Immelman soek weer ‘n wen in Nedbankuitdaagtoernooi

Image

Trevor Immelman

Suid-Afrika se Trevor Immelman sal die eerste keer in sy tuisland speel sedert hy die Amerikaanse meesterstoernooi gewen het wanneer hy sy titel in die Nedbankuitdaagtoernooi by die Gary Player-buiteklub Donderdag gaan verdedig.

Immelman (28) het die 2007-wedstryd gewen nadat hy 'n laat uitnodiging ontvang het.

Maar minder as twee weke later moes hy onttrek aan die Suid-Afrikaanse-opetoernooi weens 'n nie-kwaadaardige longgewas wat sjirurgies verwyder moes word.

Vier maande later het hy Tiger Woods en die res van die wêreld se topspelers geklop by die meesterskampioenskap deur heeltyd alleen of gesamentlik voor te loop in vier taai rondtes.

Hy het sedertdien nog nie weer gewen nie en in 'n onlangse tydskrifonderhoud erken dat hy dit moeilik gevind het om weer die vlak van sy spel te lig in die maande wat gevolg het. 

пусковое устройство для автомобиляданильченко юрій Харків

Springbok sewesrugby begin goed

Tweede geplaasde Suid-Afrika het 'n goeie begin gemaak in hulle poging om 'n derde Internasionale Rugbyraad Sewesreeks titel in te palm in Dubai met 'n 31-10 oorwinning oor Skotland op Vrydagoggend.

Paul Treu se span het vier eerstehelfte drieë gedruk om met 24-0 voor te loop, wat die afrigter die geleentheid gegee het om nuweling by die span, Kyle Brown in die finale stadiums van die wedstryd in te span.

Drieë in die eerste twee minute deur Marius Schoeman, wat 'n gewrig beseer het in die proses, en sewes speler van die jaar, Renfeld Dazel, het die springbokke goed in beheer geplaas.

Ryno Benjamin het opgevolg met twee drieë om die spel buite bereik van die Skotte te plaas. Skotland het in die tweede helfte teruggekom met drieë deur Andrew Easson en Ashleah McCulloch, maar die Springbokke het punte aangeteken toe nuut gekroonde Sasol Jong speler van die jaar, Robert Ebersohn die verdediging aan die buitekant verbygesteek het vir 'n drie.

Suid-Afrika speel hulle tweede wedstryd teen die Arabiese Golf om 1:10 nm (Suid-Afrikaanse tyd).    

кукла bratzлобановский александр фото

Kniebesering teister Nadal voor Davisbeker

 Die wêreld se nommer een, Spanje se Rafael Nadal, sal waarskynlik nie fiks wees vir die Davisbeker eindwedstryd teen Argentinië later die maand nie.

Sy afrigter, Toni Nadal, wat ook sy oom is, sê die kanse is skraal dat hy sal deelneem omdat hy steeds met 'n kniebesering sukkel.

Nadal moes noodgedwonge die seisoenseinde se Shanghai Meestersbeker weens die seningontsteking in sy regterknie misloop.

Hy sal Maandag nuwe toetse in Barcelona ondergaan. Die Spanjaard sê op sy webwerf 'n besluit oor sy deelname aan die Davisbeker eindstryd op 21 tot 23 November in Mar del Plata in Argentinië, sal Maandag of Dinsdag geneem word.

Sy afwesigheid versterk Argentinië se kanse om die beker vir die eerste keer te wen. Nadal het die seisoen 'n vierde Franse Ope titel gebuit en 'n eerste Wimbledonkroon verower toe hy Roger Federer onttroon het.  

проект баниЛобановский

Springboktoerspan bekyk

Dis weer daardie tyd van die jaar wat elke ou en sy hond ‘n opinie het oor die Springbokspan wat gekies is vir die einde van die seisoen toer na die noordelike halfrond.

Pieter De Villiers se groep is myns insiens nie te ver weg van wat ek sou gekies het as ek die Sprinbokafrigter was nie:

Loskopstutte: Tendai Beast Mtawarira en Gurthrö Steenkamp. Hulle is ongetwyfeld die beste 2 losskopstutte in Suid- Afrika. Heinke van der Merwe is volgende in lyn, maar ek dink sy toekoms lê op vaskopstut.
Hakers: Bismarck Du Plessis en Chiliboy Ralepelle. Lyk my Pieter de Villiers het die lig gesien en besef Bismarck is die beste haker in Suid Afrika. Bismarck sal egter aan sy wispelturige temperament moet werk. Hy kan homself baie gelukkig ag dat hy Saterdag die wedstryd teen die Bulle voltooi het sonder om ‘n rooikaart te kry. Enige ander internasionale skeidsregter sou hom met een beloon het vir sy getrappery op die Bulle-speler se enkel, en hy sal moet besef dat so iets ‘n Springbokspan ‘n toets kan kos. Chilliboy se insluiting slaan my dronk. Hy het al die talent om eendag ‘n groot Springbok te word maar hy word weereens ryp gedruk. Gee hom ‘n seisoen in die Super 14 en kies hom dan. Willie Wepener kan homself baie ongelukkig ag dat hy nie na ‘n uitstekende seisoen gekies is nie.
Vaskopstutte: John Smit en Brian Mujati. Hier is die Bokspan bietjie dun daaraan toe. John Smit gaan klaarblyklik op vaskopstut die span aanvoer. Hy kan dalk ‘n paar sentimeter korter wees teen Kersfees, veral as een van sy direkte teenstanders die Engelse monsterloskop Andrew Sheridan gaan wees. Baie mense reken Jannie Du Plessis is ongelukkig om nie in die groep te wees nie. Ek verskil met die standpunt aangesien Jannie du Plessis nog nooit sy teenstander oorheers het nie en sy hande hom te veel in die steek laat.
Slotte: Victor Matfield, Bakkies Botha, Andries Bekker en Danie Rossouw. Ek dink die viermanskap kies hulle self. Met Bakkies wat dalk ‘n besering dra kan die klipharde Danie Rossouw waarneem as sy adjudant.
Baljagterflanke: Schalk Burger en Heinrich Brüssow. Ek dink nie daar is iemand in Suid Afrika wat nie sal saamstem dat Schalk Burger ons top flank is nie, maar wie tweede in die ry is kan dalk debat ontlont. Brüssow het ‘n goeie seisoen gehad en verdien ‘n kans. Cobus Grobbelaar wonder seker wat hy nog moet doen om raakgesien te word.
Toekantflank: Juan Smit. Juan en Schalk behoort die toetsflanke te wees.
Agstemanne: Pierre Spies en Ryan Kankowski. Suid Afrika is hier geseënd met seker twee van die mees talentvolle spelers in die wereld. Ek sou graag albei in die bokspan wil sien. Met die nuwe reëls wat veroorsaak dat spanne nie sommer meer uitskop nie, is daar baie meer kans om van agter af aan te val. Hier kan Ryan of Pierre verwoestend wees en kan Pieter de Villiers gerus daaraan dink om een van die twee op vleuel ‘n kans te gee.
Skrumskakels: Fourie du Preez en Enrico Januarie. Fourie du Preez is die beste skrumskakel in die wêreld en niemand sal met sy insluiting stry nie.
Losskakels: Ruan Pienaar en Earl Rose. Hierdie posisie sal die meeste debat uitlok. Suid Afrika is in ‘n penarie hier, want nie een van ons huidige top provinsiale losskakels is van ‘n internasionale standaard nie. Pieter Grant se naam word genoem, maar hy kan nie ‘n bal verder skop as wat meeste spelers dit kan gooi nie en Morne Steyn is heeltemal te onbestendig. Ruan Pienaar het die talent om een van die bestes in die wêreld te word. Pieter moet hom net genoeg kans gee om homself te vestig. Wat dalk lelik in Pieter se gesig kan ontplof is die keuse van Earl Rose as die plaasvervanger. Earl Rose is hoogstens ‘n goeie Vodacombekerspeler. Selfs in die Curriebeker, met al die bokke terug, het hy uit sy diepte gelyk.
Binnesenters: Jean De Villiers en Frans Steyn. Vir die eerste keer in jare het Suid Afrika twee wêreldklas binnesenters. Jean de Villiers beleef ‘n droomseisoen en Frans blaas hard in sy nek.
Buitesenters: Jaque Fourie en Adrian Jacobs. Jaque is wêreldgehalte en Adrian het al sy kritici se monde stil gespeel in die Drienasies. Hier het Pieter ook beslis raakgevat.
Vleuels: Brian Habana, Jongi Nokwe, JP Pietersen en Odwa Ndungane. Die wêreldbekerpaar van Brian Habana en JP Pietersen behoort die toetsvleuels te wees. Ek hoop egter dat Pieter ten minste in die toets teen Skotland sal eksperimenteer met Kankowski op vleuel.
Heelagter: Conrad Janjes. Stefan Terblanche kan redelik ongelukkig voel dat hy nie in die groep is nie. Hy speel nou beter rugby as toe hy oorspronklik vir die bokke gekies is.

