“Ons het die ster as simbool gekies omdat die woord ‘star’ ’n akroniem is vir Stand Together Against Racism,” het Oregan Hoskins, president van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie gister in Kaapstad gesê.
“Rassisme is nie net rugby se probleem nie. Dis ’n Suid-Afrikaanse probleem en dit is rugby se benadering om die bul by die horings te pak.”
Die Bok-breier, Peter de Villiers, het gister ook sy steun aan die Star-inisiatief toegesê.
Julle sal dit [rassisme] keer omdat julle die land lief het,” het De Villiers aan die media gesê.
Volgens De Villiers steun sy span die inisiatief ook. “Mense is geneig om die spelers se integriteit te gering te skat. Hulle is daar vir rugby, maar weet ook wat om hulle aangaan.
Vir ons is dit ’n skitterende inisiatief en ons hoop mense ondersteun dit saam met ons.”
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.