Niehaus het geen doktorsgraad en hou van gratis vakansies

ImageVoormalige ANK-woordvoerder Carl Niehaus het nie 'n doktersgraad soos hy beweer het nie, en het 'n R100 000 se vakansie in Mauritius gratis gekry, het twee koerante Dinsdag gesê.

Volgens Beeld het Niehaus nie 'n doktersgraad in teologie gekry by die universiteit van Utrecht in Nederland soos wat hy beweer het nie. Dit was gedurende sy tydperk as Suid-Afrika se ambassadeur in Den Haag.

"Ek kan julle inlig dat mnr. Carl Niehaus nie 'n doktersgraad behaal het in Teologie by die universiteit van Utrecht nie," het 'n universiteitsverteenwoordiger aan Beeld gesê.

Niehaus se CV op die Litnet webwerf verklaar dat hy sy "doktersgraad" in teologie met hoogste lof verwerf het toe hy ambassadeur was.

Beeld berig dat 'n joernalis van die susterblad, Die Burger, verlede jaar aan Niehaus gevra het om duidelik te maak of hy aangespreek moet word as dokter of meneer, waarop hy geantwoord het: "Dit maak nie eintlik saak nie, maar dit is wel dokter."

Volgens 'n ander koerant op Dinsdag het Niehaus na bewering die eienaar van 'n Oos Londense reisagentskap sover gekry om vooruit te betaal vir 'n R100 000 se vakansie vir homself en sy familie in Mauritius, en toe nooit self betaal nie.

"Hy het 'n gratis vakansie gekry en ek het my kersbonus verloor," het die eienaar van Let's Travel, Cheryl Clur aan The Star gesê.

Niehaus het haar klaarblyklik 6 jaar terug genader en op haar gevoel gespeel deur te sê hy het kanker.

"Hy het aan my gesê hy is siek aan leukemie, het chemoterapie gehad en het 'n vakansie gesoek saam met sy vrou en twee kinders. Hy het met my emosies gespeel met sy siekte."

wedding jewelryАлександр Фильчаков

Pandor en Malema vergader

ImageMinister van onderwys, Naledi Pandor en die ANK-jeugliga leier, Julius Malema, sal na verwagting Dinsdagmiddag vergader om probleme by tersiêre instellings te bespreek, het die liga gesê.

Die vergadering sal gaan oor die Tswane-universiteit van Tegnologie (TUT) se staking en probleme by ander tersiêre instellings, het die ligawoordvoerder Floyd Shivambu Dinsdag in 'n verklaring gesê.

Malema is wyd gekritiseer vir 'n stelling wat hy gemaak het oor Pandor toe hy verlede week met TUT studente gepraat het.

"Sy moet haar vals aksent gebruik om ons probleme aan te spreek," het hy aan studente gesê.

Malema het die volgende dag 'n verskoning aan Pandor gestuur.

"Ek erken dat die opmerkings wat ek teen jou gemaak het ongevraagd was en jou kon teleurstel en seermaak," het dit gelees.

Dinsdag se vergadering in Boksburg, sal gevolg word deur 'n kort persverklaring, het Shivambu gesê.

сколько стоит поставить брекеты ребенкуФильчаков прокуратура харьков

SAL-personeel weer vasgetrek op Heathrow

Vyftien SAL-bemanningslede is Maandag gearresteer by Londen se Heathrowlughawe weens die besit van onwettige goedere, het die lugdiens gesê.

Woordvoerder Robyn Chalmers het gesê die bemanning van vlug SA234 van Johannesburg na Londen is deur owerhede aangehou nadat onwettige goed in die bemanningsbus by die lughawe gevind is.

"Dit volg op verlede maand se insident waarin SAL-bemanningslede gearresteer in Londen na onwettige goedere op die bemanningsbus gevind is," het Chalmers gesê.

Op 20 Januarie het Britse amptenare 50kg dagga en 4kg kokaïne in drie tasse gevind wat aan SAL-lede behoort het. Die geskatte waarde van die goed was omtrent 300 000 pond.

SAL het bestaande sekuriteitsmaatreëls verskerp na dié insident, insluitend die verandering van sekuriteitsisteme, fisiese deursoeking van bagasie en die gebruik van honde om sakke te deursoek

instawowphoto.netлобановский александр досье

Nog twee sterf aan cholera

'n 49-Jarige vrou en 13-jarige seun is dood van cholera in Louis Trichard, het die Limpopose departement van gesondheid Maandag gesê.