Behlawe op losskakel en op vaskop is die bok toets twee – en – twintigtal redelik gevestig en kan ons uitsien na ‘n goeie toer.

светильник уличный наАлександр Фильчаков Васильевич

Springbokke gaan ster teen rassisme dra

Die Springbokke gaan ’n ster van groen en goud op hul truie dra wat hul solidariteit teen rassisme sal wys.

Die ster sal op die regtermou wees op hul komende toer na Brittanje

“Ons het die ster as simbool gekies omdat die woord ‘star’ ’n akroniem is vir Stand Together Against Racism,” het Oregan Hoskins, president van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie gister in Kaapstad gesê.

“Rassisme is nie net rugby se probleem nie. Dis ’n Suid-Afrikaanse probleem en dit is rugby se benadering om die bul by die horings te pak.”

Die Bok-breier, Peter de Villiers, het gister ook sy steun aan die Star-inisiatief toegesê.

Julle sal dit [rassisme] keer omdat julle die land lief het,” het De Villiers aan die media gesê.

Volgens De Villiers steun sy span die inisiatief ook. “Mense is geneig om die spelers se integriteit te gering te skat. Hulle is daar vir rugby, maar weet ook wat om hulle aangaan.

Vir ons is dit ’n skitterende inisiatief en ons hoop mense ondersteun dit saam met ons.”

как называется доска с парусомпрокурор Фильчаков

Saterdag se Curriebeker-eindstryd

Die Haaie draf Saterdag op die veld in die Curriebeker-eindstryd met die wete dat hulle die oorweldigende gunsteling is om die eerste keer in meer as tien jaar die trofee te lig. Onder John Plumtree het die Haaie baie vooruitgegaan en speel hulle meer intelligente rugby as vantevore. Verby is die dae wat die Haaie in ‘n finaal soos afkophoenders uit hulle eie doelgebied sal begin hardloop en hoop vir die beste. Hulle rugby lyk nou baie meer na gestruktureerde spel en teenaanvalle word gelei deur een van hulle spelbrekers.

Die twee spanne behoort so teen mekaar op te weeg:

Voorrye: Albei spanne het gedugte voorrye. Daar is min te kies tussen die 2 loskopstutte Beast en Gunthro, die vaskopstutte is ook min of meer van dieselfde gehalte, maar in Bismarck Du Plessis op haker het die Haaie beslis ‘n voordeel hier.
Slotte: Johan Muller en Steven Sykes of Albert van der Bergh kan nie in dieselfde asem genoem word as die Bulle se slotpaar van Victor Matfield en Danie Rossouw nie. Die Bulle sal hoop dat Victor Matfield weer die soort spel lewer waarvoor hy ‘n speler van die wedstryd toekenning gekry het in die Wêreldbeker-finaal.
Losvoorspelers: Hier verwag ek ‘n baie gelykop uitslag. Pierre Spies en Ryan Kankovski is potensiele wedstrydwenners. Veral Kankovski se vorm is kookwater op die oomblik.
Skakelpaar: Die skakelpare weeg ook goed op teen mekaar. Die Haaie het in die Fransman Michalak ‘n potensiele swak skakel op losskakel. Michalak het al verskeie wedstryde vir Frankryk eiehandig verloor as hy die dag die kluts kwyt is.
Senters: Ook hier staan die Bulle en die Haaie nie vir mekaar terug nie. Wynand Olivier speel die beste rugby van sy lewe en Francois Steyn aan die Haaie se kant begin die vorm herwin wat hom laasjaar die wonderseun van internasionale rugby gemaak het.
Agterste driehoek. In Brian Habana het die Bulle ‘n wedstrydwenner wat nie sy gelyke in die wereld het nie. Sy briljantheid word egter uitgeskakel deur die onbestendigheid van die Bulle se heelagter Zane Kirschner. Ek verwag dat die Haaie Kirschner gaan bombaardeer met hoë skoppe.

