Malema moet ondersoek word sê VF+

Die VF Plus het Maandagmiddag die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) formeel versoek om dringend ondersoek in te stel na Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, se inkomste en sy werklike bydra tot belasting die afgelope paar jaar.

“Malema het nog geen behoorlike antwoorde verskaf aangaande sy inkomste en lewenstyl nie. Die Sondagkoerante het Sondag verder berig dat van Malema se maatskappye tenderkontrakte ontvang het wat miljoene rande beloop.

“Desnieteenstaande het Malema, soos gewoonlik, die vrae gesystap en hierdie aandag op hom toegedig aan sy politieke vyande,” het Adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder, Maandag gesê.

Volgens Alberts is Malema ‘n openbare figuur wat kontroversiële uitsprake maak aangaande die wyses waarop die lot van die armes verbeter kan word en sy persoonlike lewe moet insgelyks kan getuig van hoë morele standaarde en insig in die lot van die armes.

Malema wil kommunistiese instrumente gebruik om na sy kiesers se belange om te sien, maar hyself leef soos ‘n wafferse kapitalis.

Alle inwoners is gelyk voor die reg, insluitende Malema en het die plig om tot die fiskus by te dra.

Die VF Plus vertrou om spoedig van die SAID in die verband te verneem.

free blackjack no downloadлобановский александр биография

Julius belowe nasionalisering

Die huidige ANC-leierskorps is “skattebolle”, hetJulius Malema, ANC-jeugleier, gister in ’n toespraak gesê waarin hy Nelson Mandela se woorde gebruik het om sy strewe na ’n beleid van die nasionalisering van myne te regverdig.

“Ons gee nie om wie sê wat nie, nasionalisering sal die ANC se beleid word,” het hy by die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg gesê in ’n toespraak ter herdenking van Mandela se vrylating uit die tronk 20 jaar gelede.

“Ons wil nie Zuma of (Fikile) Mbalula (adjunkminister van polisie) se steun hê nie … Ons wil die steun van die massa hê.

As die massa sê jy is reg, dan sal ons voortgaan.”

Dinsdag het pres. Jacob Zuma in sy repliek op sy staatsrede gesê die nasionalisering van myne is nie regeringsbeleid nie.

Malema is egter vasberade om ANC-takke te beïnvloed om nasionalisering partybeleid te maak, wat dan na die regering sal deursyfer.

Sy toespraak in ’n stampvol saal is met dawerende applous en dreunsang en dansery begroet. Voordat hy gepraat het, het die gehoor na ’n uittreksel uit ’n video van ’n onderhoud met Mandela kort voor sy vrylating gekyk.

In die onderhoud het Mandela gesê nasionalisering is deel van die land se geskiedenis en hy begryp nie hoe privatisering geregverdig word nie.

Mandela het gesê wittes het besluit die enigste manier om beheer oor die land se swartes uit te oefen, is om te privatiseer.

Met verwysing na die huidige ANC-leierskorps het Malema gesê: “Vandag wil hulle ons vertel hulle is die beste denkers en hulle kan die Vryheidsmanifes beter as Nelson Mandela vertolk.

“Ons moet vandag hier sê … ons eis ekonomiese vryheid in ons leeftyd.”

Winnie Madikizela-Mandela, lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, was saam met Malema op die verhoog.

“Jy is baie slim, my kleinseun Julius,” het sy gesê. “Jy het argiefmateriaal oor die nasionalisering gaan versamel. Ek wonder waar jy dit gekry het.”

In reaksie op koerantberigte oor haar afwesigheid by die Drakenstein-gevangenis verlede week by die herdenking van haar gewese man se vrylating, het sy gesê: “Ek en my familie is nie genooi nie.”

Vroeër het Malema na Madikizela-Mandela as “populisties” verwys.

Sy het in antwoord gesê ’n populis is iemand wat die onkundiges “uitbuit” om “aan die mag vas te klou” asook “’n luukse leefstyl en wat ons nou ‘bling’ noem” te handhaaf.

“Ek wil niks daarvan hê nie.”

Madikizela-Mandela het gesê dit is belangrik om al die fasette van Mandela te onthou en watter soort man hy is.

slots online no deposit bonusлобановский александр игоревич

Malema ANC se enigste juweel – Mbalula

Die ANC se omstrede jeugleier, Julius Malema, is die ANC se enigste juweel aangesien dit al is wat die ANC het, en die opposisie nie het nie, en daarom die nydige jaloesie. So het die adjunk-minister van Polisie, Fakile Mbalula, in die debat oor pres. Jacob Zuma se staatsrede gesê.

Mbalula het ook in die bresse getree vir die komende debat binne die ANC oor die nasionalisering van myne, wat deur die ANC se jeugliga op die tafel geplaas is. Volgens Mbalula is die nasionaliseringsbeginsel nie nuut vir die ANC nie. SAPA

Ander nuusstories, kortliks:

Zuma se vriendin kry groot tender onder verdagte omstandighede

Die IVP skree blou moord nadat dit aan die lig gekom het dat ‘n tender vir die voorsiening van verversings aan die KwaZulu-Natalse Wetgewer aan die ma van twee van pres. Jacob Zuma se buite-egtelike kinders toegeken is. Sapa en News 24 berig die tenderbedrag beloop R1,3 miljoen, terwyl IOL die waarde op R3 miljoen stel. Volgens die IVP is die tender toegeken voor die hersieningsperiode van 21 dae verloop het, en dat dit ook nie soos die wet vereis in die staatskoerant geadverteer was nie. Die Wetgewer hou vol dat dit ‘n openbare tenders was en dat meer as 50 voorleggings ontvang is.

Vanjaar 5 biljoen mobiele foongebruikers – VN

Die VN se Internasionale Telekommunikasie-Unie berig dat die wêreld vanjaar sy 5 biljoenste selfoonsubskripsie-intekenaar gaan oplewer. Dit volg na ‘n skerp toename in gebruik van Smart Phones in die ontwikkelde wêreld en mobiele telefone in die ontwikkelende wêreld. Die aantal mobiele breëband-intekenare gaan vanjaar ook die een biljoenkerf verbysteek. AFP

clue board game onlineалександр лобановский класс

Zille sê nasionalisering geniet nie steun

Helen Zille, DA-leier, het tydens ’n mediakonferensie by die parlement teen die nasionalisering van die myne gewaarsku.

Volgens haar is nasionalisering van die myne nie ‘n kwessie wat enige steun in die kabinet geniet nie.

Sy het ook gesê dit kan Suid-Afrika 10 jaar terugsit. “Ons het uit die semi-staatsinstellings geleer dat dit nie baie doeltreffend is nie. Die laaste ding wat ons wil hê, is om nóg tien jaar te verloor deur hulpbronne in ondoeltreffende, yslike staatsondernemings te stort.

“Dit kan hulpbronne wegneem van produktiewe beleggingsbesteding wat aansporings en meer ekonomiese aktiwiteit kan skep.

Sy het gesê dit is die verkeerde soort debat en ‘n mors van tyd.

Die grootste struikelblok in ekonomiese ontwikkeling is volgens die DA-leier is nie die eienaarskap van myne nie, maar die gebrek aan vaardighede in die onderwysstelsel.

046-1 бланкпрокурор харьковской области

Politieke meetsnoere van die geldmagte

Malema, hofnar en mondstuk vir die ANC regering, raak toenemend opdringerig oor die nasionalisering van die Suid-Afrikaanse myne. Mandela het met fyn tydsberekening intussen sy goedkeurende seël daarop geplaas en ‘n ander dimensie daaraan verleen.

Hierdie dimensie hou beslis vir die wêreldgeldmag ‘n bedreiging in, wat hulle tot onmiddellike optrede verplig het. Volgens Max du Preez wat blykbaar sy oor op die ANC-grond het, loop die wit mynbase Malema se drempel plat om hom met behulp van die tjekboek tot ander insigte te bring. Du Preez sê tewens Malema se fabelagtige rykdom is te danke aan hierdie gebare van die mynboubedryf se welwillendheid.

Dalende mynbouproduksie van naby 7% in 2009 is hoofsaaklik veroorsaak deur die daling van diamantverkope. Anglo American het glo ‘n gesonde 450 miljoen dollar daarin gepomp om die bedryf ‘n hupstoot te gee deur die myne wat gesluit is weer in produksie te bring.

