Inbrake het ten minste 20% gestyg gedurende Kersvakansie

Inbrake en diefstal van juweliersware het met mistens 20% gestyg gedurende die Kersvakansie, het 'n groot Johannesburgse versekeringsvervangingsgroep, Jewellery Replacement Consultants, gesê.

"Ons is oorval deur 'n stortvloed van eise," het Ian Furman, die besturende direkteur van die groep, gesê. "Ons het soveel eise gehad, dat ons van ons mense wat op verlof was moes terugroep om te kom help."

Furman, wat al 'n dekade lank een van die versekeringsbedryf se topvervangingsgroepe is, het gesê dit is die ergste na-Kersfeesvlakke van eise wat hulle nog beleef het.

"Dit is moeilik om te sê presies hoekom, maar dit blyk dat die Zimbabwesituasie 'n negatiewe uitwerking op misdaad het. Aanklaers en polisie vertel vir ons dat tot 80% van inbrake deur Zimbabwiërs gepleeg word en op baie maniere maak dit sin. As mens kinders het wat honger is, wat gaan jy doen?"

"Maar dit maak ook vir kriminele sindikate baie sin om onwettige buitelanders te gebruik, omdat hulle nie met geslotebaantelevisiekameras gevang kan word nie en omdat Suid-Afrika nie buitelandse burgers registreer nie, is hulle vingerafdrukke ook nie op enige rekordstelsel nie." 

брюки зимние для мальчика купитьФильчаков прокурор отзывы

KVP en ANC beskuldig mekaar van heksery

Image

Tokyo Sexwale

Die KVP (Kongres van die proletariaat) het 'n formele klag by die kommissie vir geslagsgelykheid aanhangig gemaak oor ANK-NUK-lid Tokyo Sexwale se "heksery"-opmerking wat die naweek gemaak is, het die party Maandag gesê.

Sexwale het die KVP aangeval omdat hulle " 'ou vroue' op televisie paradeer, en hulle vir heksery gebruik om ondersteuning te soek" vir 'n saamtrek in die Ooskaap.

"Ons moeders word van huis tot huis geneem, hulle word ook op televisie geparadeer, die mense gebruik ons moeders vir heksery… hulle is leuenaars. Mens kan geen respek hê vir mense wat ouer mense op so 'n manier gebruik nie," het Sexwale na bewering gesê.

In 'n brief aan die kommissie van die KVP se algemene sekretaris Charlotte Lobe, het die party Sexwale se opmerkings as "ernstig kommerwekkend" beskou. 

"…vryheid van assosiasie is 'n fundamentele reg in ons land se konstitusie. Die vroue na wie mnr. Sexwale verwys het dekades van hulle lewe in die bevrydingsorganisasie deurgebring en ongekende pyn en leiding verduur om te veg vir 'n grondwet wat vandag alle Suid-Afrikaners trots maak," het die brief gesê.

"Met hulle aansluiting by die KVP oefen hulle die reg uit om te behoort aan 'n party van hulle keuse. Dit is ons standpunt dat mnr. Sexwale se opmerkings dié grondwetlike reg ondermyn."

Lobe het gesê Sexwale se opmerkings is "gevaarlik en toon 'n gebrek aan respek", gesien in die lig dat dit ouer vroue koppel aan heksery en hulle lewens potensieel kan bedreig.

tops online gameпрокурор Фильчаков

Opposisiepartye gaan hof toe oor buitelandse stemme

Image

Pieter Mulder

Die VF+ en die DA het 'n hofsaak aanhangig gemaak teen die verkiesingswet se bepalings wat Suid-Afrikaners in die buiteland verhoed om te stem.

Die VF+ het Maandag in die Pretoriase hof dokumente ingedien wat die grondwetlikheid van dié item in die kieswet uitdaag.

"Dit is net 'n eerste stap en ons sal na die grondwethof toe gaan as dit moet," het die VF Plus-leier, dr. Pieter Mulder gesê.