Alles in ag genome behoort dit ‘n baie gelykop eindstryd te wees met die tuisveldvoordeel wat sterk in die Haaie se guns tel. Ongelukkig vir die Haaie het hulle oor die jare heen bewys dat hulle grootwedstrydtemperament maar beroerd is, terwyl die Bulle spog met oorwinnings in bykans elke eindstryd wat hulle in enige kompetisie gespeel het. 

купить куклыФільчаков Олександр Васильович

Luke Watson verval in Afrikanerhaat

Image08:23:16 Luke Watson bevind hom midde-in 'n rugby-herrie vanweë sy stellings oor "Dutchmen" wat 'n te groot rol in rugby speel en dat hy op die Springbokrugbytrui "wil braak".

Watson is oorspronklik in die span ingesluit omdat hy en sy pa, Cheeky, uitgesproke ondersteuners van die ANC is. Dit het aan hom die bynaam "politieke kwota" besorg.

Die Suid-Afrikaanse rugby-unie (SARU) het in 'n verklaring sy skok uitgespreek oor Watson se anti-Afrikaanse uitlatings en die waarnemende Springbokkaptein, Victor Matfield, het gesê die Engelse speler se uitlatings is "verfoeilik".

Die rugby-unie het 'n dringende vergadering vir vandag belê met sowel die WP (Watse se kontrakterende unie) as die Universiteit van Kaapstad se rugbyklub waar die uitlatings gemaak is om die akkuraatheid van mediaberigte vas te stel.

Victor Matfield meen hy "het gehoop ons is verby die stadium waar mense van mekaar onderskei word op grond van ras, kultuur en taal. As Luke daardie woorde gebruik het, het hy miljoene jong Suid-Afrikaners se droom om eendag vir die Bokke te speel, verpletter."

Matfield het vervolg deur te sê: "Luke het hom vereenselwig met die erekode van die Bokspan wat sê jou eie belang is altyd ondergeskik aan dié van die span. Toe ek kaptein was, het ek my bes gedoen om Luke by al die aktiwiteite te betrek. Toe ek kaptein was, het ek my bes gedoen om Luke by al die aktiwiteite te betrek. Ek het hom gevra om insette te lewer in video- en spansessies, maar hy wou nie. Dis onwaar dat die ander spelers nie probeer het om hom te aanvaar nie. Dis eerder ’n geval dat Luke self nooit deel van die Bok-opset wou wees nie. Baie spelers het by my kom kla dat Luke in hart en siel nie ’n Bok is of wil wees nie.”

Intussen het Watson gereageer op die mediastorm wat besig is om rondom sy anti-Afrikaanse uitspraak op te laai. Volgens hom word hy deur "walging vervul dat mense tot dié vlak kan daal om 'n storie se onthalwe". Volgens hom was die geleentheid waar hy gepraat het 'n "private gesprek oor transformasie. Daar is 'n onwettige klankopname van gemaak en dit is onwettig versprei en daarom behou ek my regte voor."

Die pogings deur "sekere elemente" om sy uitlatings in 'n aanval op Afrikaners te omskep, is "oneerlik en veragtelik". Volgens Watson "het ons hele familie histories teen diskriminasie van enige aard geveg. Hoe op aarde kan ek van 'n anti-Afrikanerhouding beskuldig word? My ouma aan moederskant is 'n Van Rensburg, my oumagrootjie aan vaderskant was 'n Schoeman en my tante is 'n Swanepoel."

