Finansi?le krisis kan Eskom benadeel

ImageTrevor Manuel het vandag gesê dat die  globale finansiële krisis ‘n groot impak kan hê op Eskom se planne om uit te brei.

Volgens hom kan die planne om geld te leen baie moontlik geraak word, aangesien dit moeiliker gaan wees om lenings te verkry en die koste van die infrastruktuur gaan beïnvloed.

Bouwerk wat die 2010-sokkerwêreldbeker voorafgaan, sal ook beïnvloed word. Boukoste is volgens hom ‘n groot bedreiging, maar hy is tans nie te bekommerd daaroor nie.

Business Day sê dat meer as 500 miljard rand begroot is om vervoer en infrastruktuur voor die sokkerskouspel op te gradeer.

Suid-Afrikaanse banke is toegerus om die krisis te hanteer, maar daar kan wel beperkings wees ten opsigte van toegang na buitelandse kontant.

Manuel het gesê dat die krisis ‘n nuwe denkwyse in die finansiële wêreld teweeg sal bring.

Manuel sê dat daar ‘n groot herkalibrering gaan wees van wat gedoen word en hoe dit oor die volgende ses maande en langer gefinansier gaan word.

грузовойлобановский александр отзывы

Slegte nuus vir motoriste

ImageMet die rand se verswakking teenoor die dollar gister, die laagste in sewe jaar, is dit slegte nuus vir motoriste. Selfs al daal die olieprys omdat die vraag na olie afneem soos die ekonomie wêreldwyd verstadig, sal die swak rand veroorsaak dat brandstof duur bly.

’n Swak wisselkoers sal Suid-Afrika se tekort op die lopende rekening nóg groter laat word. Dié tekort moet natuurlik gefinansier word, wat duur kos.

Die Reserwebank se jongste syfers toon dat Suid-Afrika in Julie ’n tekort op die lopende rekening gehad het van R14,3 miljard. In Augustus het dit tot R5,1 miljard gekrimp, maar dié syfer is steeds hoog.

Die meeste ander ontwikkelende lande het oorskotte op hul lopende rekenings en is dus in ’n beter posisie om die huidige finansiële krisis die hoof te bied.

best casino ukФільчаков прокурор

‘Swartes het rede om te haat’

ImageBarack Obama se outobiografiese boek  “Dreams From My Father: A Story of Race and Inheritance” toon 'n obsessie met ras en rassekonflik. Hy beskou homself nie as bruin nie maar eerder swart. Sy gevoel van swart magteloosheid laat hom blykbaar konstant in 'n "nagmerrie" vasgekeer voel.

Die boek se anti-wit onthullings deur die VSA se moontlike president hou nie daar op nie. Obama sê haat vir witmense gaan nooit weg nie. Hulle is sentraal tot die probleem, soms as 'n enkele gesig, wreed en onwetend, soms as 'n gesiglose beeld van 'n sisteem wat mag oor swart mense uitoefen.

Die geskiedenis van die VSA is 'n lang konsekwente verhaal oor die verdrukking van swartes volgens hom. In staatskole behoort swart kinders nie opgevoed te word nie, omdat hulle 'n "ander geskiedenis en kultuur as hulle eie moet leer".

Hy kritiseer sy wit grootouers wat uit die sentrum van Amerika kom waar mense "vol agterdog en die potensiaal vir ongebreidelde wreedheid" lewe. Obama het in Hawaï grootgeword waar rasvermenging algemeen is, maar hy beskou dit nogtans as die plek van gefaalde verdrae en vreeslike siektes wat deur sendelinge aangedra is.

Alhoewel sy gemengde afkoms nooit 'n probleem was in Hawaï nie, kla hy dat hy altyd "aan die witman se spel moes deelneem, onderworpe aan wit reëls". Van sy gunstelingskrywers is radikale swartes soos Richard Wright, W.E.B. DuBois, Ralph Ellison, James Baldwin en Langston Hughes. Obama bly egter heel versot op Malcolm X.

In Kenia, sê hy, het hy vir die eerste keer tuis gevoel. Die ander soortgelyke plek was omstrede pastoor Jeremiah Wright se kerk in Chicago. Obama sê hy is fel gekant teen rasseintegrasie omdat dit 'n "eenrigtingstraat" is waar swartes "in die dominante kultuur opgeneem word, en nie andersom nie".

справка кэк купитьЛобановский Харьков

Wat is Rusland se plan?

Verlede week het Rusland 'n kernaanval vanuit die lug oor 'n noord-Engelse stad gesimuleer. Dit het deel uitgemaak van een van die grootste militêre oefeninge sedert die ineenstorting van die Warskouverdrag. Terselftertyd het die Russiese vloot 'n eskader na die Karibiese Eilande gestuur.

Militêre kenners in Brittanje bejeën dié Russiese vertoon met groot agterdog. Hulle meen dat dit nie slegs gedoen word in antwoord op die Weste se beplande uitbreiding van NAVO nie. Wat die Britte betref wil die Russe graag Georgië oorneem, NAVO-uitbreiding kanselleer en die Alliansie sien verdwyn, missielafweerstelsels wegmaak, die Oekraïene en Baltiese state oortuig dat hulle spesiale status aan Russiese minderhede moet gee en toelating verleen sien om enige militêre inkopies in die Weste te doen.