Die Britse monargie se belangstelling is ook gaande oor die aangeleentheid. Sopas is ‘n uitnodiging van koniging Elizabeth aan president Zuma gerig.  Die koningin het hom genooi vir n kuiertjie by haar in Buckinghampaleis – van die 3de tot die 5de Maart 2010 – waarna ons vermoedelik nie weer n woord sal hoor oor die nasionalisering van die myne nie.

Of het ek die kat aan die stert beet?

designer bridal accessoriesтопкарго отзыв

‘Mandela ondersteun nasionalisering’

Nasionalisering was ‘n beleid wat Nelson Mandela self ondersteun het, het Julius Malema Donderdag gesê.

Malema het gepraat by ‘n ANC-ontbyt wat by Drakensteingevangenis naby die Paarl gehou is om die 20ste herdenking van Mandela se vrylating te vier.

Malema het gesê dat Mandela ‘n generasie verteenwoordig het wat die ANC van ‘n gemiddelde organisasie na ‘n strydende mag verander het.

Hy sê Mandela het gepraat van nasionalisering as ‘n beleid van die beweging.

“Ons is gekant teen enige helde wat nasionalisering wil teenstaan en sê dit is nie ‘n beleid van die ANC nie,” het Malema gesê.

“Madiba self is beter geplaas om ‘n behoorlike interpretasie te gee van die Vryheidshandves, want hy was op die voorgrond as ‘n hoofvrywilliger.”

Malema het verwys na die ANC se veldtog van openbare teenstand van die 1950s.

Hy het gesê dat Mandela by die Kliptownkongres van die mense ‘n leier was.

“Hy het baie goed verstaan wat die Vryheidshandves beteken. Dus wil vandag se jeug nie toestemming hê van enige individu om op te leef na die verwagtinge van die 1944-generasie nie.

“Mandela en sy generasie het gesê vryheid in ons leeftyd en ons wil vandag ekonomiese vryheid in ons leeftyd verkondig,” het Malema gesê.

генератор для дачи как выбрать цена купитьалександр лобановский супермаркет класс

Malema moet myne nasionaliseer

Ek sien net negatiewe stellings omtrent Malema en sy dreigemente oor die myne se vergrype. Ek het reeds twee jaar gelede vir die ANC geskryf om daaraan te dink: In plaas daarvan om ‘n hele klomp plase te vat wat hulle in elk geval nie weet hoe om te bestuur nie, kan hulle eerder daaraan dink om ‘n paar myne te vat.

Dit sal ‘n paar dinge uitsorteer: Tydens die Anglo-Boereoorlog is ons voorsate uitgemoor omdat Rhodes en sy mede-Joodse vriende die minerale van die ZAR wou inpalm, wat hulle toe ook gedoen het. In die jare van sanksies het die myne steeds uitgevoer en dit het slegs monolopieë buite die landsgrense veroorsaak.

Myne word teen amper geen winste bedryf nie aangesien hulle hoofkantore meestal in die buiteland is (veral Britanje) en deesdae ook China en ander. Die voordeel wat dit vir ons inhou, is feitlik nul, enkele werksgeleenthede, maar eienaarskap sal dit nie verander nie.

Sou Malema wel genoeg steun kry om die myne te nasionaliseer, sal dit immers die winste binne SA hou. Die vervreemding van bates van die geldbase wat ons ondergang bewimpel het, sal my groot genot verskaf.

Verder kan hulle ‘n uitsondering maak: die eienaars moet in Suid-Afrika woon. Dit sal verseker dat die befondsers van ons ondergang ook maar moet deurmaak wat die res moet deurmaak.

Geen SA myn kan dus meer ander aandelebeurse bevoordeel nie.

Op die kort termyn kan dit dalk negatief wees, maar op die langer termyn sal dit goed uitwerk.

m casino poolОлександр Васильович Фільчаков

Malema veroordeel geskinder oor Zuma se liefdeskind

Julius Malema, president van die ANC-jeugliga  het gesê dit is “oneerbiedig” om van pres. Jacob Zuma se kind wat hy by een van sy vriende (Irvin Khoza) se dogters het, te praat.

“Ons is Afrikane, en Zuma is ons pa. So ons is nie gekwalifiseerd om daaroor te praat nie.”

Volgens Malema gaan die jeugliga voort met sy MIV-programme en hul ‘een meisie, een kêrel’ veldtog.

Hy het dit aanstootlik gevind toe hy gevra is of hy dink Zuma ‘n goeie voorbeeld vir die jeug is.