Watson het voorts gesê dat die "kwetsende en kwaadwillige progaganda-aanvalle" bereken was om die aandag af te lei van die "werklike kwessies" soos transformasie, vereniging en sportontwikkeling.

Die Engelse speler het verder die "die lasterlike aanval op hom verwerp met die veragting wat dit verdien".

Watson het luidens ’n berig op rugby365.com die beweerde uitlatings op 3 Oktober by die Ubumbo-rugbyfees by die Universiteit van Kaapstad gemaak.

Tydens sy toespraak het hy gesê: "Die probleem met Suid-Afrikaanse rugby is dat dit deur 'Dutchmen' beheer word." Hy het verder gesê dat die dra van die Springboktrui vir hom 'n las was en dat hy lus was om "daarop te kots" vanweë die "groter prentjie" wat ingesluit het dat "manne en vroue gebloei het" om hom daar te kry.

пломбирование зубов этапытопкарго

Bulle, behalwe twee, is reg

Behalwe vir Bakkies Botha en Okona Ndungane is al die Vodacom Bloubulle reg vir Saterdag se Curriebekerhalfeindrondte teen die Cheetahs op Loftus. Frans Ludeke het bevestig dat Ndungane se liesbesering iets van die verlede sal wees sodat hy in die eindrondte sal kan uitdraf as hulle hierdie naweek dit regkry om deur te dring.

Pedrie Wannenburg se enkel het seergekry in die wedstryd teen die Valke Vrydag, maar spandokter Org Strauss sê hulle sal eers later vandag uitsluitsel hê oor die aard van sy besering.

Kaartjies teen 'n koste van tussen R100 en R200 sal van vandag af beskikbaar wees. Seisoenkaartjies, die bloues, is geldig vir die wedstryd, maar die rooies vir afrigters en skoolkinders is nie. Loftus se kaartjieskantoor sal van 8vm tot 4nm oop wees.  Kredietkaartbesprekings kan by 012 420 0700 gemaak word asook by Computicket.

Die wedstryd begin om 5nm.

насос для фонтана ценаФильчаков прокурор отзывы

Blankes meer skepties oor 2010 sokker, maar hulle gee steeds om

Image16:29:40 Die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing het bevind dat wit Suid-Afrikaners meer skepties is oor Suid-Afrika se gereedheid om die 2010-sokkerwêreldbeker aan te bied ofskoon dit nie beteken dat hulle nie daarvoor omgee nie.

Die opname wat Dinsdag op die RGN se webwerf gepubliseer is, lui dat wit Suid-Afrikaners meer skepties as Indiër- en gekleurde Suid-Afrikaners is en baie meer as swart Suid-Afrikaners.

Ongeveer 3 300 mense het aan die opname deelgeneem. Die bevindinge is gebaseer op 'n ontleding van dieselfde opname in 2007 ná die kommentaar van die vorige minister in die presidensie, Essop Pahad, tydens die Beijing-Olimpiese Spele.

Pahad het beweer wit Suid-Afrikaners wil graag sien dat Suid-Afrika se gasheerskap van die Wêreldbeker 'n mislukking moet wees. Die opname sê hulle kommer kan eerder geïnterpreteer word as 'n teken dat hulle  omgee dat die land in die bes moontlikste lig gesien word as wat dit 'n gebrek aan belangstelling toon.

Die studie het bevind dat minstens 95 persent van wit Suid-Afrikaners oor die laaste drie jaar konsekwent geglo het dat die land as gasheer voordeel uit die skouspel sal trek. Die voordele strek van werkskepping, verhoogde toerisme tot ekonomiese groei.  Oor die nalatenskap van die gebeure is swart Suid-Afrikaners meer optimisties oor die impak van die wêreldbeker.

Die opname het bevind dat 8 uit 10 wittes glo in die saambindende krag van sport. Die opname wys dat wit Suid-Afrikaners, soos andere, by die Wêreldbeker betrokke is en daarvoor omgee. Om iets anders te beweer, ondermyn die gemeenskaplikheid wat bevorder behoort te word.

