Antjie Krog se “surrogaatvader” is Lord Kitchener

ImageAntjie Krog se jongste uitlatings oor Bok van Blerk se “De la Rey”-lied in die Mail & Guardian toon net weereens in watter mate sy die werklikheid agtergelaat het. Die feit dat sy eens op ’n tyd voorgegee het om ’n Afrikaanse digteres te wees, maar nou ’n anti-Afrikanerpropagandis geword het, kwalifiseer haar geensins om namens ons te praat of maak dat haar ekstremistiese sienings ernstig opgeneem kan word nie.

Om “De la Rey” te sien as ’n teken van die identiteitsoeke deur “kinders van Nazi’s” is belaglik.

Die gedagte dat rassesegregasie (wat ook in die VSA en in al die Britse kolonies in Afrika bestaan het) aan Nazisme of volksmoord gelykgestel kan word, is absurd. Die meeste Afrikaners voel geensins “skuldig oor die verlede” nie. Vele van hulle was onderwysers, lektore, verpleegsters en maatskaplike werksters in die sogenaamde apartheidtyd en beskik daarom oor eerstehandse kennis oor die ou stelsel wat nie op volksmoord gemik was nie, maar op opheffing.

Afrikaners sou die Engelse met Nazi’s vergelyk as gevolg van hul konsentrasiekampbeleid honderd jaar gelede, eerder as hulself. Ook oorreed hul huidige ervaring van plaasmoorde, diskriminasie op grond van taal en ras, naamsveranderings, ensovoort, hulle daarvan dat die ANC-bewind veel nader aan die tradisie van twintigste-eeuse totalitarisme verkeer, soos deur Hitler of Stalin voorgestel, as wat hulle ooit was. Kyk maar net na Mbeki se min of meer openlike steun vir die berugte diktator, Mugabe.

Antjie Krog behoort dit in haar kop te kry dat Verwoerd skole en huise vir swartmense gebou het toe hy nog minister van Bantoesake in die vyftigerjare was; hy het hulle nie vergas, hulle na kampe in Siberië gestuur of massamoord op hulle gepleeg en hulle in massagrafte laat begrawe nie.

Krog hou haar lyf populêre sielkundige deur te beweer dat die jong geslag Afrikaners ’n “surrogaatvader” in De la Rey sien, juis omdat hulle nie met hul eie “Nazi”-vaders kan identifiseer nie. Indien daar enige popsielkunde hierin te lees is, is Antjie Krog se “surrogaatvader” Lord Horatio Herbert Kitchener.

Die gewildheid van “De la Rey” spreek van die versterking van die Afrikaneridentiteit en die wil om weerstand te bied teen die tweede etniese suiwering en verdrywing van die Afrikaner uit Suid-Afrika. Die interessante vraag is watter vorm die Afrikanerstryd teen sy huidige oorheersing wat as openlik en ekstreem gesien kan word, gaan aanneem.

arabian knights gameлобановский политик

Van transformanie tot Afrikanervryheid?

ImageVóór 1994 het Suid-Afrika ’n “naturellevraagstuk” gehad. Smuts het gepraat van die “sfinksagtige probleem van swart politieke regte”. Sedert FW de Klerk se holderstebolderoorgawe aan die radikale buitelandse vleuel van die ANC en SAKP het Suid-Afrika ’n nuwe probleem: die Afrikanervraagstuk.

Soos die vorige probleem, gaan dié een ook nie maklik verdwyn nie. Oor die afgelope weke het die meeste koerante, radiostasies en selfs ons streng beheerde private en openbare televisiekanale die Afrikanervraagstuk onder die loep geneem.

Daar is selfs tekens dat die almagtige ANC-bewind besig is om terug te krabbel sover dit kulturele en taalkundige transformanie betref. Verlede jaar het Mbeki in die parlement gevra dat die naamsveranderings van Pretoria, Potchefstroom en Lydenburg heroorweeg moet word, ’n pleidooi wat egter op dowe ore geval het as mens die meer onlangse uitsprake van kultuurminister Pallo Jordan in ag neem.

Om die identiteit van Suid-Afrika te verander van ’n voorheen Westerse, Afrikaner-oorheersde staat na ’n “swart republiek” soos Mbeki dit graag noem, het nog altyd hoë prioriteit by die regime geniet. Die ANC geniet ’n sewentigpersentmeerderheid by die stembus. Waarom steur hy hom dan hoegenaamd aan Afrikanerontevredenheid?

Oor die afgelope ses jaar, sedert die publikasie van Chris Louw se “Boetman”-brief, heers daar ’n intense en soms venynige debat onder Afrikaners oor hul toekoms. In die aanvanklike stadium is dit gesien as ’n vermaaklike vorm van stoomafblaas te midde van die slegte nuus oor taaldiskriminasie, grondhervorming, die selfverryking van SEB, naamsveranderings, onbeteuelde misdaad en ’n Springbokrugbyspan wat verloor.

Op ’n manier was die millenniumwisseling ons Praagse lente, toe die ystergreep van die Broederbond en Nasionale Pers (daardie mees anti-nasionale maatskappy) op die Afrikaanse openbare mening verslap is. Skielik het dit gevoel asof ons terug verplaas is na die twintiger- en dertigerjare toe skrywers, musici en dramaturge almal aan die politiek sonder vrees vir teregwysing of uitsluiting kon deelneem. In die sedertdien beroemde frase, was “Boetman die bliksem in” en kon hy vrye teuels gee aan kritiek teen gesagsfigure soos FW de Klerk en sy broer Willem.

Soos wat die beweging momentum verkry het en gedreig het om meer georganiseerd te raak met aksiegroepe en volgehoue protes teen die huidige orde, het die oorblyfsels van die ou Broederbond en Nasionale Party met atavistiese onverdraagsaamheid en sensuur teen ons gereageer. Die begin van kritiese denke en demokratiese debat in die Afrikaanse pers is gesmoor en vervang met die eindelose verheerliking van die Suid-Afrikaanse grondwet en die vervanging van die Calvinistiese geloof in God met die Madiba-kultus. Mandela was die nuwe god wat aan ons voorgehou is en wat veral ons gehoorsaamheid vereis.

Soos die Chinese Kommunistiese party ontdek het, is politieke sensuur egter onmoontlik in die internettyd. Die Afrikanerversetsbeweging het daarom ondergronds beweeg en kommunikeer tans op webwerwe en kletsforums. Gereelde vergaderings van bekommerde boere wat grondhervorming en gewelddadige aanvalle afwag, asook byeenkomste van kultuuraktiviste vind regoor die land plaas, maar die hoofstroompers berig nie daaroor nie, uit vrees dat die beweging sterker sou word en sodoende aan die beheer van die onderdanige Afrikaner-elite by Naspers, Sanlam en die universiteite sou ontkom.

Solank as wat Afrikaans gepraat word en die Afrikanergeskiedenis aan ’n volgende geslag oorgedra word, sal die probleem van die ongewenste “blanke stam” voortduur. Die meeste regeringsgeboue wat tans deur die ANC beset word, is ná alles deur Afrikanerargitekte ontwerp en deur die blanke belastingbetaler betaal. In die beroemde woorde van die Franse skrywer Jean Raspail wat ’n pessimistiese roman oor Westerse ondergang geskryf het, tree die Xhosa- en Indiërleiers, wat deesdae die rituele van regering in ons eertydse geboue beoefen, soos “hermietkrappe” op: hulle bewoon skulpe wat deur ander wesens agtergelaat is.

Op die oog af is die ANC se assimilasiebeleid besig om te faal. Afrikaans is uniek onder tale, juis omdat dit uitwissing deur moderne Engels weerstaan het – teenoor Wallies, Iers, Skots en vele ander Europese tale wat nie eens meer hul eie tegniese woordeskat het nie. Nie net is die “wondertaal” tans weereens besig om een van daardie ongelooflike oorlewingskunsies uit te voer en nuwe markte in die aangesig van globalisering en amptelike taalverdrukking te verower nie, maar die Afrikaneridentiteit kom veel taaier as die amptelike Suid-Afrikanisme voor.

Ongeag die demografie, kan ’n verenigde Afrikanervolk steeds met die verdeelde en koerslose ANC meeding as dit by beheer van die staat kom, ’n staat wat vele van ons mense steeds as hulle s’n beskou. Ons het dit immers geskep en betaal. Die rede waarom lede van die Afrikaner-establishment tans met vrees vervul is, is omdat hulle begin besef dat daar geen “einde van die geskiedenis”, om nou Fukuyama se uitdrukking te gebruik, in 1994 was nie. Die spel sal voortgaan totdat Afrikaners almal na Australië verdryf  is in ’n totale transformasie van die Mugabe-tipe of totdat ons by ’n politieke oplossing uitgekom het wat die Afrikaner se huidige oorheersing tersyde sal stel.

Net soos G.D. Scholtz in die vroeë sestigerjare geskryf het, sal Suid-Afrika se lot altyd van buite haar grense bepaal word. Die ANC is meteens aan bewind geplaas op die rug van die radikale Westerse bewegings van die 1960’s en 1970’s. Tans vind ’n swaai na regs in die openbare mening plaas, sowel in Europa as in die VSA. Die invloedryke Amerikaanse konserwatiewe skrywer, Pat Buchanan, het verlede jaar ’n boek gepubliseer waarin hy die reg van blanke Amerikaners om beheer van hul staat te behou, verdedig.

Buchanan skryf: “Ons voorouers is nie deur skuldgevoelens verlam nie. Hulle het vertroue in hul kultuur en beskawing gehad; hulle was oortuig van hul eie meerderwaardigheid teenoor diegene wat Kipling ‘die mindere rasse sonder ’n regstelsel’ genoem het.” Sulke woorde moet die menseregtebrigade laat verstik van woede, maar dis hoe die wind waai onder ’n toenemende aantal Westerlinge. In Frankryk het opnames oor die afgelope twee jaar bevind dat een uit elke drie Franse hom- of haarself as ’n “rassis” beskou; dít in weerwil van volgehoue mediaveldtogte teen rassisme wat as die euwel der euwels voorgehou word.

Veral na die Deense spotprentskandaal, het dit in ’n tradisioneel liberale land soos Denemarke aanvaarbaar geword om Islam te kritiseer, iets wat tot onlangs as kenmerkende gedrag van verregses beskou is. Ook in Frankryk, daardie vesting van sosialisme en politieke korrektheid, het steun vir Jean-Marie Le Pen se Front National ongekende hoogtes bereik, in reaksie op Moslem- en swart onluste.

As hierdie nuutgevonde Westerse selfvertroue eers van oorsee af in ons rigting begin waai net soos wat blanke skuld eens hierheen gekom het, gaan dit aardskuddende veranderings in Suid-Afrika teweeg bring. Binnekort mag die ANC met brute mag oor ’n toenemend opstandige Afrikanervolk heers, met sy vervalle weermag en Vigs-besmette soldate wat die orde in die voorstede van Pretoria-oos of Bellville moet handhaaf.

Stel jou voor dat Pat Buchanan president van Amerika word of dat Europa se regse partye van die huidige 20% steun tot 50% groei. Dit gaan ’n ander wêreld wees as die polities korrekte waaraan ons gewoond geraak het sedert Bill Clinton in die sestigerjare dagga gerook, “maar nie ingeasem het nie”.

