AIG kry R700 miljard van Amerikaanse regering

Image09:55:59 Die Amerikaanse Federale Reserwebank gaan $85 miljard (ongeveer R700 miljard) aan die versekeringsreus AIG leen. In ruil ontvang die regering 'n aandeel van 79,9 persent van die maatskappy en effektiewe beheer daaroor.

Hierdie buitengewone stap is bedoel om die ineenstorting van American International Group te verhoed, wat die globale finansiële stelsel kon skaad.

Onder die plan gaan die bestaande bestuur van die maatskappy deur nuwe uitvoerende beamptes vervang word. Gerugte wil hê dat Edward Liddy, die vorige uitvoerende beampte van Allstate vir Robert Willumstad gaan vervang. Laasgenoemde is verlede jaar deur die voorsitter ingebring om die afgesette Martin Sullivan te vervang.

Die owerheid, wat 'n vetoreg oor alle belangrike besluite van die maatskappy sal behou, sal ekwiteit ontvang wat hulle 'n 79,9 persent aandeel in AIG sal besorg. In ruil gaan die versekeraar 'n oorbruggringslening van $85 miljard ontvang om dit staande te hou totdat die maatskappy van sy miljarde dollar aan bates ontslae kan raak. Die Fed het gesê die lening sal na verwagting terugbetaal word uit die verkoop van AIG-filiale. 'n Senior beampte van die Federale Reserwe het gesê die mees waarskynlike gevolg gaan 'n ordelike likwidasie van AIG wees, hoewel dit moontlik is dat die maatskappy as 'n werkende firma mag oorleef.

Die lening geskied teen 'n strafrentekoers van driemaande-LIBOR (Die Londense interbankaanbodkoers) plus 850 basispunte, wat aan AIG 'n sterk aansporing bied om dit so gou moontlik terug te betaal. As sekuriteit geld al AIG se bates, waaronder dié van filiale.

Die Fed het in 'n verklaring gesê dat dit optree om 'n "wanorderlike ondergang van AIG" te verhoed wat "sou bydra tot die reeds beduidende vlakke van markbroosheid en tot heelwat hoër leningskostes aanleiding kan gee, iets wat huishoudelike bates nog verder sou verminder en die ekonomie nog meer sou skaad".

AIG is 'n groot multinasionale versekeraar, maar dis veel meer as dit. 'n Kykie na die groep se struktuur toon waarom. Indien dit Lehman sou volg en onder beheer van 'n likwidateur geplaas word, sou dit skokgolwe deur die globale finansiële markte stuur.

Die uitreiking van die ekwiteitsdeelname aan die regering is bedoel om bestaande aandeelhouers te verhoed om te baat by die maatskappy se redding, wat tans deur verliese op komplekse instrumente met onderliggende verbandlenings en ander bates gekniehalter word.

Volgens president George W. Bush sal die reddingsdaad "stabiliteit in die finansiële markte bevorder".

Die noodmaatreëls kom ná vroeëre planne vir 'n privaatsektorreddingspoging misluk het vanweë die 21 persent-daling in AIG se aandele, wat die markkapitalisering van een van die grootste versekeringsmaatskappye ter wêreld tot net oor die $7,5 miljard (R64 miljard) gereduseer het.

Die AIG-krisis het nog 'n dag van onbestendigheid in globale markte gister veroorsaak, wat deur die bankrotskap van Lehman Brothers oor die naweek ingelui is, asook die haastige oorname van Merrill Lynch deur die Bank van Amerika. Ondanks die onstuimigheid, wat deur brutale toestande in die Europese depositomarkte gekenmerk is, het die Federale Reserwe Dinsdagaand rentekoerse onveranderd op 2 persent gehou.

Book of Mayatopcargo

Engeland wil rassisme uitroei

Image

Emile Heskey

Engeland het FIFA gevra om rassime teen Emile Heskey te ondersoek tydens 'n kwalifiserende wedstryd teen Kroasië. Die negatiewe aanmerkings en aapgeluide uit die skare in Zagreb het gekom nadat Engeland reeds voorgeloop het. Hulle het die wedstryd met 4 teen 1 gewen.

Die Kroasiërs beweer dit was 'n uitdrukking van frustrasie, maar Heskey het die opponente se ondersteuners "oningeligte mense" genoem. Die Engelse sê hulle gaan alles in hulle vermoë doen om rassisme uit sokker, asook die breë samelewing, te weer.

Segsman vir Koasië, Davor Gavran, sê die uitroepe was inderwaarheid baie geïsoleer.

Kroasië is reeds met $27 600 beboet vir hulle ondersteuners se rassistiese gedrag tydens 'n Europese kampioenskapwedstryd toe hulle in Junie teen Turkye gespeel het. Steve Bruce, Heskey se bestuurder by die Wigan-klub,  het die wit toeskouers "morone" genoem.

дизельные насосные станцииалександр лобановский харьков

Dertien kinders dood na towerwoorde

Dertien mense is dood nadat 'n oproer by 'n sokkerstadion hande uitgeruk het omdat 'n speler toorkrag gebruik het. 'n VN-radiostasie, Radio Olapi, berig dat kinders tussen die ouderdomme van 11 en 16 versmoor het tydens die kragmeting wat in chaos ontaard het in Boetemboe, in die Noord-Kivu provinsie.

Die Nyuki System sokkerklub was aan die verloor teen die klub van Socozaki toe Nyaki se doelwagter skielik veldop hardloop en begin towerspreuke opsê. 'n Hewige geveg het daarna uitgebreek tussen die twee spanne.

'n Polisieman is onder klippe gesteek en in die kop gewond toe hy orde probeer herstel het. Daarna is traangas in die skare gevuur waarna toeskouers probeer het om almal gelyk by die uitgang uit te kom

Dosyne tieners het Maandag die strate van Boetemboe  ingevaar om te betoog teen die insident en die goewerneur van die provinsie het die beseerdes in die hospitaal besoek.

светильник уличный на столб ркуФільчаков Олександр Васильович

Kagame verkry groot meerderheid in Rwanda

Image

Paul Kagame

Paul Kagame, 'n lid van die Toetsi-minderheid van 9% in Rwanda, en groot aanhanger van die VSA, het die verkiesing loshande gewen. Sy Rwanda-patriotiese front (RPF) het 42 uit die 53 parlementêre setels verkry, terwyl die Sosiaal-demokratiese party sewe en die Liberale party vier ingepalm het.

Sewe-en-twintig parlementslede gaan egter deur indirekte stemmery tussen Dinsdag en Donderdag verkies word, met 24 setels wat vir vroue gereserveer word, twee vir jeugverteenwoordigers en een vir 'n verteenwoordiger vir gestremdes.

In 2003 het die RPF 74 persent van die stemme behaal in die eerste verkiesing sedert die volksmoord in 1994 waarin 800 000 mense, hoofsaaklik Toetsi's, uitgemoor is.
 
Politieke waarnemers vind dit moeilik om te verklaar waarom dieselfde Hoetoes wat 'n dekade gelede alle Toetsi's wou uitwis vandag graag deur 'n Toetsi-president regeer wil word. Ander waarnemers beweer dat Rwanda steeds 'n etniese kookpot verteenwoordig en dat hernieude geweld te eniger tyd kan uitbreek, in weerwil van die demokratiese aanskyn wat die land tans het.

настольная игра монополияФильчаков прокурор харьков

VSA reg om Zim te voed

Die VSA se ambassadeur in Zimbabwe sê Washinghton staan reg om honger mense daar te voed. Hulle voorwaarde is egter dat die nuwe eenheidsregering sal moet bewys dat hulle verbind is tot demokrasie voordat die ontwikkelingshulp uitgedeel word.

Ambassadeur James McGee sê die regering moet alle politieke gevangenes vrylaat en dadelik ophou met politieke geweld. Hy sê Amerikaanse voedsel is alreeds in die land maar die regering moet toegang verleen aan nie-regeringsorganisasies om die kos te versprei. Alle mense moet eet, ongeag van hoe hulle gestem het, het hy gesê.