машинки на радиоуправлениеФильчаков прокуратура харьков

Barker val Santana aan

Clive Barker, Bafana Bafana se mees suksesvolle afrigter, sê die Brasiliaanse afrgter Joel Santana is besig om die nasionale span te vernietig.

Hy meen Santana is heeltemal onbevoeg.

Hy het gevra vir 'n dringende SAVV-rondetafelvergadering met nasionale afrigters.

Barker het gesê hyself, Trott Moloto, Shakes Mashaba en Jomo Sono behoort bymekaar te kom om die weg vorentoe uit te stippel.

'n Senior Bafana-speler het gesê daar was geen kommunikasie nie aangesien Santana nie Engels praat nie. Barker het ook gesê hy vind dit ongelooflik dat die SAVV 'n nie-Engelssprekende kon aanstel.

Barker het die Afrikanasiesbeker in 1996 op die tuisveld gewen.

to promoteалександр лобановский харьков класс

Fanie Lombard besit die meeste medaljes as Paralimpi?r

Fanie Lombard is nou die eienaar van die meeste medaljes deur 'n Suid-Afrikaanse Paralimpiër.

Hy het met brons in die F42-gewigstoot by die Paralimpiese spele in Beijing weggestap.

Sy suksesse oor die jare staan nou op sewe goue medaljes, twee silwermedaljes en twee bronsmedaljes.

Hy het in die derde plek met sy 13,87 meter-poging geëindig.

Die veteraan van vier Paralimpiese speles sal aanstaande jaar veertig word.

кофты для девочек купить в интернет магазинедепутат лобановский

Twee Leeus van dwelmhandel aangekla

Twee rugbyspelers van die Goue Leeus sal vandag in die hof verskyn op aanklagte van dwelmhandel.

Die losskakel Earl Rose en die linkervleuel Rayno Benjamin is saam met twee ander individue in 'n woonstel te Fontainebleau, Randburg in Januarie in hegtenis geneem.

'n Betroubare bron het onthul dat Rosen en Benjamin met dwelms in hul besit gevind is.

Verdagtes word gewoonlik net van dwelmhandel aangekla as 'n aansienlike hoeveelheid dwelms in hul besit gevind word.

Die uitvoerende beampte van die Leeus, Manie Reyneke, meen die dwelms is by Rose en Benjamin geplant.

лучший арт прицелФільчаков прокурор

Skandaal rondom Springbokafrigter duur voort

Image

Peter de Villiers

Die skandaal wat oor die naweek rondom die Springbokafrigter Peter de Villiers losgebars het, duur voort met bewerings van 'n seksvideo wat gemaak en ontken word.

Rian Oberholzer, 'n voormalige uitvoerende beampte van SA Rugby en De Villiers se agent, het vir 'n dissiplinêre verhoor van 'n werknemer van die SA Rugby-unie gevra sodat die waarheid bepaal kan word.

Die werknemer waarna vewys word, is Chris Hewitt, 'n voormalige kommunikasiebestuurder van die Springbokspan. Kort nadat hy as die Bokke se kommunikasiebestuurder aangestel is, is hy afgedank.

Hewitt het blykbaar ook probeer om De Villiers af te pers om 'n sekere speler in die span in te sluit.

Die bewerings teen De Villiers word deur SARU as ernstig beskou en die afrigter se loopbaan verkeer op die spel. Daarom wil die unie se die ware feite rondom die kwessie vasstel.

римская баняФильчаков прокуратура харьков

Kallis gaan Suid-Afrika lei

Jacques Kallis gaan Suid-Afrika se eendagkrieketspan gedurende die oorblywende drie eendagwedstryde teen Engeland lei.

Kaptein Graeme Smith sal weens 'n elmboogbesering nie deelneem nie.

Kallis het gesê dat hy na die kapteinskap uitsien.

Volgens hom is dit nie altyd maklik nie, in samehang met die dubbele verantwoordelikheid van 'n veelsydige speler.

Hy het gesê hy het dit al vantevore gedoen en dus sal hy die uitdaging kan hanteer.

Kallis het die neerlaag te Nottingham as onaanvaarbaar beskryf.

справка по формеданильченко юрій броніславович компромат