Madagaskar se president wil openbare orde handhaaf

Image

Marc Ravalomanana

Madagaskar se president, Marc Ravalomanana, het Sondag 'n beroep gedoen om openbare orde, 24 uur nadat 'n rebelse burgemeester sy bewind 'n diktatorskap genoem en gevra het vir 'n algemene staking.

"Ek het gevra dat die eerste minister wet en orde regoor die land verseker," het Ravalomanana gesê, wat sy besoek aan Suid-Afrika kortgeknip het nadat die hoofstad se burgemeester 'n staking uitgeroep het gedurende 'n saamtrek wat Saterdag plaasgevind het. Daar was meer as 20 000 ondersteuners by die saamtrek teenwoordig.

Hy het nie uitgebrei op die metodes wat gevolg moet word nie.

Andry Rajoelina, die uitgesproke burgemeester van Antananarivo, wat onlangs baie krities geword het teenoor die regering, het by die vergadering gesê, met verwysing na die regering, "leiers wat nie omgee vir die mense nie, behoort nie daar te wees nie".

Die saamtrek het plaasgevind, ten spyte daarvan dat dit deur die polisie verbied was.

Ravalomanana het gesê: "Ek stem nie saam met die mense wat by die saamtrek was nie. Madagaskar is 'n land met wette, en dit is dislojaliteit."

"Ek moedig alle mense van Madagaskar aan om weer te dink. Die doel is om die land vorentoe te beweeg," het hy gesê by 'n perskonferensie by die lughawe waar duisende opgedaag het om hom te verwelkom.

Die 34-jarige burgemeester, Rajoelina, het teen Ravalomanana se party gestaan as onafhanklike kandidaat in die munisipale verkiesings in 2007 en het sedertdien gegroei as die mees uitgesproke opponent van die regering.

Rajoelina het onlangs herhaaldelik die krimpende vryheid in Madagaskar gekritiseer en verwerp, en ook groot kritiek uitgespreek teen 'n projek wat enorme stukke landbougrond gaan verhuur aan die Suid-Koreaanse nywerheidsreus Daewoo.

Die toutrekkery tussen die Antananarivo-burgemeester en die president het op 13 Desember toegeneem toe die regering Rajoelina se TV-netwerk "Viva" toegemaak het nadat hulle 'n onderhoud met die voormalige president Didier Ratsikara uitgesaai het.

free games win money no depositлобановский александр отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae