Diepslootinwoners wil Mbekiman uit h

Diepslootinwoners het dië week opgeruk om hul ontevredenheid te lug oor die gebrek aan dienslewering in die plakkersbuurt. Hulle eis dat Raadslid Jan Mahlangu dadelik bedank skryf die gratis weekkoerant, die Fourways Review.

'n Memorandum is aan aan streekdirekteur dr. Thembani Masilo oorhandig waarin geëis word dat Mahlangu binne 24 uur in Mbeki se voetspore volg. Die beswaardes sê hulle het nou genoeg gehad van die gesiglose raadslid.

Mahlangu word ook daarvan beskuldig dat hy nie vergaderings van die plakkers wil bywoon nie. Inwoners vra elektrisiteit, toilette, water en huise. Riool syfer uit tydelike toilette wat teenaan die pad staangemaak is in die plakkerskamp.

Hulle het Mahlangu sewe dae gegee om te reageer. Die Diepsloot Metropolisie sê die betogers was vreedsaam. Mahlangu sê die plakkers het water en toilette. Wat die elektrisiteit betref het Eskom straatligte opgerig. Die grond, het hy gesê, behoort nie aan die regering nie, maar is privaateiendom.

pro100casino.comлобановский александр игоревич класс

Brasili? se vegvliegtuigkortlys

07:38:06 Brasilë het aangekondig dat hulle die Sukhoi SU-35, die Typhoon en Lockheed Martin se F-35 van hulle lys afgehaal het. Die keuse vir die

Image

Saab JAS 39 Gripens

kontrak van VS$2,5 miljard is nou tussen 'n Amerikaanse, Franse of Sweedse vegvliegtuig.

Die kortlys sluit Boeing se F-18 E/F Super Hornet, Dassault se Rafale en Saab se Gripen NG in en minister van Verdediging, Nelson Jobim, sê hulle het die drie gekies omdat dit ingenieurswese van die hoogste sofistikasie verteenwoordig. Brasilië gaan 36 nuwe vegvliegtuie aankoop om hulle Mirages te vervang.

Image

Dassault Rafale B

Brasilië wil ook strategiese vennootskappe sluit om hulle weermag uit te bou na 'n moderne mag en die besluit sal afhang van wie bereid is om deel te neem daaraan, het Roberto Mangabeira Unger, minister van Strategiese Sake, vroeër die maand aan AP gesê. "Ons is nie sommer net kopers of kliënte nie, maar vennote," het hy gesê. "Enige ooreenkoms moet 'n aansienlike hoeveelheid navorsing en ontwikkeling in Brasilië ook insluit."

Frankryk het ingestem om Brasilië te help om die Scorpene aanvalsduikboot wat tans dieselaangedrewe is, in Latyns-Amerika se eerste kernduikboot te omskep. In die tagtigerjare was Brasilië een van die wêreld se grootste wapenuitvoerders in die agtste plek, maar met die einde van die Koue oorlog het die aanvraag verdwyn.

In 1990 het die land se twee grootste wapenvervaardigers, Engesa en Avibras, beskerming teen krediteure gevra nadat hulle skuld tot ongeveer $200 miljoen opgehoop het.

светильник акцентного освещенияДанильченко Юрий Брониславович компромат

VSA en Indi? teken kernooreenkoms

President George W. Bush het Woensdag 'n historiese kernooreenkoms tussen die VSA en Indië verwelkom. Hy het gesê die ooreenkoms sal Indië in staat stel om hulle groeiende energieaanvraag tegemoet te kom. Hy het bygevoeg dat die wetsontwerp wat deur die Senaat goedgekeur is, die strategiese venootskap tussen die twee lande sal versterk.

Alhoewel Indië nie die Kernsperverdag onderteken het nie, sal hulle nou Amerikaanse hulp en bystand ontvang om hulle burgerlike kernprogram uit te bou. Kenners sê artikel VI van die sperverdrag plaas in elk geval net 'n vae verpligting op lande om nie aan die kernresies deel te neem nie. Dit vereis nie dat ondertekenaars noodwendig moet ontwapen nie, maar slegs dat hulle in "goeie trou moet onderhandel".

