Jong kommuniste wil jeug in uniform sien

ImageMilitêre diens kan binnekort terug wees indien die jong kommuniste hulle sin kry. Die kommunistiese jeugliga het die weermag gevra om hulle deure oop te maak om aan jongmense werksgeleenthede te kan gee en om voor te berei indien die land enige dade van aggressie moet weerstaan, maar het geweier om dit militêre diensplig te noem.

Ligasekretaris, Buti Manamela het gesê 'n voorstel vir die bekendstelling van militêre opleiding sal by die liga se vierdaagse nasionale konferensie wat Donderdag in Johannesburg begin, bekendgestel word.

"Dit gaan nie werklik daaroor dat ons in gevaar verkeer nie, maar ek dink ons moet voorbereid wees indien ons binnegeval word," het Manamela gister gesê.

Dit is dus belangrik om die jeug te mobiliseer vir militêre vaardighede. Dit sal ook werkloosheid, misdaad, dissipline en algemene toegang vir swart jeugdiges aanspreek, het hy bygevoeg.

Manamela het voorgestel dat jongmense ingeskryf word by militêre instellings nadat hulle matriek voltooi het. Hy het geweier om dit diensplig te noem.

Die befondsing vir die projek sal gevind word deur 'n deel van die geld van die Nasionale Vaardigheidsfonds wat vir die dienstesektoropleidingsowerhede (setas) geoormerk is te gebruik.

"Dit moet verstaan word as 'n vorm van diensplig…binne die konteks  van die van die huidige ingerypgin in die vorm van setas waar jong mense 'n spesifieke salaris verdien, oor 'n tydperk van 'n jaar of so, en waar hulle spesifieke ondervinding opdoen waarmee hulle dan elders kan gaan werk soek," het die Jeugliga se adjunksekretaris, Khaye Nkwanyana, gesê.

Manamela het ook gevra dat die rol van die jeug gedurende vredestyd bespreek moet word, en het gesê dat die militêre magte aangewend moes word in KwaZulu-Natal gedurende die storms om inwoners wat gestrand was te red, en dat hulle ook kon help om bosbrande te beveg in Mpumalanga en die Wes-Kaap. "Ons siening is dat soldate in vredestyd aangewend moet word vir humanitêre diens," het hy gesê.

Henri Boshoff, 'n militêre analis by die instituut vir sekerheidstudies het die liga se voorstel as "'n fantastiese idee" beskryf, maar bygevoeg dat dit nie ekonomies vatbaar is nie.

"Wie gaan mens inskryf en wie gaan mens los? Mens wil nie van die weermag 'n welsynsorganisasie maak nie."

Die Suid-Afrikaanse Nasionale weermag sukkel reeds met kapasiteitsprobleme as gevolg van die integrasie ná 1994, met die gemiddelde ouderdom van soldate wat baie ouer is as die internasionale gemiddeld. Elke jaar word net 3 000 kadette ingeneem uit sowat 20 000 aansoeke, en selfs dan word baie van die nuwe rekrute net op kort kontrakte aangestel, het hy gesê. 

модная школьная одежда для девочки 2016 недорогоФільчаков Олександр Васильович прокурор

Amerikaanse kleinhandelverkope daal met 3,8% – ergste in 5 jaar

Amerikaanse kleinhandelverkope, met die uitsluiting van motors, het in November die grootste maandelikse daling in vyf jaar getoon toe verbruikers vir die derde maand in 'n ry hulle aankope beperk het, het 'n privaat verslag wat Donderdag vrygestel is getoon.

Dié daling het in November toegeneem, ten spyte van 'n skielike toename in verkope gedurende die belangrike "swart Vrydag-naweek", die drie dae ná die dankseggingsvakansiedag laat in November, volgens SpendingPulse, die handelsdatadiens van Mastercard-adviseurs, 'n filiaal van Mastercard Inc.

Verbruikersbesteding, met die uitsluiting van motors, het verlede maand met 3,8% gedaal volgens 'n seisoenaal aangepaste basis, dit is meer as die 1,5% daling wat in Oktober opgemerk is, het SpendingPulse gesê.

Die Novembersyfer was die grootste daling in een maand in SpendingPulse se geskiedenis, wat in 2003 begin het, en het die 2,4%-daling van twee maande gelede verbygesteek.

Dié verslag is die mees onlangse getuienis dat Amerikaanse handelaars die ergste vakansiehandelseisoen in die onlangse geskiedenis in die gesig staar. Die einde van die jaar se inkopeseisoen maak vir baie handelaars die grootste deel van hulle jaarlike inkomste uit. 

 

светодиодные лампы дляФильчаков прокурор харьков

Likwidasies neem toe in November

Die totale hoeveelheid likwidasies in November het toegeneemmet 23,7% teenoor November 2007, het Statistiek Suid-Afrika Donderdag gesê.

