Herbenoeming van hospitale verwelkom deur swartbewussynsgroepe

16:40:11 Die Azaniese Jeugorganisasie (AZAJO) het Dinsdag die herbenoeming van die Pretoriase akademiese hospitaal na Steve Biko-akademiese hospitaal verwelkom.

Die organisasie het die naamsverandering ten gunste van die vader van die swartbewussynsbeweging as 'n oorwinning beskou.

 

Maandag het die Gautengse LUR vir gesondheidsdienste, Brian Hlongwa, die herbenoeming van drie hospitale in Gauteng, onder andere die Pretoriase akademiese hospitaal aangekondig.

Die organisasie het gesê hulle hoop die regering erken ook ander mense, soos dr. Abu Bakar Asvat en Onkgopotse Tiro wat geweldig baie tot die vryheidsaak bygedra het.

 Die organisasie het ook 'n beroep op die Ooskaapse regering gedoen om vinnig die openbare gesprekke aan die gang te kry om die naam van King William's Town na Steve Biko te verander.

Die organisasie het verder gesê dat hulle enige besware van die Demokratiese Alliansie en ander groepe verwerp. "Ons sal enige metode en wetgewing volg wat die name van ons gevalle helde erken," het die organisasie gesê.

игры девочкамФильчаков прокурор отзывы

Finansi?le markte wat tuimel verhoog kerkbesoek

15:03:17 Terwyl Wallstraat sidder ná die stormsee wat hom verpletter, blyk dit dat vele mense wat in die finansiële wêreld werk weer

Image

Naaldekoker op Wallstraatbordjie

terugkeer na die een ding wat vele as vertroosting beskou: geloof.

Geestelike leiers het opgemerk dat die besoekerstalle gedurende verlede se middagete dienste by 'n hele paar kerke van verskeie gelowe heelwat hoër was as in die verlede.

Daar is ook opgemerk dat daar heelwat meer mense in kantoordrag was, wat ‘n duidelike teken was dat die besoekers vanaf die Wallstraatdistrik was.

Eerwaarde Mark Bozzuti-Jones van die Trinity-kerk, Wallstraat, het verlede Vrydag se middagdiens gewy aan hoe om die finansiële krisis te hanteer.

Hy het opgemerk dat daar van die manne en vroue was wat net gesit het in gebed terwyl ander gehuil het ná hulle skielik hul werk kwyt was. Hy het verskeie versoeke gehad van mense wat skielik hulp nodig gehad het om huur vir hulle woonplekke te betaal. Volgens hom is daar duidelike tekens dat die mense totaal uitgeput was.

Die kerk beplan ook om in die volgende paar weke kursusse aan te bied, wat onde andere insluit “hoe om spanning te hanteer in onsekere tye” en “hoe om werksverandering te hanteer".

Net ‘n paar blokke weg was daar ‘n redelike verhoging van mense in sakepakke by die St Peters Kerk. Volgens Vader Peter Madigan was daar in die laaste paar dae hoë vlakke van benoudheid en angs te bespeur onder die mense wat die kerk besoek het. Volgens hom is geloof een van die dinge wat die mens wel kan dra in die baie onseker ekonomiese tye waarin ons vandag lewe.

Die Wallstraatsinagoge het van dié week af begin om saans ook oop te bly om die finansiële werkers tegemoet te kom. Rabbi Meyer Hagen sê dat daar nie soveel van ‘n verhoging wasin die getall wat die sinagoge besoek het nie, maar eerder ‘n verandering in die gereelde besoekers. Hy sê dat die tekens van spanning en kommer baie duidelik is op die gesigte van die mense wat by die groot banke werk.

Die sinagoge is in 1929 gestig, die jaar waarin Wallstraat sy groot ineenstorting beleef het.

купить шапку для девочкиАлександр Фильчаков прокурор

$1,2 triljoen uitgewis in een dag

Volgens die Dow Jones Wilshire 5000, die mees omvattende aanduider van markaktiwiteit, is $1,2 triljoen se markwaarde Maandag in een dag uitgewis. Dit is byna twee keer soveel as ie veelbesproke hulppakket wat gister in die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers verwerp is.

