Libi? bring media onder staatsbeheer

Libië het Maandag aangedui dat hulle beplan om 'n mediamaatskappy te nasionaliseer wat deur die seun van die land se leier, Moeammar Ghadaffi, besit word. Dit sal die pers weer onder 'n staatsbeheerde monopolie bring.

Die regering sal beheer neem van satellietkanale, radio en koerante, asook 'n drukpers wat deur Al-Ghad bestuur word en wat twee jaar gelede deur Seif al-Islam, begin is, het die kabinet in 'n verklaring bekend gemaak.

Seif al-Islam, wat deur vele as 'n hervormer beskou word, het by verskeie geleenthede 'n oproep om persvryheid en die media se onafhanklikheid in Libië gedoen

In 2007, het Al-Ghad twee baanbrekerkoerante die lig laat sien wat in die eerste maande van hulle verskynig 'n hele reeks taboes gebreek het deur kritiek teen senioramptenare te publiseer. 'n Privaatsatellietkanaal is ook opgerig.

игрушки украинаалександр лобановский класс

Wit aktrise weier om swarte te soen

‘n Suid-Afrikaanse teaterproduksie wat daarop gemik was om kinders te oortuig dat rasseharmonie heers, se aktrise het bedank nadat sy van rassisme beskuldig is.

Carolyn Forword (foto hier bo) het van die verhoog gestap van die produksie getiteld The Pied Piper of Hamelin nadat sy deur die regisseur aangesê is om haar mede-akteur Unathi Dyantyi herhaaldelik op die lippe te soen.

Unathi.jpg~original
Unathi Dyantyi

Forword, 22, sê die gesoenery was nie betaamlik voor ‘n gehoor van jong kinders nie, en daarbenewens was dit onhigiënies. Daar is drie wit en een swart akteur wat in die stuk speel.

Dyantyi beweer haar beswaar dat sy kieme wou vermy was deur rassisme gemotiveer.

Dyantyi, 28, sê Forword het hom weggestoot en weggeskram daarvan om hom te soen gedurende opvoerings van die teaterstuk. “Ek het elke keer soos ‘n stuk kak gevoel wanneer ons dit moes doen vanweë die manier waarop sy my behandel het,” het hy gesê. “Sy wou my nie soen nie. Sy het gesê sy vind dit onnodig en die soen was onhigiënies.”

“Ek is sprakeloos. Wat is onhigiënies omtrent ‘n soen? En wat is onnodig daaromtrent? Dit is nodig vir wat die regisseur wil bereik. Hy wil ‘n boodskap oordra dat dit OK is vir verkillende kulture om verlief te raak. Ons is ‘n multikulturele gemeenskap en ons probeer dit uitbeeld.”

Die Riverside Theatre Company, wat in Cape Town is, het gehoop om die Pied Piper na Foward se ou skool te neem, maar sy het daarteen beswaar gemaak. Volgens Dyanti wou sy nie hê haar ouers moet sien dat sy ‘n swart man soen nie.

“Sy is opgelei as aktrise in drama, maar nogtans het sy ‘n probleem met soen. Dit het nog nooit met my gebeur nie. Daar is steeds rassisme in Suid-Afrika vandag, maar dit is baie subtiel.”

Forword het na 12 opvoerings van die Pied Piper onttrek en ‘n ander aktrise sal die 50 volgende opvoerings doen. Sy het die aanklagte van rassisme teen haar wat eers in die Sowetan verskyn het, verwerp”

“Dis ‘n opvoering vir 8-jariges,” het sy gesê. “Hulle wil dat ek die ou vir 20 sekondes soen, wat onbetaamlik is voor daardie gehoor. Dit sal nie goed afgaan voor ‘n Katolieke skool nie, byvoorbeeld. Dit sou onhigiënies wees want dis ‘n reisende opvoering. Ek het uitgeloop want die regisseur het ons geen idee gegee van waar ons gaan oorbly nie. Dit het niks te doene gehad met die soenery nie. Maar nou is ek ‘n rassis.”

Leslie Ehrhardt, die regisseur het Dyantyi se weergawe ondersteun. “Daar was sonder twyfel ‘n rasse-element van die begin tot einde.” Hy het gesê Carolyn het hom weggestoot en haar gesig getrek “asof dit die ergste ding op aarde was om hom te soen”.

