SA wolmark laer by eerste verkoping van die jaar

ImageTydens die eerste Suid-Afrikaanse wolverkoping van die jaar was pryse effens laer as gevolg van die globale ekonomiese probleme en 'n sterker Rand, het Cape Wools Woensdag gesê.

Woordvoerder Ona Viljoen het gesê die maatskappy se Merino aanwyser het die dag 3,2% laer geëindig as op die vorige verkoping in middel Desember verlede jaar.

"Pryse was gemeng, met sommige kwaliteit Merino wol wat beter pryse behaal het as wat verwag is terwyl ander weer laer was."

Viljoen het gesê daar was goeie kompetisie van alle sektore in die mark, met sterk aanvraag van Sjina.

'n Totaal van 13 028 bale was beskikbaar waarvan 95% verkoop is.

Groot kopers was Standard Wool SA (4331 bale); Lempriere AUS (2107 bale); Chargeurs Wool (2021 bale); Modiano (1566 bale), en Segard Masurel (1183 bale).

Viljoen het gesê sowat 14 000 bale sal te koop wees tydens volgende week se verkoping.

кукла барби мультфильмпрокурор Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae