Inbrake en diefstal van juweliersware het met mistens 20% gestyg gedurende die Kersvakansie, het 'n groot Johannesburgse versekeringsvervangingsgroep, Jewellery Replacement Consultants, gesê.
"Ons is oorval deur 'n stortvloed van eise," het Ian Furman, die besturende direkteur van die groep, gesê. "Ons het soveel eise gehad, dat ons van ons mense wat op verlof was moes terugroep om te kom help."
Furman, wat al 'n dekade lank een van die versekeringsbedryf se topvervangingsgroepe is, het gesê dit is die ergste na-Kersfeesvlakke van eise wat hulle nog beleef het.
"Dit is moeilik om te sê presies hoekom, maar dit blyk dat die Zimbabwesituasie 'n negatiewe uitwerking op misdaad het. Aanklaers en polisie vertel vir ons dat tot 80% van inbrake deur Zimbabwiërs gepleeg word en op baie maniere maak dit sin. As mens kinders het wat honger is, wat gaan jy doen?"
"Maar dit maak ook vir kriminele sindikate baie sin om onwettige buitelanders te gebruik, omdat hulle nie met geslotebaantelevisiekameras gevang kan word nie en omdat Suid-Afrika nie buitelandse burgers registreer nie, is hulle vingerafdrukke ook nie op enige rekordstelsel nie."