Hy het beweer dat daar politieke redes en nie konstitusionele redes nie agter die veranderinge van die wet is, wat in 1994 alle Suid-Afrikaners wat oorsee was, toegelaat het om te stem.

Soos dit nou staan, laat die kieswet net spesiale stemme toe vir Suid-Afrikaners wat tydelik weg is uit die land op vakansie, sakebesoeke, by tersiêre instellings, op opvoedkundige besoeke, deelnemend is aan internasionale sportbyeenkomste of by ambassades en konsulate gestasioneer is.

детский самокатпрокурор Фильчаков

Bedrogklagte teen swart sakeman teruggetrek

Klagte van bedrog teen die Kemptonparkse sakeman Sipho Msomi is voorwaardelik teruggetrek by die Pietermaritzburgse hof nadat hy ontsnap het, het die SAUK Maandag berig.

Daar word geglo dat Msomi (36) die meesterbrein was agter 'n sindikaat wat vyf departemente in KwaZulu-Natal bedrieg het. Hy het ontsnap terwyl hy gewag het dat die saak moes voorkom.

Hy het verlede jaar Oktober in die hof verskyn en is borgtog geweier.

Hy staar 93 klagte van bedrog in die gesig wat 'n totaal van meer as R20 miljoen behels. Hy het na bewering "spioenasieprogrammatuur" op regeringsrekenaars geïnstalleer.

Klagte teen hom is voorwaardelik teruggetrek totdat hy weer gearresteer word.  

купить куклыалександр лобановский харьков

Zimbabwe se skoolstelsel stort in duie

Image

‘n Skool in Zimbabwe

Miljoene Zimbabwiese kinders kan skoolonderrig ontsê word wanneer die skole Dinsdag weer heropen, omdat duisende onderwysers dalk nie weer sal terugkeer werk toe nie, het die Britse welsynsorganisasie Save the Children gewaarsku.

"Minder as 10 jaar terug het Zimbabwe die beste onderwysstelsel suid van die Sahara gehad, met byna elke kind wat skool toe gegaan het. Nou is die meeste kinders nie in 'n skool nie en die onderwysstelsel is aan flarde," het Sarah Pounds, die organisasie se direkteur vir dié land, gesê.

Die begin van Zimbabwe se nuwe skooljaar is met twee weke uitgestel omdat verlede jaar se vraestelle nie gemerk is nie, nadat onderwysers betaling in 'n buitelandse geldeenheid geëis het om dit te doen.

Zimbabwe se ekonomie het in duie gestort as gevolg van die wêreld se hoogste inflasie, wat laas geskat was op 231 miljoen persent in Julie, maar wat nou op 'n veel hoër syfer beraam word.

Hierdie week het onderwysersvakbone belowe om aan te hou staak totdat president Mugabe se regering gaan begin om hulle in buitelandse geld te betaal, en ook die kinders se ouers aangemoedig om hulle kinders se skoolgeld te betaal.

In 'n verklaring wat Maandag vrygestel is oor Zimbabwe se 4,5 miljoen kinders van skoolgaande ouderdom, het Save the Children gesê dat skoolbywoning gedaal het tot omtrent 20% teenoor die amper 85% teen die einde van 2007.

Sowat 30 000 onderwysers het reeds die onderwysstelsel verlaat, terwyl die oorblywende 70 000 se moreel aan skerwe lê, het die welsynsorganisasie gesê. 

Onderhoude met 300 onderwysers, ouers en leerlinge het onderwysers se salaris, honger en gebrek aan skryfbehoeftes as die grootste probleme bestempel.

Baie onderwysers is gewing om hulle dag te deur te bring om genoeg geld te bekom om te oorleef, pleks daarvan dat hulle skool toe gaan omdat 'n maand se salaris net 'n paar brode kan koop, het die Londense organisasie gesê.

Die land se kosvoorraad beteken ook dat duisende kinders verplig is om te werk of te bedel in plaas daarvan dat hulle skool toe gaan, waar 'n cholera-epidemie wat reeds 2 800 mense dood gelaat het 'n risiko skep as gevolg van swak sanitasie.

"'n Geslag loop die risiko om sonder opvoeding in Zimbabwe groot te word, en dit gaan katastrofiese gevolge hê vir die land se herstel," het Pounds gesê.

Onderwysers het begin staak vir die groter deel van 2008 en het salarisse gevra wat ooreenstem met die immer stygende inflasie.

Zimbabwe het nie 'n behoorlike regering gehad sedert die verkiesings waaroor 'n dispuut verlede Maart ontstaan het nie. Daarbenewens het cholera veroorsaak dat die helfte van die land se bevolking van voedselhulp afhanklik is.

best way to promote instagramлобановский александр отзывы

Madagaskar se president wil openbare orde handhaaf

Image

Marc Ravalomanana

Madagaskar se president, Marc Ravalomanana, het Sondag 'n beroep gedoen om openbare orde, 24 uur nadat 'n rebelse burgemeester sy bewind 'n diktatorskap genoem en gevra het vir 'n algemene staking.

"Ek het gevra dat die eerste minister wet en orde regoor die land verseker," het Ravalomanana gesê, wat sy besoek aan Suid-Afrika kortgeknip het nadat die hoofstad se burgemeester 'n staking uitgeroep het gedurende 'n saamtrek wat Saterdag plaasgevind het. Daar was meer as 20 000 ondersteuners by die saamtrek teenwoordig.

Hy het nie uitgebrei op die metodes wat gevolg moet word nie.

Andry Rajoelina, die uitgesproke burgemeester van Antananarivo, wat onlangs baie krities geword het teenoor die regering, het by die vergadering gesê, met verwysing na die regering, "leiers wat nie omgee vir die mense nie, behoort nie daar te wees nie".

Die saamtrek het plaasgevind, ten spyte daarvan dat dit deur die polisie verbied was.

Ravalomanana het gesê: "Ek stem nie saam met die mense wat by die saamtrek was nie. Madagaskar is 'n land met wette, en dit is dislojaliteit."

"Ek moedig alle mense van Madagaskar aan om weer te dink. Die doel is om die land vorentoe te beweeg," het hy gesê by 'n perskonferensie by die lughawe waar duisende opgedaag het om hom te verwelkom.

Die 34-jarige burgemeester, Rajoelina, het teen Ravalomanana se party gestaan as onafhanklike kandidaat in die munisipale verkiesings in 2007 en het sedertdien gegroei as die mees uitgesproke opponent van die regering.

Rajoelina het onlangs herhaaldelik die krimpende vryheid in Madagaskar gekritiseer en verwerp, en ook groot kritiek uitgespreek teen 'n projek wat enorme stukke landbougrond gaan verhuur aan die Suid-Koreaanse nywerheidsreus Daewoo.

Die toutrekkery tussen die Antananarivo-burgemeester en die president het op 13 Desember toegeneem toe die regering Rajoelina se TV-netwerk "Viva" toegemaak het nadat hulle 'n onderhoud met die voormalige president Didier Ratsikara uitgesaai het.

free games win money no depositлобановский александр отзывы

Vroulike veiligheidswag vermoor op kerkperseel

'n Vroulike veiligheidswag is vermoor gevind op die gronde van 'n gemeenskapskerk wat sy opgepas het in Plettenbergbaai, het die Weskaapse polisie Sondag gesê.

'n Woordvoerder, kaptein Malcolm Poije, het gesê die tante van die 24-jarige Xolelwa Lumbe het die polisie laat weet toe sy nie ná werk huis toe gekom het nie.

"Die vrou het beserings aan die kop opgedoen, bokant die linkeroog en aan haar enkels."

"Die moontlikheid dat verkragting die motief vir die gruweldaad was, word wel ondersoek," het Poije gesê. 

games and casinoДанильченко Юрий Харьков

ANC se beleidshoof bedank uit party in KZN

Die ANC se beleidshoof in KwaZulu-Natal het bedank 'n dag voor hy moes verskyn vir 'n dissiplinêre komitee verhoor, het die party Donderdag gesê.

