President Jacob Zuma het Julius Malema as ‘n goeie leier geprys wat waardig is “om die ANC se erf”, het The Star Maandag berig.
Malema is ‘n “leier in wording” het Zuma in Limpopo gesê.
“Party van ons is nie meer jonk nie, en wanneer ons oor die berge gaan in terme van ons ouderdom, is ons gelukkig dat ons kan aanbeweeg , die organisasie in die ware hande van hulle wat aan die mense sal dink.”
“Die ANC erken talent en leierskap en ons gee die mense ‘n geleentheid. Juluis het aangetoon dat hy ‘n goeie leier is en dat hy mense verstaan,” het Zuma gesê.
Hy het in Malema se tuisdorp Seshego gepraat.
Hy het ook ‘n beroep op die polisie gedoen om “toepaslik te reageer” as misdadigers ‘n vuurwapen op hulle rig.
“My opinie wat ek aan almal gaan skilder is wanneer ‘n misdadiger ‘n vuurwapen uitpluk, is sy bedoeling eenvoudig. Dit is nie om jou te waarsku nie. Dit is om jou te skiet,” het Zuma tydens ‘n saamtrek buite Tzaneen in Limpopo gesê.
“Wanneer ‘n misdadiger ‘n vuurwapen uithaal moet die polisie weet hul lewens is in gevaar en moet hulle dan gevolglik reageer,” het hy gesê.
Kommissaris Bheki Cele, nasionale polisiehoof, het gesê polisiemanne moet nie met hul wapens in hul sakke sterf nie, maar moet “misdadigers doodskiet”.
Die Vryheidsfront Plus het hulle misnoeë met die uitlatings te kenne gegee.
“Pres Jacob Zuma se opmerking by Tzaneen in Limpopo Sondag dat te veel vuurwapens in die hande van burgerlikes is, bewys dat hy waningelig word oor wettige vuurwapens. Vroeër die maand het Zuma gesê baie mense word vermoor as gevolg hiervan. Die minister van polisie, Nathi Mthethwa, het ook die maand gesê die buitensporige misdaad in Suid-Afrika is deels te wyte aan die hoë getal vuurwapens onder burgerlikes.
Daar is geen bewyse vir die stellings van die president en die minister nie. Ek gaan vrae by die parlement hieroor indien, dan kan die Minister die syfers verskaf. Dit is duidelik dat ‘n berekende veldtog van agterdog teen wettige vuurwapeneienaars gevoer word.
Dit wil voorkom asof die twee hofuitsprake oor vuurwapens, en veral die een oor die vergoeding van vuurwapens wat ingehandig word ingevolgedie nuwe vuurwapenwet, ‘n tameletjie is vir die minister,” sê Pieter Groenewald (LP), hoofwoordvoerder van polisie vir die Vryheidsfront Plus.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.