Organisasie blameer SA leiers vir xenofobiese geweld

Image

Afrikavreemdelinge n? aanvalle in SA

Die gebrek aan "wettig verkose leierskap" was die oorsaak van baie van die xenofobiese aanvalle in Meimaand, het Cormsa Maandag gesê.

Die Konsortium vir vlugtelinge en migrante in Suid-Afrika (Cormsa) se woordvoerder Duncan Breen het gesê in vele gebiede was plaaslike leiers aktief betrokke daarby om geweld teen vreemdelinge aan te blaas wat 62 mense in Mei vanjaar dood gelaat het.

"Daarom is hulle betrokkenheid in strategieë om xenofobie hok te slaan baie belangrik. Tensy die leiers aanspreeklik gehou gaan word, sal hulle aanhou om hulle veldtogte en posisies op 'n haat en geweld te grond," het hy gesê.

Soos die dood van meer as 20 Suid-Afrikaners ook getoon het in die aanvalle in Mei, is nie net buitelanders aan risiko blootgestel nie. Kort voor lank kon die Pedi's, Sjangaans, Vendas of enige ander "onwelkome" groep aangeval word, het Breen gesê.

"Tensy ons nou optree, sal ons almal aan risiko blootgestel wees," het hy in 'n verklaring gesê.

Cormsa het sedertdien 'n beroep gedoen op die SA menseregtekommissie om 'n ondersoek te doen na die xenofobiese geweld van middel 2008. Breen het gesê dat die noodsaak vir so 'n ondersoek daaruit spruit dat meer as ses maande ná die aanvalle uitgebreek het min gedoen is om strukture en politieke oorsake bloot te lê.

"Met die nasionale verkiesings wat naderkom, is daar 'n dringende behoefte om seker te maak dat politieke mobilisering nie ontaard in herhaalde aanvalle op buitelanders en ander 'onwelkome' groepe nie," het hy gesê.

Cormsa glo dat aanvalle teen buitelanders steeds voortgaan, hoewel dit net op 'n baie laer vlak gebeur. Die organisasie het gesê om dit aan te spreek is dit nodig om te weet wat die grondliggende oorsake daarvan is.

Die menseregtekommissie is tot die 15de Januarie gegee om te reageer op Cormsa se versoek om 'n ondersoek na die aanvalle, wat ook hordes mense haweloos gelaat het. 

как построить саунуданильченко юрій Харків

Vyf SA Roadlink-busse geskut

Ten minste 5 SA Roadlink-busse is geskut langs KwaZulu-Natal se besige N3-snelweg oor die afgelope naweek in 'n padveiligheidsveldtog, het die departement van vervoer Maandag gesê.

Woordvoerder Nonkululeko Mbatha het gesê 8 luuksebusse is geskut, waarvan 5 aan SA Roadlink behoort.

Image

SA Roadlink-bus

"Van die 5 SA Roadlink-busse is drie onpadwaardig bevind en nog twee se bestuurders het sonder permitte bestuur."

Die ander 3 busse, van City to City, SA Tours en Gumede Transport het ook gebreke getoon.

Die skut van die SA Roadlink-busse kom nadat die nasionale busoperateur Vrydag 'n tussentydse hofbevel gekry het in Pietermaritzburg se hof om te voorkom dat die provinsiale LUR vir vervoer, Bheki Cele, die operateur se bedryfslisensie terugtrek.

Regter Isaac Madondo het gesê daar is 'n moontlikheid dat SA Roadlink onherstelbare skade kan opdoen en dat Cele geen getuienis voor die hof gebring het dat daar nog ongelukke sal gebeur nie.

Cele moet dokumente indien teen die 28ste Desember en die twee regspanne sal weer op 8 Januarie terug wees in die hof om die saak verder te voer.

Cele het die maatskappy se bedryfslisensie teruggetrek tot 'n ondersoek afgehandel is ná verlede week se ongeluk, waarin 'n SA Roadlink bus en twee ander voertuie betrokke was.

Elf mense het in die ongeluk omgekom.

 

горящие туры в хорватию из киеваtopcargo развод

Juweliers kry swaar vanwe? resessie

Image

Diamantring

"Te huur"-tekens verskyn al hoe meer in inkopiesentrums. En met sentrum-eienaars wat waarsku dat ten minste die helfte van die winkels in groot sentrums soos Menlyn wat agterstallig is met huur en 'n stadige kersinkopeseisoen kan sommige winkels vroeg in 2009 toemaak.

Ian Furman van Jewellery Replacement Consultants wat op die lys van groot versekeringsmaatskappye is, maar ook teen groot afslag verkoop aan kliënte by sy Rivonia-werkswinkels, het gesê "baie winkeleienaars sal in Januarie hulle deure moet sluit. Die rentekoersverlaging nou en dié wat in Februarie beloof is, is te laat om baie in die bedryf te red."

Hy het gesê dat hy gehalteitems kan verkoop teen laer pryse omdat hy nie hoë sentrumhuur hoef te betaal nie. "My kontantverkope is hoër in terme van volume, maar die gemiddelde bedrag wat bestee word, is laer. Verlede jaar het mense gemiddeld R15 000 tot R20 000 bestee aan juweliersgeskenke, maar vanjaar spandeer hulle tussen R5 000 en R10 000."

Verlede jaar het hulle groter stene gekoop en vanjaar is die stene kleiner.

"Mense wat verlede jaar dié tyd verloof geraak het, het 1-karaatwitdiamante gekoop, terwyl mense vanjaar halfkaraatstene koop."

Die verskil in prys is drasties: 'n goeie 1-karaatwitdiamant van Jewellery Replacement Consultants kos sowat R36 000 terwyl 'n halfkaraatsteen net R8 000 kos.

In terme van die manier waarop diamante se pryse bepaal word, styg die prys gemeet in breuke van 'n karaat.     

настольные игры для детейФильчаков прокуратура харьков

Swartman gearresteer vir gesteelde motor

Image'n 31-jarige swartman is Sondag gearresteer vir die besit van 'n gesteelde voertuig in Katlehong, het de Gautengse polisie gesê.

Kaptein Godfrey Maditsi het gesê 'n wynrooi Toyota Conquest wat vandeesweek  naby Jeppestown gekaap is, is deur middel van die opsporingstoestel gevolg tot by 'n huis in die Khumalovalleiseksie.

In die huis het die polisie twee ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie gevind, asook 14 selfone en vier kameras.

Die man is gearresteer en aangekla vir die besit van 'n gesteelde voertuig, besit van vermoedelik gesteelde goedere en besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.

Die man wat oorspronklik van Mosambiek afkomstig is, sal Maandag in Germiston se landdroshof verskyn, het Maditisi gesê.

sumake пневмоинструментданильченко юрий брониславович прокурор

Suider-Afrikalande loods hulppakket vir Zimbabwe

'n Suider-Afrikablok het Sondag humanitêre hulp aangekondig vir Zimbabwe terwyl die land voedselskaarstes en 'n dodelike cholerauitbraak wat meer as 1120 mense dood gelaat het, beveg.

"Ons is hier om die inisiatief te begin en om uit te vind hoe ver ons is in terme daarvan is om die vereiste hulp te verleen," het SAOG se uitvoerende sekretaris, Tomaz Salomao, gesê.

Die onbekende hoeveelheid hulp volg op 'n besoek van 'n SAOG-span twee weke gelede onder leiding van Suid-Afrika om die land se humanitêre krisis te assesseer.

Salomao het gesê deel van die pakket was Suid-Afrika se bydrae van $30 miljoen dollar se saad, kunsmisstowwe en brandstof om te help om die land se landbousektor weer op dreef te kry.

Suid-Afrika het volgehou dat hulle enige hulp sal terughou totdat Zimbabwe sy regering van nasionale eenheid ingestel het.

uk free betлобановский александр фото

Cholera maai in Zimbabwe

ImageCholera het in Zimbabwe reeds 1,123 mense gedood, sê die Verenigde Nasies en  voeg by dat die getal sal aanhou groei indien daar nie maniere gevind word om die land se onderbetaalde dokters en verpleegsters te kry om terug te keer werk toe nie.

Choleragevalle het sedert die uitbraak in Augustus begin het, gestyg tot 20 896, sê die wêreldorganisasie.

Die VN se gesondheidsagentskap sê cholera versprei in Zimbabwe weens sanitasiestelsels wat swak onderhou is, ongebreidelde inflasie wat dokters en verpleegsters swaar tref en 'n gebrek aan skoon drinkwater.

"Ek het hospitale gesien wat basies leeg is," sê Dominique Legros, 'n choleradeskundige by die Wêreldgesondheidsorganisasie.

Legros sê die situasie sal so bly indien die WGO en die Zimbabwiese regering nie 'n plan kan maak om die salarisse van gesondheidswerkers te verhoog nie.

Die nuutste WGO-syfers toon dat die cholerasterfkoers op 5,4 persent staan. Die VN-agentskap sê dit is noodsaaklik om dit onder die een persent te kry om die uitbraak te beheer.

Die Internasionale Rooikruiskomitee sê dat hulle het begin om huise van cholerapasiënte in Zimbabwe se hoofstad Harare, die gebied wat die swaarste getref is, te ontsmet.

Die uitbraak het ook verskuif na naburige lande.

Die Internasionale Organisasie vir Migrasie sê hulle is besig om cholerabehandelingsentra op te rig teenaan die grense van Suid-Afrika en Botswana om te keer dat die siekte verder oor die grense versprei.

free casino slot gamesФільчаков Олександр Васильович

Baba vir cholera behandel in die Weskaap

'n Viermaande-oue baba word vir cholera behandel by die Karl Bremer hospitaal in die wes-Kaap, het die provinsie se gesondheidsdepartement gesê.

Woordvoerder Faiza Steyn het gesê die kind van die Wallacedene informele woongebied naby Kraaifontein is gestabiliseer. Hy is op 6 Desember opgeneem in die hospitaal.

"Die monster van die geval is gestuur na die Nasionale Eenheid vir Oordraagbare Siektes vir verdere laboratoriumwerk om vas te stel watter vorm van cholera geïdentifiseer is," het Steyn gesê.

Die kind het geen geskiedenis van 'n onlangse reis na Zimbabwe nie en ook geen kontak met iemand wat die siekte onder lede het nie.

Laboratoriumondersoeke op kontakte in die geval het almal negatief getoets vir die siekte, het Steyn gesê.

"Dit is tans onbekend hoe hy die siekte kon opdoen, maar die warm weer en swak omstandighede kon wel faktore wees," het sy gesê. 

купить гидроаккумулятор в украинеДанильченко Юрий отзывы

Rasgebaseerde programme herinner aan BJ Vorster: Lekota

Om arm blankes uit te sluit van programme om die armes te help maak die regering niks anders as dié van B.J. Vorster gedurende die hoogtepunt van die apartheidsjare nie, het KVP president Terror Lekota Donderdag in Durban gesê.

Lekota het gepraat by 'n debat by die universiteit van KwaZulu-Natal. "Indien mens 100 arm mense het en 3 van hulle is blank en mens gee die program net vir die 97 sonder om dit vir die blankes te gee. Wat is dit? Wat is die verskil tussen ons en B.J. Vorster?"

"Geskiedkundig agtergeblewe is net nog 'n manier om te sê iemand is swart. Hoe kan ons die programme saamstel en sê dat dit net vir swartmense is?"

Hy het gepraat oor regstellende aksie en het gesê dat poste toegeken moet word aan bevoegde mense en nie eenvoudig gevul moet word op grond van kleur nie.

Die voormalige ANC voorsitter het gesê dat staatsamptenare aangestel moet word op grond daarvan dat hulle die beste persoon vir die pos is en nie vanweë hulle politieke affiliasies nie.

Lekota het gehou by die tema van politieke affiliasies en glo dat die land se gewapende magte en polisie nie geallieerd moet wees met enige politieke party nie.

Met verwysing na Zimbabwe het hy gesê dat daar 'n langdurige siening onder Afrika leiers is om nie in te meng met die interne sake van ander lande nie. Hy het wel gesê dat indien die interne sake "oorspoel" na buurlande toe, die SAOG lande 'n beleid dat aksie geneem kan word, moet implementeer.

котел на дровах для домаЛобановский

Twee gevang n? kaping in Alexandra

ImageTwee mans is gearresteer nadat hulle klaarblyklik 'n minibus in Alexandra, noord van Johannesburg gekaap het, het polisie Woensdag gesê.

Die mans het die bestuurder van die minibus aangehou omstreeks 23:00 Dinsdagaand en hom beveel om uit te klim voordat hulle met die minibus weggery het, het konstabel Neria Melefetse gesê.

"Die voertuig wat te vinnig gery het, het die agterdog van polisie wat op patrollie was gewek en hulle het die voertuig voorgekeer. Daar was vier mans in die voertuig. Twee is gearresteer en twee het weggekom."

Die mans wat 19 en 21 jaar oud is, verkeer in hegtenis en sal binnekort in die Wynbergs landdroshof verskyn op klagte van kaping. 

slot freeДанильченко Юрий Брониславович Харьков

18 000 Zimbabwi?rs het cholera, s? Oxfam

ImageDie cholerakrisis in Zimbabwe het sowat 18 000 mense besmet  en kan erger word soos wat die swaar reëns dreig om die dodelike siekte verder te versprei, het hulpwerkers in Brittanje gesê.

Oxfam, 'n vooraanstaande welsynsorganisasie, het gesê dat hulle hul versoeke vir sowat 4 miljoen pond (R60 miljoen) verhoog het om skoon water, sanitasie en voedsel aan meer as 1 miljoen mense in Zimbabwe te kan voorsien.

"Die vinnige verswakkende toestand in Zimbabwe maak dit 'n baie ernstige humanitêre krisis wat in 2009 verder kan verswak," het Oxfam se humanitêre direkteur, Jane Cocking, gesê.

Volgens Oxfam, toon syfers van de VN dat cholera, wat deur water oorgedra word, reeds meer as 18 000 mense besmet het en omtrent 800 mense se dood veroorsaak het.

коммерческая тайна украинаданильченко юрій Харків