Nuwe strategieë nodig vir Afrikanersukses

“Afrikaners het telkens in die verlede sukses bereik waar hulle op militêre, politieke en kulturele terrein hulle strategieë by nuwe omstandighede aangepas het. Daarteenoor het mislukkings gevolg waar ou metodes op nuwe omstandighede toegepas is,” volgens dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier en adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye.

Dr. Mulder het die naweek by Spioenkop gepraat tydens ’n herdenkingsgeleentheid vir die veldslag wat hier tydens die Anglo-Boereoorlog plaasgevind het. Die Slag van Spioenkop het presies 110 jaar gelede op 24 en 25 Januarie 1900 naby Ladysmith in die destydse Natal plaasgevind. Dit was die grootste veldslag van die oorlog waarin tot 2500 Britse soldate omgekom het.

Dr. Mulder het die Boere se oorwinning daaraan toegeskryf dat hulle in die hitte van die geveg vinnig van strategie kon verwissel terwyl die groot Britse mag van 24 000 soldate dit nie kon doen nie.

“Suid-Afrika lyk vandag baie anders as in 1900 of as in 1948 toe die Nasionale Party die regering oorgeneem het. Om sinvol te oorleef en ons doelwitte te bereik is dit nodig om nuut te dink en gereeld ons huidige strategieë in heroorweging te neem,” het dr. Mulder gesê.

Verskeie organisasie het kranse by die Burgermonument bo-op Spioenkop gelê terwyl ’n trompetspeler die laaste taptoe en Reveille gespeel het.

Dr. Mulder het afgesluit deur aan te toon dat daar ’n vraagteken hang oor die toekoms van enige volk wat net skaam is oor sy verlede en sy helde nie meer eer vir die opofferings wat hulle gemaak het nie.

tiaraлобановский александр дочь

Sokkergaste moet kennis neem van barbaarsheid

Die moordtog wat elke dag in Suid-Afrika voortduur op soortgelyke wyse as die moord op mnr Kobus Snyman van Midrand die afgelope naweek, dui op ‘ n kommerwekkende element van barbaarsheid wat in Suid-Afrika heers. So sê mnr Jaco Mulder, VF Plus-LPW en -leier van die party in Gauteng.

Dit volg nadat die 42 jarige mnr Kobus Snyman die afgelope naweek voor sy vrou en kinders in sy huis koelbloedig doodgeskiet is en die misdadigers doodluiters met ‘n skootrekenaar en selfone van die toneel weggestap het. “Die Wêreldbekersokker moet nie as weerligafleier dien vir hierdie barbaarse element van ons samelewing wat saam met swak dienslewering die land kan laat ontspoor nie,” het Mulder gesê.

“Elke keer as ek saam met my gesin buite op die stoep sit oor ‘n naweek moet ek noodgedwonge dink aan die moontlikheid dat ongenooides oor die heining kan spring en jou gesin kan kom uitwis, ons lees dit immers weekliks in die nuusblaaie.”

Die feit dat hierdie huisaanvalle op groot skaal voortduur, wys daarop dat die regering en die SAPD dit nie kan beheer nie. Die wêreld sal moet kennis neem van hierdie barbaarse element van die Suid Afrikaanse samelewing tydens die 2010 sokker.

Mulder het verder sy twyfel uitgespreek of die SAPD wel oor die vermoë beskik om die publiek te kan beskerm met die ekstra las wat die Wêreldbekersokker op die wetstoepassingsagentskappe gaan plaas.

лестницы дляпрокурор Фильчаков

Die keiser is kaal en die kroonprins ween

Pas het beide die DA en die VF+ hul regeringsevalusie gedoen. Die benadering het effens verskil – waar die VF+ punte – meestal druippunte – aan spesifieke velde soos misdaadbekamping en ekonomiese sake toegeken het, het die DA rapporte aan ministers uitgedeel. Ook hier was druippunte aan die orde van die dag en het die Kabinet ‘n gemiddeld van minder as 5 uit tien behaal.

Wat die oog die meeste tref is dat die DA aan pres. Jacob Zuma ‘n besonder lae punt toeken, maar die een uit tien wat hy vir respek vir die grondwet kry, is skokkend. Op die VF+ se rapport het Justisie ook ‘n baie lae drie uit tien gekry.

Hierteenoor het TNS bevind dat Zuma se gewildheid weer ‘n hoë 58 persent behaal het, maar die Instituut vir Geregtigheid en Versoening het weer uiters negatiewe syfers oor Suid-Afrikaners se persepsies op die tafel geplaas.

Zuma kan slegs homself blameer vir die druippunte wat hy en sy administrasie op verskeie terreine op die lyf loop. Traagheid om daad by die woord te voeg, is een. Uitsprake oor hoe korrupsie vasgevat gaan word terwyl Suid-Afrika nog verder op die internasionale korrupsie-persepsie-indeks terugsak, is ‘n verdoemende voorbeeld.

In sommige gevalle, soos die Maroga – Chuene – aangeleenthede, is eventueel toegelaat dat die onvermydelike gebeur, maar wanneer dit by Julius Malema kom, word halsstarrig vasgeskop en selfs stroomop beweeg.

