Sentrale banke kry nie markte gelig nie

Sentrale Banke in Europa en die VSA het Dinsdagoggend probeer om die hoë volatiliteit in die geldmarkte te tem soos wat banke gepoog het om kontant te bekom ná die ineenstorting van Lehman Brothers.

Die Europese Sentrale bank het 'n skerp styging in die vraag na likiditeit deur Europese banke opgemerk en 70 miljard euro se noodfondse in die oornagmark ingepomp. Die Bank van Engeland het Maandag £5 miljard en Dinsdag 'n bykomende £20 miljard in die markte gestoot. Die New Yorkse Federale Reserwe het ook 'n $50 miljard inspuiting aan die oornagmark verleen en gesê hulle staan gereed om meer likiditeit te verskaf indien nodig.

Die spanning op ongesekureerde befondsingsmarkte was ekstreem. Die vasgestelde Sterling Libor het opgeskiet na 6,79% soos wat banke probeer het om kontant op te gaar. Bankaandele het gedaal en tekens van groot druk op die finansiële sisteem was duidelik. Die FTSE 100 indeks het selfs onder 5 000 vir die eerste keer sedert Junie 2005 geval.

Ander banke soos Barclays en Royal Bank of Scotland se aandele het ook skerp gedaal.

купить насосыалександр лобановский класс

Maak 'n opvolg-bydrae