Die vier mans van Irak het in ’n Bentley GT ter waarde van R1,9 miljoen gesit wat per vragmotor van die Nurburgring-renbaan in Duitsland na die Bentley-fabriek by Crew, in die VK, vervoer is.
Hulle is uitgevang toe amptenare van die VK Grensagentskap met behulp van opsporingsapparaat hoë vlakke koolstofdioksied gesien het wat uit die vragmotor vrygestel is net voordat dit op ’n veerboot gelaai sou word.
“Dit is belangrik dat ons voornemende onwettige immigrante keer voordat hulle Brittanje bereik,” het mnr. Tom Dowdall, direkteur van Grensbeheer, gesê.
