Leonard Kleinrock sou nooit kon raai dat ‘n projek waaraan hy en ‘n span sowat 40 jaar gelede gewerk het, die wêreld sou oorneem nie.
“Ons is elke keer verras as ons sien wat mense met die internet doen. Die internet was oorspronklik geskep sodat kommunikasie tussen twee rekenaars kon plaasvind. En kyk nou. Ons sou nooit kon raai dat Twitter en Facebook ooit sou bestaan nie,” het Kleinrock aan die AFP gesê.
“Die internet is nou eers ‘n tiener. Hy het al heelwat geleer, maar daar is nog ‘n lang pad wat gestap moet word,” het Kleinrock tydens die internet se 40ste verjaarsdag-partytjie by die Universiteit van California in Los Angeles gesê.
Kleinrock en sy span het die internet op 29 Oktober 1969 geloods. Destyds het niemand regtig in die projek belanggestel nie. Vandag is dit ‘n heel ander storie.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.