Suid-Afrikaanse president gaan nog ‘n rondte Zim-sameprekings aan die gang sit

Image

Kgalema Motlanthe

Suid-Afrika se president Kgalema Motlanthe, hoof van die SAOG-streeksblok, gaan Maandag na Harare reis om die gesprekke met Zimbabwe se strydende politieke leiers te hervat, het 'n amptelike verklaring gelui.

Motlanthe gaan 'n afvaardiging lei van die SAOG wat die voormalige president en bemiddelaar Thabo Mbeki insluit, asook die Mosambiekse president Armando Emilio Guebuza, het die presidensie Donderdag gesê.

Zimbabwe se opposisieleier Morgan Tsvangirai het vroeër die dag aan joernaliste gesê dat Suid-Afrika binne 'n week nuwe samesprekinge met president Robert Mugabe sal lei in 'n poging om nuwe lewe te gee aan die magsdelingsooreenkoms wat vasgeval het. Die ooreenkoms is amper 4 maande terug onderteken.

Tsvangirai, van die Movement for Democratic Change (MDC), het gesê Motlanthe sal met die twee teenstaanders vergader waar hy gaan bevestig dat hy steeds verbind is aan die ooreenkoms wat amper vier maande terug onderteken is.

Maandag se vergaderings gaan gesprekke insluit oor 'n konstitusionele verandering wat die poste van eerste minister en adjunkeersteminister moet skep, wat gevul moet word deur Morgan Tsvangirai en Arthur Mutambara, die leier van die MDC-splintergroep, het die verklaring verder gelui.

no deposit betting siteтопкарго отзыв

Hongersnood in Zimbabwe nader nou hoogtepunt, volgens Oxfam

ImageZimbabwe se hongersnood nader nou sy hoogtepunt, het die Britse hulpagentskap Oxfam Donderdag gesê. Dit is vanweë die feit dat miljoene mense se voedsel gaan opraak voordat die volgende oeste gaan inkom.

Die situasie kan vinnige vererger terwyl hulpagentskappe gedwing word om voedsel te verminder vanweë geldtekorte, het die welsynsorganisasie in 'n verklaring gesê.

"Kwesbare huishoudings gaan vandeesmaand kleiner kosrantsoene kry as gevolg van 'n tekort aan geld. Volgende maand word daar ook verminderings verwag," het Oxfam gesê.

Tesame met die 5 miljoen Zimbabwiërs wat staatmaak op voedsel wat versprei word, is daar nog 'n miljoen mense wat ook voordeel behoort te trek uit die voedselhulpprogram wat vandeesmaand dalk nie enige voorrade gaan verkry nie as gevolg van geldtekorte.

Ten spyte van onlangse donasies, het die VN se Wêreldvoedselprogram steeds 'n tekort van omtrent $65 miljoen vir sy werk in Zimbabwe tot aan die einde van Maart, het Oxfam gesê.

"Mense se lewens is in gevaar as gevolg van 'n tekort aan voedsel. Hulle is erg verswak en daarom minder in staat om cholera te weerstaan wat oor die hele land versprei het, en ook minder bestand teen MIV/Vigs," het Peter Mutoredzanwa, Oxfam se direkteur in Zimbabwe, gesê.

боди для новорожденных девочек купитьЛобановский

LUR meen erge storms kan verhoed word

Erge storms in KwaZulu-Natal kan voorkom word indien 2009 'n jaar gemaak word van hernude sorg vir die omgewing, het die LUR vir omgewingsake, Mtolephi Mthimkhulu, Donderdag gesê.

"Oor die laaste twee maande was KwaZulu-Natal die speelgrond vir slegte weer as gevolg van die globale weersveranderinge."

Hy het gesê die veranderinge is 'n direkte gevolg van die "onvriendelike manier waarop ons die omgewing hanteer. Dit is as gevolg van ons eie nalatigheid…"

Sy toespraak by die Hilton-hotel in Durban het gekom nadat verskeie swaar donderstorms chaos in verskeie dele van die provinsie veroorsaak het.

Sedert die begin van die jaar is daar reeds 20 mense dood in die storms.

Sommige van die slagoffers is deur weerlig getref terwyl hulle in hul wonings was.

Mthimkhulu het gesê dat aardverwarming die grootste bedreiging is wat nie net Suid-Afrika nie, maar die hele wêreld bedreig, asook elke deel van die samelewing.

"Wanneer dit swaar reën, sal ons kwesbaar wees vir siektes soos malaria, wanneer daar vloede is sal ons landbougrond vernietig word, wanneer daar droogte is sal daar armoede wees… swaar storms, swaar reën, wind.. .kan voorkom word slegs indien ons almal hierdie 'n jaar van hernude sorg vir die omgewing maak."

Hy het almal aangemoedig om klein dingetjies te doen soos om bome aan te plant om die wêreld te verander.

"Moet net nie bloekombome of dennebome plant nie, plant vrugtebome soos lemoene, mango's en avokado's."

Hy het gesê dat bome ook soos windbrekers werk gedurende storms.

Mthimkhulu het gewaarsku daarteen om bloekombome te plant, omdat hulle baie water nodig het.

паркет цена ценаФільчаков прокурор

Selebi meen daar is geen getuienis teen hom nie

Image

Jackie Selebi

Die Nasionale vervolgingsgesag het geen getuienis om die korrupsiesaak teen die geskorste polisiehoof Jackie Selebi te ondersteun nie, het hy Donderdag in 'n onderhoud gesê.

"Daardie mense het geen saak nie…dit is 'n ongelukkige ondersoek, want hulle weet nie wat hulle wil hê nie," het Selebi aan die Sowetan-koerant gesê.

Hy het gereageer op die VG se besluit om dagvaardings te bedien op getuies, klaarblyklik ten minste 10 senior polisielede, insluitend die waarnemende polisiehoof, Tim Williams, om getuienis te oorhandig wat nodig is om Selebi te vervolg.

Die geskorste nasionale polisiekommissaris het gesê dat toe die skerpioene die eerste keer die klag van korrupsie en dwarsboming van die gereg gelê het, "hulle aan die publiek gesê het dat hulle gereed is om te vervolg".

Maar Selebi het gesê die uitreiking van dagvaardings toon dat die vervolgingsgesag geen getuienis teen hom het nie en op 'n "voortslepende visvangekspedisie uit is".

Selebi se verhoor sal na verwagting op 14 April in die Johannesburgse Hooggeregshof begin op die aanklagte wat verband hou met betalings van sowat R1,2 miljoen wat aan hom gemaak is.

"Wat hulle nie gaan kry nie is dat die saak weer uitgestel sal word," het Selebi aan die Sowetan gesê.

Die staat beweer dar veroordeelde dwelmhandelaar Glen Agliotti, vermoorde mynmagnaat Brett Kebble en voormalige Hyundaibaas en mynentrepreneur Billy Rautenbach en "ander relevante entiteite" korrupte betalings aan Selebi gemaak het tussen 1 Januarie 2000 en 31 Desember 2005.

Selebi is in Januarie 2008 geskors en het toe ook bedank as hoof van Interpol.

автомобильное зарядноеДанильченко Юрий прокурор

Limpopo meld 90 choleragevalle in ‘n dag aan

Limpopo het 90 gevalle van cholera aangemeld in een dag, het die departement van gesondheid Woensdag gesê.

Woordvoerder Phuti Seloba het gesê op Dinsdag alleen is nog 90 cholera gevalle aangemeld en bevestig, wat die totaal vir die provinsie op 1944 te staan bring.

Die 90 gevalle is aangemeld is Vhembe, Mopani, Capricorn, Sikhukhune en Waterberg distrikte van Limpopo.

Die dodetol staan steeds onveranderd op 9.

Nog twee gevalle wat vermoedelik cholera is, is in Gauteng aangemeld.

Woordvoerder Phumelele Kaunda het gesê die hoeveelheid gevalle wat vermoedelik cholera is, het van 160 op Maandag togeneem tot 162 op Woensdag.

Van die 162 was omtrent 33 gevalle bevestig as cholera terwyl die dodetol op 3 staan.