Ehrhardt het dit as ‘n verskriklike toestand beskryf dat ‘n 22-jarige wat gedurende 15 jaar se demokrasie ‘n ander opvoeding moes gehad het. Hy het gesê hy is uiters geskok.

Forword het insgelyks gekla dat Ehrhardt, 42, homself onbetaamlik gedra het teenoor haar asook dat die akkomodasie en vervoer wat aan die akteurs gebied is, veel te wense oorlaat.

гидроаккумулятор купить спбЛобановский Харьков

Air France-verdwyning dalk foutiewe sensor

Die verdwyning van die Air France straler wat van Rio de Janeiro na Parys onderweg was, bly steeds 'n raaisel. Die vliegtuig het oor die Atlantiese Oseaan naby die Brasiliaanse eiland Fernando de Noronha, vermis geraak sonder dat die loodse 'n noodroep kon uitstuur.

Die seine wat kort voor die verdwyning ontvang is, was outomatiese seine van die onderhoudstelsel en is nie deur die lugbeheerpersoneel gelees totdat hulle ure later eers besef het dat die loodse nie betyds, soos geskeduleer, ingeradio het nie.

Die Airbus A330-200, met 228 passasiers aanboord, het vermoedelik in 'n donderstorm verdwyn. Volgens een van die outomatiese seine het die vliegtuig kajuitdruk verloor. Geen teken van 'n bom, kaping of sabotasie word nog vermoed nie.

Die swart kassie waarop die vliegtuig se laaste minute opgneem is, sal ook nooit die geheimsinnige verdwyning kan opklaar nie, aangesien dit waarskynlik op die bodem van die Atlantiese Oseaan lê. Dit is ook nog nie seker of die vlug deur satelliete of ander vliegtuie se radar geregistreer is nie.

Die vliegtuig was reeds te ver van land om op Brasilië en Senegal se radar te verskyn soos algemeen met trans-Atlantiese vlugte die geval is.

Die vlug AF 447, was veronderstel om 11:10 op Charles de Gaulle by Terminaal 2D aan te kom. 'n Priester in 'n swart gewaad het die wagtende familielede en kennisse egter tegemoet gegaan.

Pierre-Henri Gourgeon, uitvoerende hoof van Air France-KLM, het aan die hordes joernaliste en fotograwe gesê hulle is erg ontsteld en het belowe om die slagoffers se naasbestaandes by te staan.

Daar was 32 nasionaliteite aanboord wat 58 Brasiliane, 61 Franse en 2 Amerikaners insluit. Die vliegtuig het vermis geraak naby die Kaap Verdiese Eilande waar die trope soms kwaai en onvoorspelbare donderstorms veroorsaak wat tot 55 000 voet kan styg, hoër as wat kommersiële vliegtuie kan vlieg.

Die loods was ervare en het reeds 11 000 vliegure agter die rug gehad, wat 1 100 ure op Airbus se 330 stralers insluit. Gourgeon het aan die Franse LCI nuusdiens gesê dit kon nie aleen weerlig of turbulensie wees nie, maar eerder 'n samekoms van verskeie faktore wat die

Hans Weber, hoof van Tecoplugvaartkonsultante in San Diego, meen foutiewe outomatiese seine wat deur die Airbus 330 se vlerkflappe gestuur word, verhoed die loods om beheer te neem en kan veroorsaak dat foutiewe inligting ook deurgestuur word.

Twee Quantasstralers het byna uit die lug geval omdat die loodse, ná hulle foutiewe seine ontvang het, maneuvers toegepas het wat die vliegtuie verlede jaar neus eerste grondwaarts gerig het.

Weber sê indien die inersiesensor aangedui het dat die vliegtuig vinnig spoed verloor en dus noodgedwone moet duik om lugspoed op te tel en daar terselftertyd 'n afwaartse trek vanweë turbulensie uitgeoefen word, is dit fataal. "Dit sal moeilik wees om van te herstel," het hy gesê.

эндоскопический лифтинг лица ценыДанильченко Юрий прокурор

DA skop VF+ uit koalisie in Kaapstad

Image

Dr. Corn? Mulder, Wes-Kaapse leier van die VF+

“Die besluit van die DA om die Vryheidsfront Plus uit die veelpartykoalisieregering van die Stad Kaapstad te skop, is ‘n kortsigtige en dwase besluit. Met hierdie stap bewys die DA homself nie net as ‘n onbetroubare nie, maar ook as ‘n oneerlike koalisievennoot ”, was die reaksie van dr. Corné Mulder, LP en Wes-Kaapse leier van die VF Plus, op die aankondiging deur die leier van die DA.

“Die DA se bewering dat die VF Plus nou klaarblyklik deel sou wees van ‘n ANC-koalisie op nasionale vlak is totaal onwaar en is op blatante leuens gebaseer. Dit is dieselfde DA wat egter in Oudtshoorn die pos van Speaker aan die ANC gegee het en wat Prins Albert saam met die ANC regeer”, was dr. Mulder se mening.

Die VF Plus was ‘n betroubare staatmaker in die veelparty-koalisie sedert die samekoms van die verskillende opposisiepartye in die Metroraad na die 2006 plaaslike owerheidsverkiesing. Die DA en ander koalisievennote kon deurlopend op die VF Plus se steun staatmaak.

“Daar was reeds ‘n vaste ooreenkoms en onderneming deur premier Helen Zille dat die VF Plus deel van die Stad Kaapstad se veelparty-koalisie sou bly. Daardie ooreenkoms en onderneming is nou eensydig deur die DA en me. Zille verbreek. Die VF Plus sal more, Dinsdag 2 Junie om 12:00 tydens ‘n mediakonferensie in Kamer M529, Marksgebou in die parlementêre kompleks, die nodige dokumentasie wat betrekking het op hierdie ooreenkoms en me. Zille se onderneming in hierdie verband bekend maak”, het dr. Mulder gesê.

Met hierdie stap van die DA, is die totstandkoming van ‘n breë opposisiefront ‘n terugslag gegee. Dit blyk ook toenemend duidelik te wees dat die DA nie in veelparty-demokrasie glo nie.

номер 86Фильчаков

Zuma oorweeg Guardian se skikkingsvoorstel

President Jacob Zuma het 'n nuwe skikkingsvoorstel van die Britse koerant, The Guardian, ontvang om die lastereis wat teen hulle aanhangig gemaak is, te besleg.

Rapport het Sondag berig dat die skikkingsvoorstel heelwat beter is as die eerste bedrag en dat die president dit moontlik mag aanvaar. Mediaspesialis Liesl Göttert, wat Zuma se lastereise hanteer, het dit aan die koerant bevestig.

Zuma het die koerant se eerste aanbod van 10,000 pond, of sowat R128 000, van die hand gewys. Hy het die koerant verlede maand vir laster gedagvaar nadat die joernalis Simon Jenkins 'n artikel daarin die lig laat sien het met die titel "Get used to a corrupt and chaotic South Africa. But don't write it off".

Dit is op 6 Maart gepubliseer en Zuma is daarin beskryf as 'n "verkragter" en 'n "krimineel". Zuma was klaarblyklik "baie teleurgesteld" met die Guardian se daaropvolgende verskoning.

Göttert sê Zuma sal oor die naweek 'n besluit neem oor die nuwe aanbod.

In die verskoning wat die koerant op 21 April aangebied het, het hulle gesê hulle is jammer dat hulle gesuggereer het dat Zuma skuldig bevind is aan verkragting en gesê dit het gekom as gevolg van 'n "redigeerprobleem".

treasures of egyptФильчаков прокурор харьков

Oud-Renamoguerrillas vermis na ontploffing

ImageDosyne Mosambiekse voormalige guerrillas word vermis nadat 'n reeks ontploffings hulle hookwartier in die sentrum van die land geruk het.

Die Maringue-basis is die tuiste van ongeveer 150 rebelle van die vorige Renamorebellebeweging. Hulle is deesdae die grootste opposisieparty, en het hulleself van geweld weerhou met die einde van die burgeroorlog wat in 1992 aangebreek het.

Hulle het egter deurentyd geweier om te ontwapen ondanks versoeke van die regering en wou ook nie by die polisie ingelyf word nie.

'n Voormalige rebelleleier, Martinho Gwedere, sê ou ammunisie het die reeks ontploffings veroorsaak verlede Woensdag en hy het sedertdien nog nie weer van baie van sy kollegas gehoor nie.

Die owerhede het Sondag by plaaslike inwoners gepleit om versigtig te wees in die teenwoordigheid van ongelanseerde vuurpyle en landmyne.

светильники карданный купитьлобановский класс харьков

Dosyne Renamorebelle vermis na ontploffing

Dosyne Mosambiekse voormalige guerrillas word vermis nadat 'n reeks ontploffings hulle hookwartier in die sentrum van die land geruk het.

Die Maringue-basis is die tuiste van ongeveer 150 rebelle van die vorige Renamorebellebeweging. Hulle is deesdae die grootste opposisieparty, en het hulleself van geweld weerhou met die einde van die burgeroorlog wat in 1992 aangebreek het.

Hulle het egter deurentyd geweier om te ontwapen ondanks versoeke van die regering en wou ook nie by die polisie ingelyf word nie.

'n Voormalige rebelleleier, Martinho Gwedere, sê ou ammunisie het die reeks ontploffings veroorsaak verlede Woensdag en hy het sedertdien nog nie weer van baie van sy kollegas gehoor nie.

Die owerhede het Sondag by plaaslike inwoners gepleit om versigtig te wees in die teenwoordigheid van ongelanseerde vuurpyle en landmyne.

строительство саунАлександр Фильчаков прокурор

Obama verhoog druk op Israel

Barack Obama het vandeesweek die druk op Israel verskerp om hulle vestigingsbeleid te staak en die besoekende Palestynse leier, Mahmoed Abbas, verseker dat Amerika ’n Palestynse staat steun.

Obama se samesprekings met Abbas kom tien dae nadat hy die Israelse premier, Benyamin Netanyahu, ontvang het.

Israel het die Amerikaanse regering se jongste pleidooi dat die Joodse staat die bou van nedersettings staak, verwerp. Netanyahu en die Amerikaanse regering sit steeds vas oor ’n strategie vir vrede.

In ’n poging om die vredesproses weer aan die gang te kry, het Obama dit duidelik gemaak dat hy sal aanhou om druk op Netanyahu te plaas vir die algehele staking van die oprigting van Joodse nedersettings in die besette Wesoewergebied en dat hy die totstandkoming van ’n Palestynse staat nastreef.

“Ons kan nie meer talm nie . . . Ons moet hierdie ding weer op dreef kry,” het Obama Donderdag aan verslaggewers gesê terwyl Abbas, ’n Westers-gesteunde gematigde wat verswak word deur die meer onversetlike Hamas se beheer van die Gasastrook, langs hom in die Ovaalkantoor gesit het.

Obama het benadruk Israel se verpligtinge ingevolge die “padkaart” vir Midde-Oosterse vrede sluit die staking van Isreali vestings in, asook om te verseker dat daar ’n lewensvatbare Palestynse staat kom. Hy het gesê Palestyne moet meer doen om hul veiligheidsmagte te versterk en die anti-Israelse “opsweping” wat hy meen soms in skole en moskees voorkom, te bekamp.

Met sy eerste besoek aan Washington sedert Obama in Januarie aan die bewind gekom het, sou Abbas na verwagting redes aanvoer waarom die VSA ’n strenger houding teenoor Netanyahu moet inneem. Die Israelse premier lei ’n regsgesinde koalisie met kernpartye wat ten gunste van die setlaars is.

Netanyahu se regering het Donderdag Hillary Clinton, die Amerikaanse minister van buitelandse sake, se reguit opmerking dat alle nedersetting moet ophou, verwerp.

Beleidsverskille het seldsame onenigheid tussen die VSA en Israel aan die lig gebring, maar dit bly onduidelik hoe hard Obama bereid is om die Joodse staat te druk om toegewings te maak terwyl sy administrasie sy Midde-Oosterse strategie finaliseer.

casino slotАлександр Фильчаков Васильевич

Boesak onthul glo dat Manuel ook skenkersgeld misbruik het

Trevor Manuel, hoof van die beplanningskommissie in die presidentskantoor, is besig om regsadvies in te win oor ’n bewering dat hy geld ontvang het by Allan Boesak se destydse Stigting vir Vrede en Geregtigheid.

