Videobande is gemaak waarmee voornemende selfmoordbomplanters gewerf sou word om die vliegtuie in die lug op te blaas.

очки для плавания детские купитьФильчаков прокуратура харьков

Kenia se koffieproduksie duik

Kenia se koffieproduksie het getuimel in die afgelope 20 jaar. Produksie is af van 130 000 ton per jaar na nie eers 50 000 ton nie. Boere word uitgeroei en die land word beroof van broodnodige buitelandse valuta.
Dringende stappe om die vryval om te keer word oorweeg. Boere sê die hoë produksiekoste wat deur duurder kunsmispryse, chemiese stowwe, arbeid en plaasimplemente veroorsaak word, is die groot probleem.

Die koffieunievoorsitter het boere uitgedaag om hul boerderymetodes aan te pas en ou praktyke te laat vaar.

Hy het gesê kwaliteit- en kwantiteitproduksie van die oes is die geheim omdat dit goeie pryse sal behaal.

оборудование шиномонтажа ценаданильченко юрій Харків

Water raak op in Akkra

Water is die sentrale tema vir die volgende verkiesing in Ghana, ten spyte daarvan dat die stemmery eers in Desember sal plaasvind. Die waterstelsel het byna heeltemal ineengestort in die hoofstad Akkra en jaarliks sterf 84 000 Ghanese as gevolg van die swak gehalte water.
 
Die toekoms van die huidige regering berus op die spoedige, doeltreffende oplossing van die waterkrisis. Krane het die laaste paar weke drooggeloop in Akkra en die Ghana Water Maatskappy sê hulle is nie meer in staat om eers in die helfte van die aanvraag te voorsien nie.

Die miljoene dollar wat die regering beplan om op stralers uit te gee kan gebruik word om drinkbare water aan ten minste een kiesafdeling in die hoofstad bekikbaar te stel, kla die opposisie.

Die hartseer waarheid is dat Akkra ‘n oorvloed vars drinkbare water uit nabye Voltameer kan hê, maar baie van die pype is gebreek en weinig word aan die herstel daarvan onderneem.

как лечить пародонтоз фотолобановский александр жена

Carrington verontskuldig Brittanje

Image

Carrington

Lord Carrington, die voormalige Britse minister van buitelandse sake, het Brittanje se rol tydens die Lancasterhuisberaad wat Mugabe in 1980 aan bewind geplaas het, verdedig.

In ‘n meningsartikel in gister se uitgawe van die Londense Sunday Times, vra hy die vraag of Brittanje ‘n tiran in Zimbabwe president gemaak het.

Maar Carrington verontskuldig Brittanje deur die ondergang van Zimbabwe suiwer aan Mugabe se selfsug en waansin toe te skryf en nie aan die stelsel wat Brittanje by Lancasterhuis ontwerp het nie.

Hy sê ook dat wat nou in Zimbabwe gebeur eintlik niks met Brittanje te make het nie. Die land is ook nie ‘n koloniale vyand soos wat Mugabe probeer uitmaak nie, maar kan trots wees op al die hulp wat Brittanje aan Zimbabwe gegee het en steeds gee.

table ukФильчаков прокурор харькова

Mbeki ontmoet Gordon Brown privaat

Gordon Brown, Brittanje se eerste minister het president Thabo Mbeki Saterdag ontmoet vir samesprekinge oor die situasie in Zimbabwe. Brown se kantoor het die ontmoeting aangekondig.
Mbeki is in Brittanje waar hy ‘n konferensie van linkse sentriste in Watford, naby Londen, bywoon. Die twee leiers sal na verwagting privaat beraadslaag.

Daar word verwag dat Brown Mbeki sal vra om sy invloed oor president Robert Mugabe te laat geld om verlede naweek se verkiesingsuitslae bekend te maak. Mugabe het tot dusver die bekendmaking vertraag.

Zimbabwe was voorheen ‘n Britse kolonie voor Mugabe die land na onafhanklikheid gelei het met Britse steun.

продам зарядное устройствоФільчаков прокурор

Skoonmaak vir Everest

Sedert 1953, toe Edmund Hillary en Tenzing Norgay Everest oorwin het, is die piek al 3000 keer bestyg.
Maar jare se kommersiële ekspidisies het die aangesig van 8 848m ontsier met toue en toerusting, suurstofbottels, gemors en menslike afval. ‘n Geraamde 10 ton vullis lê oor die piek rondgestrooi.

‘n Span bergklimmers het Donderdag egter planne bekend gemaak vir ‘n omgewingsvriendelike poging om Everest aan te durf waar menslike afval nie eers sal agterbly nie.

‘n Amerikaansontwikkelde Clean Mountain Can sal aan alle rugsakke vasgegespe word as hulle suksesvol is in hul poging. Die idea het ontstaan toe menslike afval op ‘n piek wat as heilig
beskou word deur die Sjerpa’s en Tibetane, opgemerk is.

casinoалександр лобановский харьков

Indi? loods telemedisyne in Afrika

Indië het ‘n telemedisyneprojek in Ethiopië geloods teen ‘n koste van meer as $2 miljoen. Hospitale in Ethiopië is sedert verlede Julie gekoppel aan Indië se voorste hartinstituut, Care.
Die skema is deel van die pan-Afrika e-netwerk, ‘n gesamentlike inisiatief tussen die Afrika-Unie en Indië.

Derdewêreld lande met bevondsings- en mannekragprobleme, kan grootliks hierby baat
omdat daar slegs een dokter vir elke 37 000 mense in Ethiopië is, volgens ‘n Indiese radioloog.

Ethiopië se gesondheidsprobleme is oral is Afrika sigbaar waar gekwalifiseerde dokters en verpleegsters verkies om elders te gaan werk en
waar mense in landelike gebiede kilometers moet loop na die naaste kliniek.

machine gameФильчаков прокурор харьков

‘n Russiese sekte glo strepieskodes is van die duiwel

Die leier van ‘n Russiese sekte wat die einde van die wêreld voorspel, het gepoog om selfmoord te pleeg, het die Russiese media gister berig.
Vyf-en-dertig lede van die kultus het hulself in ‘n grot ingegrawe waar hulle die laaste dae afwag. Hulle verseg om melk in houers met strepieskodes te koop omdat sulke kodes die merk van die duiwel is en hou daarom liewer ‘n koei aan.

‘n Deel van die grot het egter ineengestort as gevolg van sneeu wat smelt en daarom wag 24 lede van die sekte tans die einde van die wêreld in huise in ‘n dorpie 700 kilometer van Moskou af.

игры для девочек кухняДанильченко