интернет магазин насосовДанильченко Юрий Брониславович компромат

Carl Niehaus maak mens naar

ImageNadat ek Carl Niehaus se Ingels op Litnet se semi-naarkamer gelees het, is ek nie half naar nie, maar sommer heeltemal naar. Dis nie net die cliché-belaaide sinne nie: hy kon byvoorbeeld nie “sy kop en sy hart rondom” die liedjie kry nie; pleks dat hy liewer sy kop “rondom” die naaste lamppaal in D.F. Malanrylaan “gekry” het. Terloops noem almal wat ek ken in Johannesburg daardie straat nog steeds by sy oorspronklike naam, net soos al die inwoners van Nylstroom, Potgietersrus, Warmbad, Louis Trichardt, Ellisras, Pretoria, Potchefstroom, noem maar op, nog glad nie erken het dat daar naamsveranderings plaasgevind het nie, al het ’n paar korrupte munisipaliteite ook die naamborde gewysig.

Sowel Niehaus as die spook van daardie aartsdweper, Oom Bey, hoort in die Lord’s Resistance Army waar hulle ’n groot bydrae tot menseregte op die Afrikamanier kan lewer.

Niehaus is neerhalend oor Ian Smith. Vergeleke met Robert Mugabe, aan wie die hele ANC op 27 April 2004 ’n staande toejuiging op die grasperk van die Uniegebou verleen het, is Ian Smith ’n staatsman van die hoogste integriteit wat ’n veel beter toekoms vir sy land wou sien as die hiperinflasionêre sirkus wat hom tans oorkant die Limpopo afspeel. Ek dink die meeste inwoners van die oud-Rhodesië sal vandag wat wou gee om Smith as staatshoof terug te kry, net soos wat Kongolese op straat in Kinshasa vir Hans Pienaar van The Star gevra het of die witmense nie maar weer wil terugkeer nie.

Niehaus laat elke Afrikaner regtig na die lugsieksakkie gryp as hy die volgende woorde uiter: “I am from Afrikaner stock, and I love the Afrikaans language, which is still the first language that I dream and think in …” Niehaus het Afrikaans so lief dat hy dit nie eens kan skryf nie. Wat Niehaus en ander soos hy behoort te besef: dit kan ons werklik nie skeel indien hy vir die res van sy lewe sy rug op Afrikaans draai en saam met sy ANC-vriende ons taal probeer onderdruk, misken en vernietig nie. Dat Afrikaans en die Afrikanervolk mense soos Niehaus en sy mede-dwepers verloor het, is vir ons eerder ’n aanwins. Hulle verteenwoordig die “vrot plek in ons volk” waarvan Van Wyk Louw in sy gedig “Julle is die oorheersers” praat en waardeur ons “vinnig, genadiglik/sny deur spiere/en vleis tot genesing”.

Waar Niehaus insgelyks ’n groteske denkfout begaan, is wanneer hy homself as ’n “Suid-Afrikaner wie se nasie moet slaag” beskryf. Die hele idee van “Suid-Afrikanerskap” verteenwoordig ’n apartheidsbegrip wat deur Hertzog, Smuts en ander bevorder is. Niehaus beskik oor geen nasie nie, behalwe een wat hom onderskei op grond van sy ongebreidelde hebsug, korrupsie, misdaad, wreedheid en onbekwaamheid.

Ten minste was Beyers Naudé konsekwent genoeg om na sy toekomstige revolusionêre staat as “Azanië” te verwys. Hy het natuurlik die uitgang “Azania” verkies toe ek hom destyds aangehoor het. Die Azaniane behoort die nodige moed te hê om ook die land se naam te verander, nie net dié van D.F. Malanrylaan of Pretoria nie.

Suid-Afrika is dood en begrawe. In die plek daarvan het ons hierdie monster wat nie bereid is om hom by sy eie naam te noem nie, gekry. As een van die Baälpriesters van die nuwe orde behoort Niehaus ten minste die moed te hê om die nihilisme van dié bestel ewe trots en onvoorwaardelik te erken as wat hy Tony Yengeni of Robert McBride as sy leiers aanroep.

комплектующие кФильчаков Александр Васильевич

Misdaad: ‘n Boer maak ‘n plan

ImageToespraak gelewer by ‘n PRAAG-vergadering oor misdaad in die NG Kerksaal, Lynnwood, Pretoria op 10 Maart 2007, saam met Steve Hofmeyr, TLU-veiligheid en ander belanghebbendes

Dames en here, mede-Afrikaners,

Daar gaan nie ‘n dag verby dat ons nie gruverhale in die koerante lees oor die vlaag misdaad wat die land teister nie. Trouens, “misdaad” het ‘n versamelnaam geword vir die patologiese toestand waarin ons land verkeer. Ons kan dit net sowel oorlog of anargie noem, want nóg die oorlog in Irak nóg die konflik tussen Israeli’s en Palestyne eis soveel slagoffers soos ‘n gewone dag in Suid-Afrika.

Ons mooi land het die swaargewigmisdaadkampioen van die wêreld geword. Die ergste is: niemand in gesagsposisies en veral nie die kamma-regering van die ANC wat polisiehoofde soos Jackie Selebi en Robert McBride insluit, ervaar dit as ‘n skande nie. Inteendeel, nou onlangs het Selebi homself op die skouer geklop dat hy die beste polisiemag ter wêreld het! Hy het sommer ‘n vriend by Interpol gekry om dit te sê ook.

Hierdie ding wat hulle misdaad noem, en wat toenemend meer soos ‘n lae-graadse burgeroorlog lyk, om nou nou dr. Bertie du Plessis se term te gebruik, raak ons almal. Man, vrou en kind word voor die voet aangeval, beroof, verkrag, vermoor. Die polisie of die weermag bied ons geen beskerming nie. Vele van ons betaal ten duurste vir privaatveiligheidsdienste. Volgens dr. Henri Boshoff van die Instituut vir Sekerheidstudies bestee die inwoners van die voorstede wat veronderstel is om deur die Brooklyn-polisiestasie beskerm te word, nege miljoen rand per maand aan privaatveiligheidsdienste. Maar as die koeëls begin klap, dan hardloop baie van hierdie veiligheidswagte eerste weg of kruip hulle in hul hokkies of onder hul lessenaars weg.

Suid-Afrika het drie keer meer privaatveiligheidsbeamptes as polisiemanne. Sommige prys dit aan as ‘n wonderlike voorbeeld van die mark wat reageer op ‘n behoefte wat deur die staat se versuim om ons te beskerm, geskep is. Maar as hulle so doeltreffend was, waarom vrees ons dan nog?

Die tema van hierdie vergadering is “Genoeg!” Ons hoop dat hierdie slagspreuk deur elke inwoner van die land opgeneem sal word, maar veral ook deur elke Afrikaner. Ek gesels nou onlangs met een van ons opposisieleiers wat meen dat Suid-Afrika net sal regkom die dag as Afrikaner-breinkrag weer op alle vlakke van regering verteenwoordig is. As ons egter wag tot daardie dag, mag ons almal uitgemoor wees. Daarom moet ons hier en nou verantwoordelikheid vir ons eie veiligheid neem. Ons moet beheer van ons woonbuurte terugneem van die moordenaars en die rowers wat tans in die strate koning kraai.

Hoeveel minagting ons ook al het vir die LUR vir veiligheid in hierdie provinsie, Firoz Cachalia, met sy politieke speletjies, help dit nie om ons daaroor te verknies nie. Cachalia het mos belowe om oor ses maande te bedank as hy nie misdaad beduidend sou laat verminder nie. Ses maande het gekom en gegaan en agterna was hy verbaas dat enigeen nog kon onthou wat hy gesê het. Sy leë gebaar nou onlangs om die ouers van die vermoorde dogtertjie Sheldean Human voor die TV-kameras te besoek, is tekenend van sy sinisme. Terwyl die lyke opgestapel word, is Cachalia, soos Selebi en daardie grootste nar van almal, Charles Nqakula, besig met politieke speletjies.

Maar ons het oorgenoeg hiervan gehad. Ons het geen vertroue meer in Mbeki, sy bewind en sy amptenare nie.

Verskeie kere in die geskiedenis was ons al by so ‘n krisis waar die Britse koloniale staat in die negentiende eeu nie ons veiligheid kon verseker nie of waar die Voortrekkers ‘n toestand van burgeroorlog en anargie in die binneland aangetref het tydens die Mfekane. Wat is misdaad anders as ‘n hedendaagse Mfekane? Ons voorouers het toe saamgestaan, hulle het kommando’s gevorm en hulle het hulself begin beskerm en sommer ook die orde rondom hulle herstel. Sodoende is hierdie staat, Suid-Afrika, met sy reëls en sy wette, aan die woesteny ontruk.

Soveel mense oor die afgelope jaar het al vir my gesê: die geskiedenis is besig om homself te herhaal. Wat ons nou beleef, het ons al ‘n hele paar keer vantevore ervaar: aan die Oosgrens in die vroeë 1800’s en tydens die moorde by Bloukrans en Weenen op 17 Februarie 1838 toe 500 mense, hoofsaaklik vroue en kinders, op die wreedste wyse uitgemoor is. Tydens en net na die Tweede Vryheidsoorlog was daar weer anargie en net na die Tweede Wêreldoorlog het wanordelike swart verstedeliking in Sophiatown en elders insgelyks ‘n misdaadprobleem geskep wat destyds opgelos moes word.

Ek glo dat die geskiedenis hom ook in ‘n positiewe sin sal herhaal: as die krisis groot genoeg is, kom ons volk bymekaar en laat hulle geskille en verskille daar om die onmiddellike probleem aan te pak. Ons het dit in die verlede gedoen. Ons kan dit weer doen.

Die hele doel van hierdie vergadering is juis om die vele selfbeskermingsinisiatiewe wat reeds bestaan, onder almal se aandag te bring. As ons egter daarin wil slaag om die foneokrasie oftwel “moordenaarsregering” waaronder ons gebuk gaan, te stuit, het ons groter onderlinge samewerking en koördinasie nodig. Daar is soveel wonderlike inisiatiewe regoor die land reeds aan die gang: mense wat hul tyd en geld en hul gesinslewe opoffer om hul bure te beveilig. Ons gaan nou-nou hoor hoe die buurtwag op Louis Trichardt hul misdaad binne vier maande met 95% laat daal het, hoe die TLU-Veiligheid reeds meer as 2000 boere en stedelinge in huis-en-haardbeveiliging opgelei het en ook patrollies in landelike gebiede doen. Hier is ‘n baie aktiewe Praaglid, mnr. Seef le Roux, wat oor die afgelope weke ‘n buurtwag in die Faerie Glen-omgewing gestig het en reeds, sover ek verstaan, begin patrollie ry het.

Daar is nog vele ander mense hier teenwoordig wat netnou tydens die besprekingsessie met ons gaan deel waarmee hulle besig is.

Ek verstout my om te sê dat daar reeds ‘n hele veiligheidsbeweging onder Afrikaners aan die gang is en wat ons hoop vir die toekoms gee. As ons met mekaar kan begin saamwerk, met al die gesofistikeerde kommunikasietegnologie wat vandag tot ons beskikking is, kan ons binne enkele maande selfs begin om die misdaadsituasie in bepaalde gebiede te stabiliseer. Mnr. Anton Barnard van Praag sal aanstons vir ons verduidelik hoe die Burgerwag-sms-stelsel werk en watter moontlikhede dit aan ons bied, hetsy in noodsituasies, hetsy om akkurater misdaadstatistiek op te stel sodat probleemareas geïdentifiseer kan word.

Ten slotte, jare gelede het ek ‘n Fransman ontmoet met wie ek sedertdien bevriend geraak het. Die heel eerste sin wat hy in Afrikaans geleer het, was: ‘n Boer maak ‘n plan. Dis ‘n eenvoudige spreekwoord en al amper ‘n gemeenplaas. Maar as ons kyk na wat ons volk hier in Afrika op alle gebiede binne so ‘n kort tydjie vermag het, hierdie ongelooflike land wat ons binne ‘n eeu so te sê uit niks uit opgebou het, dan wéét ek diep binne in my dat ons die misdaadprobleem kán aanpak en kán oplos.