Dit is as gevolg van 'n toename van 15,4% in verpligte likwidasies en 24,3% in vrywillige likwidasies.

Wanneer November 2007 en 2008 vergelyk word, het likwidasies van beslote korporasies met 29% gestyg en maatskappylikwidasies met 18,1%, het Statistiek SA gesê.

Statistiek SA het gesê die totale hoeveelheid insolvensies wat vir Oktober aangemeld is, het met 20,1% gestyg teenoor Oktober 2007.  

 

самокат topcargo

Vyf aangehou n? rysdiefstal van R10 000

Die polisie het Woensdag vyf mense gearresteer en rys ter waarde van R10 000 is gekonfiskeer in die Mdantsane gebied, het die Oos-Kaapse polisie gesê.

Superintendent Mtati Tana het gesê dat die rys gesteel is uit 'n afleweringsvragmotor in die vroëe oggend.

Die vyf mans wie se ouderdomme wissel tussen 24 en 28 het die rys in die bosse versteek nadat hulle dit gesteel het.

Die polisie het die mans teen 14:00 die middag gevang toe hulle besig was om die rys te verkoop.

"Die verdagtes was besig om die goed uit die bosse te dra en op te laai," het Tana gesê.

Die mans sal aangekla word van diefstal en sal binnekort in die Mdantsane landdros hof verskyn. 

 

липецк вентилиФильчаков прокурор харькова

Obama s? werkskepping kan rasseverhoudinge in die VSA bevorder

Die verkose president, Barack Obama, die eerste swarte wat gekies is om in die Withuis te dien, sê in 'n onderhoud dat om nuwe werksgeleenthede

Image

Barack Obama

voort te bring sal help om rasseverhoudinge in die Verenigde State te verbeter.

“Die grootste uitdaging wat ons tans met die verbetering van rasseverhoudinge in die gesig staar, het te make met die wêreldwye sorge van Amerikaners oor die kleurlyne heen,” het Obama in 'n onderhoud met die Chicago Tribune gesê.

“As ons werksgeleenthede dwarsdeur hierdie ekonomie skep, sal swart Amerikaners en Latinos, wat buite proporsie werkloos is, deur die stygende gety meegevoer word.

“Ek dink dit, meer as enige iets anders, gaan rasseverhoudinge verbeter, 'n ingesteldheid van 'n gemeenskaplike doelwit.”

Obama se verkiesing as Amerika se eerste swart president op die 4de November is wyd gesien as 'n geskiedkundige stap daartoe om die land se sloerende rasseverdeeldheid te genees.

“Die grootste uitdaging wat ons tans met die verbetering van rasseverhoudinge in die gesig staar, het te make met die wêreldwye sorge van Amerikaners oor die kleurlyne heen,” het Obama in 'n onderhoud met die Chicago Tribune gesê.

“As ons werksgeleenthede dwarsdeur hierdie ekonomie skep, sal swart Amerikaners en Latinos, wat buite proporsie werkloos is, deur die stygende gety meegevoer word.

“Ek dink dit, meer as enige iets anders, gaan rasseverhoudinge verbeter, 'n ingesteldheid van 'n gemeenskaplike doelwit.”

Obama se verkiesing as Amerika se eerste swart president op die 4de November is wyd gesien as 'n geskiedkundige stap daartoe om die land se sloerende rasseverdeeldheid te genees.

хамам в квартире своими рукамитопкарго отзыв

Komitee stel voor dat gevangenes werk

Image

Gevangenis in ‘n oorval sel

Die parlement se korrektiewedienstekomitee het voorgestel dat tronke terugkeer na die voor-1994-beleid dat gevangenes moet werk.

Dit het geblyk in 'n verslag wat gister in die parlement ter tafel gelê is ná besoeke aan die Brandfort- en Grootvleigevangenisse in die Vrystaat. In 'n verslag wat wye dekking gee, het die komitee gesê hulle is geskok om te sien hoe gevangenes heeldag in oorvol tronkselle deurbring sonder om iets konstruktiefs te doen.

Die idee om gevangenes te laat werk,is sterk gesteun vroeër vanjaar toe die DA-LP, James Selfe ,'n dokument vrygestel het met die titel: "Tronke werk waar gevangenes werk."

Die komitee het gevind dat die afgevaardigdes, soos altyd, geskok was om te sien hoedat gevangenie heeldag in oorvol selle aangehou word, en 'n terugkeer bepleit vir die voor-1994-beleid van gevangenearbeid. Die komitee het onder geen omstandighede aanbeveel dat gevangenes se menseregte geskend word of nie gerespekteer word nie, maar voel wel dat die gevangenearbeid positief kan bydra tot hulle rehabilitasie en herintegrasie in die samelewing.

"Dit sal ook 'n manier wees om druk te verlig op reeds oorvol selle en infrastruktuur. Sulke aktiwiteit sal 'n goeie werksetiek en sosiale verantwoordelikheid skep, en selfs help om vaardighede te ontwikkel wat kan bydra teen die hervoorkoms van misdade onder gevangenes."

Selfe het gesê hy was verheug deur die voorstel van die komitee en ondersteun dit ten volle. Hy het saamgestem dat dit die kanse op rehabilitasie van gevangenes heelwat kan vergroot.

Die komitee het ook gesê dat baie meer gedoen kan word om oorbevolking in tronke te  verlig, veral onder verhoorafwagtende gevangenes. 'n Multidissiplinêre benadering is nodig wat polisie, justisie, korrektiewe dienste en maatskaplike werk insluit.

"Dit is belangrik dat slegs daardie gevangenes wat 'n bedreiging vir die samelewing inhou, opgesluit word. Oortreders wat verwys kan word, behoort na rehabilitasieprogramme buite die tronk verwys te word. Meer moet gedoen word om die landdroste en justisie sensitief te maak vir die las wat verhoorafwagtende gevangenes op die korrektiewedienstesentrums plaas.

Die verslag sal deur beide huise van die parlement oorweeg word.

new online slotsДанильченко Юрий Брониславович

Derby-Lewis sal volgende jaar weet

Clive Derby-Lewis, wat gevonnis is vir die moord op die SAKP-leier, Chris Hani, se paroolaansoek sal volgende jaar voor 'n volle bank van hooggeregshofregters aangehoor word.

Sy regsverteenwoordiger, Marius Coertze, sê die aangeleentheid is oorgedra na die 10de Maart, volgende jaar, sodat 'n volle bank van drie regters dit kan aanhoor.

"Ons het vandag geherskeduleer om voort te gaan, maar die staatsadvokaat se kantoor het 'n volle bank versoek."

Hy sê die regterpresident wou 'n volle bank vir die aangeleentheid hê.

Die regsverteenwoordigers van die Hani-familie, wat deur George Bizos verteenwoordig word, het aangedui dat hulle in die aangeleentheid geken wil word.

Die paroolraad wil ook inspraak in die saak lewer. Die datum van die 10de Maart is 'n voorlopige datum wat deur die adjunk-regterpresident, Jerry Shongwe, bevestig moet word.

Coertze sê hy dink sy kliënt het 'n sterk saak.

Derby-Lewis, wat al vyftien jaar van 'n lewensvonnis uitgedien het, was saam met Janusz Walus skuldig bevind aan die sluipmoord op Hani op die 10de April 1993.

Hulle doodsvonnisse is in 1995 omgeskakel na lewenslange gevangenisstraf.

диагностика автоФільчаков Олександр Васильович прокурор

Die handskoene moet nou af

Gustav Venter se Rubriek, Die eerste reël van oorlewing: Doen jou deel verwys. Die Afrikaner het reeds vantevore gedurende die 2de Anglo-Boere oorlog sy land verloor as gevolg van sy "gentlemanliness".

Daar is verskeie voorvalle waar die Boere hulle voordeel oor die Britse magte nie opgevolg het nie en as gevolg het die Britte ons land by ons afgeneem.

Vandag gaan dit nog net so beroerd. Die Afrikaner onderhandel, en hy bespreek, en hy kom met planne en alles word vanuit 'n Westerse, Christelike, beskaafde siening benader. Hy is bereid om saam te werk, om sy vyand die voordeel van die twyfel te gee.

Ons praat saam met ons vyande oor 'n tafel, ons vergader met hulle, ons behandel hulle soos ons eweknieë. Ons moet tog net nie aanstoot aan iemand gee nie. En spaar ons tog dat ons net nie as rasisste uitgekryt kan word nie. En intussen word elke geleentheid wat ons ons vyande bied, deur hulle met ope arms aangegryp en teen ons gerig.

As jy in Afrika gebore en getoë is dan leer jy vinnig dat slegs dié wat die hardste slaan, wat die langste asem het en wat die swaarste gewig kan dra die een is wat mag kan afdwing. Dis die ongeskrewe wet van Afrika. As ons dit nog nie geleer het nie, beter ons vinnig vir ons vliegtuigkaartjies Australië toe bespreek.

Venter slaan die spyker op die kop; die tyd vir mooipraat en redeneer, en soebat werk nie, mense! Dis tyd vir hard praat en harder doen. Om hoed in die hand jou saak voor 'n vyandige regering te gaan bepleit is reeds oor en oor as tydmors bewys. Net die sterk radikale aksies – nie praat – van 'n volk wat ALMAL saamstaan en na die selfdedoelwit mik, gaan werk.

Kom ons los nou maar die mooipraat en die vergaderings, ons mors net tyd. Ons het die finansiële vermoë, die intelligensie, die werkslus en die ruggraat om ons vryheid te bewerkstellig. Ons besef dit sal opofferings verg, maar ons het al tevore en ons sal weer.

Ons moet net onthou: Eenheid is mag.

casino sign upлобановский харьков класс

Amerikaanse vegvliegtuig stort neer in San Diego

Die burgemeester van San Diego het gesê dat twee mense op die grond dood is nadat 'n vegvliegtuig in 'n voorstad van die

Image

‘n FA-18D Hornet

stad neergestort het.

Militêre beamptes het gesê die vlieënier het daarin geslaag om sy uitskietstoel te kan gebruik oomblikke voordat die vliegtuig Maandagmiddag die grond getref het. Twee huise is vernietig en 'n derde een is beskadig.

Die F/A-18D Hornet vegvliegtuig het geval toe dit op pad was om te gaan land by die marinierskorpslugbasis Miramar. Die ongeluk het plaasgevind sowat drie kilometer van dié suid-Kaliforniese basis.    

металлокерамика протезированиеАлександр Фильчаков Васильевич

Al minder water in Zimbabwe

ImageAmper 600 mense het in Zimbabwe aan cholera gesterf sedert dit laat in Augustus begin het, met meer as 6000 gevalle wat net in Harare bevestig is.

Die VN se kinderagentskap UNICEF het verlede week gewaarsku dat die land se infeksiesyfer vandeeseek so hoog soos 60 000 kan styg, wat die sterftesyfer byna vyfvoudig kan laat styg.

Zimbabwe se regering het 'n nasionale noodtoestand afgekondig oor die uitbraak, maar het min hulpbronne om dit te beveg ná die land se finansiële ineenstorting wat die eens vooruitstrewende land in armoede gedompel het.

Hospitale het nie eens die basiese middele en toerusting in voorraad om pasiënte te kan behandel nie, wat die regering dwing om aansoek te doen om internasionale hulp.

Die minister van gesondheid, Dawid Parirenyatwa, het Zimbabwiërs aangemoedig om nie eers hande te skud nie omdat die siekte oorgedra kan word wanneer menslike ekskreta met voedsel of drinkwater in kontak kom.

Dit is vir baie onmoontlik om te was in Harare, waar watervoorsiening onbetroubaar is, en die hele stad verlede week vir meer as twee dae sonder water was.

для баниданильченко юрий брониславович прокурор

En wat van hierdie ‘polariserende kwessies’?

'n Aardskuddende bevinding, wat waarskynlik hier by die 8 punte op die Richterskaal slaan, word aangekondig in Die Burger van Saterdag, 6 Desember 2008 onder die veelseggende opskrif: "VERSOENING: vervaag die reënboog?" By die lees van die kop wil 'n mens al waansinnig begin giggel … of in jou hawermout opgooi.

Waaroor gaan dit? Die Instituut vir Geregtigheid en Versoening in Kaapstad het in 'n meningspeiling bevind dat Suid-Afrikaners al hoe negatiewer oor die land raak. Hoe is dit móóntlik?

Maar nog nuuswaardiger is mnr. Jan Hofmeyr, programbestuurder: politieke analise van die Instituut, se kommentaar dat die prentjie dalk nou nie heeltemal so duister is nie, want ons moet onthou, drie "polariserende kwessies" het veral 'n invloed op swart persepsies gehad toe die meningspeiling in April vanjaar gedoen is. En hierdie drie kwessies is (raai-raai): die Skielik-skietery; die Reitz-video (verbasend genoeg nie die "walgvideo" genoem nie); en xenofobiese aanvalle.

Nou weet ek nie in watter reënboognasie mnr. Hofmeyr woon nie, en of hy nie koerant lees nie, en of hy geen wit familielede of vriende of kennisse of kollegas het nie, en of hy dalk aan post-traumatiese skok ly, maar ek wil hom graag vra: Wat van die duisende "polariserende kwessies" wat daagliks 'n invloed op blankes se persepsies van veral swartes en die regering het?

Wat van die daaglike skielik-skietery van blankes? Wat van die daaglikse rassistiese aftakeling van blankes? Wat van die daaglikse xenofobiese aanvalle van swart of wit?

Wat van die wit baba wat in koerantpapier toegedraai en verbrand is? Wat van die skoolkind wat tydens 'n plaasmoord opgehang is, nog in sy skooluniform? Wat van die 78-jarige vrou van 'n kleinhoewe in Pretoria-Noord wat deur vier swartmans oorval en vasgebind is? Nadat hulle lekker geëet en gekuier het, het hulle haar na buite gesleep, om die beurt verkrag en toe met messe gesteek.

Wat van mnr. Frans Pieterse, wat in Julie 2006 wreedaardig op sy kleinhoewe buite Swartruggens vermoor is? Hy is langer as vier ure gemartel: sy aanvallers het hom onder meer met kookwater gebrand, sy kop oopgesny en hom met 'n skoenveter verwurg. Die moordenaars het ook plastiek gesmelt en dit op sy tienjarige seun, Gideon, gedrup. Hierdie aanval het AfriForum se Stop-die-moorde-veldtog aan die gang geskok.

Wat van Beatrice Freitas wat na die waskamer in haar huis geneem is, waar haar aanvallers haar verkrag, met olie gesmeer en toe met 'n warm strykyster gebrand het? Toe versmoor hulle haar met 'n handdoek en laat haar vir dood agter. Sy oorleef met 25 persent derdegraadse brandwonde. Niemand is ooit in hegtenis geneem nie.

Callie Botha vertel op Sky News hoe sy 71-jarige pa se hakskeensenings afgesny is sodat hy nie kon vlug nie. Hy is in die rug gekap en sy liggaam is in die bosse gesmyt. Sy vrou se kop is met 'n baksteen ingeslaan, met soveel geweld dat dit soos 'n eier oopgekraak het.

Mnr. Hofmeyr, het jy al van dr. Gregory H. Stanton gehoor? Hy is die stigter van die wêreldwye organisasie Genocide Watch. In Januarie 2006 het sy organisasie berig dat 1 820 boere vermoor is. Hoeveel is dit nou al? Wil jou Instituut vir Geregtigheid en Versoening nie asseblief gaan ondersoek instel en die mees onlangse syfers aan Nasionale Pers se koerante en sommer ook aan die SAUK bekend maak nie? Volgens dr. Stanton verteenwoordig die slagting van 2 000 boere volksmoord.

Die tempo waarin die moorde geskied, die onmenslike wreedheid en marteling waarmee dit gepaard gaan, die feit dat dit altyd swart op wit is, die feit dat daar dikwels niks gesteel word nie (hoewel altyd vuurwapens), die rassistiese opmerkings … alles dui op die stelselmatige uitwissing van 'n volk met die sanksionering van die regering.

Wat, mnr. Hofmeyr, van die videogreep waar oud-pres. Nelson Mandela saam met sy kamerade sing: "We the members of MK have pledged to kill them – the ama-Bhulu (witmense)." Ja, mnr. Hofmeyr, ons waardige, veelgeprese, wyd geëerde president. Hierdie video is vryelik te sien op www.plaasaanvalle.co.za, www.farmmurders.com en seker nog 'n paar ander webwerwe ook.

Mnr. Hofmeyr, wat van die ANC-leier, Jacob Zuma, wat so graag van sy masjiengeweer sing?

Dan praat ek nou nie eens van die daaglikse "kleiner" swart-op-wit-"oortredings" (mag ek dit maar so stigmatiseer?) soos rooftogte, verkragtings (selfs van mans!), motorkapings, aanrandings, diefstalle en rassistiese beledigings nie.

Luister wat skryf die internasionaal bekende Suid-Afrikaans-gebore rubriekskrywer Ilana Mercer oor Suid-Afrika op ilanamercer.com (lees gerus al haar artikels oor Suid-Afrika deur "South Africa" by die soekblokkie op haar tuisblad in te vul):

"Take the travails of my extended family. Ordinarily, a one-case study does not a rule make. But not in this instance – you'd be hard pressed to find a family in democratic South Africa whose members have not been brutalized by barbarians. Mine includes a sister-in-law suffering permanent neurological damage after being assaulted by five Africans; a brother burglarized and beaten in his suburban fortress at 2:00 am by an African gang (wife and infant son were miraculously spared). My father's neighbor was shot point-blank in front of his little girls, as he exited his car to open the garage gates. My husband's cousin and uncle were hijacked; aunt beaten within an inch of her life and raped. Two of his colleagues (that we know of) were murdered; one shot by African taxi drivers in broad daylight as he left his girlfriend's apartment."

Mnr. Hofmeyr, wat van 'n omvattende ondersoek na Ilana Mercer se beweringe? Dis mos verregaande! Dik sy nie dalk aan nie?

Die naam van die Instituut vir Versoening en Geregtigheid laat al klaar 'n mens se alarmklokkies loei. In die newspeak van vandag se "nuwe" Suid-Afrika waar jy alles onderstebo en agterstevoor moet draai om naastenby by die waarheid uit te kom, kan 'n mens dalk eerder van die Instituut vir Verdraaiing en Eensydigheid praat.

Luister byvoorbeeld na die Instituut se uitspraak oor die bevindings van die peiling: "[Dit is 'n] kwantitatiewe vergestalting van Suid-Afrikaners se groeiende ongemak."

Oor hierdie "ongemak" het Yolande op www.plaasaanvalle.co.za die volgende, in plein Afrikaans, te sê: "Ek is 19 jaar oud en stel nie eers belang om verder in hierdie land van ons te bly nie. Watter toekoms gaan my kinders eendag hê? Ek kan jou antwoord, een of ander slagoffer van 'n moord. Ek is bitter. Hoekom staan ons nie op nie? Want ons is te slapgat, dis hoekom. Ons los maar altyd alles oor in God se hande. Nee vriende, ons het hande en 'n mond en 'n verstand gekry om te veg. Veg waarin ons glo. Staan op Suid-Afrika, bring die doodstraf terug, veg vir dit waarin julle glo, hou op lê, staan net op! God sê in die Bybel 'n oog vir 'n oog en 'n tand vir 'n tand. Ons beurt kom! Hou net op slapgat wees! Waar is ons trots? Waar is ons liefde vir ons voorvaders? Ek sê: ons moet dit vandag stop, nie môre nie, want môre is dit dalk jóú gesin wat vermoor word. Veg teen misdaad, veg teen moord op ons mense!"