Woordvoerder Phuti Seloba het gesê die vrou het verlede Woensdag gesterf en die seun Donderdag.

Die dood van die twee mense bring die dodetal op 23 te staan in die provinsie.

Oor die naweek is 50 nuwe gevalle aangemeld.

'n Totaal van 4459 mense is behandel sedert die uitbraak van die siekte in die provinsie laat verlede jaar.

оборудование для складапрокурор харьковской области

Niehaus skuld Rhema nie geld, s? kerk

Die ANK-woordvoerder Carl Niehaus skuld Rhema geen geld nie, het die kerk Maandag gesê.

Woordvoerder Vusi Mona het 'n verklaring uitgereik nadat die Star beweer het dat Niehaus die kerk R700 000 skuld.

"Mnr. Niehaus het eenkeer die kerk geld geskuld vir eiendom waarvoor die kerk borg gestaan het toe hy vir die kerk gewerk het (daar is groot verskil daartussen om borg te staan en om geld uit te leen). "Daardie saak is afgelos toe mnr. Niehaus die diens van die kerk verlaat het," het Mona gesê.

Hy het gesê die kerk is gekontak deur die Mail & Guardian, maar het geweier om ingetrek te word in die storie. Rhema het dit ook duidelik gemaak dat Niehaus geen geld geskuld het nie.

As gevolg van die onthullings deur die Mail & Guardian is kriminele klagte teen Niehaus gebring vir die beweerde vervalsing van handtekeninge van senior Gautengse amptenare, insluitend die voormalige LUR van finansies en huidige premier, Paul Mashatile, toe hy by die Gautengse Ekonomiese Ontwikkelingsagentskap was.

Niehaus het aan Radio 702 gesê dat "hy onder geweldige druk" was, met skuld wat klaarblyklik R700 000 insluit wat hy aan Rhemakerk verskuldig is.

Hy kon gesekwestreer word en sy voormalige vrou kon haar huis verloor het.

автоматическое управление насосной станциейДанильченко Юрий прокурор

Senior IVP-lid doodgeskiet

Image'n Senior IVP-lid is in Empangeni aan KwaZulu-Natal se noordkus doodgeskiet in wat geglo word 'n polities gemotiveerde misdaad is, het die party Maandag gesê.

Die Inkhata-vryheidsparty se provinsiale sekretaris, Bonginkosi Buthelezi, het gesê Sabeloa Zondi en 'n passasier het in sy motor gereis toe mense van die kant van die pad af op hom geskiet het.

Zondi is verskeie kere raakgeskiet en is op die toneel dood. Sy passasier het geen beserings opgedoen nie.

"Mnr. Zondi moet die krediet kry dat hy ten minste 70 mense van die ANK in onlangse weke gewerf het vir die IVP," het Buthelezi gesê.

"Sy harde werk in die gemeenskap het een hom die dank van plaaslike IVP-ondersteuners besorg asook dreigemente deur ANK-ondersteuners. Mnr Zondi sal baie gemis word," het hy gesê.

Buthelezi het gesê die party glo die moord was polities gemotiveer.

'n Polisiewoordvoerder, superintendent Jay Naicker, was nie onmiddellik beskikbaar om die voorval te bevestig nie, maar het gesê hy sal binnekort kommentaar daarop lewer.

проверить на полиграфеФильчаков прокуратура харьков

Ryk sakeman kom tot Niehaus se redding

ImageSakeman Vivian, oftewel Vathasallum, Reddy het tot die redding van Carl Niehaus gekom. Niehaus, wat intussen in die engelstalige pers tot "No house" herdoop is, se uitspattige en korrupte lewensstyl wat tot sy geldelike probleme gelei het, is tans in die nuus. Niehaus skuld ongeveer R1 miljoen aan Rhemakerk, Eric Corbishley en die Brett Kebble-boedel.

Reddy is ook een van Jacob Zuma se ondersteuners.

Niehaus het vir Pallo Jordan, Saki Macozoma, Tokyo Sexwale, Cyril Ramaphosa, Gill Marcus en Rick Menell genader vir geldelike hulp, maar sonder sukses.

Die lenings wat hy aangegaan het was onder andere om 'n Porsche, 'n C-klass Mercedes en 'n Jeep Cherokee te finansier.

Reddy het gister gesê dat iemand van Niehaus se statuur gehelp behoort te word as hy in die knyp raak omdat hy een van die eerste Afrikaners was wat homself teen apartheid verset het en groot opofferings gemaak het.

Reddy is 'n gedugte sakeman wat bevriend is met Goodwill Zwelithini sowel as Jacob Zuma. Sy maatskappy voorsien hospitale van anti-retrovirale middels. Hy het die Suid-Afrikaanse Boy Scouts op die ouderdom van 16 in Japan verteenwoordig waar hy die ruimtevaarder Neil Armstrong ontmoet het. Die ontmoeting het 'n groot indruk op die seun, een van nege kinders, gemaak.

Reddy is bekend as die mees gedugte sakeman in Natal.

to wintopcargo отзыв

Blanke boer word adjunkminister van landbou in Zimbabwe

Na drie jaar van self opgelegde ballingskap is 'n voormalige regeringsamptenaar, Roy Bennett, die gekose persoon om Zimbabwe se adjunkminister van landbou te word – 6 jaar nadat sy eie plaas geneem is in die kontroversiële grondhervormingsproses.

Bennet was net een van 'n handjievol wit parlementariërs toe hy in 2000 verkies is op grond van sy MDC lidmaatskap, die party van Zimbabwe se nuwe eerste minister Morgan Tsvangirai.

Sy opname in die nuwe regering van nasionale eenheid is een van die vreemde kinkels in Zimbabwe se dekadelange drama tussen die MDC en president Robert Mugabe.

Bennet is in 1957 gebore uit 'n boeregesin in die dorp Rusape.

Hy het uiteindelik sy eie koffieplantasie begin in Chimanimani, 'n ruie gebied naby die grens met Mosambiek, waar hy een van Zimbabwe se top uitvoerders geword het.

Hy praat die Shonataal vlot, wat hom geliefd gemaak het onder die bevolking in die streek, wat hom die bynaam "Pachedu" gegee het. Die naam beteken "ons is een."

Toe Tsvangirai die MDC 'n dekade gelede begin het was Bennet een van die min blanke boere wat openlik sy ondersteuning aan die party toegesê het wat gepoog het om Mugabe by die stembusse te klop.

Hy bly steeds uitgesproke selfs na hy gekonfronteer is deur groot persoonlike uitdagings.

Sy plaas, Charleswood, is in 2003 onder Mugabe se grondhervormingsprogram weggeneem en in die daaropvolgende jaar is hy 8 maande tronk toe gestuur vir aanranding na hy die minister van justisie geslaan het gedurende 'n lewendige debat in die parlement oor die grondhervormingsprogram.

насосные станции дляtopcargo кидалы

Die KVP ‘sal met Doom gespuit word’

ImageDie KVP in Mpumalanga "sal met Doom" gespuit word tot hulle doodgaan, het die provinsiale ANK-jeugligasekretaris in Mpumalanga, Isaac Mahlangu, Woensdag gesê.

By 'n perskonferensie in Nelspruit het Mahlangu gesê die ANK-jeugliga sal enige iets in hulle vermoë doen om seker te maak dat die KVP nie enige setels in die provinsiale wetgewer kry in die komende verkiesing nie.

Daar is net 30 setels in die Mpumalangawetgewer en Mahlangu het gesê dat die ANK 29 van daardie setels sal neem.

"Die ander setel sal na enige ander opposisieparty toe gaan behalwe die KVP. Ons sal die een setel afstaan net omdat die onafhanklike verkiesingskommissie (OVK) se metode van stemme tel 'n ding genaamd breuke het."

Maar nie een van daardie mal honde wat van die ANK af weggebreek het en die Vergadering van Polokwane Verloorders gestig het behoort enige iets te kry nie. Ons sal daardie insekte met Doom spuit," het Mahlangu gesê.

Mahlangu het gesê "almal weet dat die KVP gevorm is deur insekte wat desperaat is om vas te kleef aan mag."

Hy het gesê die jeugliga sal mobiliseer met deur-tot-deur veldtogte regoor die provinsie om seker te maak dat die KVP geen stemme kry nie.