Wat die frase ook vir my sê, is: die Afrikaner is ‘n praktiese mens. Ons kan nie vir altyd protesteer of ons met groot ideologiese slagspreuke vermaak totdat daar naderhand, soos in Zimbabwe, niks meer oor is nie.

‘n Boer maak ‘n plan. Kom ons sorg dat ons vandag, voor ons huistoe gaan, gestalte gee aan daardie plan. Dit hoef nie die héle plan te wees nie. Maar dit moet ten minste genoeg inhoud hê om aan die spreekwoord te voldoen. Want die omgekeerde is sekerlik ook waar: ‘n Boer sónder ‘n plan is geen Boer nie.

Wat genoeg is, is genoeg! Ons gaan nie langer misdaad vat nie. Kom ons begin nou werk aan daardie plan.

генератор 30 квт арендаФільчаков Олександр Васильович

‘Nuwe saaklikheid’ in internasionale rassedebat

ImageOnlangs skryf Rod Liddle ‘n sin in die Britse Spectator wat hom in Suid-Afrika sekerlik die attensies van Jody Kollapen se Menseregtekommissie op die hals sou gehaal het: “Waarom skiet swart mense mekaar heeltyd dood? En is daar enigiets wat die res van ons aan die situasie kan doen of behoort ons hulle maar net te los?”

Indien Liddle ‘n lid van Nick Griffin se regse British National Party was, sou sy oneerbiedige kommentaar nie juis merkwaardig gewees het. Maar Liddle kom juis uit ‘n links-liberale agtergrond en is een van Brittanje se bekendste joernaliste en voormalige redakteur van die BBC4 se Today-radioprogram.

Sulke kommentaar is tekenend van die "nuwe saaklikheid" in die internasionale rassedebat. Tot redelik onlangs is enige skerp kritiek teen Afrikaregerings en swart mense in die algemeen as rassistiese haatspraak gesien. Trouens, een van die redes vir die sukses van die anti-apartheidsbeweging was die groot aantal internasionale joernaliste in die VSA en Wes-Europa wat in die sestigerjare op die destyds linkse kampusse in ‘n soort pro-swart etos geskool is. Hulle het geglo dat alle boosheid deur blankes veroorsaak is en dat swart mense die hulpelose slagoffers van slawerny, rassisme en apartheid was.

Oorblyfsels van sulke denke bestaan vandag nog, maar buite Suid-Afrika kry die ou politieke korrektheid toenemend die wind van voor.

Soos gewoonlik is die Franse op die voorpunt hiervan met die Paryse filosoof Alain Finkielkraut wat tydens die Franse onluste van 2005 beweer het dat "anti-rassisme die ideologie van ons tyd is", net soos kommunisme en fascisme voorheen. Hy het voorts beweer dat "rassisme vandag nie meer te vinde is in die geledere van die etniese nasionaliste nie, maar in die geledere van die voorstanders van die multikulturele samelewing".

Ook die Franse joernalis Stephen Smith wie se boek Negrologie in Afrikaans beskikbaar is, het ‘n regstreekse aanval op die gedagte van ‘n spesiale swart identiteit, omgeef van rassenasionalisme en die slagoffermentaliteit, geloods. Swart intellektuele in Parys en Londen in die dertigerjare het met hul eie "swartheid" of négritude behep geraak en sedertdien het swart bewussyn die universele ideologie van Afrika geword. Volgens Smith sal die swartmense van Afrika ongenooide bedelaars by die tafel van globalisering bly solank as wat hulle hulself as die hulpbehoewende slagoffers van rassisme en historiese onreg beskou. Hy staan ook skepties teenoor NEPAD omdat hy geen kentering by Afrikaregerings raaksien nie.

Rod Liddle gaan haal presies dieselfde argument oor die "nadelige identiteitspolitiek" (pernicious politics of identity) van swartes by ‘n swart kriminoloog, Suzella Palmer, wat ‘n studie oor swart identiteit en misdaad geskryf het.

In Suid-Afrika was dit tot onlangs nog taboe om te sê dat jong swart (en bruin) mans verreweg die meeste geweldsmisdaad pleeg, hoewel dit in akademiese tydskrifte geboekstaaf is. Dokters wat in die ongevalle-afdelings van hospitale in swart buurte werk, vertel gruverhale van die geweldslagoffers wat hulle gereeld moet behandel, veral Saterdagaande as die alkohol inskop. Terwyl die land verskeur word deur die optrede van ‘n klein minderheid individue wat tot ‘n identifiseerbare rasse- en geslagsgroep behoort, word ons op eindelose moralistiese sielewroegings aangaande "die morele verval" in die land en die gewaande "nagevolge van apartheid" getrakteer. Daar was nooit apartheid in Brittanje nie, maar nihilistiese geweld onder swart jeugdiges in suid-Londen waaroor Rod Liddle skryf, toon dieselfde patroon as by ons.

Volgens Suzella Palmer het die materialisme van mev. Thatcher se Brittanje in die tagtigerjare tot ‘n gebrek aan solidariteit, enersyds, en ‘n groter behoefte aan geld en statussimbole, andersyds, onder swart Britte gelei. Toegepas op Suid-Afrika, sou mens kon sê dat die maklike rykdom van SEB en die konsumpsiekultuur van die swart middelklas ‘n newe-effek op jong swart mans in townships gehad het wat glo dat die doel die middele heilig as dit kom by die verkryging van verbruikersitems met bekende handelsmerke.

In dié opsig het prof. Danie Goosen op ‘n keer ‘n interessante stelling teenoor my gemaak: "daar is ‘n kriminele logika aan die werk by swart bemagtiging, want die uitgangspunt is dat mens ‘iets vir niks ontvang’". Suid-Afrikaanse misdaad mag dus die keersy wees van die gekweste swart identiteit wat voortdurend met "skadevergoeding" gepaai moet word. SEB en regstellende-aksiewette verhoog die aptyt vir vinnige rykdom en as jy nie die regte mense in Sandton ken om ‘n nuwe swart BMW te verkry nie, kan jy dit sommer met ‘n AK-47 ook doen. Omdat jy swart is, is jy immers daarop geregtig.

Die gebeure rondom 16 Junie 1976 betree ‘n sentrale plek in die identiteit van swart Suid-Afrikaners omdat hulle glo dat hulle op daardie dag die slagoffers van ‘n beplande massamoord was. Verskeie ontleders het verlede jaar gewys op die toename in plaas- en huisaanvalle net na 16 Junie verlede jaar toe die SAUK, asook koerante met swart lesers, die dertigjarige herdenking van Soweto tot op die punt van etniese propaganda beklemtoon het.

Daar was ‘n tyd toe Afrikaners vir hulself gedink en oorspronklike bydraes tot die sosiologie en kriminologie gemaak het. Sedertdien het ons verval in ‘n koloniale nabootsing van Amerikaanse en Britse politieke korrektheid en word ons begrip van misdaad onder andere sterk daardeur belemmer.

Die feit dat daar nou ander geluide oor swart misdaad uit Londen begin kom, sal hopelik tot ‘n skerper ontleding van Suid-Afrika se grootste enkele probleem bydra.

продажа светотехникиданильченко юрій броніславович

Zuma, De la Rey en die herskikking van ons politiek

ImageJacob Zuma en die omstredenheid rondom hom is die beste ding wat in jare met die SA politiek kon gebeur. Nie net skep die magstryd rondom die ANC-leierskap verdeeldheid nie, maar tydens Zuma se hofsaak het die Zoeloe-faktor volledig tot die swart politiek teruggekeer.

Ek het reeds voorheen (o.a. in The Scourge of the ANC) geargumenteer dat FW de Klerk en die vorige NP-bewind grootliks die huidige ANC geskep het nadat dié organisasie so te sê verdwyn het met die ineenstorting van Oos-Europese kommunisme. Saam met die nuwe ANC het ook gekom sy ontkenning van die multi-etniese aard van die Suid-Afrikaanse samelewing, met sy elf tale, verskeie rasse en veel meer tale as die amptelike elf. Die simplistiese afdwing van meerderheidsregering het tot meer probleme gelei as wat dit opgelos het, hoewel ’n groot deel van die media en politieke partye wat voordeel uit die huidige stelsel trek dit nog napraat.

Zuma se opmars na die presidentskap gaan nie deur die verskeidenheid aanklagte en hofsake teen hom gestuit word nie. Veral sy gewildheid in Kwazulu-Natal waar hy 80% steun geniet, gaan veroorsaak dat enige poging om hom van die ANC-leierskap te weerhou tot moontlike openbare opstande gaan lei.

Tesame met die Zuma-faktor, is daar dit wat die Mail & Guardian in ’n opskrif die “De la Rey-opstand” onder Afrikaners genoem het. Ná dertien jaar van omgekeerde rassisme, die onderdrukking of miskenning van Afrikaans, asook die toenemende moord- en roofkultuur wat in die land onder ANC-beheer gevestig is, het die ontevredenheid onder ons volk kookpunt bereik.

Met sy fyn ontwikkelde sintuig vir populistiese politiek, het Jacob Zuma reeds besef dat die Afrikaner – selfs in sy huidige ongemobiliseerde toestand – reeds weer ’n magsfaktor in die SA politiek geword het. Indien net tienduisend Afrikaners aktief teen die huidige stelsel begin werk, sal dit uiteindelik in duie stort. Vandaar dus Zuma se toenadering en gesprekke met Afrikaners.

Omdat die huidige situasie so vloeibaar is, is dit moeilik om enige voorspellings te waag. Nietemin het meer as een persoon reeds voorsien dat 2007 ’n waterskeidingsjaar gaan word omdat die spanning wat konstant opbou eenvoudig een of ander tyd breekpunt moet bereik. Myns insiens is die volgende ’n realistiese scenario wat hom vanjaar behoort af te speel en wat direk tot ’n herskikking van die SA politiek gaan lei, weg van die eenpartystaat en Xhosa-oorheersing waartoe die De Klerk-stelsel van 1994 hom leen.

In die eerste plaas gaan Zuma moeilik president van die ANC kan word. Nie net is die Xhosa-magsblok teen hom gekant nie, maar ook die media. Hoewel hy die meerderheid swart steun op voetsoolvlak geniet, gaan die meerderheid afgevaardigdes by die partykongres in Desember 2007 waarskynlik vir Mbeki stem. Laasgenoemde gaan poog om na die verstryking van sy termyn in 2009 van die kantlyn af te regeer. Daarom staan hy ’n “ eerste vrouepresident” in die vorm van sy marionet, Pumzile Mlambo-Ngcuka, voor.

Indien Zuma nie slaag by die partykongres nie, is dit neusie verby sover dit sy presidentskap betref. Hierna sal hy geen ander keuse hê as om van die ANC weg te breek en terug te val op sy Zoeloesteunbasis nie.

Indien die Afrikaner daarin slaag om binne die volgende maande te mobiliseer, sal daar vir die eerste keer sedert die sewentigerjare twee beduidende magsblokke in die land wees wat op ’n nasionale basis georganiseer is. Proletariese internasionalisme, pan-Afrikanisme en die invloed van ’n universalistiese Britse kolonialisme het tot dusver gesorg dat die ANC-SAKP geheel en al ontken het dat daar meer as een volksgroep binne die grense van die huidige Suid-Afrika bestaan. Die werklikheid van die land se etniese en talige diversiteit sal egter binnekort nie meer ontken kan word nie.

Die ANC was nog nooit ’n demokratiese organisasie nie en die gevaar bestaan dat hy soos ZANU-PF gewelddadig gaan raak sodra sy mag bedreig word, hetsy deur die stembus, hetsy deur straatbetogings en gemeenskapsorganisasies wat misdaad wil bestry. Binne Afrikanergeledere self heers daar insgelyks ’n magstryd met die ou Broederbond-NP-groepering wat besig is om alle beheer te verloor, al beheer hy nog steeds die magtige Naspers wat sal aanhou om die status quo met hand en tand te verdedig en elke poging van Afrikaners om te hergroepeer verdag sal maak.

Diegene wat voordeel put uit die huidige korrupte bewind sal waarskynlik nie huiwer om dit ook met geweld te verdedig nie. Die ANC, asook die Afrikaners soos De Klerk en Meyer wat hom geskep het, se tyd is besig om uit te loop. Hoe hulle gaan reageer as hulle besef dat die breë bevolking en veral die Afrikaners nie meer met hul eenparty-oorheersing deur propaganda en intimidasie gediend is nie, is tot dusver nog duister. Dat die komende herskikking soos so dikwels in Afrika ook met onstabiliteit gepaard mag gaan, is nie onmoontlik nie.

Dit is daarom lewensbelangrik dat Afrikaners hulself so gou moontlik in ’n netwerk moet organiseer om sulke onstabiliteit die hoof te kan bied. Onlangse vrese rondom ’n “nag van die lang messe”, hoewel vir die oomblik ongegrond, is egter tekenend van die populêre besef dat die komende politieke herskikking in die land nie sonder ’n grootskaalse krisis mag plaasvind nie, net soos wat die ANC se koms ná 1990 met die ergste geweld in negentig jaar saamgeval het. Eenduisend mense het tydens die “eerste demokratiese verkiesing” gesterf toe die ANC sy mededingers eers fisiek uitgewis en toe by die stembus verslaan het; hoeveel gaan sterf as die ANC die mag moet afstaan aan ’n nuwe politieke groepering wat uit die huidige woelinge onder Afrikaners en Zoeloes mag onstaan?

Waarskynlik sal Mandela vreedsaam sterf; die afgang van die ANC se Afro-fascistiese eenpartystaat sal egter kwalik sonder geweld en ’n poging om ‘n diktatuur van die ZANU-PF-tipe in te stel, plaasvind.

mositaldent.ruФильчаков прокурор харьков

Lyke op straat? ‘n Ope brief aan Allan Boesak

ImageGeagte dr. Boesak,

U het u verlede jaar op die SAUK se televisiediens teen Standaardafrikaans uitgespreek. Nou bemerk ek dat u in gister se By u taalkundige siening verder radikaliseer:

"Die Taal van binne die laer is nie my taal nie. Dit is eerder die strydbyl, die hamer en sekel op die vierkleur, die eiendomlike apokaliptiese Afrikaans wat nog maar gister vir lyke op ons strate gesorg het."

Die beeld van die hamer en sekel op die vierkleur begryp ek nie mooi nie. Is die vierkleur nie iets negatiefs (die nasionale simbool van die ou ZAR) en die hamer en sekel iets positiefs (die strewe na gelykheid) nie? Al het kommunisme ook nou gesorg vir 100 miljoen dooies, kan ons mos nie hierdie mooi ideaal laat vaar nie, kan ons?

Ek sou geantwoord het in die By, maar weens die sistematiese sensuur en onderdrukking van kritiese (dissidente) menings in hierdie verrotte, gewelddadige, korrupte en uiteindelik totalitêre samelewing, weet ek by voorbaat dat die kanse skraal is dat hierdie ope brief daarin gepubliseer sou word. As dit nie vir die internet was nie, sou ek en vele ander nie aan die openbare debat kon deelneem nie, want ons is mos nie bewonderaars van die Groot Linkse Droom van Gelykheid nie, nóg die Afronasionalisme wat homself oor en oor gemanifesteer het in al die onlangse katastrofes op die Afrikakontinent.

Soos Kirby van der Merwe in die artikel naas u s’n oor die De la Rey-lied skryf: "wýs hulle Mugabe, wýs hulle". Gister was mos die groot held se verjaardagpartytjie waar hy "hulle" weer eens "gewys" het terwyl twee miljoen kinders volgens Associated Press in Zimbabwe deur hongersnood bedreig word.

Maar, om terug te keer tot u verwysing na "lyke op straat" waarvoor u "die strydbyl van Afrikaans" blameer: Soos Jaap Steyn al uitgewys het, is Engels ‘n honderd jaar gelede aan ons kinders in die Transvaal en in die Vrystaat (die sg. Orange River Colony) bekendgestel in die konsentrasiekampe. Sargent het mos op 3 Junie 1901 aan Milner geskryf:

“Ons militêre polisie het die grootste gedeelte van die kinderbevolking in hierdie kampe byeengebring en… ek voel dat dit ‘n gulde geleentheid is om hulle gedurende die volgende jaar te kry om Engels te praat.” (Aangehaal deur Steyn, J.C. in “Die taalstryd na die Anglo-Boereoorlog”, bydrae op LitNet http://www.litnet.co.za.)

Indien Afrikaans ‘n "strydbyl" is, verteenwoordig Engels ‘n wapen van massavernietiging wat tans, soos soveel kere in die geskiedenis al – in die 1820’s soos in die vroeë 1900’s – teen ons ingespan word met die oogmerk om die ou ideaal te bereik wat Chamberlain, as ek dit nie mis het nie, so geformuleer het: "to erase the last vestiges of Afrikanerism from South Africa".

Redelik onlangs was ek, Steve Hofmeyr en Joost van der Westhuizen op Randfontein voor die landdroshof waar die twee beskuldigdes verskyn het wat Danielle Esterhuizen, ‘n Afrikanerdogtertjie van vyf, koelbloedig op haar ma se skoot langs ‘n dam waar haar pa besig was om vis te vang, doodgeskiet het. Soos haar ma dit gestel het: "Hulle het dooierus op my kind gevat."

Die moordenaars van Danielle Esterhuizen het Engels gepraat, hoewel hulle waarskynlik nie Engelssprekend is nie. Maar in u verwronge siening van die werklikheid tel Danielle Estherhuizen en die vele ander Afrikanerkinders, -vroue, -bejaardes, -boere en -mans wat in die huidige verskrikking, ‘n "Saturnusfees" soos Stephen Smith dit noem, omkom vir niks nie. Hierdie lyke – en lykies – op straat moet ons maar aanvaar as die wonderlike gawe van ‘n Afrikademokrasie. Soos ‘n lid van die ANC-jeugliga dit onlangs aan my gestel het, "Dis die pynlike deel van demokrasie. Dis die wil van die meerderheid wat geld." Ons moet maar aanvaar dat ons skole, soos op Ermelo, sal Engels word. En as ‘n beduidende gedeelte van daardie meerderheid hom tot lukrake, nihilistiese geweld teen bejaardes, vroue en kinders wend, moet ons dit ook aanvaar. Ons moet kruip soos daardie patetiese Adriaan Vlok en ons meesters se voete was om ons onderdanigheid te betoon.

Hierdie wonderlike, o so Engelse regime waarvan u en ander die lof besing, het ons land in ‘n sadistiese verskrikking omskep waar mense op ‘n groot skaal vermoor, verkrag, gemartel en soos klein Danielle Esterhuizen koelbloedig tereggestel word.

In een maand is daar nou meer "lyke op straat" as in veertig jaar van apartheid, die sogenaamde "misdaad teen die mensdom" waarteen u in die truspieël fulmineer terwyl u in u luuksemotor oor al die kinderlykies van vandag ry sonder om agter te kom dat die voertuig effens onder u begin skud.

сварочные полуавтоматыданильченко юрій броніславович

Rooibos en Kilimanjaro

In Nairobi kan mens rooibostee bestel en onderweg daarheen vlieg ons vriendelike loods laag oor Kilimanjaro. Ek neem ‘n foto, sommer met my selfoon:

 Image

Ek is nie so gaande oor vlieg nie; ek vind dit onnatuurlik om so hoog bokant die aarde te hang al is die uitsig mooi. Iewers in ‘n andersins vergeetlike Britse roman deur Martin Amis, The Information, verskyn daar ‘n beskrywing van ‘n klein vliegtuigie wat slegte weer trotseer. As die vlieënier land, bestel hy ‘n sg. “voidance apron” wat min of meer beteken dat hy homself bevuil het en dus spesiale aandag benodig. Ons vlugte heen en weer Nairobi is darem nie heeltemal so erg, maar tog stamperig, in so ‘n mate dat die bediening van alle warm drank soos rooibostee gekanselleer word.

Die doel van my besoek is ‘n vergadering met verteenwoordigers van PEN-internasionaal, die skrywersorganisasie. Dinsdagaand poog ek om aan hierdie woernaal te begin skryf, maar het nooit daaraan gedink dat die kragkabel van my skootrekenaar nie op die Britse muursokke in Kenia gaan pas nie. Aanvanklik poog ek om my battery te bespaar terwyl ek die broodnodige doen soos epos aflaai en aan my notas vir die gesprek met PEN skaaf.

Eers op die dag van my vertrek vind ek die krag (letterlik en figuurlik) om hieraan te begin skryf. Hier sit ek in die sitkamer van die Stanley-hotel in Nairobi.

In die sitkamer van die Stanley
Opvallend omtrent Nairobi is dan juis die behoud van die koloniale inslag, soos dié hotel wat onbeskaamd sy koloniale swier vertoon met swart en wit marmervloere, donker houtpanele en rojale gebruik van donkergroen en -blou. Mens kan te eniger tyd ‘n Britse admiraal in ‘n wit uniform met goue knope verwag soos daardie een wat iewers in die Italiaanse dokumentêr Addio Africa verewig is toe hy ongestoor een of ander land aan die ooskus, waarskynlik Tanzanië, aan die nuwe heersers oorhandig het.

Hoewel Kenia en Nairobbery – dis die stad se bynaam wat terloops deur my taxibestuurder op pad hierheen vermeld word – Brits gebly het, het die Engelse so te sê verdwyn. Of moontlik kruip hulle iewers in ‘n voorstad weg, want hier sien mens hulle nie.

Op pad met die taxi vanaf Jomo Kenyatta-lughawe – omtrent alles in Nairobi is na hom vernoem, ook die hoofstraat waarin die hotel geleë is – geniet ek die mengsel van modernisme en vervallenheid wat Kenia kenmerk. Iewers het ek gelees dat die helfte van Nairobi se inwoners in plakkershutte woon in ‘n gebied wat as Kibera bekend staan. Maar nêrens sien ek enige teken van Kibera nie; anders as in Kaapstad voer die lughawepad mens nie verby slumgebiede nie. Die kontras tussen ryk en arm in Nairobi is egter enige tyd net so groot soos in Kaapstad. En Kenia het nooit apartheid gehad nie… sou elke moedswillige Afrikaner byvoeg. Ook skroom die Keniaanse regering nie om plakkershutte plat te stoot nie, anders as in Suid-Afrika waar grondeienaars gewoonlik aan die korste end trek as dit by enige plakkergeskil kom.

Mens wonder hoeveel Engelse daar presies nog in Nairobi oor is? Tussen 1920 en 1950 het 80 000 Britte hulle in Kenia gevestig en het veral op die vrugbare grond rondom Nairobi geboer. Karen Blixen, hoewel Deens, was deel van hierdie gemeenskap. Ná die Mau-Mau-opstande en Keniaanse onafhanklikheid, het die meeste Britte padgegee, maar hul kultuur het gebly. In die plek van die Engelse wil dit voorkom asof die Indiërs hulself tuisgemaak het as die nuwe heersersklas van Kenia. Die meeste winkels en ondernemings behoort aan Indiërs. Trouens, die Stanleyhotel ook, ná ‘n subtiele vraag wat ek aan een van die werknemers gestel het.

