Ondersoekers sê daar was nog nooit 'n onlangse magstryd waarin een kandidaat so dramaties, vinnig en meteories opgang gemaak het, so laat in die wedloop nie.
Peter Brown, assistent-direkteur van Quinnipiac sê in Pennsilvanië is Obama nou met 'n gapende 54% teenoor 39% van McCain, die voorloper ná die onlangse debat. In Florida is dit 51% teenoor 43%. Voorheen was dit, soos in Pennsilvanië, 49% en 43% onderskeidelik.
In Ohio, is Obama se gewildheid met agt punte op. Die deelstate kan die verkiesing swaai omdat hulle 'n geskiedenis het dat hulle kiesers nie net aan een spesifieke party getrou is nie. Die Pew Research Center toon aan dat Obama McCain met sewe punte voor is. Sy nasionale gewildheid staan op 49% teenoor 42% vir die Republikeine se kandidaat.
Die peiling wys dat meer as 84% van die kiesers hulle mening oor hulle gunstelingkandidaat verander het en tussen 13% en 17% dink dat Obama 'n beter president gaan wees. Palin se gewildheid het ook getuimel en Demokrate is beslis opgewonde oor die positiewe wending. Voorheen was hulle bekommerd dat Palin die blouboordjiestem kan trek.
