Zanu-PF praat met Mufamadi

Image

Sydney Mufamadi

'n Nuwe Zimbabwiese regering sal teen die einde van Februarie 2009 in plek wees, het die regerende party die naweek tydens 'n vergadering in Suid-Afrika gesê.

Die Harare-gebaseerde Herald Online het Maandag berig dat 'n senior Zanu-PF-beampte, Nicolas Goche, die Suid-Afrikaanse onderhandelaar Sydney Mufamadi Saterdag in Musina ontmoet het.

Goche, wat Zanu-PF se sekretaris vir nasionale veiligheid in die staatsdiensministerie is, het "Thabo Mbeki se Suid-Afrikaanse fasiliteringsspan ontmoet om die jongste ontwikkelinge te bespreek en ook hoe om voort te gaan," het die Herald Online berig.

Hy het gesê Zimbabwe se langdienende leier, Robert Mugabe, sal voortgaan met die vorming van 'n nuwe regering met die volle steun van die SAOG.

Die SAOG het verlede jaar voormalige president Mbeki aangewys om te fasiliteer in die samestelling van 'n regering van nasionale eenheid in die krisisgeteisterde Zimbabwe.

"Bronne na aan die ontwikkelinge het gesê dat 'n regering heel waarskynlik in plek sal wees teen die einde van Februarie," het die Herald Online berig.

"Goche het Saterdag die Suid-Afrikaners ontmoet as deel van die poging om seker te maak dat die hoofstuk nou vir eens en vir altyd afgesluit kan word, sodat alle Zimbabwiërs kan aanbeweeg," het 'n bron aan die koerant vertel.

Die Zimbabwiese opposisieleier, Morgan Tsvangirai, het aangedring dat hy net die pos as eerste minister in die nuwe regering sal aanvaar indien alle verskille met Zanu-PF uit die weg geruim is.

построить сауну ценаДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Bekendes by Suzman-begrafnis

Die bekende liberale politikus, Helen Suzman, wat op Nuwejaarsdag oorlede is, is Sondag in 'n privaat Joodse seremonie begrawe wat deur toppolitici en goeie vriende bygewoon is.

Onder die roubeklaers was 'n voormalige SA president, F.W. de Klerk, die huidige president Kgalema Motlanthe, Winnie Mandela en die leier van die opposisieparty, Helen Zille.

"Ek het met haar gepraat 'n paar weke voor haar dood en sy was baie bekommerd oor die huidige toestand van die politiek in die land," het F.W. de Klerk gesê.

"Sy was een van Suid-Afrika se grootste ikone," het hy bygevoeg.

Suzman, die dogter van wit Joodse immigrante, het in die Suid-Afrikaanse wetgewer gedien van 1953 tot 1989 – 'n eensame stem wat in die parlement teen minderheidsregering gestry het.

Sy is rustig oorlede by haar huis in Illovo in Johannesburg.

"Suzman was my mentor gewees, sy was gekant teen die vergrype deur die ou regering, sy was ook gekant teen die huidige magsvergrype deur die ANC-regering," het Helen Zille gesê.

Die prominente linkse advokaat, George Bizos, wat voormalige president Nelson Mandela verteenwoordig het by sy hoogverraadverhoor, het Suzman beskryf as 'n ikoon wat aanhoudend gestry het vir gelyke regte gedurende 'n moeilike tydperk.

"Sy het geweet dat sy nooit al die land se probleme kon oplos nie, maar sy het nooit moed opgegee nie," het Bizos gesê.

Die kleinerige Suzman is gebore in Germiston, oos van Johannesburg op 7 November 1917, die dogter van Samuel en Frieda Gavronsky, beide Joodse immigrante vanuit Litoue.

Sy het haar debatte benut om teen gedwonge verskuiwings te stry, asook rasseongelykhede, die erosie van die wet, die doodstraf, marteling, sensorskap, polisiewreedheid en ander kenmerke van "wit minderheidsregering".

Sy is twee keer genomineer vir die Nobelvredesprys en het in 1978 die VN-toekenning vir menseregte ontvang.

'n Openbare gedenkdiens ter ere van haar sal oor 'n paar weke gehou word, het haar familie gesê.

насосной станцииtopcargo отзывы

Renosters in Oos-Kaap geskiet

ImageTwee renosters is gevind waar hulle doodgeskiet is in privaat wildreservate in die Oos-Kaap sedert Desember, het polisie Sondag gesê.

In die mees onlangse geval het wildbewaarders Saterdagoggend by die Kwantu-wildreservaat die karkas van 'n renosterbul gevind, met die horing nog daaraan, het inspekteur Milanda Coetzer in 'n verklaring gesê.

Die Port Elizabeth-eenheid vir georganiseerde misdaad ondersoek die saak.