Soos die geluk dit wil hê, bly ek in die swierige Karen Blixen-suite, danksy PEN se geloof dat skrywers met ‘n sekere styl gehuisves behoort te word. Blykbaar het Karen Blixen persoonlik in dié suite tuisgegaan op die stadium toe sy nog haar beroemde “plaas in Afrika” gehad het. Twee skilderye wat persoonlik deur haar geskilder is, hang in die sitkamer. Bokant ‘n skryftafel pryk foto’s van haar en haar bediendes. Anders as in polities korrekte Suid-Afrika, het Kenia – of ten minste die Stanleyhotel – waardering vir daardie besondere verhouding tussen die plaasboer of landheer en sy bediendes wat ook in soveel Afrikaanse romans van weleer geskilder word.

My hele aankoms en verblyf hier geskied sonder enige haakplek. Trouens, ek en die taxibestuurder wat my in ‘n ouerige Toyata na die middestad vervoer, gesels heerlik politiek nadat ek hom uitgevra het of Kibaki ‘n goeie president is. Kennelik nie, want Kibaki word van korrupsie verdink en volgens die taxibestuurder sou hy selfs al lede van die opposisie laat vermoor het. Dikwels dink ek dat ons Afrikaners nie genoeg belangstelling koester in die politiek van ander Afrikalande nie. Op pad hierheen in die vliegtuig het ek heelwat Afrikaans gehoor: sakemanne, rekenmeesters en rekenaardeskundiges wat fooie in Nairobi gaan verdien en sodoende ons kundigheid tot die vasteland se ekonomie beskikbaar stel. Ons neem reeds op so ‘n groot skaal aan Afrika se ekonomie deel, maar sedert 1994 het ons ons politieke rol geabdikeer en is deesdae bloot toeskouers by wat gebeur.

Die eerste aand begewe ek my in die strate van Nairobi op soek na die volgende:

Image 

Ek beleef ‘n effense avontuurtjie toe ek deur ‘n lang, skraal man met min tande in sy mond op straat voorgekeer word en my in een van daardie dilemmas plaas wat die toeris, veral in Afrika, so goed ken: is die man voor my se storie eg, of wil hy my in ‘n hinderlaag lei sodat hy en sy vriende my iewers in ‘n stegie oor die kop kan slaan, my met ‘n mes kan steek en in die proses my van enige waardevolle besittings kan stroop?

Oorkant die Stanley-hotel is ‘n supermark genaamd Nakumatt Downtown. Hulle verkoop ook aansluitproppe, maar niks wat op die Suid-Afrikaanse tipe pas nie. Hulle beveel ene Ebrahim se winkel by my aan, neffens die hotel. Ek moet weereens die straat oorstap terug hotel toe om by Ebrahim uit te kom. Maar die winkel wat elektroniese toebehore en rekenaars verkoop, Is reeds toe.

Dis toe dat my weldoener uit die skemerdonker homself voorstel. “Ek werk by die hotel. Ek het u daar gesien. Waarna soek u?” Ek verduidelik vir hom my penarie en dat ek ‘n aansluitprop of alternatiewelik ‘n ekstra kabel vir die laaier van my skootrekenaar soek.

Blykbaar is daar drie Ebrahim-winkels in die omgewing. My vorige gedagtes oor die Indiëroorheersing van die Keniaanse ekonomie kom weer by my op. Dis skuins voor agt en die meeste maak dan toe; daarom moet ons ons haas na die groot elektriesetoebehorewinkel ‘n blok of twee van die hotel af. Maar ook hulle het nóg kabel nóg aansluitprop wat my probleem gaan oplos.

(foto)

Halfpad terug na die hotel bedank ek my gids dat hy my rondgeneem het. Maar nou is dit sy beurt om my hulp te vra: sy hotelvoertuig het sonder petrol gaan staan en sou ek hom 800 Keniaanse sjielings kon leen wat hy weer by die hotel vir my sal teruggee? Dit vind ek nogal ‘n vreemde versoek, siende dat die hotel omtrent 50 meter van ons af is. Waarom gaan kry hy nie geld by die hotel nie? Nee, maar hy kan nie die vrugte wat hy vir die hotel gaan aankoop het in die voertuig los nie.

Toe dit blyk dat ek nie geneë is om aan hom geld te leen nie, stel hy voor dat ek hom moet kom help om die voertuig tot by die naaste petrolstasie te stoot. Ek vind die gedagte heel amusant: ek wonder wat sal al my vyande in Suid-Afrika sê as hulle my kon sien waar ek as die enigste blanke op straat in Nairobi iemand se bakkie stoot? Gegewe die feit dat hy my probeer help het, is dit seker nie ‘n onredelike versoek nie. Ek het steeds die Suid-Afrikaanse kabel met sy groot, swaar elektriese prop aan die punt by my. Gelukkig het ek die verhaal van Piet Retief op skool geleer en is ek dus nie heeltemal naïef as dit by die vriendelike, behulpsame Afrikane kom nie. As die ergste gebeur, sou ek seker die kabel met sy prop as ‘n soort wapen kon gebruik om my aanvaller teen die kop te slaan. Maar tot dusver was ons gedwaal deur die taamlike donker strate van Nairobi vir my ‘n genoegsame avontuur om nie die geluksgodin verder te beproef nie. Daarom verskoon ek myself teenoor die Barmhartige Samaritaan en meld dat ek reeds laat is vir ‘n afspraak met my mede-skrywers van Kenia, Oeganda, Zambië en Malawi, asook die Londense verteenwoordigers van PEN en sou ek hom ongelukkig nie kon help nie.

Hierna haak hy af: “Ek help u en soek vir ‘n elektriese prop, maar u kan my nie help nie. Miskien sal ek eerder een van ons Afrika-mense om hulp vra.” Ongemaklik maak ek myself uit die voete. Sekerlik was hy vriendelik om my na Ebrahim se winkel te neem, al was dit vir my onverrigter sake. Maar elemente van sy storie klop nie: ons is so naby die hotel; dit sou sekondes neem om daar geld te kry. Ook sy ietwat verslete kleredrag laat hom allermins na ‘n hotelwerknemer lyk; hulle dra immers almal netjiese uniforms.

In die Thorn Café dra ek my verhaal aan Frank en Karen van PEN oor. Albei is baie liberale Britte met hoë lof vir Nadine Gordimer. Trouens, een van die eerste dinge wat Karen my vertel, is dat sy die meeste Franse as rassiste beskou hoewel sy self Frans gestudeer het en dit vlot praat (aan tafel voer ons ‘n gedeelte van die gesprek in Frans). Maar sy vind dat ek heeltemal korrek opgetree het deur my skynbare weldoener nie heeltemal te vertrou nie. Sy vertel verder dat sy die vorige dag iewers in Nairobi gaan loop het op ‘n plek waar die prostitute vergader – sy noem hulle “sekswerkers” – en dat sy “as vrou onveilig gevoel het”. Ek is heel verlig dat sy my agterdog jeens my mede-Afrikaan (al het hy my oënskynlik van daardie kategorie uitgesluit deur na our African people te verwys) begryp het. En as ek dit hier skryf sal Max du Preez of Koos Kombuis my nie by die SA Menseregtekommissie gaan aangee omdat ek nie ‘n Nairobiër se motor of bakkie in ‘n donker straat wou gaan stoot nie.

Gepraat van sekswerkers: die naam van Nairobi leen hom natuurlik tot die soort woordspel waarmee Kleinboer hom besig hou en sy voorliefde vir prostitute uit die hele Afrika het hom ‘n huishoudelike naam in Afrikaans gemaak. Kleinboer was ‘n tyd gelede in Nairobi en het die trein tot in Mombasa geneem. Soos Proust, Paul Theroux en ‘n paar ander skrywers, is ek versot op treine. Een van my drome is om die Transsiberiese sneltrein van Moskou tot in Wladiwostok te neem; binne ses en ‘n half dae lê mens 9259 km af.

Kleinboer vertel egter dat sy treinrit na Mombasa vyf ure laat begin het. Halfpad is die trein ook geneig om stil te hou as die spoor herstelwerk nodig het. Hierdie antieke stoomtrein wat uit Britse koloniale dat dateer, loop deesdae glo net een keer per week. In die tyd van die Britte het dit nie net betyds uit die stasie gestoom nie, maar het ook elke dag die afstand tusse Nairobi en Mombasas afgelê. In die vliegtuig heen en weer lees ek aan Eben Venter se roman, Horrelpoot. Iewers sê iemand in die boek: “Julle witmense het so min tyd en so baie goed. Ons het so baie tyd en so min goed.” Op pad huistoe sou ek by Jomo Kenyatta-lughawe ‘n plakker koop waarop geskryf staan: No hurry in Africa. Selfs Kleinboer, negrofiel in die letterlike sin van die woord wat hy is, sou hiermee saamstem.

Die paradoks van Nairobi is egter dat dit nie heeltemal meer net Afrikastad is nie, al kom die treine laat. In die groot aantal fabrieke, pakhuise en kantore van multinasionale maatskappye wat in en rondom die stad te siene is, is die kultuur, die ritme, die gejaagdheid van die globale samelewing wat deur Europeërs en Suidoos-Asiërs beheer word, te sien. Trouens, Nairobi is die grootste stad tussen Johannesburg en Kaïro en verteenwoordig die handelshoofstad van Oos-Afrika.

Een aanduiding van daardie gejaagdheid is die verkeer van Nairobi wat selfs na agt in die aand heel druk is. Ek moet deur die motors vleg terug hotel toe op hierdie soel aand van Dinsdag 20 Februarie 2007 vir ‘n ete saam met skrywers uit vier Afrikalande, in die Thorn Café, waaroor binnekort meer.

светтопкарго

Huisgenoot-Hannelie en De la Rey se spook

ImageVerlede week braak twee Huisgenoot-joernaliste gal oor Bok van Blerk en die mense wat gaande oor sy De la Rey-liedjie is. Die Euromasochis Hannelie Booyens wat iewers jammer is dat sy nie een van Amy Biehl se ouers kon wees wat haar dogter se moordenaars uit Gugulethu eers kon vergewe en toe in diens kon neem nie, kry koue rillings as sy ‘n stillerige jong ondersteuner by Bok se konsert raaksien.

“Dis die Wit Wolf!” mymer Huisgenoot-Hannelie. En, skryf sy op bladsy 22 van die grootste Afrikaanse gesinstydskrif wat vandeesweek, wonder bo wonder, geen gemengde paartjie op die voorblad het nie: “Dis ouens soos hy wat laatnag op webtuistes komplotte smee om die regering omver te werp en volksvreemdes uit die weg te ruim.”

Ek moet sê, Huisgenoot-Hannelie het nogal ‘n humorsin. Sy noem ministers Manto en Nqakula en Xingwana en die res waaroor Blou Willem op Maandae in Beeld grappies maak ‘n “regering”.

Bok van Blerk, moet ons toegee, het nie net ‘n rekord aantal CD’s verkoop nie; hy het ook kiloliters ink vanuit die bekommerde hoofkwartier van denkbeheer by Heerengracht 40, Kaapstad, laat vloei. Nie verniet lyk die Naspershoofkantoor soos ‘n blok woonstelle in Moskou wat deur een van Josef Stalin se persoonlike argitekte in die vyftigerjare ontwerp is nie, want hier word eenvormige denke op prys gestel.

Maar alles is nie wel in die ruwe Suid-Afrika nie. Skielik is daar te veel Afrikaanse liedjies, te veel kunstefeeste, te veel skole soos Ermelo wat weier om stil-stil te verengels, te veel oranje-blanje-blou vlae wat plek-plek uitgehaal word. Soos ons weet, is die geskiedenis besig om homself te herhaal.