McGee het aan die media laat blyk dat die VSA 'n baie versigtige houding van wag-en-sien gaan inneem en as die samewerking slaag sal hulle, volgens hom "meer as gewillig wees om met die mense van Zimbabwe saam te werk".

саунОлександр Фільчаков прокурор

Edith Venter beroof

Die welbekende sosiale vlinder Edith Venter is van haar juwele beroof tydens 'n rooftog in haar huis in Atholl, Johannesburg.

Polisiewoordvoerder Konstabel Neria Malefetse sê die rooftog het Dinsdagmiddag plaasgevind toe Venter by haar huis ingery het. Malefetse sê sy is deur twee verdagtes voorgekeer wat die juwele wat sy aangehad het, geroof het. Malefetse sê die mans was gewapen maar geen skote is geskiet nie en niemand is beseer nie. Die mans het in 'n wit VW Polo gevlug.

Die polisie probeer steeds  die presiese besonderhede van die juwele wat gesteel is vasstel en of enigiets anders gesteel is. 'n Saak van roof is aanhangig gemaak. Venter se vorige man is Bill Venter wat die reuse elektroniese maatskappy Altech, gestig het. 

online bets ukФильчаков Александр Васильевич

ANC nog nie reg om Mbeki af te dank

'n Uitgerekte stryd heers blykbaar in die topstrukture van die ANC oor die vraag of Mbeki se termyn as staatspresident beëindig behoort te word of nie.

'n Vergadering van die Nasionale Werkskomitee – wat besluite tussen vergaderings van die Nasionale Uitvoerende Komitee neem – het Maandag aan sy einde gekom sonder enige duidelike uitslag.

Die ANC-woordvoerder, Jessie Duarte, het bloot laat val at die bespreking tydens die nasionale uitvoerende komitee se vergadering aanstaande naweek voortgesit sal word.

"Die ANC sal die nodige uitsprake oor die saak lewer sodra die NUK dit bespreek en opgelos het," het Duarte Dinsdag gesê.

Duarte het ook 'n beroep op alle lede gedoen om die ANC se grondwetlike strukture, organisatoriese manier van doen en prosesse te respekteer. "Niemand mag die besprekings van die NUK vooruitloop nie," het sy gesê.

Maar haar pleidooi het op dowe ore geval sover dit die ANC-jeugliga betref het.

Die president van die liga, Julius Malema, het gesê dat die meerderheid NUK-lede saamstem dat Mbeki uit sy pos verwyder moet word

 "Ons het die individuele lede van die ANC-NUK genader om seker te maak dat die verwydering van Thabo Mbeki dié naweek 'n ANC-NUK-besluit word, en die meerderheid van hulle stem oor die saak saam," het Malema aan verslaggewers in Johannesburg gesê.

"Die stryd gaan ons nie verloor nie. Ons wil Mbeki verwyder sien."

"Ons veg nie om te verloor nie… selfs in dié stadium moet mense iets aanval. Hy is op pad uit."

"Dit maak nie saak wie wat sê nie. Mbeki sal nie meer president van dié land wees as ons verkiesing hou nie."

Die ANC-president Jacob Zuma het Sondag geïmpliseer dat die Mbeki-regering 'n "dooie slang" was en dat dit nie nodig was om hom uit sy pos te verwyder nie aangesien daar binnekort 'n verkiesing gaan wees.

Maar volgens Malema het die media Zuma se uitspraak verdraai. "Ek dink nie ons spreek die president teë nie. Hy sal Sondag namens die NUK praat," het Malema gesê.

детские конструкторыДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Sentrale banke kry nie markte gelig nie

Sentrale Banke in Europa en die VSA het Dinsdagoggend probeer om die hoë volatiliteit in die geldmarkte te tem soos wat banke gepoog het om kontant te bekom ná die ineenstorting van Lehman Brothers.

