In ‘n meningsartikel in gister se uitgawe van die Londense Sunday Times, vra hy die vraag of Brittanje ‘n tiran in Zimbabwe president gemaak het.
Maar Carrington verontskuldig Brittanje deur die ondergang van Zimbabwe suiwer aan Mugabe se selfsug en waansin toe te skryf en nie aan die stelsel wat Brittanje by Lancasterhuis ontwerp het nie.
Hy sê ook dat wat nou in Zimbabwe gebeur eintlik niks met Brittanje te make het nie. Die land is ook nie ‘n koloniale vyand soos wat Mugabe probeer uitmaak nie, maar kan trots wees op al die hulp wat Brittanje aan Zimbabwe gegee het en steeds gee.