Markte was oral paniekbevange omdat die verwerping kan dui op groter onstabiliteit. Die Dow Jones se algemene Nywerheidsindeks het met  777.68 punte gedaal, die grootste dalin ooit in een dag. Die vorge groot daling was op 17 September 2001 na die terreuraanvalle op New York en Washington.

arabian nights gametopcargo кидалы

Regse oorwinning skud Oostenryk

Die sterkste politieke krag in Oostenryk is na afloop van dié naweek se algemene verkiesing beslis die regse partye. Terwyl die linkse media gal braak teen die "neo-fasciste" se oorwinning, het Jörg Haider se Beweging vir Oostenryk se Vryheid verdriedubbel na 11% steun en het die Vryheidsparty se Heinz-Christian Strache se steun na 18% opgeskiet. Hulle staan nou saam op 29%.

Dit beteken dat die regse steun sedert 2006 verdubbel het en dat hulle een puntjie weg is daarvan om die Sosiale Demokrate by die stembus te klop. Die SPÖ onder hulle nuwe leier Werner Faymann het 30% behaal en die Christen Demokrate, die ÖVP, het besonder swak gedoen met 26%. Die vroeë verkiesing is gehou omdat die koalisieregering van die SPÖ en die ÖVP tot 'n val gekom het vanweë onderlinge twis.

Een van die aanleidende oorsake was onenigheid oor die referendum wat Oostenryk se rol in die EU betref. Oostenryk is een van die mees uitgesproke anti-Europese Unie lande.

Strache se veldtog is gekenmerk deur 'n sterk anti-Moslemboodskap. Hy het die naweek deurentyd verwys na die "vroulike ninjas" wanneer hy van Moslemvroue gepraat het. Hy het Sondagaand verklaar dat hy die nuwe Kanselier sal wees. Alhoewel Strache en Haider geswore vyande is, is albei erg gekant teen EU deelname.

игр детскиеФільчаков Олександр Васильович прокурор

Hong Kong-aandele daal 6 persent n? verwerping van VS-reddingsplan

07:02:22 Aandele in Hong Kong het binne die eerste minute van verhandeling Dinsdag met 6 persent gedaal in reaksie op die nuus dat

Image

Nagtoneel van Hong Kong

die $700-miljardreddingsplan in Washington deur die Kongres verwerp is.

Die Hang Seng-indeks het binne die eerste 10 minute vandat die mark geopen het tot onder die 17 000-vlak gedaal maar het teen 11-uur in Hong Kong teruggespring tot 17 266 punte, 'n verlies van 3,43 persent of 641 punte teenoor Maandag se sluitingsvlak.

Die ineenstorting van aandeelpryse het oral in Asië voorgekom ná 'n skerp daling in Wallstraat in reaksie op die verwerping van die ekonomiese noodplan deur die Amerikaanse huis van verteenwoordigers.

Hong Kong se aandeelpryse daal sedert verlede Oktober tot die indeks 'n hoogtepunt van bykans 32 000 punte behaal het.

ландшафтного освещенияАлександр Фильчаков

SA se aandelebeurs tuimel

Beleggers is swaar getref deur verliese op Suid-Afrika se Aandelebeurs nadat die VSA se beloofde hulppakket gesloer het. Old Mutual was die ergste geraak met 'n verlies van 10% vanmiddag.

Algehele indeks is af met 5.76% met hulpbronne 'n hele 8.22% laer. Platinum het laer gesluit met 4.04% en goud is met 4.42% af. Nywerheidsaandele het 3.60% verloor, finansiële aandele 4.45% en banke 3.66%.

Markte het gereageer op die nuus van die regeringsingryping in Brittanje se Bradford & Bingley en België se Fortis wat deur die Belgiese, Nederlandse en Luxemburgse regerings met $16.3 miljard gered is. Duitsland se grootste eiendomsverbandhouer, Hypo, is ook in die moeilikheid.

Aandelemakelaars Barnard Jacobs Mellet het kliënte gewaarsku dat onstabiliteit kan voortduur. Daar word verwag dat die bank-,versekerings- en finansiële aandele nie goed sal vertoon in die huidige krisis nie.

Old Mutual se blootstelling aan Amerikaanse instellings soos AIG, Freddie Mac en Fannie Mae asook Lehman Brothers, het hulle vir skerp kritiek uitgesonder.

игры длядетейДанильченео

Amerikaanse regering kry belang in Citi

Die Amerikaanse owerheid het vanoggend bekend gemaak dat hulle betrokke was by 'n oorname van Wachovia se bankbedrywighede deur Citigroep. Hiervolgens kry die Amerikaanse regering 'n belang in Citi.

Volgens die Federal Deposit Insurance Corporation (FDIC) sal Citigroep verliese van meer as $42 biljoen oorneem op 'n leningsboek van $312 biljoen wat deur Wachovia gehou word.

Enige verliese bo hierdie vlak sal deur die FDIC geabsorbeer word. Hulle kry ook 'n aandeel in Citigroep in ruil vir hul waarborg van die verliese wat deur Citi oorgeneem word.

Citigroep het $12 biljoen in voorkeuraandelekapitaal en opsies aan die FDIC toegeken, om te vergoed vir die risiko wat die FDIC dra.

Wachovia Corporation, met hul hoofkantoor in Charlotte, North Carolina, is die vierde grootste bank in die VSA, gebaseer op totale bates.

вино полусладкое белоеДанильченко Харьков

Vrystaat Premier moet bedank: ANC

Daar word verwag dat 'n delegasie van die ANC die Vrystaatse permier, Beatrice Marshoff, gaan vra om te bedank. Die provinsie se segsman, Teboho Sikisi, het bevestig dat Marshoff se bedanking bespreek is gedurende 'n vergadering van die Provinsiale Uitvoerende Komitee.

"Die delegasie sal die besluit bespreek teen Maandagaand," het Sikisi bevestig.

Marshoff word teen Maandagmiddag terug verwag in Bloemfontein na 'n besoek aan Amerika en sal haar heel waarskynlik direk na die samesprekings haas waar oor haar toekoms besluit sal word.

Die Vrystaatse ANC het reeds gedurende die provinsiale konferensie besluit dat sy van haar pligte onthef moet word en dat die nuwe provinsiale leierskap sal besluit wanneer en hoe dit sal geskied. 

Die Provinsiale Uitvoerende Komitee sal egter nie veel tyd aan die aangeleentheid spandeer nie en sal eerder die nuwe politieke verwikkelinge en die volle impak daarvan bespreek.

Sikisi het ook gesê dat die Komitee die gerugte van 'n nuwe party wat deur ongelukkige ANC lede gestig wil word, sal bespreek.

Die Vrystaatse ANC verwag nie 'n massabedankings as gevolg van Thabo Mbeki se bedanking nie.

светильник акцентного освещениялобановский александр интервью

Stormloop na Zim-banke

15:45:18 Derduisende Zimbabwiërs staan in toue om geld te trek nadat die regering die perk op daaglikse onttrekkings verhoog het.

Die nuwe reëls wat van Maandag af geld, laat toe dat mense soveel as 20 000 Zim-dollar kan onttrek, die ekwivalent van 35 Amerikaanse dollar of 25 euro.

Die vorige perk van 1000 Zim-dollar was skaars genoeg om 'n koerant mee te kan koop.

Die perke, tesame met kostes wat steeds styg, het lang toue by die meeste banke tot gevolg gehad. Maar Maandag se toustanery was buitengewoon erg. Die toue was so lank dat sommige strate in Harare onbegaanbaar was vir motorverkeer.

President Robert Mugabe was veronderstel om laat gistermiddag terug te keer van 'n tiendaagse besoek aan die VSA.

