Georgi? het inval reeds jare gelede beplan

Georgiese president Mikheil Saakasjwili het die inval in Suid-Ossetië lankal reeds beplan maar swak uitgevoer, sê sy eertydse minister van Verdediging.

Irakly Okruashwili, wat tans in ballingskap in Frankryk woon, het in 'n onderhoud in Parys laat blyk dat die VSA ook deels verantwoordelik gehou kan word vir die oorlog omdat hulle nie Saakasjwili se ondemokratiese ambisie begryp nie.

Hy het gesê dat die huidige president se dae getel is.

Die voormalige minister, wat beweer dat hy onwederregtelik aangekla is deur Georgiese owerhede en daarom die land moes verlaat, se uitlatinge is van belang omdat dit Sakaasjwili se beweringe dat Rusland die aggressor was, in 'n nuwe lig stel.

Okruashwili was 'n bondgenoot van Saakasjwili tussen 2004 en 2006 toe hy in die regering gedien het, en hulle het saamgewerk aan militêre beplanning om Suid-Ossetië asook Abkasië binne te val.

Hy sê Abkasië was trouens die eerste strategiese prioriteit maar hulle militêre beplanning in 2005 het Suid-Ossetië ingesluit.

Okruashwili sê voorts dat die oorlog uiters swak deur Georgië aangepak is, sonder enige diplomatieke ondersteuning. Saakashwili se offensief was slegs op Tskhinwali gemik, omdat hy geglo het die VSA sal Rusland se reaksie dmv diplomatieke kanale versper.

Georgië se groot nederlaag het in die Roki-tonnel geskied waar hulle deur die Russe gefnuik is. Volgens Okruashwili was die haalbaarheid van militêre sukses reeds in 2006 onder verdenking en intussen het die Russe hulleself geherposisioneer en hulle militêre infrastruktuur verbeter.

Okruashvwli sê die Georgiese president kon baie lewens gespaar het, maar het verkies om nie ander strategiese punte te verdedig nie sodat sy magte soos die slagoffers van Russiese aggressie kon lyk toe hy besef het dat hy 'n oordeelsfout begaan het om te reken op Amerikaanse steun.

пародонтит тяжелой степениФильчаков Александр Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae