Siekte te rassisties vir Kanada

'n Kanadese Universiteitstudentevereniging het besluit om nie geld te skenk aan 'n liefdadigheid wat sistiese fibrose bestry nie. Die rede? Dié siekte tref hoofsaaklik blankes en is daarom nie "inklusief" genoeg om vir 'n skenking oorweeg te word nie. Boonop is dit 'n seksistiese siekte, volgens die studente, want dit tref omtrent uitsluitlik mans.

Carleton Universiteit het gedurende hulle inlywingsweek meer as R200,000 vir liefdadigheid ingesamel. Maar volgens 'n mosie wat ingedien en aanvaar is, sal die geld net gaan om nie-rassige siektes te bestry.

Die uitvoerende hoof van die stigting wat sistiese fibrose bestry, Cathleen Morrison, sê die studente het die kat aan die stert beet. Sy sê die siekte raak net soveel vrouens as mans. Boonop is dit 'n siekte wat Kaukasiërs in 'n geheel tref, en dit sluit mense in van die Midde-Ooste, Suid-Amerika, Noord-Afrika en die Indiese subkontinent.

насосы дляФільчаков прокурор

Niks meer Indiese troepe nie asseblief vra Kongo die VN

ImageDie Kongolese regering het aan die VN-sekretaris geneaal Ban ki-Moon in 'n brief gevra om nie meer Indiese troepe te stuur as deel van die vredesmagte nie, volgens 'n brief wat Dinsdag aan AFP gelees is.

Indië word nie by name genoem nie, maar diplomatieke bronne het aan AFP gesê dat die DRK sonder twyfel na die Indiese komponent van MONUC, die VN se vredesmag verwys.

"In ag genome die groot misbruike van mag van sekere troepe in MONUC, sal die Kongolese mense nie verstaan indien soldate van dieselfde lande af kom om getalle in MONUC te versterk nie," het die brief gelui wat aan AFP voorgelees is deur diplomatieke bronne.

Indiese vredesmaglede is daarvan beskuldig dat hulle seksuele misdrywe begaan het en in Augustus het MONUC erken dat sommige Indiërs daarby betrokke kon wees. 

Dié brief kan 'n groot diplomatieke vernedering wees vir die VN.

Sowat 90% van die vredesmaglede wat die noord-Kivu distrik patrolleer is van Indië afkomstig, en New Delhi het ook aanvalshelikopters vir die sending voorsien. 

 

lego киевлобановский александр дочь

Asiese immigrante in Brittanje verdubbel in ‘n jaar

Syfers wat deur die Europese Kommissie bekend gemaak is, toon 'n merkbare afname in immigrasie van Oos Europa, 'n daling van 205 000 na Brittanje in 2006 tot 185 000 in 2007.

Ter selfde tyd het die syfers van immigrante wat Brittanje binnekom vanuit nie-Europese gebiede soos Asië skerp gestyg. Dié syfer het amper verdubbel, van 90 000 in 2006 tot 176 000 in 2007.

Die Konserwatiewe Party het dié onlangse syfers gebruik om hulle versoeke dat daar 'n jaarlike perk op die hoeveelheid immigrante geplaas word wat Brittanje binnekom uit nie-EU lande, te rugsteun.

Die EU syfers wat vandag bekend gemaak word, sal na verwagting wys dat die bevolking met 1,8 miljoen mense gegroei het sedert die Arbeidersparty aan bewind gekom het.   

модули подготовкипрокурор Фильчаков

Iran hang veroordeelde Israeli spioen

Iran het 'n man wat van spioenasie vir Israel beskuldig was tereggestel in die eskalerende intelligensieoorlog tussen die twee lande, het 'n hooggeplaasde Iranse sekuriteitsbeampte Saterdag op 'n perskonferensie gesê.


Ali Ashtary, 'n besigheidsman wat kommunikasie- en sekuriteitstoerusting verkoop het aan Iranse sekuriteitsorganisasies, is in 2007 gearresteer en skuldig bevind daaraan dat hy vir die Mossad, die Israeliese intelligensie agentskap, gespioeneer het, het die semi-amptelike nuusagentskap Mehr die beampte aangehaal.

Die beampte, wat die hoof is van die teenspioenasie eenheid van die inligtingsministerie, en wat nie by name geïdentifiseer was nie, het gesê dat Ashtary Maandagoggend tereggestel is. Associated Press het berig dat die man gehang is.

Die teenspioenasie-eenheidbeampte het gesê dat die Mossad satelliettelevisie advertensies en kletskamers gebruik om Iranse burgers te werf om inligting omtrent Iran in te win.

Iranse beamptes het Israel en Amerika beskuldig daarvan dat hulle verskeie separatistiese militante groepe binne en buite die land ondersteun.

Dinsdag, met die aanvang van 'n hofsaak in Tehran, het drie mans hulle aandeel in 'n bomontploffing erken by 'n aanbiddingsplek in Shiraz, in sentraal-Iran, in April. Iranse beamptes het gesê Amerika en Israel was betrokke by die ontploffing wat 14 mense dood gelaat het.

Tehran se prokureur-generaal het gevra vir die doodstraf vir die mense wat by die aanval betrokke was, wat ook 200 mense beseer het, het die amptelike IRNA nuus agentskap gesê. 

строительство турецкой баниДанильченко

Oorgewig mense het die reg op twee vliegtuigsitplekke

ImageOorgewig mense het die reg om twee sitplekke vir die prys van een te kry op vlugte binne Kanada, het die hooggeregshof Donderdag bevind.

Die hof het geweier om appèl aan te hoor deur die Kanadese lugdienste omtrent 'n besluit van die Kanadese Vervoer Agentskap, dat mense wat funksioneel gestremd is as gevolg van oorgewig, geregtig is op twee sitplekke vir die prys van een.

Die lugdienste het 'n appèlsaak in die federale hof verloor in Meimaand en het probeer om 'n nuwe appèlsaak aanhangig te maak. Die hof se besluit om nie 'n nuwe appèlsaak aan te hoor ne, beteken dat die "een-persoon-een-tarief" beleid bly staan.

Die appèl is aangeteken deur Air Canada, Air Canada Jazz en WestJet.

no deposit betалександр лобановский класс

Portugal se elektriese kar wys die pad

Portugal is die eerste Europese land wat deur Renault en Nissan van elektreise karre voorsien gaan word, nadat 'n ooreenkoms geteken is om 'n netwerk vir 'n zero-uitlaatgasvoertuie binne drie jaar in plek te kry.

Die plan beklemtoon Portugal se toewyding daaraan om in skoner energie te belê, ten spyte van die globale finansiële krisis wat verhoed dat regerings die ambisieuse planne van die EU in plek kry om aardverwarming teen te werk.

Volgens die ooreenkoms, wat die naweek met die Frans-Japannese motorvervaardigers gesluit is, sal 320 voertuig-laaipunte teen 2010 in werking wees oor Portugal, en dit sal verhoog word na 1300 ten 2011.

Maatskappye en motoriste wat elektriesemotors koop, sal vrygestel wees van pad- en ander voertuigbelastings, en individue sal kwalifiseer vir inkomstebelastingvoordele.

Die regering gaan ook verwag dat 20% van openbare voertuigaankope zero-uitlaatgas voertuie moet wees.

Ten spyte van stadige ekonomiese groei en versigtigheid ten opsigte van openbare uitgawes, is Portugal besig met 'n grootskaalse program om op  tot  60% van sy elektrisiteit teen 2020 van wind, son en ander skoon bronne te kry.

Die EU het voorgestel dat koolstofdioksieduitlaatgasse teen 2020 met 20% gesny moet word, maar pogings om die hervormingspakket teen Januarie aanvaar te kry is ondermyn deur die globale finansiële krisis.

Volgens die Portugese plan, sal Renault –Nissan Portugal met elektriese karre voorsien van vroeg in 2011. Die karre het 'n ry-afstand van 160 kilometer  op 'n elektriese lading. Die karre sal eers aan Portugal voorsien word vir 'n jaar, voordat die alliansie begin om dit wêreldwyd te bemark. 

светлобановский александр дети

Amerikaanse kernwapenprogram erg verwaarloos

ImageSedert die einde van die koue oorlog, is die Amerikaanse kernwapenprogram erg verwaarloos. Die kernplofkoppe is oud en daar is geen nuwes ontwerp sedert 1980 nie. Die laaste keer wat so 'n plofkop getoets is, was in 1992, toe die Amerikaners toetse eensydig gestaak het. Generaal Chilton wat in beheer van die Amerikaanse strategiese bevel staan, het beswaar gemaak, tesame met die minister van verdediging, Robert Gates. Tot nou toe lyk dit of min mense hulle aan die twee steur.

Amerika is die enigste van vyf verklaarde kernlande wat nie besig is om sy arsenaal op te gradeer nie. Brittanje en Frankryk, asook Sjina en Rusland is besig met opgradering.

"Ons is die enigste land wat nie besig is daarmee nie," het Chilton gesê.

Die Kongres het befondsing vir die ontwikkeling van die departement van energie se betroubare vervangingsplofkoppe net tot op die konsepstatus gedra, en vanjaar dit selfs verder besnoei.

Veiligheid is 'n groot prioriteit, veral om kernwapens uit die hande van terroristegroepe te hou. Dít, sê Chilton, is nog 'n belangrike rede om wapens wat in 'n ander era gebou is te moderniseer.

Daar is ook die kwessie van "menslike kapitaal" wat oudword. Dit is net so belangrik soos die wapenstelsels, het die generaal gesê.

"Die laaste individue wat aan 'n werklike kerntoets gewerk het, die laaste ingenieur en wetenskaplike sal in die volgende vyf jaar afgetree het of gesterf het." Die jonger generasie het geen ondervinding met die ontwerp en bou van kernplofkoppe nie.

Obama se praatjies neig meer na 'n kernvrye wêreld en hy het gesê "ek sal nie die ontwikkeling van nuwe kernwapens toelaat nie".

евро ремонт домаФильчаков прокурор отзывы

Die einde van Pakistan?

'n Herskepte kaart van Suid-Oos Asië doen nou die rondte in Pakistan. Dit wys die land as 'n lang, maer stukkie grond met 'n groter Indië aan die oosgrens en 'n vergrootte Afghanistan aan die westekant.

Die kaart is die eerste keer gesirkuleer as 'n oefening in Amerikaanse neokonserwatiewe kringe. Pakistani's glo dat Amerika Pakistan wil opbreek, omdat Pakistan die enigste Moslem land is met kernwapens.

"Een van die grootste vrese van Pakistan se militêre beplanners is dat die samewerking tussen Indië en Afghanistan Pakistan kan vernietig," het 'n senior Pakistanse regeringsamptenaar wat betrokke is by strategiese beplanning gesê. Die beampte het aangedring op anonimiteit. "Somme mense voel dat Amerika agter alles is," het hy verder gesê.

Dit is 'n land waar jare se swak regering baie ruimte gelaat het vir samesweringsteorieë van elke denkbare soort. Sulke denke onthul soos in soortgelyke situasies elders die swak plekke in 'n nasie se psige. Geleerde Pakistani's sê soms dat hulle paranoïes is, maar dat hulle goeie rede het. Pakistan is 'n 61-jaaroue land met 'n verskeidenheid etniese groepe in vier provinsies wat op die oog af baie min met mekaar in gemeen het.

Byna op elke grens, wat op arbitrêre wyse getrek is tydens die doodsnikke van die Britse ryk se bewind daar, is daar 'n dispuut aan die gang met die bure, ook met Indië, Pakistan se groot vyand van ouds.

Dié feite en onsekerhede wat hulle meebring, vorm die grondslag van baie van Pakistan se meningsverskille met Amerika, insluitend verskille oor die nodigheid daarvan om militante groepe soos Al Kaida en die Taliban te beheer en te beperk.

Amerikaanse bevelvoerders, generaal David Petraeus ingesluit,  het al driftig geargumenteer dat die oplossing vir die konflik in Afghanistan, waar die Amerikaanse oorlogspoging al meer onseker lyk, is om op die werklike bedreigings te fokus, naamlik Al Kaida en die Taliban.

Obama het baie dieselfde menings in sy verkiesingsveldtog uitgespreek. Kennelik is die VSA bekommerd dat Sjina se invloed toeneem.

Indien die spanninge tussen Pakistan en Indië ontlont kan word, kan Pakistan fokus op die bedreiging wat Al Kaida en die Taliban verteenwoordig.

"Indien Pakistan met vertroue na die ooste kan kyk, sal hy minder geneig wees om te glo dat dit tot sy voordeel is om met die Taliban saam te werk," het Obama verlede jaar in die Foreign Affairs-tydskrif geskryf.

Indië se kernooreenkoms met Amerika, wat Indië toelaat om kernhandel te betree, selfs al is hulle nie lid van die kernsperverdrag nie, word deur Pakistan gesien as duidelike steun aan Indië.

Met sy onlangse gemoeidheid met die verspreiding van kerntegnologie, het Pakistan egter nie so 'n ooreenkoms verkry nie.

Dié kerntransaksie is in Washington uitgewerk om Indië te posisioneer as 'n teenbalans vir Sjina. Dit is wel hoe dit in Pakistan gesien word, maar sonder enige entoesiasme.

"Amerika het die hele kernorde met die transaksie verander, en op 'n manier wat Sjina, wat Pakistan se enigste vriend in die streek is, beperk," het Talat Masood, 'n afgetrede generaal gesê.

Verder is Pakistan ongelukkig oor die vordering wat Indië in Afghanistan maak, sonder dat Amerika iets daaroor sê, het Masood gesê.

Indië het onlangs groot beleggings gemaak in Afghanistan, waar Pakistan ook meeding vir invloed. Een van die beleggings sluit in 'n pad na die Iranse grens, wat vir Indië toegang sal gee tot die Iranse hawe Chabahar, sonder dat hulle deur Pakistan hoef te gaan.

Indië het opleiding aangebied vir die Afghaanse militêre magte, hulp verleen vir 'n nuwe parlementsgebou in Kaboel en konsulate heropen op die grens met Pakistan.  

Crystal LuxДанильченко Харьков

Iris-prostese gee kleur aan seun se lewe

Image'n Seun van Ohio het nou al begin om kleur meer duidelik te sien nadat hy 'n prostetiese iris ontvang het.

Sjirurge van die Cincinnati-ooginstituut het die doelgemaakte toestel  Donderdag in die oog van die 7-jarige Nathaniel Brantley van Cincinnati ingeplant, het die Cincinnati Enquirer berig.

Die vervaardiger, Humanoptics/Dr. Schmidt Intraocularlinsen in Duitsland, het die inplantings soos die van Nataniel se ma se oë gemaak.

Michael Snyders, die sjirurg, het gesê dat as alles goedgaan hy op Nataniel se linkeroog ook sal opereer.

Die iris is die gekleurde deel van die oog wat beheer hoeveel lig die oog binnegaan. Helder ligte het altyd Nataniel se oë seergemaak en hy kan nie goed fokus nie. Voor die sjirurgie kon hy kleure nie behoorlik sien nie.

Snyders moes spesiaal toestemming van die Amerikaanse voedsel en geneeskunde administrasie kry om die iris-prostese te gebruik, omdat dit nie in Amerika goedgekeur is nie. Die vervaardiger het die prostese geskenk.

Voor die inplanting was dit ooglopend dat Nataniel se oë nie normaal was nie. Waar die pupil normaalweg deur 'n ring van bruin of blou omring is, was net 'n swart pupil sigbaar by Nataniel, met 'n klein oranje halfmaan onder die pupil.

Om Nataniel se sig te beskerm is die belangrikste ding, het Snyders gesê, maar om sy voorkoms te verbeter daarmee saam, is 'n bonus.

"Kinders is wreed wanneer iemand bietjie anders lyk" het hy gesê.    

free slots notopcargo отзывы сотрудников

Duits-Egiptiese duikboottransaksie bekommer Israel

ImageKaïro het volgens amptenare gesprekke met Berlyn aangeknoop met die doel om vir die Egiptiese vloot 'n paar Dolphin-klas duikbote, wat gereken word as een van die beste dieselaangedrewe duikbote in die wêreld, aan te koop.

Egipte stel blykbaar belang daarin om sy vloot verouderde duikbote op te gradeer, hoewel amptenare dit vreemd vind dat Kaïro daarna kyk om presies dieselfde duikbote te koop as wat Israel het.

Israel het tans drie Dolphin-klas duikbote wat in Duitsland gemaak is. Die konstruksie van nog twee duikbote wat na die tweede Libanon-oorlog in 2006 begin is, behoort in 2010 voltooi te wees.

Volgens buitelandse mediaverslae, het Israel se duikbote die kapasiteit om 'n "tweede aanslag" te loods in die geval waar Israel die teiken word van 'n kernaanval.

Die Dolphin-klas duikbote is die duurste wapenplatforms in die Israelse weermag. Duitsland het die eerste twee aan Israel geskenk na die eerste Golfoorlog, en die koste van die derde een gedeel tussen die twee lande.

Die drie duikbote in die Israeli vloot werk op 'n diesel-elektriese aandrywingstelsel, wat vereis dat hulle op 'n gereelde basis na die oppervlak kom om die batterye wat hulle onderwater aandryf, te kan laai.

Die twee Israeli duikbote wat nog onder konstruksie is, gaan met nuwe tegnologie toegerus word wat 'n dieselkragopwekker wat loodsuur batterye laai, en 'n lug-onafhanklike aandrywingsisteem wat gebruik word vir stilaandrywing asook 'n brandstofsel wat toegerus is met suurstof- en waterstofberging sal huisves.

Verdedigingsowerhede in Israel is bekommerd oor Egipte se versoek om die Duitse duikbote te koop.

Egipte het 'n groter vloot as Israel, insluitende 'n klomp groot fregatte en vier Russiesvervaardigde Romeo-klas duikbote. Indien die transaksie sou voortgaan, sal die balans van mag in die Midde-Ooste geaffekteer word.

Met die nuwe duikbote sal Egipte in staat wees om koverte inligting te versamel teen Israel.

Die Duitse Dolphin-klas duikbote is een van die bestes in die wêreld en sal aan die Egiptenare die vermoë gee om hoofseeroetes en hawens te kan blokkeer. Dit is amper onmoontlik om 'n aanval van 'n duikboot af te weer. 

игра пазлы для детейДанильченео