Daar was nog geen amptelike kommentaar oor die liefdeskind gemaak nie, sedert ‘n berig in die Sunday Times verskyn het.

“Ek gaan nie oor die aangeleentheid kommentaar lewer nie. Alle navrae moet deur die presidensie beantwoord word,” het Ishmael Mnisi, ANC-woordvoerder gesê.

Die presidensie het intussen die situasie as ‘n privaat aangeleentheid beskryf.

Zuma is as die pa geregistreer van ‘n babadogter. Sonono Khoza het op 8 Oktober, drie maande voor Zuma vir die vyfde keer getrou het, geboorte geskenk.

Dit is glo sy 20ste kind. Die Khoza’s het ook nog nie kommentaar gelewer nie.

кукол куколтопкарго

Tokyo se retoriese kaf

Dit is met geen verbasing dat ek van Tokyo Sexwale se poging om die regering se nie-prestasie te probeer toesmeer, lees nie. Hy het volgens aanduidings aan die parlementere komitee oor huisvesting die boeregemeenskap beskuldig van ‘n menseslagting en dit vergelyk met wat in Haïti gebeur het.

Volgens hom is die mense van laasgenoemde land uit hulle huise omdat die grond sodanig “geskud” het en hier in ons land blykbaar omdat die boere die horde plakkers tans in informele nedersettings, van hulle plase gejaag het.

Dit plaas hom ook in die koor saam met die Malemas. Boonop laat dit mens wonder of hy voorspraak maak vir die presidentspos van die ANC. Ons het mos deur ervaring geleer dat na so ‘n ou stappie die een van Staatspresident die volgende is. 

Sexwale reken dat hierdie nedersettings net deur eks-plaaswerkers bewoon word en nie deur buitelanders vanweë die swak grensbeheer die afgelope 15 jaar nie. Dit het meegebring dat hordes onwettige immigrante so ver as vanaf die Kongo by ons kom afpak het. Baie van die plaaswerkers kom vanaf Zimbabwe wat daar deur Mugabe saam met die grondeienaars van plase afgejaag is.

Baie van hulle was nie so gelukkig om die grens oor te steek nie en is deur mal Bob, ‘n troetelnaam vir die politieke dinosaurus, se waansinnige trawante vermoor. Baie van hierdie eks-plaaswerkers werk tans op plase tot in De Doorns waar xenofobie onlangs weer kop uitgesteek het.

Om die boere van so iets te beskuldig is niks minder as laakbaar nie. Ek het nog van geen werkgewer gehoor wat iemand ‘n werk en behuising aanbied en as hy nie langer werk nie en hy nog verblyfreg het nie. Is Sexwale bereid om dit op sy plasie in Franschoek vir my en my gesin te doen?

Die regering van die dag is al vir vyftien jaar besig met grondhervorming wat lyk asof hulle net plase aan uitverkoses soos Sexwale en van sy kaders oorhandig. Plase wat aan vorige benadeeldes gegee beland binne rekordtyd op die ashoop en word hierdeur nie-ekonomiese entiteite.

So verswak ons landbou-ekonomie jaarliks en sal ons toekomstig alle basiese stapelvoedsel moet invoer. Wat hy ook vergeet is dat sy regering die boeregemeenskap lankal uitverkoop het en baie boere finansieël ondergegaan het en noodgedwonge personeel moes verminder.

As ‘n sogenaamde ”suksesvolle” sakeman toon hy min begrip vir sulke kwessies en is sy uitlatings doodgewone retoriese kaf. Ons landbou is in ‘n haglike toestand en as hy dink dat die boer die werkverskaffer vir miljoene werkloses in informele nedersettings is, kan mens net wonder oor sy integriteit en ware bedoelings.

Die regering moet werk skep as deel van sy oorhoofse funksie deur die ekonomie te stimuleer sodat ons investering kry. Plaaslike markte moet beskerm word, andersins sal geen besigheid floreer nie, ingesluit die landbousektor. Hierdie basiese goed word nie gedoen nie en derhalwe sien die buitelandse belegger ons as riskant en ‘n onbetroubare vennoot. Daar’s hoevele ontluikende markte waar die risiko laer is.

Nee wat, Sexwale se opmerkings is deursigtig en tot die liberaalste van liberales sien teen die tyd ook al lankal deur mense soos hy se patetiese verweer vir sy regering se onbeholpenheid.

goldilocks and the wild bearsФильчаков прокурор

Juliaanse ‘logika’

“Ek het gekom, ek het gesien en ek het ‘n verskriklike klomp bollie kwytgeraak.”

Aan die woord by die Kovsiekampus was Suid-Afrika se kroonprins en de facto premier, mnr. Bitterbang Bibberbeentjies Malema.

Die geleentheid ‘n saamtrek van Kosviestudente uit die Sasco-ANC-jeugliga-verdampkring.

Normaalweg meen ek, Blik Oor, dit is beter om Bitterbang (‘n hele R300 000 per maand bang) te ignoreer, maar dié keer was Hoeterbek se juweeltjies opnuut onignoreerbaar. Hy het naamlik ‘n paar brokkies inligting wat almal geweet het, maar tot dusver ontken is, nou in die openbare domein geplas.

Wie is in beheer van die universiteite? Nee, nie die raad, die minister wat via die Kabinet aan die parlement verantwoording doen nie, en allermins die Roelf-grondwet. Nee, erken Bibberbeentjies, die ANC het die beheer by die Broederbond afgeneem.

Dit, meen Jors Troelie, beteken dat Afrikaanssprekendes hulle ook nie op die grondwet sal kan beroep om moedertaalonderrig te verseker nie. Net soos wat verslaggewers vind die regering – lees ANC – se ooreenkoms met Sanef dat die regering die verslaggewers se beskerming van hul bronne sal respekteer, nie die papier werd is waarop dit geskryf is nie. Vra maar vir e-TV.

En vir diegene wat nie kans sien om die berigte oor Bibberbeentjies se nuutste Kovsie-orakel te lees nie, ja, hy het weer die blankes gekritiseer omdat hulle nie die belangrike byeenkomste bywoon nie. Hy wil ‘n jaar diensplig instel sodat jong mense beter verstaan hoekom dit belangrik is. Hy sê die ANC staan nie veelrassigheid voor nie, maar nie-rassigheid.

Nou verstaan ek hoekom prof. Jonathan Jansen sê Bibberbeentjies is slim – moes geniaal bedoel het want die kopkrimpers sê ou Blik Oor se IK val in die “superieur-kategorie”, en dit is baie, baie duidelik heel ontoereikend om Bitterbang se geniale logika te volg. Soos hoe mens nie-rassigheid bevorder deur ritse rassistiese opmerkings te maak, en die heel tyd na “ons” en “julle” te verwys? Eskom het nie meer genoeg krag om daai liggie te laat aangaan nie, want hy is gefjeus. Soos die Ore se rekenaars en wasmjiene en goete met elektronika gereeld fjeus omdat Eskom ‘n nuwe betekenis aan die begrip “wisselstroom” gegee het.

Om terug te keer na e-TV. Bibberbeentjies wil weet of iemand, as hy weet iemand gaan die Uniegebou opblaas, die polisie of die media gaan bel.

Die mindere Blik Oor-intelligensie lewer ‘n antwoord min of meer soos volg op: Dit hang af of die persoon wat die nuus opdoen, wil hê die Uniegebou moet in flarde opgaan. As hy ‘n ramp wil voorkom, bel hy die media, want as hy die polisie bel, gaan een van ‘n paar dinge gebeur: a) Die polisie gaan nie die telefoon beantwoord nie, b) die polisie gaan nie iemand beskikbaar hê wat Afrikaans (een van die land se amptelike tale en spesifiek ‘n amptelike taal in al nege provinsies, vir diegene wat al vergeet het) kan verstaan nie, of c) die polisie gaan nie voertuie hê nie.

Hy sal dus liefs die media bel, wat in ‘n japtrap op die toneel sal wees, en vir die “sekuriteit” aan diens sal inlig.

Ek het net so ‘n spesmaas, as die een wat die kennis kry ook verneem dat net Bitterbang in die Uniegebou is, gaan baie nie die media of die polisie probeer bel nie, maar met ‘n kamera afsit Uniegebou toe. En dan die foto’s ten duurste aan Huisgenoot verkoop.