Dis "gewone" mense soos Yolande wat vir ons sê wat die ware stand van sake in die land is, nie die Instituut se "verteenwoordigende monster" van 3 500 mense wat "persoonlik gepols" is nie.

Mnr. Hofmeyr, as jy jou Afrikaanse Boerenaam waardig wil wees, waarom spits jy jou nie toe op meningspeilings oor die nood, die woede, die bitterheid, die verslaenheid, waarin jou volk verkeer nie?

купить машину на радиоуправлениилобановский александр харьков

TV-‘dokument?r’ oor grensoorlog is suiwer kommunistiese propaganda

Image"Dokumentêre" TV-programme oor die grensoorlog wat soos varkmasels uitslaan, het deel van die tekens van ons tye geword.

Die jongste, 'n program oor die ou Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) se aanslag op Cuito Canavale in Angola in 1988, is op 2 Desember vanjaar op SABC1 uitgesaai. Die program bevat elke slegte eienskap van deeglike kommunistiese propaganda ten gunste van die ANC-regime, die politieke meesters van die SAUK.

Dit is tragies dat die enigste verdediger van die ou SAW die besadigde genl. Jannie Geldenhuys was, wat met sy militêre gegewens en syfers vergeefs probeer bewys het dat die SAW wel die beste daaraan toe was.

'n Paar weke gelede het dit rugbaar geraak dat MNet ook 'n program oor die grensoorlog gaan uitsaai. Die programmakers in daardie geval is 'n TV-joernalis met oorbekende linkse simpatie, Ruda Landman, en ene Linda de Jager. Met die rugbaar raak van die feit dat dié program gemaak is en dat die ou SAW daarin met die teerkwas bygekom word, het genl. Geldenhuys ook wal gegooi oor die eensydigheid en wel ten gunste van wat breedweg vandag as die kommunistiese regeerders van Suider-Afrika bestempel kan word, wat in die programme openbaar word.

Dat 2 Desember se program op Special Assignment eensydig is, sal elke objektiewe waarnemer beaam. Genl. Geldenhuys, die stem roepende in die woestyn, se aandrang dat die beweringe ten gunste van die kommuniste aangedik is, het die ding eintlik net nog skewer laat lyk.

In die program was 'n sekere David van Wyk, 'n beweerde bevelvoerder van 'n SAW-peloton wat in die Slag van Cuito Canavale ontplooi was, telkens aan die woord. Dat Van Wyk 'n grief teen die SAW het, was duidelik. Die destydse Inligtingsdiens van die SAW het volgens hom sy broer, 'n digter, aangehou en gemartel, in so 'n mate dat hy twee weke bewusteloos was.

Van Wyk het nie 'n hoë dunk van sy voormalige kamerade se gevegsvermoëns nie. Hulle was glo meestal pas uit die skool, so 18 jaar oud. Hul Boesman-spoorsnyers sou, so lei 'n mens af, geskikter kandidate gewees het om die stryd te lei weens hulle langduriger blootstelling aan oorlog. Hierdie seuns het uit gemaklike omstandighede gekom, uit middelklashuise waar hulle grootgemaak is deur swart huisbediendes en waar dit hul tydverdryf was om na die radio en plate te luister.

'n Tweede woordvoerder van die MPLA-magte was 'n bruinman wat in die ANC se Umkhonto we Sizwe was. As Van Wyk nie sy haat jeens die SAW kon wegsteek nie, kon hierdie man dit nog minder regkry.

In die beeldmateriaal is 'n landmynbesaaide pad naby Cuito getoon, ook 'n opgeblaaste padbrug (oor die Lombo-rivier?) en 'n paar nou skielik baie beroemde bevelvoerders aan die kant van die gekombineerde Kubaanse en MPLA-magte (nie 'n woord oor Russiese betrokkenheid word gerep nie).

Dat die "bevryde" Angola nie veel munt uit sy vryheid kon slaan nie, is duidelik. 'n Olifant-tenk, op dieselfde plek en in waarskynlik presies dieselfde posisie as waarin die SAW-soldaat dit in sy vlug gelaat het, is vertoon. Van die "bevryde" Suid-Afrika sou 'n mens minstens dit kon sê: daardie Olifant-tenk sou lankal, stukkie vir stukkie en moertjie vir moertjie as dit moet, na 'n skrootwerf aangedra gewees het.

