Maandag het die Gautengse LUR vir gesondheidsdienste, Brian Hlongwa, die herbenoeming van drie hospitale in Gauteng, onder andere die Pretoriase akademiese hospitaal aangekondig.
Die organisasie het gesê hulle hoop die regering erken ook ander mense, soos dr. Abu Bakar Asvat en Onkgopotse Tiro wat geweldig baie tot die vryheidsaak bygedra het.
Die organisasie het ook 'n beroep op die Ooskaapse regering gedoen om vinnig die openbare gesprekke aan die gang te kry om die naam van King William's Town na Steve Biko te verander.
Die organisasie het verder gesê dat hulle enige besware van die Demokratiese Alliansie en ander groepe verwerp. "Ons sal enige metode en wetgewing volg wat die name van ons gevalle helde erken," het die organisasie gesê.