Bitterbang wil ook weet hoekom die wittes, of dan eerder liggroenes synde hy en die ANC nou so nie-rassig is, nie die hand van vriendskap wat Madiba en Zuma na die liggroenes uitgereik het (verlede tyd) wil vat nie.

Volgens die mindere Blik-oor-logika klink dit in die handel en wandel egter of daar nog by baie ‘n versugting na handevat met die “ikoon” Madiba is, maar dat Mbeki taamlik hard ‘n wig kom indruk het, en Zuma toe vir Bitterbang tot kroonprins kom salf het. QED, as’t ware.

Ek kan sonder veel breinsweet aan nog baie, baie voorbeelde dink, maar hierdie is al oorgenoeg rede.

 

играшки для дітейлобановский александр жена

Die keiser is kaal en die kroonprins ween

Pas het beide die DA en die VF+ hul regeringsevalusie gedoen. Die benadering het effens verskil – waar die VF+ punte – meestal druippunte – aan spesifieke velde soos misdaadbekamping en ekonomiese sake toegeken het, het die DA rapporte aan ministers uitgedeel. Ook hier was druippunte aan die orde van die dag en het die Kabinet ‘n gemiddeld van minder as 5 uit tien behaal.

Wat die oog die meeste tref is dat die DA aan pres. Jacob Zuma ‘n besonder lae punt toeken, maar die een uit tien wat hy vir respek vir die grondwet kry, is skokkend. Op die VF+ se rapport het Justisie ook ‘n baie lae drie uit tien gekry.

Hierteenoor het TNS bevind dat Zuma se gewildheid weer ‘n hoë 58 persent behaal het, maar die Instituut vir Geregtigheid en Versoening het weer uiters negatiewe syfers oor Suid-Afrikaners se persepsies op die tafel geplaas.

Zuma kan slegs homself blameer vir die druippunte wat hy en sy administrasie op verskeie terreine op die lyf loop. Traagheid om daad by die woord te voeg, is een. Uitsprake oor hoe korrupsie vasgevat gaan word terwyl Suid-Afrika nog verder op die internasionale korrupsie-persepsie-indeks terugsak, is ‘n verdoemende voorbeeld.

In sommige gevalle, soos die Maroga – Chuene – aangeleenthede, is eventueel toegelaat dat die onvermydelike gebeur, maar wanneer dit by Julius Malema kom, word halsstarrig vasgeskop en selfs stroomop beweeg.

Nou is die teerling gewerp. Die stout seun het by die SAKP se spesiale kongres opgedaag, is uitgejou, en toe hy op ‘n spreekbeurt aandring, is dit geweier.

Na berig word het Bitterbang Bibberbeentjies Malema uitgestorm en gesê hy gaan Zuma vra om die SAKP te betig.

Terwyl ‘n sug van verligting deur ‘n groot deel van die bevolking geslaak word dat Malema uiteindelik, al is dit net tydelik, sy rieme iewers in die alliansie vasgeloop het, het die SAKP ook genoeg gedoen om te bevestig dat dit steeds nie weet hoe die vurk met belangrike grondwetlike sake in die hef steek nie. Solidariteit en Afriforum – wat beide moeite doen om in pas met die beste internasionale praktyk van grondwetlikheid en die volkereg op te tree – is oor die kole gehaal oor hulle glo die kleed van omgekeerde rassisme oor die SAKP hang.

Die blote gebruik van die term “omgekeerde” dui op ‘n versteurde persepsie van begrippe soos rassisme en diskriminasie. Dis nie maar iets wat soos ‘n Volla op die hoek omgekeer kan word nie. Rassisme bly rassisme en diskriminasie bly diskriminasie ongeag aan watter voet hierdie sokkie getrek word.

Of anders gestel, deur sommige vorme van rassisme en rasgebaseerde diskriminasie te regverdig kom maar net weer op ‘n beheptheid met rassediskriminasie uit, en die blote feit dat dit aan ‘n ander voet pryk, het niks omgekeer nie.

Trouens, eintlik was die aanvalle op Solidariteit en Afriforum regstegnies voortydig omdat die hofuitspraak oor ‘n belangrike faset afgewag word en kan Gwede Mantashe se aanval as minstens disrespekvol teenoor die regspraak vertolk word.

Waar die gemeenskap wél rede tot kommer oor diskriminasie het, is die lot van mense met gestremdhede. Op die DA se telkaart het die minister wat met hierdie verantwoordelikheid toevertrou is, Noluthando Mayende-Sibiya, ‘n skamele 2,5 persent gekry.