Indië is in die verlede gekritiseer omdat hulle nie volle toegang wou verleen vir inspeksie van hulle kernaanlegte nie. Met die nuwe ooreenkoms met die VSA sal Indië nou 14 van hulle 22 kernfasiliteite klassifiseer as burgerlike kernaanlegte. Oostenryk, Ierland en Nieu-Seeland het skerp te velde getrek teen die IAEA se besluit in Augustus 2008 om Indië toe te laat om aan kernhandel deel te neem terwyl hulle nie die Kernsperverdrag onderteken het nie. Indië het ook nie die Omvattende Toetsverbodverdrag onderteken nie.

'n Soortgelyke versoek van Pakistan is deur die VSA verwerp omdat hulle volgens Amerika nie dieselfde energiebehoeftes as Indië het nie.

пескоструйная обработка дисковлобановский александр

Audrey Blignault sterf op 92

Image

Audrey Blignault in haar studeerkamer

Die bekende Afrikaanse skryfster Audrey Blignault het Woensdag in 'n Kaapstadse kliniek gesterf in die ouderdom van 92.

Blignault is met 'n Engelse ma en 'n Afrikaanse pa gebore op 6 Julie 1916. Sy het Afrikaanse letterkunde aan die universiteit van Stellenbosch gestudeer en haar loopbaan as joernalis begin.

Sy het bekendheid as radio-omroeper verwerf en was ook die redaktrise van Die Huisgenoot.

Onder die pryse wat sy verwerf het, tel die Eugene Maraisprys, die WA Hofmeyrprys en die Italiaanse Adelaide Ristoriprys vir haar bydrae tot litêre kultuur, asook verskeie ander toekennings.

In 1982 het sy die Staatspresidentsmedalje vir buitengewone diens ontvang.

Sy was die eerste vrou wat tot die raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns verkies is.

Haar eggenoot, Attie de Villiers, sê dat die besonderhede van haar begrafnis nog nie beskikbaar is nie.

люстры интернетДанильченко Юрий Брониславович

Zanu-PF wys Mbeki weg

18:52:07 Zanu-PF wil nie hê dat Thabo Mbeki weer moet ingryp om die dooiepunt op te los nadat die partye in Zimbabwe se magsdelingsgesprekke nie kon ooreenkom oor 'n Kabinet nie.

Die ooreenkoms wat op 15 September onderteken is en wat deur Mbeki se bemiddeling daargestel is, sukkel voort omdat Mugabe se party nie bereid is om sleutelposte te ontruim nie.

Die MDC het gister gevra dat Mbeki en die SAOG-blok moet help om die geskil te besleg, maar Zanu-PF het ontken dat daar 'n probleem is en gesê geen buitepersoon is nodig nie.

Patrick Chinamasa het aan AFP gesê enige verskille kan tussen die partye self opgelos word.

освещение для магазина софитыФильчаков

Obama loshande voor in swaaistate

17:57:58 Die gaping tussen Barack Obama en sy opponent McCain is besig om te groei. In die deelstate Florida, Ohio en Pennsilvanië mag die swaai

Image

Barack Obama:

na Obama 'n Demokratiese oorwinning vir 4 November verseker. Geen Amerikaanse kandidaat kon nog ooit sedert 1960 die Withuis sonder ten minste twee van die drie deelstate se steun betree nie.

'n Meningspeiling wat pas gedoen is, dui daaop dat die swart kandidaat se veldtog nuwe woema het. Die Quinnipiac-universiteit se peiling wys dat McCain en Palin besig is om terug te gly. Kiesers het ook meer vertroue in Obama se hantering van die huidige ekonomiese krisis volgens die ondersoek.