Die karakters in hierdie sepie is saam met 'n klomp swart en bruin kinders na 'n herdenkingsgeleentheid in of naby Cuito gebring. Hier was Suid-Afrika se heersende Groot Kommunis en op sy dag self groot bevelvoerder van MK, Jacob Zuma, aan die woord.

Tydens hierdie insetsel is verwys na 'n soortgelyke grootpraatgeleentheid (in Windhoek?) waar die vermaarde "vryheidsvegters" van Swapo vereer is. 'n Mens kan maar net wonder hoeveel oud-SAW-soldate tydens hierdie parades vlae en wimpels ter ere van hul eertydse terreur-teenstanders dra.

Die skryfster van 'n Engelse boek, Jacqui Thompson, word gebruik om te verduidelik waarom daar geen SAW-lede is om hul kant van die saak in die program te stel nie (behalwe genl. Geldenhuys). Volgens haar kon sy self beswaarlik sulke oudstryders vir haar boek bymekaar skraap omdat hulle glo die politici het hulle verraai.

Pik Botha, vandag 'n ingeskrewe lid van die ANC, pryk in sy hoedanigheid as destydse Minister van Buitelandse Sake in die program, asook Chester Crocker, destydse Amerikaanse onderminister van buitelandse sake belas met Afrika. Crocker het saam met Botha die "vrede" met die kommunistiese magte bewimpel.

Suid-Afrika se militêre en politieke betrokkenheid by Angola, nadat die Portugese hulle in 1975 aan hul Afrika-kolonies onttrek het, was van meet af aan onder 'n wolk van verdenking. (Sommige waarnemers meen selfs die Vorster-bewind was betrokke by die gewelddadige bewindsverandering in Portugal.)

Hierdie verdagte politiekery van die regerings van John Vorster en P.W. Botha het waarskynlik uit die staanspoor verdeeldheid in die bevelstrukture van die ou SAW veroorsaak. En dit was reeds 'n weermag van botsende belange weens die verdagte lojaliteit van 'n groot groep van die Engelstalige deel van die blanke bevolking.

Militêre en politieke aanloop tot Cuito

Ná Operasie Askari (einde 1983/begin 1984) is die sogenaamde Lusaka-ooreenkoms in Februarie 1984 onderteken ingevolge waarvan Suid-Afrika sy soldate aan Angola sou onttrek en Swapo onderneem het om nie sy terroriste in die skoongemaakte gebied te ontplooi nie. 'n Sogenaamde kommissie sou toesien dat die ooreenkoms nagekom word.

Die SAW het gou agtergekom Swapo verbreek die ooreenkoms, maar voortgegaan met die onttrekking van sy magte. In April 1985 is aangekondig dat alle SAW-lede uit Angola padgegee het.

In Mei 1985 word twee SAW-soldate naby Cabinda, waar olie ontgin word, doodgeskiet en kapt. Wynand du Toit gevange geneem. Die onderhandelinge word opgeskort ná 'n verklaring van kapt. Du Toit dat hulle Cabinda binnegesypel het om die olie-installasies te saboteer.

In September 1985 doen Angolese soldate 'n hewige aanval op Unita met die doel om die beweging se hoofkwartier op Jamba in te neem. Meer as honderd MIG-vegvliegtuie en 125 Russiese en Franse helikopters is deur die MPLA-magte in dié aanval ontplooi.

In Augustus 1987 begin 14 Kubaanse en Angolese brigades onder Russiese bevel met hul grootste aanval nog teen Unita. Die SAW het Unita te hulp gesnel, ook met tenks, die eerste keer sedert die Tweede Wêreldoorlog dat Suid-Afrika tenks in 'n veldslag inspan.

Die twee magte het net noord van Mavinga teen mekaar te staan gekom in wat bestempel word as die grootste militêre stryd nog in Afrika suid van die Sahara.

Die Angolese het hulle by Cuito ingegrawe en die SAW se verbete aanslag afgeslaan. Dit word toegeskryf aan die doeltreffender lugsteun waarop die MPLA kon staatmaak.

Die SAW was blykbaar ook nie bereid om meer as 300 soldate op te offer om Cuito in te neem nie.

Die ontleder M. du Toit skryf in Die Afrikaner van 9-15 Mei 1997 die volgende hieroor: "Die feit dat die SAW nie Cuito ingeneem het nie, word deur vyande vertolk as dat die Angolese die oorlog gewen het. Dit is egter nie waar nie. In die geval van Cuito is die Suid-Afrikaanse soldate nooit teruggedryf nie en hul verliese was maar net 'n fraksie van dié van die Angolese. Dit is wel waar dat Suid-Afrika die oorlog teen Swapo en die ander swart kommunistiese magte in Angola oortuigend kon gewen het indien:

  • Suid-Afrika hom nooit teen die einde van 1975 aan Angola onttrek het nie;
  • Suid-Afrika tussen 1978 tot 1983, toe die oorlog nog nie volskaals aan die gang was nie, werklik vir Swapo en die ander kommunistiese magte wou verslaan en nie net 'n 'nie-wen'-oorlog teen hulle wou voer nie."