Westelike Kaap woordvoerder vir gesondheid, Faiza Steyn het gesê dat hulle geen nuwe gevalle het nie, en dat teen Woensdag was net 7 gevalle aangemeld. Die provinsie het geen sterftes as gevolg van cholera gehad nie.

KwaZulu-Natal het 6 cholera gevalle gehad, met geen sterftes wat aangemeld is nie.

Geen nuwe gevalle is in Noordwes aangemeld nadat die vier wat dit wel gehad het genees is nie.

Die OosKaap het nog geen uwe gevalle aangemeld nadat die een wat die siekte gehad het genees is nie.

проекты яхт для самостоятельной постройкилобановский харьков

SA-EU-vergadering vind in Weskaap plaas

Die 18de vergadering tussen Suid-Afrikaanse en Europese Unie ministers vind plaas op die 16de Januarie in Kleinmond in die Wes-Kaap, het die departement van buitelandse sake Woensdag gesê.

Die Suid-Afrikaanse afvaardiging sal gelei word deur die minister van buitelands sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, het woordvoerder Ronnie Mamoepa in 'n verklaring gesê.

Die EU afvaardiging sal gelei word deur die minister van buitelandse sake van die Tsjeggiese republiek, Karel Schwarzenberg en Louis Michel, die EU kommissaris vir ontwikkeling en humanitêre hulp.

Die afgevaardigdes sal onder andere die globale finansiële krisis en die impak daarvan op die ontwikkelende wêreld bespreek asook die gesamentlike Afrika-EU strategie en voedselsekuriteit.

"Die ministeriële troika sal ook 'n reeks onderwerpe van Afrika en globale vrede en sekuriteitsake bespreek. Insluitend die DRK en groot mere gebied, Tsjaad, Soedan, Somalië, die Midde-Ooste vredesproses en Zimbabwe," het Mamoepa gesê.  

осушительДанильченко Юрий Брониславович

Zim-krisis ‘n vlek op Afrikaleiers se geloofwaardigheid, volgens Human Rights Watch

Die mislukking van Afrikaleiers om die Zimbabwiese krisis op te los het 'n klad geword op die geloofwaardigheid van vredespogings in die streek het Human Rights Watch Woensdag in sy jaarverslag gesê.

Die verslag het Suid-Afrika, die streek se sterkste land uitgesonder vir spesifieke kritiek, en gesê dat voormalige president Thabo Mbeki wegbeweeg het van die ideale wat die stryd teen apartheid gelei het.

"Onder leiding van Thabo Mbeki, eerder as 'n gesamentlike globale beweging om druk op Zimbabwe se regering te plaas om sy verdrukking te staak, het Pretoria geweier om iets te sê," het die verslag gesê.

"As 'n eindresultaat is die Suid-Afrikaanse regering beskou as dat hulle die leier wat mense onderdruk het ondersteun, en nie die slagoffers wat swaarkry nie," het dit bygevoeg.

Die verslag het genoem dat 'n magsdelingsooreenkoms tussen Zimbabwe se president Robert Mugabe en opposisieleier Morgan Tsvangirai onderhandel is, maar het ook gesê dat die onderhandelings op 'n dooiepunt uitgeloop het weens 'n dispuut oor hoe om die gesamentlike kabinet te vorm.

"Zimbabwe se politieke strukture is steeds wankelrig en die toekoms lyk nie goed indien die politieke leierskap nie hulle vergrype en verdrukking staak nie," het dit ook gesê.

купить джинсы на подростка мальчикаЛобановский Харьков

Rassisme-ondersoek aan die gang op Gautreinperseel

'n Ondersoek na bewerings van rassisme deur 'n toesighouer by 'n Gautrein konstruksiewerf in Midrand is aan die gang, het die Bombela Concession maatskappy Woensdag gesê.

Volgens verslae het die werkers Maandag met 'n staking begin nadat 'n toesighouer 'n werker wat siek geword het na bewering aangerand het en 'n "kaffer" en 'n "dwelmhandelaar" genoem het.

Bombela woordvoerder, Kelebogile Machaka het die staking bevestig.

Sy het gesê die toesighouer is geskors tot na die uitslag van 'n "onafhanklike ondersoek."

"Bombela bestuur het die persoon teen wie die bewerings gemaak is geskors en sal 'n onafhanklike ondersoek hou om die bewerings en griewe te ondersoek."

"Nadat daar onderhandel si met die stakende werkers en verteenwoordigers van die vakunies, is 'n ooreenkoms bereik en die werkers het weer begin werk," het sy gesê.

Machaka het gesê "rassisme of enige ander vorm van dissiplinêre oortreding" sal nie op die projek, waar 26 nasionaliteite sy aan sy werk, verdra word nie.

Die nasionale onderwys, gesondheid en verwante werkers unie (Nehawu) het Woensdag die polisie uitgedaag om die "leiding te neem" in die stryd teen rassisme seur seker te maak dat werkgewers en toesighouers wat werkers aanrand en misbruik voor die regsisteem gebring sal word.

"Nehawu is woedend oor die berigte dat 'n Gautrein werker deur sy rassistiese wit toesighouer in Midrand aangerand is."

"Die barbaarse aksie van intoleransie deur die witman in die werksplek herinner ons aan die uitdagings wat ons in die gesig staar in die land, om ontslae te raak van alle rassistiese elemente in ons samelewing en werksplek," het die unie in 'n verklaring gesê.

play slots online for free with bonus gamesалександр лобановский харьков класс

SA wolmark laer by eerste verkoping van die jaar

ImageTydens die eerste Suid-Afrikaanse wolverkoping van die jaar was pryse effens laer as gevolg van die globale ekonomiese probleme en 'n sterker Rand, het Cape Wools Woensdag gesê.

Woordvoerder Ona Viljoen het gesê die maatskappy se Merino aanwyser het die dag 3,2% laer geëindig as op die vorige verkoping in middel Desember verlede jaar.

"Pryse was gemeng, met sommige kwaliteit Merino wol wat beter pryse behaal het as wat verwag is terwyl ander weer laer was."

Viljoen het gesê daar was goeie kompetisie van alle sektore in die mark, met sterk aanvraag van Sjina.

'n Totaal van 13 028 bale was beskikbaar waarvan 95% verkoop is.

Groot kopers was Standard Wool SA (4331 bale); Lempriere AUS (2107 bale); Chargeurs Wool (2021 bale); Modiano (1566 bale), en Segard Masurel (1183 bale).

Viljoen het gesê sowat 14 000 bale sal te koop wees tydens volgende week se verkoping.

кукла барби мультфильмпрокурор Фильчаков

Bloulig-BBP-eskort weer in die hof

Die “Bloulig”-BBP-eskort, Hlanganani Nxumalo, is vandag in die hof beveel om op 13 Februarie in die Camperdown-streekshof te verskyn.

Die Camperdown-landdros, Bheki Phoswa, het gesê dat die Streekshofaanklaer dan sal besluit wanneer hy weer moet verskyn.

Nxumalo, 'n polisiekonstabel wat in Pietermaritzburg woon, het na bewering op 15 November twee skote op 'n voertuig op die N3-snelweg tussen Pietermaritzburg en Durban gevuur.

Die bestuurder van die voertuig op wie die skote gevuur is, het beheer van sy voertuig verhoor.

Dit het daarna oor die middelmannetjie geswenk en met 'n aankomende voertuig gebots.

Agt mense is beseer in die botsing en is hospitaal toe geneem.

Nxumalo was ten tye van die voorval na bewering haastig om 'n LUR te gaan oplaai.

Agt klagtes van poging tot moord is teen Nxumalo as gevolg van die beserings aanhangig gemaak.

Nxumalo is aanvanklik borgtog deur 'n Camperdown-landdros geweier op 18 Desember, maar hy het hierteen geappelleer en is borgtog van R3 500 deur regter Isaac Madondo van Pietermaritzburg toegestaan.

'n Groot afvaardiging mediaverteenwoordigers was in die hof.

Nxumalo, 28, was netjies uitgevat in 'n donker pak klere en verskeie van sy vriende was in die hof.

free demo casinoФільчаков Олександр Васильович прокурор