Die 18de vergadering tussen Suid-Afrikaanse en Europese Unie ministers vind plaas op die 16de Januarie in Kleinmond in die Wes-Kaap, het die departement van buitelandse sake Woensdag gesê.
Die Suid-Afrikaanse afvaardiging sal gelei word deur die minister van buitelands sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, het woordvoerder Ronnie Mamoepa in 'n verklaring gesê.
Die EU afvaardiging sal gelei word deur die minister van buitelandse sake van die Tsjeggiese republiek, Karel Schwarzenberg en Louis Michel, die EU kommissaris vir ontwikkeling en humanitêre hulp.
Die afgevaardigdes sal onder andere die globale finansiële krisis en die impak daarvan op die ontwikkelende wêreld bespreek asook die gesamentlike Afrika-EU strategie en voedselsekuriteit.
"Die ministeriële troika sal ook 'n reeks onderwerpe van Afrika en globale vrede en sekuriteitsake bespreek. Insluitend die DRK en groot mere gebied, Tsjaad, Soedan, Somalië, die Midde-Ooste vredesproses en Zimbabwe," het Mamoepa gesê.