Boesak kan weer in die hof 'n draai maak weens onthullings in sy nuwe boek Running with Horses – Reflections of an Accidental Politician, oor watter van sy mede-struggleleiers almal geld in hulle sakke gesteek het.

Boesak, wat ’n Cope-lid van die Wes-Kaapse parlement is, is skuldig bevind en tot tronkstraf gevonnis nadat hy bedrog gepleeg het met skenkersgeld. Hy wou nie in hofsaak getuig nie, en het deurentyd volgehou dat belangrike ANC-leiers geldelik deur die stigting gesteun is.

Thabo Mbeki het uiteindelik aan die bruin predikant presidensiële kwytskelding gegee, waarmee sy misdaadrekord geskrap is.

Rapport het gister berig dat Boesak onder meer Trevor Manuel se vorige vrou asook Christmas Tinto, en sy familie gehelp het.

Boesak vertel ook van ’n besoek van regter Siraj Desai, ’n Kaapse regter met ’n struggle-agtergrond, en hoe die "werklikheid ingeskop het" met regter Siraj Desai wat gesê het hy moet tronkstraf sien as ’n 'laaste opoffering vir die struggle'.

Desai het gesê hy sal eers die boek lees voordat hy kommentaar lewer. Running with Horses word op 12 Junie bekend gestel. 

пескоструйка своими рукамиtopcargo отзыв

MDC eis Mugabe-binnekring se koppe

 Die Zimbabwiese beweging vir demokratiese verandering (MDC) het gister die stadige pas van verandering betreur en geëis dat Gideon Gono, president van die reserwebank, en Johannes Tomana, prokureur-generaal, onmiddellik bedank.

In resolusies wat die party op sy jaarlikse konferensie aanvaar het, het die MDC ook gevra vir ’n streekberaad om verskille tussen Morgan Tsvangirai, sy leier en die premier, en pres. Robert Mugabe op te los omdat dit die eenheidsregering kniehalter.

Die MDC kritiseer al lank Mugabe se besluit om Gono as hoof van die reserwebank en Tomana as prokureur-generaal te behou.

Tsvangirai het die kwessie verlede week probeer ontlont deur te sê die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap moet oor hul toekoms besluit. Nietemin het die MDC in sy resolusies, voorgelees deur mnr. Tendai Biti, MDC-sekretaris-generaal en minister van finansies, gesê albei moet hul poste onmiddellik ontruim in die nasionale belang.

Gono word wyd gekritiseer omdat hy Zimbabwe se ekonomiese vryval en rekord-inflasie nie kon keer nie en Tomana weens politiek gedrewe vervolgings ná verlede jaar se betwiste presidentsverkiesing.

Tsvangirai het sterk teenstand in MDC-geledere gekry oor die magsdelingsooreenkoms wat hy in Februarie met Mugabe gesluit het. Die resolusie maak dit duidelik die party is ongelukkig oor wat konferensiegangers as ’n gebrek aan hervorming en voortgesette intimidasie van hul aanhangers deur pro-Mugabe-militante beskou.

Die party het gesê die regering moet iets doen aan die “stadige pas van media-hervorming, die stadige instelling van die 100 dae-plan, voortgesette ontplooiing van soldate in dorpe en die teenwoordigheid van militante en spookwerkers se name op die regering se salarisstaat”.

Tsvangirai het sy ondersteuners aan die einde van die konferensie probeer paai en gesê hy het nie van die party se oogmerke afstand gedoen nie. “Die oorgangsregering, ’n koalisieregering, is ’n stap na ’n nuwe en demokratiese Zimbabwe.”

Hy het wel sy teleurstelling oor vertragings met die instelling van die koalisie-ooreenkoms uitgespreek. “Ons is teleurgesteld oor die pas van die instelling van party van die kwessies in die omvattende politieke ooreenkoms.

“Die regering se agenda moet nie die party se agenda verwater nie. Ons moet erken kompromieë is waarskynlik, maar ons moet nie demobiliseer nie. Ons moet ons partystrukture bly versterk in voorbereiding van die verkiesing.”
оборудование для сто краснодарАлександр Фильчаков прокурор