Volgens hom was Cuito nietemin 'n keerpunt in die stryd teen die swart kommunistiese magte.

Ongelukkig is daar niemand buiten genl. Geldenhuys wat die moed van hul oortuiging het om bogenoemde beweringe te staaf nie.

'n Mens mis veral konserwatiewe politieke ontleders se reaksie op die hoë aansprake van die ANC en die swart regerings van die lande wat betrokke was. Die meeste van die politici wat destyds as gaste van die SAW in die operasionele gebied ontvang is en insae in die stryd gegee is, is soos Pik Botha is salige ANC-lede. Of bloot net saliger. Dood.

Natuurlik is dit ook wensdenkery dat die SAUK of M-Net (wat blykbaar ook 'n dokumentêr oor die grensoorlog gaan uitsaai) sulke konserwatiewe woordvoerders die geleentheid sal gee om hul menings te lug.

Die Afrikaner kan maar net hoop dat die waarheid so teen vyf kilometer per uur, die pas waarteen 'n mens loop, sal versprei. Dít is ná alles ook die betroubaarste wyse van inligting oordra. So, teen vyf kilometer per uur, is die Evangelie verkondig.

'n Mens kan net hoop dat die ou SAW-lede nie teenoor hul huisgenote en familie, veral die jonger geslag, sal swyg oor die gewapende stryd teen kommunistiese oorheersing en oor wat by Cuito gebeur het nie.

Dit is 'n verhaal wat vertel móét word, ondanks die politici wat hulle so skandelik in die steek gelaat het.

бурение скважин зимойпрокурор Фильчаков

Franse leier s? vir Mugabe om te waai

Image

Mugabe ‘moet gaan’

Frankryk se president sê Zimbabwe se Robert Mugabe “moet gaan.”

Nicolas Sarkozy het homself taai getrek in sy peiling van die Zimbabwiese president. Hy het van Mugabe gesê dat hy nou sy eie mense lank genoeg gyselaar gehou het.

Sarkozy beklee tans die roterende presidentskap van die Europese Unie. Hy het Maandag 'n toespraak gehou ter herdenking van die sestigste viering van die Universele Verklaring van Menseregte.

Die Europese Unie se buitelandse ministers het voorberei om sanksies teen Zimbabwe te verskerp in 'n hernude poging om Mugabe te dwing om uit te tree.

Die EU wil 'n magsdelingsooreenkoms hê met opposisiepartye wat 'n klein meerderheid in Maart se parlementêre verkiesings gewen het.

Zimbabwe bestry tans 'n choleraepidemie te midde van 'n verpletterde ekonomie en gesondheidsorgstelsel.

справка 095у купитьОлександр Фільчаков прокурор

Motlanthe s? dis ‘onlogies’ dat vervolgingshoof sy werk terugkry

Image

Motlanthe

Dit is onlogies dat die geskorste hoof van vervolginge, Vusi Pikoli, na sy amp moet terugkeer, het President Kgalema Motlanthe vandag gesê.

“Dit is onlogies,” het Motlanthe vandag aan verslaggewers tydens 'n voorligtingsessie gesê.

Dit was nadat die Ginwala Kommissie – wat opgerig is om Pikoli se geskiktheid vir die amp te ondersoke – opgemerk het dat die regering nie in sy voorleggings daarin kon slaag om die teendeel te bewys nie.

“Die aantyging is nie bewys nie,” het die verslag wat na die ondersoek saamgestel is, aangevoer.

Die ondersoek het ook gevind dat daar nie 'n saak uit te maak is dat die verhouding tussen die toenmalige minister van justisie, Brigitte Mabandla, en Pikoli verbrokkel het nie. Dít is as rede deur voormalige president, Thabo Mbeki, aangevoer vir sy ontslag van Pikoli. Daar is wel bevind dat die wisselwerking tussen hulle benadeel is deur misverstande oor hulle onderskeie pligte en verantwoordelikhede ten opsigte van die vervolgingsgesag.

Die verslag het bevind dat Pikoli na sy amp kan terugkeer.

“Ek het gevind dat die regering nie daarin geslaag het om baie van hierdie aantygings teen Advokaat Pikoli te bewys nie en ook nie kon demonstreer dat Advokaat Pikoli nie geskik is om langer die amp as Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings te beklee nie.

Die redes wat deur die regering vir die skorsing aangevoer is, kon nie voor hierdie ondersoek bewys word nie,” het die ondersoekvoorsitster Frene Ginwala in die verslag aangedui.

Motlanthe het egter gesê dat hy tot die besluit gekom het dat Pikoli van sy pligte onthef moet word en het daarna verwys dat Pikoli nie voldoende aandag aan nasionale sekuriteit geskenk het nie.

instagram promotionsАлександр Фильчаков Васильевич