Die magsdelingsooreenkoms wat deur Mugabe en die opposisie, die  MDC, geteken is, het intussen gedurende Mugabe se afwesigheid tot stilstand gekom.

люстры италия брендыФильчаков прокурор

Nou bedank Sam Shilowa ook

Image

Sam Shilowa

15:25:56 Die premier van die Gautengprovinsie, Sam Shilowa, het vandag bedank.

"Ek bedank vanweë my oortuigings dat terwyl die ANC die reg het om enige van sy ontplooide kaders te herroep, die besluit op feite gebaseer te wees en om billik en regverdig te wees.

Ek het ook nie gevoel dat ek in staat sou wees om met oortuiging in die openbaar die NUK se besluit oor Thabo Mbeki te verklaar of te verdedig nie."

Hy het ontken dat hy "gedruk" is om te bedank maar het gesê dit het uit beginsel geskied.

"Dit is 'n bekende feit dat ek sterk sienings het oor die manier waarop sy afdanking gebeur het en anders voor te gee sou oneerlik wees," het Shilowa gesê, met verwysing na die ANC-NUK se besluit om Mbeki vanuit sy amp te verwyder.

"Ek erken en respekteer die ANC se reg om enige van sy ontplooide kaders te herroep. Ek is egter van mening daar geen samehangende rede daarvoor bestaan nie."

Shilowa het gerugte ontken dat hy 'n party wil begin of deel van 'n nuwe politieke party sou wees. Volgens sy woordvoerder, Simon Zwane, is en bly hy 'n lid van die ANC, en het hy dit al meer as een keer bevestig.

Dié stelling volg nadat die ANC-provinsialeleierskap hom klaarblyklik oor die vingers getik hetn adat hy regter Chris Nicholson se uitspraak  en die stappe om Mbeki as president uit te skuif gekritiseer het.

Die koerant The Star het Maandag berig dat Shilowa deur die ANC gemuilband is, waarna segsman Zwane gesê het dat hy dit wel gelees het, maar nie weet waarvan hulle praat nie.

Die nuut verkose adjunk-president, Baleka Mbete het gesê dat ontevrede ANC lede wat 'n nuwe beweging wil begin hulle tyd mors.     

Shilowa het verlede week in 'n onderhoud met die Mail and Guardian gesê dat Nicholson se uitspraak nie gebaseer was op die wet nie. Hy het verder genoem dat Nicholson goed gesê het wat op geen feite gebaseer was nie. Shilowa is van mening dat Nicholson geen bewyse gehad het of getoets het nie.  

Shilowa het ook gesê dat hy hoop dat die ANC-leierskap die feite en opinies sal kan skei as hulle die saak verder bespreek. Hy dink persoonlik nie dat die uitspraak enige grondige redes gegee het waarom Mbeki moes loop nie.

Intussen het die Demokratiese Alliansie Maandag gesê dat die onderlinge twis die regering van Gauteng nadelig beïnvloed. Die Gautengse DA-leier, Jack Bloom, sê hy het 'n brief geskryf aan Shilowa om tussenbeide te tree in die bitter twis tussen die LUR van Openbare Werke, Ignatius Jacobs en Sibusiso Buthelezi, ook van die departement.   

Die uitval tussen die twee mans het sy grondslag in die toekenning van 'n kontrak van R692 miljoen wat Buthelezi aan Ilima Projects toegeken het om die Jabulani-hospitaal in Soweto te voltooi. Die kontrak is later gekanselleer nadat daar gevind is dat Ilima Projects 'n vals belasting-klaringsertifikaat ingedien het, het Bloom gesê.

Dit is die tweede keer dat hy vir Shilowa geskryf het oor die aangeleentheid, het Bloom bygevoeg. Hy is bekommerd dat Shilowa nie in staat is om op belangrike sake soos dié te reageer nie, aangesien sy posisie as premier in gevaar is vanweë interne ANC-vyande. Die regering van Gauteng lei skade as gevolg van die ANC se interne struwelinge, het Bloom bygevoeg.

 

торцевые головки,Александр Фильчаков Васильевич