Op 5 Desember verlede jaar is 'n renoster doodgeskiet in die Shamwari wildreservaat naby Grahamstown.

"Omtrent 8-uur die aand toe een van die veldwagters met toeriste op 'n wildrit was, het hy 10 skote gehoor wat deur 'n outomatiese geweer gevuur is."

Die karkas is gevind met die horing wat nog nie verwyder is nie. Geen arrestasies is tot dusver gemaak in een van die twee gevalle nie.

Coetzer het gesê die polisie gaan die grense van die wildreservate in die Grahamstadgebied patrolleer en padblokkades opstel om outomatiese of jaggewere te soek.

Enige iemand met inligting oor die twee insidente word versoek om inspekteur Hein Kumm te skakel by 072-060-8097.

мед справка 086 уДанильченко Харьков

Gasa-krisis ‘onaanvaarbaar’, volgens SA regering

Image

Israelse vegvliegtuie

Die verhoging van Israel se militêre geweld in Gasa is onaanvaarbaar en moet onmiddellik beëindig word, het die Suid-Afrikaanse regering Sondag gesê.

"Die Suid-Afrikaanse regering vewerp die verskerping van geweld absoluut, ten opsigte van die aanvang van 'n grondaanval in Gasa, in die sterkste moontlike terme," het 'n verklaring gelui wat deur die departement van buitelandse sake uitgereik is.

"Die voortslepende lewensverlies en humanitêre katastrofe in Gasa is onaanvaarbaar."

Die regering het 'n beroep gedoen op die Israelse egering om die militêre aanslag op Gasa onmiddellik te staak en onvoorwaardelik sy soldate uit die gebied te onttrek. Meer lewens sal verlore gaan indien die geweld nie gestaak word nie.

"Die Gasastrook word beskou as een van die digsbevolkte gebiede ter wêreld en die Israelse grondoffensief, wat die gebruik van gepantserde voertuie en swaargewapende soldate behels, met die volgehoue steun van aanvalshelikopters en artillerie, sal onvermydelik lei tot 'n selfs groter verlies aan burgerlike lewens, wat 'n jare lange uitwerking op die streek gaan hê."

Mediese geriewe in Gasa kan reeds nie byhou met die behandeling van die hoeveelheid mense wat in lugaanvalle beseer is nie.

ремонт и обслуживаниеданильченко юрій броніславович

KZN-dodetal weens storm styg

Die dodetal in die groot storm wat oornag dele van KwaZulu-Natal verniel het, het tot 8 gestyg, het premier Sbu Ndebele gesê.

"Dit is 'n baie hartseer Nuwejaar vir dié wat geraak is en dis skokkend om te sien dat die bietjie kos wat die mense gehad het, deur modder bedek is," het hy Sondagaand aan SAPA in 'n onderhoud gesê nadat hy van die betrokke gebiede besoek het.

"Baie mense het alles verloor."

Die fratsstorm is deur inwoners en beamptes as die ergste beskryf wat hulle gesien het.

Bome is ontwortel, dakke het ingeval, mure en huise het ingegee en in sommige areas het hoofwatertoevoerpype gebars.

In onlangse maande het soortgelyke storms verskeie dele van die provinsie getref en huise vernietig. Duisende is haweloos gelaat.

Die provinsie se maatskaplike ontwikkelings-LUR, Meshack Hadebe, het gesê dat 'n familie van vier deel was van die slagoffers wat oorlede is.

Nog 'n persoon is dood in KwaKhuluzi, 'n sesde persoon is dood in Dalton en nog een in Vryheid.

In Pietermaritzburg is 'n man dood nadat hy Saterdagnag in die storm huistoe geloop het en in 'n mangat geval het.

Beamptes was nie in staat om 'n syfer te kan gee van hoeveel mense beseer is nie.

воронеж стробоскопыДанильченко Юрий отзывы

47 nuwe choleragevalle in Limpopo

ImageSowat sewe-en-veertig nuwe choleragevalle is in Limpopo aangemeld, het die SAUK berig.

Drie-en-dertig infeksies is aangemeld in Ga-Matlala, buitekant Pietersburg en veertien in Musina. In 'n onderhoud met die uitsaaier het die gesondheidsdepartement se woordvoerder Phuti Soleba gesê dat meer as 1 400  gevalle aangemeld is in die provinsie sedert die uitbraak begin het.

Limpopo se bevestigde dodetal staan op nege, het die SAUK gesê.

расширительный бак отопления ценаДанильченко Юрий отзывы

FW bewonder ook vir Suzman

Image

Helen Suzman

Helen Suzman was vir baie jare 'n eensame verdediger van liberale waardes in die Suid-Afrikaanse parlement, het die FW de Klerkstigting Donderdag ná die liberale politikus se afsterwe gesê.

"Sy het haar vreesloos uitgespreek en aktief gewerk vir die vryheid en regte waarin sy met soveel passie geglo het. Sy het gelewe om te sien hoe baie van haar ideale waarhede geword het in die tussentydse grondwet in 1993 en ons huidige grondwet in 1996," het FW de Klerk in 'n verklaring gesê.

De Klerk het gesê hy en Suzman was vir jare lank politieke opponente, maar het mekaar altyd gerespekteer.

"Ons het wel verskil oor die behoefte om gemeenskapsregte en minderheidsregte te beskerm. Helen Suzman het geglo dat sulke regte die beste beskerm kon word deur individuele regte te waarborg, terwyl ek geglo het dat hulle spesifieke beskerming nodig gehad het."

Hy het gesê dat in onlangse jare, deur die stigtings wat hulle name dra, hulle verenig was in hulle gesamentlike doel om die regte en instellings te verdedig wat deur die grondwet beskerm word.

"Helen Suzman het 'n groot bydrae gemaak tot die totstandkoming van ons konstitusionele demokrasie en die bevordering van 'n nie-rassige regstelsel in Suid-Afrika."

пескоструйная камера ценапрокурор Фильчаков

Vier aangekeer vir dwelmhandel in Alexandra

Vier mans is in Alexandra aangekeer vir dwelmhandel en die besit van dwelms en vermoedelik gesteelde goedere, het die Johannesburgse polisie Dinsdag gesê.

Hulle is gearresteer in die vroeë oggendure in 7de Laan ná 'n wenk van 'n plaaslike inwoner, het konstabel Neria Malafetse gesê.

Die polisie het 'n skootrekenaar, twee selfone, 'n MP4-speler, 'n groot digitale kamera en kontant gekonfiskeer. Malafetse het gesê hulle het ook 'n groot plastieksak vol pille en dagga gevind. Polisie was steeds besig om vas te stel watter tipe dwelm dit was en om die waarde daarvan te bepaal.

Hulle sal na verwagting binnekort in Wynberg se landdroshof verskyn.

In 'n aparte voorval het die polisie 'n 31-jarige man gearresteer vir die besit van vermoedelik gesteelde goedere en 'n 42-jarige man vir die besit van 'n ongelisensieerde vuurwapen.

магазины детских товаровлобановский депутат

Swarte vermoor ma met assegaai

Image'n 45-jarige man het na bewering sy ma met 'n assegaai vermoor in Willowvale, Queenstown, het die Oos-Kaapse polisie Dinsdag gesê.

Kaptein Lingisile Magame het gesê die man, wat vermoedelik sielkundige afwykings het, het Maandag by die huis aangekom en was met 'n spies bewapen. Hy het aan sy ma gesê dat hy op soek is na sy suster, en na bewering het hy gesê dat hy haar wou doodmaak.

Nadat sy ma aan hom gesê het dat sy suster nie huis toe gekom het van die werk af nie, het hy na 'n nabygeleë bushalte gegaan om vir haar te wag. Die ma het hom gevolg en probeer om met hom te redeneer, maar hy wou nie na haar luister nie.

Sy het hom uiteindelik gevra om haar dan dood te maak in die plek van haar dogter, wat hy toe gedoen het.

Die man is in hegtenis geneem en is van moord aangekla. Hy sal Vrydag in die landdroshof in Willowvale verskyn. 

3d одежда купитьОлександр Васильович Фільчаков

Matriekslaagpunt stagneer op 62,5%

Tydens 'n nuuskonferensie wat regstreeks uitgesaai is, het die ANC-minister van onderwys, Naledi Pandor, bekendgemaak dat 62,5% van matriekkandidate geslaag het.

Die voormalige minister van onderwys in Gauteng, Mary Metcalfe, het ook verklaar dat "die rassepatrone (van skoolprestasie in Suid-Afrika) baie weerstand bied teen enige verandering". Dit was veral pronvinsies met heelwat blanke leerlinge en onderwysers soos Gauteng en die Wes-Kaap wat beter as landelike provinsies met massas swart leerlinge gepresteer het.

Vanjaar se groep matrieks was die eerste wat volledig die resultaat is van Uitkomsgebaseerder Onderwys, 'n stelsel wat elders ter wêreld klaaglik misluk het, maar wat op aandrang van die vorige onderwysminister, Kader Asmal, in Suid-Afrika ingevoer is.

Volgens Pandor kon 56 810 kandidate se uitslae nie bekendgemaak word nie weens onvolledige uitslae. Dit was te wyte aan "interne punte, asook mondelinge of praktiese vereistes" wat nie deur skole ingestuur is nie.

Volgens Pandor, "is die mislukking om vir alle kandidate uitslae aan te kondig, uiters kommerwekkend".

 

play real slots online win real moneyФильчаков Александр Васильевич