Ná die Tweede Vryheidsoorlog, soos ná 1994, was almal veronderstel om Engels te wees en in Engels skool te gaan. Toe William Nicol in 1917 voorstel dat Johannesburg ‘n Afrikaanse hoërskool kry, het The Star bytend uit Shakespeare se Hamlet aangehaal: there’s something rotten in the state of Denmark.

Huisgenoot-Hannelie en haar handlanger, ene Sieraaj Ahmed, bespeur insgelyks “iets wat stink in die ruwe Suid-Afrika”. Die heer Ahmed – miskien neem hy aanstoot aan so ‘n Eurosentriese aanspreekvorm en moet ek hom eerder ajatolla Ahmed noem – word skoon flou toe hy die ou landsvlag sien. Hy kry hartkloppings van die “simbool van verdrukking” soos hy dit noem. Asof die motgevrete moord-en-roofvlag wat tans vuil en verwaarloos bokant polisiestasies druip ons met ‘n besonderse gevoel van veiligheid vervul. Dis nou die plekke waar manne in blou so graag omkoopgeld aanvaar – as hulle nie die dag siek is of sommer net in die tuig snork soos hulle slaap nie.

Die spook van De la Rey wat iewers oor die vlakte aangery kom op die maat van Bok van Blerk se liedjie is besig om, soos die spook van Hamlet, konsternasie by die howelinge en veral die lakeie te veroorsaak. Ons kan selfs vir Karl Marx, ‘n skrywer wat Huisgenoot-Hannelie en die hele horde linkse na-apers en napraters sal waardeer, aanhaal: “‘n Spook goël by die hele Europa.” Kennelik boesem die spook van Koos de la Rey en ‘n herrese Afrikanervolk wat nie meer skaam vir sy geskiedenis, taal en identiteit is nie, vrees in.

Vandaar ook die tydelike verbod op Bok van Blerk se liedjie by Loftus wat oor die naweek afgekondig is en toe weer opgehef is. Die bestuur by Loftus kla oor die “politieke inhoud” van die lied en beskou dit as omstrede. Hoe meer omstrede dit word, hoe meer mense gaan egter daarna luister. Die jeug en Bok de la Rey het deur al die politiek korrekte skanse van die ruwe Suid-Afrika gebreek. Niks kan hierdie opwelling van Afrikaner-sentiment meer stuit nie.

Daarom: Moenie bekommer nie, Hannelie. Ek is seker daardie “jong lat” en sy vriende by Bok se konsert gaan jou nie met klippe gooi of met messe steek soos Amy Biehl se voorbeeldige jong moordenaars nie. Hulle mag jou net van jou hang-ups oor ‘n sg. “verregse jeug” bevry.

instagram promotion sitesтопкарго

Ek wil geen etniese konflik, Koos

Koos Kombuis se begrip van die politiek is op sy beste idiosinkraties en hy druk homself natuurlik in die idioom van ‘n ewige adolessent uit. Hy maak ook ‘n gevaarlike, foutiewe stelling op Litnet as hy die volgende sê:

"Ja, is dit nie ironies nie? Dit wat die ANC wil hê, is presies wat Dan Roodt wil hê. Nie ’n stryd om demokrasie nie, maar ’n etniese stryd. ’n Stryd wat ‘ons’ (wie ‘ons’ ook al is) nooit kan wen nie."

Vir seker sien ek en die ANC die wêreld op geheel en al verskillende maniere. Anders as die ANC, het ek nog nooit geweld gepleeg of selfs gepredik nie.

Image

Bekommerde Koos

Ek dink Koos Kombuis blameer my vir die toestand in die land terwyl my enigste fout is dat ek ‘n goeie analise gedoen het. Reeds sewe jaar gelede toe almal nog met sterre in hul oë van ons wonderlike grondwet en die reënboognasie gepraat het, het ek ‘n artikel aan Ebbe Dommisse, die destydse redakteur van Die Burger, voorgelê waarin ek geargumenteer het dat die De Klerk-skikking baie gevaarlik was en heel moontlik op burgeroorlog mag uitloop. Destyds het hy gevoel dis te sterk gestel en wou dit nie publiseer nie.

Vandag, tot my spyt, moet ek sê dat ek reg was. Ek het in 2000 by myself gedink dat enige skikking waar een party opeindig met 100% van die mag en voordele (soos dié van 1994) ‘n goeie kans staan om tot konflik te lei. Jan Smuts was geweldig gekant teen die swaar strawwe wat aan Duitsland in 1919 opgelê is met die Vrede van Versailles omdat hy voorsien het dat dit tot ‘n tweede oorlog sou lei. Ná die Tweede Wêreldoorlog het die Geallieerdes nie weer dieselfde fout gemaak nie en is Duitsland saam met die res van Europa weer op sy voete gehelp.

Vir seker moet ons etniese konflik in Suid-Afrika vermy. Maar soos ‘n goeie vriend van my onlangs opgemerk het, "Ons wag nou nie meer vir die nag van die lang messe nie; ons is nou ín die nag van die lang messe." Onskuldige mense, selfs vyfjarige dogtertjies soos Danielle Esterhuizen van Randfontein wat vir haar pa op 20 Desember 2006 langs die dam wou gaan kuier terwyl hy visvang, word koelbloedig doodgeskiet. Die agbare minister van grondsake maak gereed om boere se plase te onteien. Meer mense gaan elke dag in Suid-Afrika dood as in die Irak-oorlog, maar die ANC-ministers blameer apartheid daarvoor. Dis nie hulle en hulle volgelinge wat "kill a Boer, kill a farmer" gesing het nie. Ook nie die ANC-beheerde SAUK wat gereeld etniese propaganda, soos veral rondom 16 Junie verlede jaar, uitsaai nie.

Dr. Bertie du Plessis het verlede week in Beeld geskryf dat ons onsself in ‘n "laegraadse burgeroorlog" bevind. Dus word my voorspelling van sewe jaar gelede nou bewaarheid. Ek is nie Siener van Rensburg nie, maar gebruik maar net logika.

Die onmiddellike vraag is: wat maak ons nou? Soos Gideon Meiring vandag by ‘n konferensie oor misdaad in Pretoria gesê het: "Ons wil nie net stabiliseer nie, ons wil normaliseer. Ons wil nie net oorleef nie, ons wil lééf." Die enigste manier om te normaliseer, is om onsself sterk genoeg te maak sodat nóg die moordbendes nóg die minister van grondsake met haar grondonteieningsplanne à la Zimbabwe ons kan bedreig.

Onlangs het Magnus Malan in ‘n onderhoud oor sy boek gesê dat 3 500 van ons troepies destyds in Angola staande gebly het teen 60 000 Kubane, Russe en Oos-Duitsers, in weerwil daarvan dat die Russe die lug beheer het. Dis ‘n verhouding van ongeveer 17:1. Net in die Waterberg en die Soutpansberg is die oormag groter as dit; ironies genoeg is dit die deel van die land waar Afrikaners die meeste beheer oor hul eie plase en dorpe uitoefen, juis omdat hulle nie in terme van getalle dink nie maar in terme van vermoë.

Daarom kan ek nie die volgende deel van jou stelling verstaan nie: "’n Stryd wat ‘ons’ (wie ‘ons’ ook al is) nooit kan wen nie." Jy hensop sommer al van meet af aan! Wat gaan jy doen as daar ‘n aanval op jou huis plaasvind? Gaan jy sê: "Ek kan nie wen nie! Daarom: verkrag maar my vrou, vermoor maar my kind soos Danielle Esterhuizen en vat maar al my goed. Ek gee oor; julle is sterker as ek?"

Hopelik nie. As die planne realiseer wat ons tans hier in Pretoria ontwikkel, gaan jy of jou vrou onmiddellik die knoppie van ‘n geheime RF-kaartjie iewers in jou sak of aan jou lyf kan druk en ‘n sein sal op die netwerk uitgaan en outomaties vyf of ses opgeleide lede van ons Burgerwag in jou omgewing bereik wat tot die tande toe gewapen jou en jou gesin binne minute te hulp gaan snel.

Indien daar dan wel etniese konflik uitbreek soos jy beweer die ANC (maar nie ek nie!) wil hê, sal dieselfde Burgerwag jou moontlik kan beskerm teen hordes pangadraende Xhosas wat daar in die Kaap op jou mag toesak in hul weergawe van Hotel Rwanda. Die Mount Nelson in die Kaap gaan nie plek hê vir 800 000 Afrikaners in die Kaap om daar weg te kruip terwyl die slagting plaasvind nie, dus moet daar ‘n plan B ook wees.

Soos baie ander mense, verkwalik ek vir De Klerk dat daar nooit ‘n plan B was nie. Wat as die ANC nie by die ooreenkoms hou nie en sommer net ons plase en skole begin vat soos hulle nou reeds doen? En later dalk ‘n volledige Mugabe op ons trek? Wat maak ons dan? Maar De Klerk het nie aan daardie moontlikheid gedink nie.

Gegewe die feit dat ek nooit diensplig gedoen het nie, is ek net so ‘n groot pasifis soos jy. Maar gaan lees daardie stuk van my in Aweregs, "Gedagtes oor ‘n tweede volksmoord" wat eintlik die gepubliseerde weergawe van my toespraak verteenwoordig toe ek en die Noord-Transvaalse boere mekaar die eerste keer by die Voortrekkermonument tydens ‘n betoging teen plaasmoorde op 27 Maart 2004 raakgeloop het. Daarin sê ek, en dis gekursiveer: Ons moenie sonder teenstand op die trein na Auschwitz klim nie.

Wat jy ook moet verstaan, is dat ons so te sê geen beheer oor die proses het nie. As die ANC besluit hy wil etniese konflik hê, gaan ons nie sy besluit kan beïnvloed nie. Dit was tog duidelik in Zimbabwe waar die blanke boere agteroor gebuig het om Mugabe tegemoet te kom. Op die ou end het hy sy oorlogsveterane ingestuur en het hulle elke blanke verdryf. Die laaste 400 blanke boere in daardie land is ‘n week of wat gelede met die gevangenis gedreig as hulle nie van hul eiendom af padgee nie.

As ons besonder lieftallige minister van grondsake, Madame Lulu Xingwana, die dag besluit om Mugabe se voorbeeld te volg, gaan die vonk in die kruitvat wees. Want jy weet net so goed soos ek daar is nie nog ‘n land suid van die Kaap waarheen ons kan padgee nie. Al retireer ons almal tot by Kaappunt, iewers sal ons moet gaan staan. En daar waar ons stáán, sal ons, soos Bertie du Plessis dit in Beeld duidelik gemaak het, moet verdedig.

купить игрушкуФільчаков Олександр Васильович

Waarom nog hoegenaamd in Afrikaans skryf?

Image

Wasserman

‘n Mede-professor in die joernalistiekdepartement van die Stellenbosse Universiteit, Hermann Wasserman, het onlangs luisteraars na Bok van Blerk se liedjie, "De la Rey" as "behorende tot die museum" beskryf in sy Ope brief aan Koos de la Rey. Dan Roodt rig op sy beurt ‘n ope brief aan die PK professor met sy veldtog teen Afrikaners.

Geagte prof. Wasserman,

Toevallig sien ek u bydrae oor die De la Rey-kwessie in vandag se By raak toe ek op Die Burger se webwerf kuier.

Duidelik koester u ’n besondere haat en minagting vir die Afrikaner. Toe ek u eposadres opkyk, bemerk ek dat 99% van u eie publikasies in Engels is. Die vraag wat onmiddellik by my opgekom het, is: waarom skryf u hoegenaamd nog artikels in Afrikaans wat deur ons agterlike mense gelees moet word? Of beskou u dit as u spesiale voorreg om ons in Afrikaanse koerante te mag beledig?