 

насосные станции ценыЛобановский

Die geval Malema – al weer

Die beste medisyne vir Malemasitus is om dit te ignoreer – ook deur die media.

Hierdie advies word kort-kort gegee, maar om verskeie redes werk dit nie alte lekker nie.

As dit kom by die steel van die kollig is Malema ‘n kleptomaan. Boonop word hy nie net vrye teuels gegee nie, maar die middele om sy omstredenheid die wêreld in te dra.

In ‘n onlangse artikel op ANC Today laat waai hy behoorlik. Hy maak ‘n paar geldige standpunte soos dat rassisme landswyd hoogty vier. Waar die gemiddelde mens van hom sou verskil, is sy skynbare aanname dat rassisme net deur wit mense gepleeg kan word – ‘n houding wat in sy wese juis die kroon op rassisme plaas.

“Blanke mans,” skryf hy, “is geteel en gekultureer onder institusionele rassisme en is nie in staat om te waardeer en te verstaan dat swart mense, Bantoes in besonder, ook menslike wesens is en dat hulle in staat is, of meer in staat is, as wit mense om die werk wat gedoen moet word, te verrig nie.”

Hy sê miljoene plaasarbeiders en huishoudwerkers lewe met brutale rassisme op ‘n daaglikse basis, maar hul stemme word nie gehoor nie.

Malema beskuldig wit kinders voorts dat hulle swartes as sub-menslik sien. Dit, aldus ‘n Afrikaanse weergawe van die artikel soos op Praag se webwerf verskyn.

Mag stellings soos hierdie wat in die ANC se amptelike mondstuk verskyn en aanlyn wêreldwyd gelees kan word bloot geïgnoreer word?

Om bloot reg te help, help duidelik nie, want die regte feite is al tot vervelens toe opgediep, bloot om weer iewers, selfs van kabinetsvlak af, as feite opgedis te word.

Dit sal Bitterbang Bibberbeentjies Malema loon om in gedagte te hou dat sy uitsprake persepsies voed. ‘n Skootbrakkie kan immers nie mense aan die hakskene hap sonder om die reputasie van ‘n hakskeenhapper te kry nie. Mense wat Malema se uitsprake stilswyend kondoneer moet dan ook nie ander mense van rassisme beskuldig as hulle self die rassisme aangeblaas het nie.

In hierdie geval gaan dit egter verder as blote stilswyende kondonering. Dit was nie maar net ‘n losbek-uitspraak van ‘n verhoog nie, maar op ANC Today. Selfs al sou die ANC aandui dat hierdie uitsprake nie noodwendig die mening van die ANC verteenwoordig nie, maak die causale verband dit uiters moeilik om op enige ander wyse te vertolk. Afgesien van ANC Today se status, is Malema die ANC se Jeugliga-president, en het pres. Jacob Zuma hom onlangs as ‘n waardige, toekomstige president van die land gesalf.

Vandag is die oë van die wêreld op Suid-Afrika met die Fifa-trekking wat in Kaapstad plaasvind. Alles dui daarop dat sake in hierdie opposisievesting goed gaan verloop en dat die Moederstad Suid-Afrika se buitelandse beeld ‘n reuse hupstoot gaan gee.

En elders in die land? In die Wes-Vrystaat is oproer oor swak munisipale dienslewering, die Vrystaatse Hooggeregshof het verskeie tenders, onder meer vir die herstel van paaie, op die ys geplaas weens vermeende tendergeknoei, Eskom jaag die bloeddruk saam met die pryse op, die Tswane-metroraad verloor ‘n onwenbare saak in die Grondwethof, en dan is daar nog Malema ook.

Gaan Malema dit werklik duld dat Kaapstad, al is dit net vir ‘n dag, sy donderweer steel?

 

apk gratisДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Malema: ‘Jansen is een van ons’

Die president van die ANC-jeugliga, Julius Malema, steun die rektor van die Universiteit van die Vrystaat, prof. Jonathan Jansen, in sy besluit oor die Reitz-vier.

Malema was laat vir sy vergadering met Jansen, maar het gesê Jansen het sy volle ondersteuning.

“Ons stem nie saam dat Jansen afgedank moet word nie,” het Malema aan joernaliste ná die vergadering gesê.

