Die polisie sê in 'n verklaring afgesien van die arrestasies is 96 ander mense vir die besit en verspreiding van internetkinderpornografie aangekla.
Die polisie het 210 soektogte uitgevoer en beslag gelê op miljoene video’s en foto’s, sommige waarvan uiters growwe mishandeling van minderjariges uitbeeld.
Twee van die mense wat gearresteer is, het hulle eie pornografiese materiaal vervaardig. Die slagoffers sluit lede van hulle eie familie in.
Die teen-pedofiliese ondersoek het met die samewerking van Brasilië se polisie plaasgevind wat gehelp het om 'n netwerk van ruilhandel van materiaal met belangrike verbintenisse in sowat 75 lande bloot te lê.
Die polisie het 250 woohuise regoor Spanje geïdentifiseer waar die pornografiese lêers opgelaai en versprei is en beslag is gelê op 347 rekenaarhardeskywe, 1 186 CD's en DVD's en 36 skootrekenaars.
Spanje het die laaste paar jaar op pedofilie toegeslaan en byna honderd mense tydens operasies in April en Junie vanjaar gearresteer. Ondersoekbeamptes is gehelp deur programmatuur wat hulle in staat gestel het om die name en adresse van internetgebruikers wat op die pornografiese werwe inskakel, op te spoor.
