Edith Venter beroof

Die welbekende sosiale vlinder Edith Venter is van haar juwele beroof tydens 'n rooftog in haar huis in Atholl, Johannesburg.

Polisiewoordvoerder Konstabel Neria Malefetse sê die rooftog het Dinsdagmiddag plaasgevind toe Venter by haar huis ingery het. Malefetse sê sy is deur twee verdagtes voorgekeer wat die juwele wat sy aangehad het, geroof het. Malefetse sê die mans was gewapen maar geen skote is geskiet nie en niemand is beseer nie. Die mans het in 'n wit VW Polo gevlug.

Die polisie probeer steeds  die presiese besonderhede van die juwele wat gesteel is vasstel en of enigiets anders gesteel is. 'n Saak van roof is aanhangig gemaak. Venter se vorige man is Bill Venter wat die reuse elektroniese maatskappy Altech, gestig het. 

online bets ukФильчаков Александр Васильевич