Waarom vind u dit nog nodig om die Afrikaner se patriotiese sin belaglik te maak as ons in elk geval ’n vorm van etniese uitwissing in die gesig staar? Net vandeesweek was ek en Steve Hofmeyr, vergesel van Joost van der Westhuizen, op Randfontein by ’n byeenkoms teen die moordenaars van Danielle Esterhuizen, ’n vyfjarige Afrikanermeisie. Sy is tussen die oë geskiet deur mnre. David Nqomane (31) en Tsakane Sithole (25). U kan gerus wees dat u baie bondgenote het in die volksmoord of kultuurmoord wat daar tans op ons uitgevoer word. Ermelo-hoërskool is die laaste Afrikaanse hoërskool in  die Oos-Transvaal, in sogenaamde Mpumalanga, en sowel die hoofregter en die minister van onderwys het nou ingegryp om te sorg dat die skool sy taalmedium sál verander, ongeag ’n vorige hofuitspraak deur regter Bill Prinsloo, sekerlik ’n regter vanuit die verkeerde groep en dus verdag.

Deel van die Engelse koloniale tradisie was die lae dunk en veragting waarmee alles wat Afrikaans is, bejeën is. The Star het in die 1920’s ope briewe soos u s’n geplaas, maar kennelik meen u dat so ’n diskoers vandag in Afrikaans in die By of Die Burger besonder byderwets aandoen. Ten minste het die Boerehaters aan Engelse kant nog humor aan die dag gelê, maar u poging tot satire is humorloos en laf.

U skuld dit aan uself om uit u pos aan Stellenbosch te bedank en eerder aan ’n Engelse universiteit of in ’n ander land as lid van ’n ander volk, hetsy die Amerikaanse, die Britse, die Australiese, die Kanadese, waarvoor u veel groter agting en bewondering koester, u polities korrekte dweepsug uit te leef.

Koos Kombuis het uit die Afrikanervolk bedank.

Al is u so ’n groot na-aper, hoef u hom nie hierin na te volg nie. U hoef maar net te dros, verkieslik uit die land uit. Ek verseker u dat niemand u teenwoordigheid sal vermis nie. Wat die Afrikaanse kultuur betref, verteenwoordig u, om nou vir Breyten Breytenbach aan te haal, ’n gat in die lug.

casino online slots free playФильчаков прокурор

‘Hy het dooierus op my kind gevat’

Vanmôre was ek, Steve Hofmeyr en Joost van der Westhuizen by die Randfonteinse landdroshof om teen misdaad te betoog, veral na aanleiding van die grusame en koelbloedige moord op Danielle Esterhuizen. Op 20 Desember 2006 het twee swart mans verby haar geloop waar sy op haar ma se skoot langs ‘n dam gesit het. Haar pa en ‘n vriend was besig om vis te vang.

Hierna het een van hulle ‘n pistool uitgepluk en, soos Anel Esterhuizen dit teenoor my gestel het tydens ons gesprek na afloop van die betoging: “…voor ons kom sit en dooierus op my kind geneem. Die gat agter in haar kop waar die koeël uitgegaan het, was so groot…” Sy wys met albei hande omtrent ‘n gaping van 5 cm in deursnee.

Ek wil nog later breedvoerig oor die hele insident skryf as ek al die feite van dié koelbloedige kindermoord tot my beskikking het. Intussen enkele indrukke oor vandag.

As iemand wat self die vader van drie klein kinders is, kan ek my nie die smart en woede van Diederick en Anel Esterhuizen voorstel nie. Hoe reageer mens as jou kind voor jou oë deur ‘n maniak doodgeskiet word? Maar as ek die moordenaar ‘n maniak noem, seën ek hom eintlik met die onderskeiding van ‘n sielkundige afwyking. Die probleem is dat hierdie tipe bloedbeluste individu heeltemal normaal is. In die geweldskultuur wat onder die ANC-bewind posgevat word en gestimuleer word deur sy toeskietlike houding teenoor die moordbendes wat die land teister, het doodmaak ‘n soort tydverdryf geword vir ‘n groot deel van die bevolking.

Geen reënboognasie hier nie...
Geen reënboognasie hier nie…

Tydens die paar woorde wat ek met die skare mense buite die hof gepraat het, bewus van die intense pyn wat die Esterhuizen-gesin moet ervaar en die onmag van woorde om die tragedie van klein Danielle se dood te beskryf, het ek gesê dat dié soort wandaad geensins verskil van die gruweldade wat elders in Afrika in die Ituri-provinsie van die Kongo of die Darfoer-streek in die Soedan gepleeg word nie.

Eintlik sou mens meer betogers verwag het as die honderd of tweehonderd wat opgedaag het. Hulle was meesal Afrikaners, blankes dus. Mense wat omgee, vir die vermoorde dogtertjie en haar ouers, sekerlik, maar ook vir die stel reëls wat beskawing heet. Wet en orde. Die eenvoudige, landelike plesier om iewers langs ‘n dam te mag visvang sonder dat daar op jou kind geskiet sal word.

Tydens die vingerete wat ‘n vriend van die gesin vir ons by sy firma nie ver van die hof af nie gereël het, noem Diederick wat swaar dra aan ‘n skuldgevoel oor sy dogter se dood, dat hy nooit weer aan ‘n visstok wil raak nie.

Danielle
Danielle

Watter kranksinnige samelewing het die sogenaamde nuwe Suid-Afrika nie geword waar vaders bang is om aan visstokke te vat weens die aaklige herinnering wat dit oproep en waar moeders oor die koeëlgate in hul vyfjariges se koppe moet praat nie! Geruime tyd reeds spook die vraag by my: is ‘n politieke stelsel soos “demokrasie” wat by ons tot ‘n morele beginsel verhef is – moontlik ons enigste morele beginsel – die hoë prys werd wat ons tans betaal?

Een van die vrouebetogers voor die hof se plakkaat lui:

DANIELLE SE
WREDE DOOD
LÊ EK VOOR
DIE REGERING

En natuurlik is die sentiment wat sy verwoord honderd persent korrek. Die omstandighede, die klimaat, die verval in die strafregstelsel en veral die transformasie van die polisie, kan alles net so voor die deur van die ANC-bewind gelê word.

Nog ‘n lid van die publiek sê voor ‘n kamera: “Ons is kwaad. En ek is kwaad omdat ons so lou hierso is, met wat hier gebeur het. Ek dink dis tyd dat Mbeki ons nou ‘n antwoord gee: waarnatoe gaan ons nou met hierdie misdaad? Hy kan nie net apaties bly staan nie. Ons wil nou waaragtig weet wat hy nou gaan doen omtrent hierdie saak.”

En ek verstaan sy frustrasie. Want ek het ook die indruk gekry mense ís “lou”. ‘n Kind is gruwelik vermoor en ons praat amper daaroor soos ons span wat ‘n rugbywedstryd verloor het. Meer nog: die polities korrekte diskoers wat ons inhok en ontman en van nugtere denke ontneem verhoed ons om selfs na die mees basiese feite rondom ‘n moord soos dié te verwys. Totdat ek persoonlik met Anel Esterhuizen gepraat het, sou ek in geen koerant gelees het dat die moordenaar tot reg voor haar en Danielle geloop het en “dooierus op haar kind gevat het” nie. Die media dis ‘n afgewaterde weergawe aan ons op, juis sodat ons emosieloos en apaties en “lou” moet bly want die groot maatskappye, waaronder die mediagroepe, het vrede gemaak met die idee van ‘n eenpartystaat, selfs ‘n eenpartystaat waarin kinders uitgewis word.

Nietemin glo ek dat die golf van misnoeë en woede rondom geweldsmisdaad, wat in baie gevalle niks minder as etniese suiwering is nie, besig is om te styg en binnekort breekpunt gaan bereik. Maar soos ek ook vandag tydens my spreukbeurt geargumenteer het, moet ons beheer neem oor ons eie veiligheid.

Ons het geen ander keuse nie, want ons kan nie meer op die polisie of die staat vertrou om ons te beskerm nie. Hoeveel moorde, ook van onskuldige kinders, moet plaasvind alvorens ons gaan begin saamstaan?справкаФильчаков прокурор харькова

Sakeleiers kan nie politiek bedryf

ImageDie debakel rondom Eerste Nasionale Bank se abortiewe anti-misdaadveldtog het weereens gedemonstreer watter leierskapsvakuum daar in Suid-Afrika bestaan. Vele sakemense is arrogant genoeg om van tyd tot tyd die stelling te maak dat “ons Suid-Afrika regeer”. Hierdie soort praatjies word deur die bulmark in aandele en eiendom veroorsaak, maar het weinig gronde in die werklikheid.

Waarskynlik het ENB vir hom ’n redelike klomp gunstige publisiteit verseker met sy halfhartige poging om die ANC-bewind onder druk te plaas sover dit sy gebrekkige hantering van misdaad betref. Maar die media het ’n baie kort geheue, want net drie of vier weke gelede het ENB televisiereklame gemaak wat beweer het dat misdaad nie so erg is nie en dat blankes onnodig “negatief” is omdat hulle daaroor kla!

In dié advertensie staan ’n aantal mense in ’n tou by die lughawe. ’n Blanke man (sic) begin kla oor die swak diens en misdaad terwyl hy suggereer dat die land nie in staat is om die sokkerwêreldbeker aan te bied nie. Hierna word hy deur ’n swarte ingevlieg omdat hy so “onpatrioties” is en aan die einde van die advertensie ontvang die blanke Suid-Afrikaner (hy lyk nogal na ’n Afrikaner hoewel die advertensie in Engels geskiet is) ‘n morele lessie van ’n Australiër in die lughawetou!

Daar kort dus enkele stukke in hierdie legkaart. Insiggewend is dat ENB blykbaar heelwat ongunstige kommentaar van sy kliënte en sy eie werknemers ontvang het as gevolg van die oorspronklike, polities korrekte advertensie. Ek stel my nou voor dat die volgende gesprek ná die eerste TV-advertensie tussen ’n hoë amptenaar van ENB en hul gunsteling advertensiemaatskappy moes plaasgevind het:

ENB: “Dis ’n gemors! Ons word oorval deur oproepe en eposse van ons kliënte en ons eie werknemers wat kla oor ons PK-advertensie. Wat gaan ons maak?”
Liegfabriek: “Ag toe maar, moenie bekommer nie. Ons kan dit vinnig regstel.”
ENB: “Maar hoe?”
Liegfabriek: “Eenvoudig. Al wat ons doen, is om te maak asof julle skielik baie bekommerd oor misdaad geraak het. Julle versprei anti-misdaadpetisies of roep die publiek op om briewe teen misdaad aan die president te skryf. Sodoende vergeet hulle sommer gou-gou van die PK-advertensie.”
ENB: “Briljant! Maar wie gaan dit reël?”
Liegfabriek: “Ons natuurlik! Solank daar begroting is, kan ons enigiets doen. Ek stuur sommer vandag al ’n brief aan die Sondagkoerante en die TV-kanale om vir ons spasie te hou vir die veldtog dié naweek.”

Maar waarop ENB en sy liegfabriek nie gereken het nie, is dat sy mededingers (onder andere Standardbank se Michael Spicer) en die ANC-bewind daarvan te hore gekom het en ’n stokkie daarvoor gesteek het deur waarskynlik die bank met onttrekking van staatskontrakte te dreig.

Hierop blaas ENB die aftog, soos ons oor die afgelope paar dae uitgevind het. Wat blyk egter uit dié episode?