ANC provinsiale woordvoerder Nomfundo Mcetywa het gesê Siyanda Mhlongo was veronderstel om Vrydag voor die party se dissiplinêre komitee te verskyn omdat hy nie sy pligte uitgevoer het nie.

Mhlongo het  by die KVP aangesluit.

"Ons is nie verras deur sy bedanking nie. Ons party was nie baie gelukkig met sy optrede nie. Hy het van die werk af gedros."

Mhlongo wat Donderdag sy bedanking in Durban aangekondig het, het gesê dat hy uit die ANC omdat dit korrupsie aangeblaas het.

"Ek sal nooit 'n korrupte ANC instem in die regering nie. Ek is voorbereid om 'n slang, 'n hond en 'n bobbejaan genoem te word eerder as om 'n party en sy leier, Jacob Zuma, wie se morele waarde vinniger as die Zim-dollar gedaal het te ondersteun."

Mhlongo was een van die ANC-leiers wat beskou was as lojaal aan Thabo Mbeki, wat deur Zuma verslaan is gedurende die party se konferensie in Polokwane in Desember 2007.

Mhlongo het gesê hy sal stem vir die party wat bereid is om die Skerpioene herin te stel en die regsisteem te verdedig.

"Die ANC moet Zuma laat gaan om sy dag in die hof te kan staan omdat hy antwoorde aan die land verskuldig is. Ek doen 'n beroep op alle Suid-Afrikaners om die land te verdedig teen 'n korrupte ANC," het hy gesê. 

в ландшафтномtopcargo отзывы сотрудников

Tien aangehou weens openbare geweld in Sharpeville

Tien mense is Donderdag gearresteer vir openbare geweld in Sharpeville naby Vereeniging, het Gautengse polisie gesê.

Konstabel Edwin Ntsheo het gesê omtrent 150 mense het paaie afgesper met brandende bande en sekuriteitsamptenare, bekend as die Rooimiere, aangeval. Die Rooimiere was besig om onwettige inwoners van HOP huise in die Sharpeville Tshepisong fase 4 ontwikkeling uit die huise te sit.

Die polisie het met rubberkoeëls op die skare wat hulle met klippe gegooi het, geskiet. Een van die wat gearresteer is, sal ook vir poging tot moord en die onwettige besit van 'n vuurwapen aangekla word, nadat hy klaarblyklik op die polisie geskiet het. Ntsheo het gesê 'n ongelisensieerde wapen en nege rondtes ammunisie is by die man gevind.

Die gearresteerde mense sal binnekort in die landdroshof op Vereeniging verskyn.  

free slot machine sitesДанильченео

Finale kieserregistrasie op 7 en 8 Februarie

Meer as 19 000 kiesserstasies sal landswyd oop wees oor die naweek van 7 en 8 Februarie vir die finale kiesersregistrasie, het die onafhanklike verkiesingskommissie Donderdag aangekondig.

"Dit sal die laaste naweek wees waarop kiesers kan registreer vir die 2009 nasionale en provinsiale verkiesings," het die OVK se voorsitter, Brigalia Bam, in 'n verklaring gesê.

Die 19 726 kieserstasies sal oop wees van 08:00 tot 17:00.

Bam het kiesers wat hul adresse verander het aangemoedig om te herregistreer en die wat reeds geregistreer is aangemoedig om seker te maak dat hulle op die korrekte segment van die kiesersrol is.

"Op die eerste registrasienaweek was daar 1,648,189 nuwe registrasies. Dit sou nie moontlik wees sonder die mobilisasie van nuwe kiesers deur OVK amptenare, politieke partye, burgerlike gemeenskap en die media nie," het Bam gesê.

Sy het die jeug geprys dat hulle in groot getalle gekom het om te registreer op de 8ste en 9de November 2008. Van die wat geregistreer het gedurende daardie naweek was 77,9% jeugdiges, wat die mite platgevee het dat die jong Suid-Afrikaners nie belangstel in die verkiesing nie, het sy gesê.

логические игрушкиФільчаков прокурор