Die Europese Sentrale bank het 'n skerp styging in die vraag na likiditeit deur Europese banke opgemerk en 70 miljard euro se noodfondse in die oornagmark ingepomp. Die Bank van Engeland het Maandag £5 miljard en Dinsdag 'n bykomende £20 miljard in die markte gestoot. Die New Yorkse Federale Reserwe het ook 'n $50 miljard inspuiting aan die oornagmark verleen en gesê hulle staan gereed om meer likiditeit te verskaf indien nodig.

Die spanning op ongesekureerde befondsingsmarkte was ekstreem. Die vasgestelde Sterling Libor het opgeskiet na 6,79% soos wat banke probeer het om kontant op te gaar. Bankaandele het gedaal en tekens van groot druk op die finansiële sisteem was duidelik. Die FTSE 100 indeks het selfs onder 5 000 vir die eerste keer sedert Junie 2005 geval.

Ander banke soos Barclays en Royal Bank of Scotland se aandele het ook skerp gedaal.

купить насосыалександр лобановский класс

Georgi? het inval reeds jare gelede beplan

Georgiese president Mikheil Saakasjwili het die inval in Suid-Ossetië lankal reeds beplan maar swak uitgevoer, sê sy eertydse minister van Verdediging.

Irakly Okruashwili, wat tans in ballingskap in Frankryk woon, het in 'n onderhoud in Parys laat blyk dat die VSA ook deels verantwoordelik gehou kan word vir die oorlog omdat hulle nie Saakasjwili se ondemokratiese ambisie begryp nie.

Hy het gesê dat die huidige president se dae getel is.

Die voormalige minister, wat beweer dat hy onwederregtelik aangekla is deur Georgiese owerhede en daarom die land moes verlaat, se uitlatinge is van belang omdat dit Sakaasjwili se beweringe dat Rusland die aggressor was, in 'n nuwe lig stel.

Okruashwili was 'n bondgenoot van Saakasjwili tussen 2004 en 2006 toe hy in die regering gedien het, en hulle het saamgewerk aan militêre beplanning om Suid-Ossetië asook Abkasië binne te val.

Hy sê Abkasië was trouens die eerste strategiese prioriteit maar hulle militêre beplanning in 2005 het Suid-Ossetië ingesluit.

Okruashwili sê voorts dat die oorlog uiters swak deur Georgië aangepak is, sonder enige diplomatieke ondersteuning. Saakashwili se offensief was slegs op Tskhinwali gemik, omdat hy geglo het die VSA sal Rusland se reaksie dmv diplomatieke kanale versper.

Georgië se groot nederlaag het in die Roki-tonnel geskied waar hulle deur die Russe gefnuik is. Volgens Okruashwili was die haalbaarheid van militêre sukses reeds in 2006 onder verdenking en intussen het die Russe hulleself geherposisioneer en hulle militêre infrastruktuur verbeter.

Okruashvwli sê die Georgiese president kon baie lewens gespaar het, maar het verkies om nie ander strategiese punte te verdedig nie sodat sy magte soos die slagoffers van Russiese aggressie kon lyk toe hy besef het dat hy 'n oordeelsfout begaan het om te reken op Amerikaanse steun.

пародонтит тяжелой степениФильчаков Александр Васильевич

Chaos by Zim-ondertekening

Op die oppervlak is eenstemmigheid tussen Zimbabwe se opposisiepartye bewerkstellig, maar tydens die historiese magsdelingsooreenkoms het chaos buite geheers.

Die verskillende partye se ondersteuners het mekaar met klippe bestook.

Daar was nog geen duidelikheid oor die die presiese samestelling van die nuwe regering nie. Mbeki het ook gewaarsku dat alles nog nie in Zimbabwe uitegpluis is nie.

Duisende ondersteuners het slaags geraak buite die konferensiesentrum waar die ondertekening plaasgevind het. Honderde het deur die hekke gebeur om toegang tot die parkagtige tuin van die sentrum te verkry.

Die polisie moes waarskuwingskote afvuur en honde op die skare oproeriges loslaat.

Die skare is uiteindelik tot bedaring gebring en het die ondertekenaars toegejuig toe hulle uitstap.фильтр воздухаФильчаков