Ten eerste: ’n kommerwekkende onsekerheid en besluiteloosheid by Paul Harris en die res van die ENB-bestuur. Hoe op aarde kan die bank binne enkele weke TV-advertensies plaas waarin ’n Australiër vir ons morele lessies oor ons “negatiewe houding” oor misdaad gee, dan honderd-en-tagtig grade omswaai en ontpop as anti-misdaadaktiviste, net om op die ou einde skrik vir die koue pampoen van Charles Nqakula? En Nqakula ís ’n pampoen, as daar al ooit een was.

Wat is ENB se werklike opinie oor misdaad? Sal ons ooit weet?

Ten tweede: Die blote feit dat ’n bank, wat veronderstel is om na jou en my fondse om te sien, hom geroepe voel om tot die politieke arena toe te tree, spreek van die volslae lugleegte sover dit politieke leierskap in die land betref. Anders sou ENB seker nie van die kantlyn af ’n inset probeer lewer het nie. Ook die buitelandse moondhede wat in die eerste plaas, soos in Irak, soveel druk op Suid-Afrika geplaas het om sogenaamd te "demokratiseer", meng gedurig in ons onderwys, verdediging, kultuur, ens., in omdat hulle ook iewers besef dat hierdie onervare, onbekwame bewind op vele gebiede kleitrap. Dus verteenwoordig die sakemanne maar net deel van die skare stuurlui wat aan wal staan.

Die ANC het nou al male sonder tal bewys dat hy nie kán regeer nie. Die Afrikaner, onder leiding van De Klerk en die geslag van skuldige Broederbonders, het sy politieke rol geabdikeer en wíl nie meer regeer nie. Enige poging van Afrikaners om te hergroepeer of om nuwe lewe in die volk te blaas, word met histeriese propaganda deur Nasionale Pers begroet wat ons waarsku om nie weer “arrogant, rasssisties, baasspelerig en oorheersend” op te tree nie. Enigeen wat gister (3 Februarie 2007) se By in Die Burger en Beeld gelees het waarin Max du Preez en ander linkse siele Bok van Blerk se De le Rey-liedjie en die mense wat daarna luister verbete probeer afkraak en selfs Steve Hofmeyr as ’n bedreiging vir die vrede sien, sal weet wat ek bedoel.

Dus moet die hele land leierloos en planloos voortploeter na ’n uiteindelike Afrika-nagmerrie waarvan die huidige Zimbabwe, Rwanda of die Kongo moontlike toekomsscenario’s verteenwoordig.

Sakemanne is per definisie op korttermynwins ingestel. Misdaad, die ondergang van Afrikaans, die rassistiese verdrywing van blankes uit die polisiediens soos Jackie Selebi beoog en ander politieke kwessies kan hulle min skeel solank as wat verbruik toeneem en die aandelebeurs styg. Belangrik om te begryp, is dít: geen sakeman verstaan hoegenaamd die verwikkelde faktore wat iets soos ongebreidelde misdaad in dié land veroorsaak nie. Om te dink dat dit met ’n advertensieveldtog reggestel kan word, of selfs dat ’n Afrika-potentaat soos Mbeki op so iets sal reageer, verteenwoordig immers die toppunt van naïwiteit.

Soos ek al voorheen geskryf het, is die eerste tree na ’n oplossing vir misdaad om beheer ons eie veiligheid deur buurtwagte en plaaswagte te neem. Ons moet besef dat die staat vir alle praktiese doeleindes in duie gestort het. Daar bestaan steeds ’n horde staatsamptenare wat salarisse verdien en af en toe word daar nog ’n wettige ID-boekie uitgereik tesame met die onwettiges,  maar ons kan nie meer van die ANC-staat verwag om ons hoegenaamd teen die swerwende doodsbendes te beskerm nie.

{mos_mb_discuss:13}

липецк очисткаданильченко юрій Харків

Vrek in vrede!

ImageAnton Barnard se skrywes het my aandag daarop gevestig dat dieselfde Johan Pienaar wat my nog laas van haatspraak aangekla het by die Menslike Onregkommissie dit nou op hom geneem het om namens Anton Goosen sy onwrikbare steun aan die demokrasie te bevestig. Al is Goosen onlangs aangeval en beroof.

Terwyl die media volgens hul gewoonte nêrens na die ras van Anton Goosen se aanvallers verwys het nie, het Johan Pienaar in sy brief namens die sanger op Litnet wel geïmpliseer dat hulle swartes was. Soos ek reeds in “Pas aan en sterf” aangetoon het, is kritiek op misdaad besig om die teenkritiek van “rassisme” te ontlok. Indien Anton Goosen deur blankes aangeval was, sou ons hulle as liederlike geweldenaars kon verdoem. Omdat die liedjieskrywer egter deur swartes aangeval is, moet ons ons woorde tel.

Volgens Johan Pienaar, “wil (Anton Goosen) die volgende baie duidelik stel. Die aanval op hom het niks met ras, geloof velkleur of oogkleur te doen gehad nie. Soos baie ander goeie mense in die land, wit en swart was hy ‘n slagoffer van slegte dade gepleeg deur mense wat hulself die besittings van ander wil toeëien sonder om daarvoor te werk. Misdaad word gepleeg deur wit en swart mense en die slagoffers daarvan is wit en swart.”

Hierna word daar uitgewei oor die aantal roofkopieë van Anton Goosen se CD’s wat deur sy aanhangers gemaak word en wat van dieselfde orde sou wees as om iemand met geweld te beroof en sy lewe in gevaar te stel deur ‘n vuurwapen op hom te rig.

Iewers is daar ‘n digbundel deur die Nederlandse Vyftiger, Lucebert, met die titel Die dieren der democratie. Hy het dit seker anders bedoel, maar skielik het die begrip vir ons inheemse betekenis verkry: die diere van demokrasie, wat veral toegelaat moet word om hul gang te gaan en hul dierlike luste en vryhede uit te leef.

In ons demokrasie is daar egter – soos in die natuur – twee soorte diere: roofdiere en die grasvreters wat gewoonlik hul prooi uitmaak. Ook Lucebert gebruik as motto voor in sy digbundel die volgende woorde deur Ter Haar: “de vrede graast de kudde voor”.

As mens die digter se Nederlandse woordspel moes parafraseer: Die vrede geniet voorrang by die kudde omdat hulle bloot wil voortwei. En sport op TV kyk, wil mens byvoeg.

Ek het ‘n paar jaar gelede ‘n stuk geskryf oor “Amy Biehl en Euromasochisme” (tans beskikbaar in Aweregs). In die aanvalle die afgelope paar dae op Anton Barnard op Litnet, asook uit Johan Pienaar se verklaring, blyk dit dat die Euromasochiste geensins tot die Biehl-gesin beperk is nie. Nie net het Amy Biehl se ouers, Peter en Linda, hul kind se moordenaars vergewe en hul hande geskud nie, maar hulle het agterna vir twee van hulle werk aangebied by die Amy Biehl-stigting.

Dit waarop Johan Pienaar en sommige Litnet-skrywers afstuur, is van dieselfde orde. Hulle boodskap is: moenie jouself teen misdaad verset nie, verduur dit eerder. Beloon die persoon wat jou beroof of verkrag of ‘n familielid vermoor het. Dit lei tot “versoening”, “nasiebou” en al die ander goeie dinge wat die ANC-bewind aan ons voorhou. Omdat swartes (en bruines) in 99% van gevalle diegene is wat geweldsmisdaad pleeg, kan die blote kritiek teen misdaad tot “verdeeldheid” lei. Johan Pienaar, wat namens Anton Goosen praat, druk ook die universele Euromasochistiese credo uit as hy sê: “Die misdaadprobleem in die land kan nie opgelos word deur ekstra polisiemanne op straat te plaas as die algemene burgery se eerste verbintenis nie is om op te hou misdaad pleeg nie. Om enige aksie te neem wat die verdeeldheid in die land nog verder te onderstreep is nie ‘n oplossing nie.”

Wie is “die algemene burgery”? Is dit die jong blanke tieners wat roofkopieë van CD’s maak? Is daar ‘n kousale verband tussen die aantal blanke tieners wat onwettige kopieë van liedjies maak en die aantal jong swart en bruin mans wat gewapende roof, vekragting en moord pleeg? Die Euromasochis is by uitstek ‘n kuddedier, dus moet ons nie te veel logika van hom verwag nie.

In die Noord-Transvaal is daar ‘n groep boere en lede van TLU-SA wat hulself in sogenaamde “steunkringe” georganiseer het om hulself teen misdaad te verset. Waarskynlik dra dit nie Johan Pienaar en Anton Goosen se goedkeuring weg nie, omdat dit tot “verdeeldheid” mag lei. Maar oud-kol. Gideon Meiring wat aan die hoof staan van TLU-Veiligheid het ‘n gepaste uitdrukking vir diegene wat nie by gemeenskapsveiligheidsaksies betrokke wil raak nie: “vrek in vrede”.

Meiring vergelyk hulle gedrag met dié van ‘n rooiboktrop waarvan lede af en toe deur roofdiere soos leeus of luiperds gevang en opgevreet word. Aan die kante van die kudde word hulle uitgedun, terwyl die res anderpad kyk en hoop dit gebeur nie met hulle nie. Trouens, om af en toe ‘n lid van die kudde aan die roofdier af te staan, sorg natuurlik dat die hele kudde nie uitgewis word nie. Met elke roofdieraanval trek ‘n kortstondige rilling deur die kudde as hy op die vlug slaan, maar kort daarna bedaar almal weer en wei rustig voort asof niks gebeur het nie.

Dit mag wees dat die diere van die demokrasie, sowel die roofdiere as die prooi en Euromasochiste, in ekologiese balans verkeer. Soos enige besoeker aan die Krugerwildtuin sal opmerk, is daar immers meer rooibokke as leeus of luiperds. Die probleem is egter dat die roofdiere in ons samelewing besig is om gevaarlik in aantal te vermeerder. By watter punt gaan die roofdiere hul prooi uitput sodat die hele stelsel in duie begin stort?

Die Afrikanervolk beleef tans die grootste krisis in sy bestaan sedert Van Riebeeck in die Kaap aangekom het. Daar is ‘n verskriklike uitdunproses aan die gang waardeur duisende van ons mense vermoor, vermink en verkrag word deur die roofdiere van die demokrasie. Die gelukkiges kry dit reg om te emigreer. Tans is ‘n klein minderheid besig om hulself daadwerklik te bewapen en te beveilig teen geweldsmisdaad.

Onder aansporing van die Euromasochiste soos Johan Pienaar, Antjie Krog en die res is daar egter ‘n groep wat die leuse “vrek in vrede” hul eie gemaak het. Die rassetaboe intimideer hulle so geweldig dat hulle nie gaan reageer nie. Die feit dat misdaad elke dag voorbladnuus is, skeel hulle nie. Solank dit met iemand anders gebeur, gee hulle ook nie om nie.

Dis egter nodig dat diegene van ons wat wíl oorleef en wat nie langer met hierdie barbaarse geweldsbestaan gediend is nie, alles in ons vermoë sal doen om soveel Afrikaners as moontlik van ondergang te red.

Die eerste ding wat moet gebeur, is dat ons onsself in ‘n burgerlike netwerk met eie kommunikasie en reaksievermoëns moet organiseer ten einde die misdadigers die stryd aan te sê.

PRAAG, TLU-Veiligheid en ander organisasies is reeds besig met gesprekke in dié verband en u kan binnekort ‘n aankondiging verwag. Binne die volgende maand wil ons ‘n groot openbare vergadering in Pretoria hou waar die publiek se steun vir so ‘n inisiatief gevra sal word. Dit sal gevolg word deur verdere byeenkomste elders in die land. As ons oor die volgende jaar genoeg mense in stedelike en landelike kommando’s kan saamsnoer, sal die diere van die demokrasie nie langer na willekeur op ons kan jag maak nie.

{mos_mb_discuss:13}

комбинированные печи для банитопкарго кидалы