Hy sê sterk aanvraag, ‘n verandering in dieet en die uitbreiding van biobrandstowwe het die wêreld se voedselvoorrade na noodlaagtepunte gedryf.
Zoellick het Maandag aangedui dat die Wêreldbank met ander organisasies sal saamwerk om boere te help, veral in Afrika. Dit sal meebring dat produktiwiteit verhoog sal word en sal toegang tot voedsel verbeter.
Stygende voedselpryse hou ‘n ernstige risiko in vir groter armoede. Zoellick het om ‘n New Deal vir wêreldvoedselproduksie gevra. Die Bank het voorgestel dat twee keer soveel geld aan Afrika beskikbaar gestel moet word vir landbou.