“Jansen is een van ons. Ons kan hom nie aan die vyand voer nie.”

Malema het gesê die ANCYL kan nie die studente verhoed om na die kampus terug te keer nie, maar sê dissiplinêre stappe moet teen hulle gedoen word.

“Hulle moet om verskoning vra en berou toon as hulle terugkom.”

Hy het gesê die ANCYL het aan die rektor gesê sekere dinge by die kampus moet verander.

Malema het aan studente gesê die Reitz-kwessie is nie oor individue nie, maar oor die instansie.

Hy het gesê die ANCYL stem saam met Jansen dat ‘n soortgelyke proses soos dié van die Waarheids-en-Versoeningskommissie by dié universiteit ingestel moet word.

Malema het ook Jansen se stelling dat dié universiteit steeds rasverdeeld is, beaam.

Jansen het onlangs aangekondig dat die voormalige studente na dié universiteit kan terugkeer en hul studies kan voortsit.

RC Malherbe, Johnny Roberts, Schalk van der Merwe en Danie Grobler staan steeds tereg op aanklag van crimen injuria.

Twee van die vier beskuldigdes het reeds hul graadkursusse voltooi, maar die ander twee gaan terug kampus toe.

Die vier Kovsies het ‘n grappige video gemaak wat die universiteit in ‘n rasseherrie gedompel het.

 

игри для девочкеДанильченко Харьков

Zuma prys Malema

President Jacob Zuma het Julius Malema as ‘n goeie leier geprys wat waardig is “om die ANC se erf”, het The Star Maandag berig.

Malema is ‘n “leier in wording” het Zuma in Limpopo gesê.

“Party van ons is nie meer jonk nie, en wanneer ons oor die berge gaan in terme van ons ouderdom, is ons gelukkig dat ons kan aanbeweeg , die organisasie in die ware hande van hulle wat aan die mense sal dink.”

“Die ANC erken talent en leierskap en ons gee die mense ‘n geleentheid. Juluis het aangetoon dat hy ‘n goeie leier is en dat hy mense verstaan,” het Zuma gesê.

Hy het in Malema se tuisdorp Seshego gepraat.

Hy het ook ‘n beroep op die polisie gedoen om “toepaslik te reageer” as misdadigers ‘n vuurwapen op hulle rig.

“My opinie wat ek aan almal gaan skilder is wanneer ‘n misdadiger ‘n vuurwapen uitpluk, is sy bedoeling eenvoudig. Dit is nie om jou te waarsku nie. Dit is om jou te skiet,” het Zuma tydens ‘n saamtrek buite Tzaneen in Limpopo gesê.

“Wanneer ‘n misdadiger ‘n vuurwapen uithaal moet die polisie weet hul lewens is in gevaar en moet hulle dan gevolglik reageer,” het hy gesê.

Kommissaris Bheki Cele, nasionale polisiehoof, het gesê polisiemanne moet nie met hul wapens in hul sakke sterf nie, maar moet “misdadigers doodskiet”.

Die Vryheidsfront Plus het hulle misnoeë met die uitlatings te kenne gegee.

“Pres Jacob Zuma se opmerking by Tzaneen in Limpopo Sondag dat te veel vuurwapens in die hande van burgerlikes is, bewys dat hy waningelig word oor wettige vuurwapens. Vroeër die maand het Zuma gesê baie mense word vermoor as gevolg hiervan. Die minister van polisie, Nathi Mthethwa, het ook die maand gesê die buitensporige misdaad in Suid-Afrika is deels te wyte aan die hoë getal vuurwapens onder burgerlikes.

Daar is geen bewyse vir die stellings van die president en die minister nie. Ek gaan vrae by die parlement hieroor indien, dan kan die Minister die syfers verskaf. Dit is duidelik dat ‘n berekende veldtog van agterdog teen wettige vuurwapeneienaars gevoer word.

Dit wil voorkom asof die twee hofuitsprake oor vuurwapens, en veral die een oor die vergoeding van vuurwapens wat ingehandig word ingevolgedie nuwe vuurwapenwet, ‘n tameletjie is vir die minister,” sê Pieter Groenewald (LP), hoofwoordvoerder van polisie vir die Vryheidsfront Plus.

 

 

детский плед купитьtopcargo