Nou is die teerling gewerp. Die stout seun het by die SAKP se spesiale kongres opgedaag, is uitgejou, en toe hy op ‘n spreekbeurt aandring, is dit geweier.

Na berig word het Bitterbang Bibberbeentjies Malema uitgestorm en gesê hy gaan Zuma vra om die SAKP te betig.

Terwyl ‘n sug van verligting deur ‘n groot deel van die bevolking geslaak word dat Malema uiteindelik, al is dit net tydelik, sy rieme iewers in die alliansie vasgeloop het, het die SAKP ook genoeg gedoen om te bevestig dat dit steeds nie weet hoe die vurk met belangrike grondwetlike sake in die hef steek nie. Solidariteit en Afriforum – wat beide moeite doen om in pas met die beste internasionale praktyk van grondwetlikheid en die volkereg op te tree – is oor die kole gehaal oor hulle glo die kleed van omgekeerde rassisme oor die SAKP hang.

Die blote gebruik van die term “omgekeerde” dui op ‘n versteurde persepsie van begrippe soos rassisme en diskriminasie. Dis nie maar iets wat soos ‘n Volla op die hoek omgekeer kan word nie. Rassisme bly rassisme en diskriminasie bly diskriminasie ongeag aan watter voet hierdie sokkie getrek word.

Of anders gestel, deur sommige vorme van rassisme en rasgebaseerde diskriminasie te regverdig kom maar net weer op ‘n beheptheid met rassediskriminasie uit, en die blote feit dat dit aan ‘n ander voet pryk, het niks omgekeer nie.

Trouens, eintlik was die aanvalle op Solidariteit en Afriforum regstegnies voortydig omdat die hofuitspraak oor ‘n belangrike faset afgewag word en kan Gwede Mantashe se aanval as minstens disrespekvol teenoor die regspraak vertolk word.

Waar die gemeenskap wél rede tot kommer oor diskriminasie het, is die lot van mense met gestremdhede. Op die DA se telkaart het die minister wat met hierdie verantwoordelikheid toevertrou is, Noluthando Mayende-Sibiya, ‘n skamele 2,5 persent gekry.

 

насосные станции ценыЛобановский

VF+ evalueer ANC

Die Vryheidsfront Plus sal more, Woensdag 9 Desember 2009, om 11:00 ‘n mediakonferensie hou waartydens die party sy jaarlikse evaluering van die ANC-regering bekend sal maak. Dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier en adjunk-minister van Landbou, Bosbou en Visserye, sal die party se evaluering aan die media bekend maak by die party se hoofkantoor in Pretoria. Hy sal daarna meer besonderhede gee oor die rede vir die toekenning van spesifieke punte vir die ANC-regering se bestuur van die land.

 

free slotscasino gamesФильчаков прокурор харькова

Regering veroorsaak vreemdelingehaat

“Die aanvalle deur plaaslike inwoners op vreemdelinge in die De Doorns-gebied is te wyte aan die regering se optrede. In die afgelope 15 jaar het die ANC-regering Suid-Afrika se grense swak gepatrolleer, toegang tot die land makliker gemaak met spesiale visums en nie toegesien dat die aantal asielsoekers in Suid-Afrika behoorlik gemonitor word nie,” het dr. Corné Mulder, die VF Plus se hoofwoordvoerder oor Binnelandse Sake, gesê in reaksie op geweld wat gister in die De Doorns-gebied uitgebreek het.

“Dit is onverstaanbaar hoe nagenoeg 3 500 buitelanders in ‘n klein dorpie soos De Doorns kan woon. Daar is skaars genoeg werk vir plaaslike seisoenale werkers op plase in die gebied, wat die vraag laat ontstaan hoekom buitelanders die werk van plaaslike arbeiders kry. Seisoenale plaasarbeid in die gebied vereis nie hoogsopgeleide vaardighede nie. Indien werkers van Zimbabwe en Lesotho wel werkspermitte het, soos hulle beweer, moet die Minister van Binnelandse Sake en haar departement ‘n ondersoek gelas na die toekenning van werkspermitte aan vreemdelinge wat die werk van ongeskoolde arbeiders in Suid-Afrika kom oorneem. Hierdie land het ‘n oorvloed van werklose, onopgeleide werkers en kan dit nie bekostig om werk aan buitelanders te gee wat Suid-Afrikaners self kan doen nie,” het dr. Mulder bygevoeg.

“Die ANC-regering het sedert hulle aan bewind gekom het die land die moeilikheid in regeer. Dienslewering vind nie plaas nie, staatsdepartemente is vol korrupte amptenare, die land se infrastruktuur, soos Eskom en staatshospitale, is onvoldoende om in die behoeftes van die land se burgers te voorsien omdat die regering die land se grense oopgegooi het vir buitelanders. Ongelukkig dra die vreemdelinge nie by tot die belastingfonds nie en neem werk weg van Suid-Afrikaners wat die werk wel kan doen. Dis tyd dat die regering fortuinsoekers en ander onwettige buitelanders verhoed om die werk en dienste van Suid-Afrikaners hier te kom wegneem,” het dr. Mulder bygevoeg.

купити іграшкиДанильченко Юрий Брониславович