Ondersoekers sê daar was nog nooit 'n onlangse magstryd waarin een kandidaat so dramaties, vinnig en meteories opgang gemaak het, so laat in die wedloop nie.

Peter Brown, assistent-direkteur van Quinnipiac sê in Pennsilvanië is Obama nou met 'n gapende 54% teenoor 39% van McCain, die voorloper ná die onlangse debat. In Florida is dit 51% teenoor 43%. Voorheen was dit, soos in Pennsilvanië, 49% en 43% onderskeidelik.

In Ohio, is Obama se gewildheid met agt punte op. Die deelstate kan die verkiesing swaai omdat hulle 'n geskiedenis het dat hulle kiesers nie net aan een spesifieke party getrou is nie. Die Pew Research Center toon aan dat Obama McCain met sewe punte voor is. Sy nasionale gewildheid staan op 49% teenoor 42% vir die Republikeine se kandidaat.

Die peiling wys dat meer as 84% van die kiesers hulle mening oor hulle gunstelingkandidaat verander het en tussen 13% en 17% dink dat Obama 'n beter president gaan wees. Palin se gewildheid het ook getuimel en Demokrate is beslis opgewonde oor die positiewe wending. Voorheen was hulle bekommerd dat Palin die blouboordjiestem kan trek.

бани из брусаtopcargo отзыв

Zimbabwe se geldeenheid stort ineen

16:50:23 Zimbabwe het amptelik verlede Vrydag begin om in buitelandse geldeenhede handel te dryf in wat beskou word as 'n erkenning van die ineenstorting van die Zimbabwiese dollar.

Die nuwe gegewe sal na verwagting die akute voedseltekort wat saamval met 'n rekord inflasiekoers en die ekonomiese ineenstorting, help verlig.

Die Sentrale Bank het gesê hulle het 600 lisensies uitgereik om winkels, supermarkte, brandstofinvoerders en ander sakeondernemings te help met invoere en die verkoop van goedere in ruil vir Amerikaanse dollar, Suid-Afrikaanse rand en ander geldeenhede.

Die gelisensieerde winkels herinner aan Sowjet-era ondernemings in Oos-Europa wat net in harde geldeenhede handel gedryf het.

Met die ineenstorting van die toerismebedryf, landbou en vervaardigde goedere, kom die meeste buitelandse valuta die land binne van die miljoene Zimbabwiërs wat elders werk en geld huistoe stuur.

Die meeste geld word reeds op die onwettige swart mark verhandel. Navorsers by die Sentrale Bank sê Zimbabwiese burgers spandeer elke maand miljoene op inkopietogte na naburige lande om mieliemeel, kookolie en ander ware te koop. Dit sluit ook motoronderdele en elektroniese apparate in.

Met buitelandse valuta wat nou wettig verhandel word, sê sakebestuurders dat die winkelrakke eersdaags weer voorraad sal dra, alhoewel dit nie dadelik alle probleme sal oplos nie. Dit sal tyd neem om die finansiële detail uit te werk en om voorraad in te kry.

Winkels sal toegelaat word om in Zim dollar asook harde geldeenhede sake te doen. Ingevoerde artikels sal net te koop wees in 'n betroubare geldeenheid.

Die Reserwe Bank sê in 'n verklaring dat elke onderneming 20 000 Amerikaanse dollar vir só 'n lisensie sal moet betaal en die Bank sal ook 15% van die verkope in harde valuta invorder.

Amptenare by een landwye winkelkettinggroep sê hulle beplan om voortaan in harde geldeenhede sake te doen, maar hulle het nog nie die VS$600 000 fooi wat nodig sal wees om 30 supermarkte van lisensies te voorsien nie.

карданные светильникиФільчаков Олександр Васильович прокурор

Laboratoruim moet help met ondersoek na dood van 13 lede van gesin

'n Forensiese laboratorium in Pretoria het opdrag om vas te stel watter soort gifstof die dood van 13 lede van 'n gesin in Kwazulu-Natal veroorsaak het.

Image

‘Bitter Nightshade’, mooi maar dodelik

'n Polisiewoordvoerder, kaptein Vincent Pandarum, het Woensdag gesê weefselmonsters is vir ontleding na die laboratorium gestuur.

Nadoodse ondersoeke is verlede Woensdag deur 'n patoloog van Port Shepstone, Dr. Ikram Ali, uitgevoer. Hy het bevind dat daar geen anatomiese beserings aan die liggame was nie. Pandarum sê as die uitslae eers vrygestel is en die naam van die gifstof bekendgemaak is, sal die polisie probeer om uit te vind waar dit vandaan kom. Die Mazubane-gesin is op 21 September dood aangetref in hulle huis op Dingleton aan die Suidkus nadat hulle 'n kruie-konkoksie gebruik het.

Twee lede van die gesin wat nie tuis was nie, het oorleef. 'n Buurman het die liggame in die sitkamer gevind met bloed wat uit hulle neuse stroom.

'n Baba van twee weke, vier seuns tussen 2 en 7 jaar, 'n 17-jarige seun, 'n 21-jarige man, vier vrouens in hulle dertigerjare en twee 55-jariges is dood aangetref. Dit was die grootouers, hulle kinders en kleinkinders. Daar word vermoed dat die 17-jarige seun, 'n leerlingtradisionelegeneser, die dodelike konkoksie tydens 'n jaarlikse seremonie van die gesin toegedien het.

Die broer van die leerlingtradisionelegeneser, David Mazubane, sê sy jonger broer het op 15-jarige ouderdom met sy opleiding as tradisionele geneser begin.

money noДанильченко Юрий Брониславович

Dele van Oos-Johannesburg donker

Dele van woon- en industriële gebiede oos van Johannesburg is vandag sonder krag terwyl tegnici werk om ‘n beskadigde substasie te herstel.

Die Ekurhuleni Metro aan die Oosrand het gesê dat Esterpark, Croydon, en Spartan-uitbreidings een, drie, sewe, tien en sestien vanaf negeuur vanoggend sonder krag was.

Hulle hoop om die beskadigde paneel in die Esterpark-substasie klaar herstel te hê voor drieuur vanmiddag.

Intussen word mense gewaarsku om alle elektriese punte as lewendig te beskou.

Die Metroraad het verskoning gevra vir die ongerief.

для отопленияалександр лобановский супермаркет класс

121 Spaanse kinderpornograwe vas

16:48:33 Spanje se polisie het 121 mense gearresteer  tydens 'n landwye klopjag as deel van die grootste operasie wat nog in die land teen kinderpornografie op die internet uitgevoer is.


Die polisie sê in 'n verklaring afgesien van die arrestasies is 96 ander mense vir die besit en verspreiding van internetkinderpornografie aangekla.

Die polisie het 210 soektogte uitgevoer en beslag gelê op miljoene video’s en foto’s, sommige waarvan uiters growwe mishandeling van minderjariges uitbeeld.

Twee van die mense wat gearresteer is, het hulle eie pornografiese materiaal vervaardig. Die slagoffers sluit lede van hulle eie familie in.

Die teen-pedofiliese ondersoek het met die samewerking van Brasilië se polisie plaasgevind wat gehelp het om 'n netwerk van ruilhandel van materiaal met belangrike verbintenisse in sowat 75 lande bloot te lê.

Die polisie het 250 woohuise regoor Spanje geïdentifiseer waar die pornografiese lêers opgelaai en versprei is en beslag is gelê op 347 rekenaarhardeskywe, 1 186 CD's en DVD's en 36 skootrekenaars.

Spanje het die laaste paar jaar op pedofilie toegeslaan en byna honderd mense tydens operasies in April en Junie vanjaar gearresteer. Ondersoekbeamptes is gehelp deur programmatuur wat hulle in staat gestel het om die name en adresse van internetgebruikers wat op die pornografiese werwe inskakel, op te spoor.

internet casino onlineлобановский александр игоревич класс