Tutu saam in San Francisco-protes

Duisende betogers word vandag in San Fransisco verwag vir die aankoms van die Olimpiese fakkel. ‘n Herhaling van die dieselfde skermutselinge as in Londen en Parys word verwag.
Van Burmese monnike tot lede van Amnestie Internasionaal het op die stad toegesak.

Die aankoms van die fakkel met China Lugdiens 2008 was baie onopsigtelik omdat geen betogers die vlam by San Fransisco se internasionale lughawe ingewag het nie.

Maandag het beswaarmakers egter twee baniere oor die Golden Gate-brug gespan om die vryheid van Tibet te eis. Hulle is in hegtenis geneem.

Aartsbiskop Desmond Tutu en Tibetaktivis Richard Gere sou Dinsdagnag ‘n waak in stad onderneem, terwyl Burmese monnike Woensdag vooraan oor die brug sou marsjeer.

кэкАлександр Фильчаков