"Op die manier sa hulle nie 'n setel in die wetgewer kry nie en vergaan soos Bantu Holomisa se United Democratic Movement (UDM)," het hy gesê.

Buks Mahlangu, die KVP se woordvoerder in Mpumalanga, het gesê hulle gaan nie hulle eie beuel blaas nie, maar gaan die ANK en sy jeugliga verras in terme van die setels in die wetgewer.

"Laat die jeugliga sy propaganda versprei, maar die mense sal besluit of ons 'n setel het of nie. Ons het takke in byna al die dorpies in die provinsie en daar is 'n moontlikheid dat ons hulle kan verras deur meer as die helfte van die setels in die wetgewer te neem," het Mahlangu Woensdag gesê.

Hy het gesê hy kan nie verstaan hoekom die ANK-jeugliga "geraas maak" oor 'n party wat net onlangs gestig is nie, "tensy hulle bedreig word daardeur."

"Ons is nie bedreig deur die ANK nie. Hoekom maak hulle nie geraas oor die ander opposisiepartye nie, maar net oor die KVP. Miskien beteken dit dat hulle die mense is wat bedreig voel," het hy gesê.

James Nkambule, die man wat in die openbaar vir Mathews Phosa, Tokyo Sexwale en Cyril Ramaphosa beskuldig het dat hulle planne gesmee het om voormalige president Thabo Mbeki gedurende 2001 uit die kussing te lig, het uitgeloop uit die ANK en by die KVP aangesluit.

Nkambule, die voormalige sekretaris van die ANK jeugliga in Mpumalanga, het sy bedanking uit die ANK aangekondig by 'n KVP vergadering in Barberton op 1 Februarie. Hy het gesê die ANK wat hy liefgehad het en ondersteun het, het "op die 52ste AN- kongres by Polokwane gesterf in Desember 2007, toe Mbeki sonder seremonie uit die kussings gelig is."

"Ja, ek het aangesluit by die KVP," het hy bevestig. "Hoe kan ek 'n lid van die ANK bly wanneer die organisasie die storielyn verloor het en toelaat dat radikale elemente soos die ANK-jeugliga president Julius Malema kan praat sonder om te dink."

Met verwysing na die ANK-president Jacob Zuma se uitgerekte regstryd teen korrupsie-aanklagte, het Nkambula gesê die ANK waarby hy aangesluit het, sou nooit toelaat dat een man se probleme die nasie se probleme word nie.

сканер автоАлександр Фильчаков

Las is te swaar vir die belastingbetalers

Die minister van finansies, Trevor Manuel, het "begin om baie meer te spandeer," het T-Sec ekonoom Mike Schussler Woensdag gesê na die begrotingstoespraak.

"Vir die eerste keer oorskry sy besteding meer as 31% van die bruto binnelandse produk as 'n totale uitgawe," het Schussler gesê.

"Dit is 'n groot ommeswaai in 'n kort tyd."

Die feit dat Manuel 'n tekort van 3,9% oopmaak wys dat hy bekommerd is oor die plaaslike en globale afplatting.

"Hy het die regte ding gedoen deur belastingverligting te gee," het Schussler gesê.

Hy het bygevoeg dat die regering wat R176 miljoen se skuld deur Eskom waarborg, 'n goeie ding is.

Schussler het gesê hy is effens bekommerd oor die toekenning van R1,6 miljard aan SAL.

"Elke jaar spandeer ons meer aan SAL – die huidige syfer beteken dat elke persoon by SAL R160 000 vir die jaar kry – baie meer as die gemiddelde salaris."

Schussler het gesê SAL is een van die entiteite wat die regering behoort te verkoop, nie moet ondersteun nie.

Hy het gesê dat die vertraging in die myntantieme baie sin maak, aangesien die aandeelpryse gedaal het en baie myne bedreig word met sluiting.

Schussler het gesê dat hoewel Manuel 'n groot bedrag toegestaan het aan maatskaplike besteding in die begroting, dit in gedagte gehou moet word dat daar 13 miljoen mense is wat op welsyn is.

"En daar is net 5,3 miljoen belastingbetalers – so dit is 'n las op die belastingbetaler – en dit bekommer my."

"Ons sal ander maniere moet vind – soos werkskepping," het Schussler gesê.

болит зуб после лечения каналовФильчаков Александр Васильевич