Van die nywerheidslande is dit net Japan en die Verenigde State wat nog die doodstraf toepas.
Volgens die Japannese regering vereis die openbare mening in Japan dat hulle meer oortreders hang.
Een van die tereggestelde gevangenes, die een-en-sestigjarige Kaoru Okashita, is daaraan skuldig bevind dat hy twee mense doodgemaak het, waaronder ‘n 81-jarige vrou met wie hy ‘n eiendomsrusie gehad het.
In die tronk het Okashita wat sy van na Akinaga verander het, tradisionele tanka-poësie begin skryf en het berou oor sy misdade getoon.