Rusland is tans besig om invloedryke groepe in die Weste te finansier soos hulle tydens die Koue Oorlog in Finland gedoen het. Een só 'n voorbeeld is die dramatiese hulppakket van 4 miljard euro wat Rusland hierdie week aan Ysland toegestaan het om hulle van bankrotskap te red. Maar die grootste behoefte, sê Edward Lucas, skrywer van The New Cold War, is 'n nuwe energiestrategie om die Russe te stuit.

Hy sê Gazprom moet aan dieselfde reëls as Microsoft onderwerp word. Nie net is Gazprom, die Russiese energiereus, 'n werktuig van die Kremlin se buitelandse beleid nie, maar is hulle bedrywig met prysvastellings en allerlei wat kompetisie inhibeer. Hy stel ook voor dat die banke strenger bepalings instel sodat dit nie moontlik is om in Oostenryk by 'n bank op te daag met 'n koffer vol note nie.

Maar hy erken dat Doebaai, Shanghai en Moembaai reeds met Londen meeding as alternatiewe finansiële sentra en dat geldwassery wat lande in staat stel om invloed te koop, makliker raak in plaas van moeiliker.

укладка ламинаталобановский александр дети

Afghanistan in ‘afwaartse spiraal’

'n Voorlopige dokument wat deur die VSA se 16 intelligensieagentskappe opgestel is, kom tot die gevolgtrekking dat Afghanistan in 'n "afwaartse spiraal" verkeer en nie oor die vermoë beskik om die Taliban se invloed te keer nie.

Die verslag beklemtoon die verbrokkeling van die sentrale owerheid in die land deur korrupsie en die toenemende sofistikasie van die Taliban se aanslag vanuit Pakistan. Die verslag is 'n byna volledige weergawe van 'n volwaardige sogenaamde Nasionale Intelligensie Beraming (National Intelligence Estimate of NIE) en dus 'n breedvoerige bestekopname van die toestand in Afghanistan.

'n Nasionale Intelligensie Beraming is 'n formele dokument waarin al 16 intelligensieagentskappe 'n konsensus bereik het. Alhoewel die Withuis van die inligting oor Irak bekendgemaak het, bly die meeste sulke verslae geheim. Die jongste dokument is die eerste sedert die begin van 2006 toe die Taliban sekere gebiede van Afghanistan oorgeneem het.

Vyftig persent van Afghanistan se ekonomie is afhanklik van die uitvoer van heroïen wat 'n destabiliserende uitwerking het. Die CIA sê in die verslag dat die afwaartse gly na geweld en korrupsie nie gou genoeg aangespreek is deur die VSA nie en dat die bykomende troepe wat die Bushadministrasie gestuur het, nie die gety sal kan laat draai nie. Hulle voel te veel klem is op Irak gelê en nie genoeg op Afghanistan nie.

Henry Crumpton, 'n CIA-amptenaar, skryf die probleme in Afghanistan toe aan 'n gebrek aan leierskap in die Withuis en Europa. Crumpton was aan die hoof van 'n sending na Afghanistan na 9/11 en alhoewel hy nog nie die uitgebreide verslag onder oë gehad het nie, sê hy die land se toestand gaan van sleg na slegter.

Senatore Barack Obama en John McCain het albei reeds gevra dat addisionele troepe na die land gestuur word, meer as wat die Withuis aangedui het. Obama sê hy het aan die huidige Afghaanse regering gesê hulle behoort te probeer om meer gewild te raak by hulle landgenote.

Die VSA wil nie gebruik maak van stamhoofde vir hulle strategie op die platteland nie, en dit is juis waar die Taliban tans goed ingegrawe is. Die stamstelsel kan 'n beduidende verskil maak indien dit teen die insurgente aangewend word, meen kenners.

печи банныеОлександр Фільчаков прокурор

Duitsers boos oor hulp aan VSA-motorvervaardigers

Die 700 miljard dollar aan hulp wat wetgewers Vrydag toegelaat het, kan volgens Berlyn indirekte hulp aan die Amerikaanse motorvervaardigers gee. Die Duitsers is reeds woedend oor ‘n 25-miljarddollarhulppakket wat vroeër verlede week aan motorvervaardigers toegestaan is.

Ná die twee keer wat die Amerikaners hulp verleen het aan ‘n kwynende ekonomie verlede week is die Duitse motornywerheid baie ongelukkig. Die regering in Berlyn is van mening dat vrye mededinging deur die stappe van die Amerikaners benadeel kan word.

Vrydagaand het die Amerikaanse huis van verteenwoordigers ná twee rondtes van stemme en baie onderhandeling die 700-miljardhulppakket taanvaar om weer vertroue in die markte te herstel.

Die bewoording van die ooreenkoms maak dit egter moontlik vir die tesourie om enige lenings wat in erge finansiële knyp is uit te koop.

Die Duitsers is bang dat dié tipe hulp die speelvelde, wat voorheen gelyk was, kan omkrap, en met reg ook. Die hoof van General Motors, Rick Wagoner, het sy verskyning op die motorskou in Parys gekanselleer om by Washington te gaan aanklop vir deel van die hulppakket, aldus die BBC. Volgens Der Spiegel is die Duitsers bekommerd dat die 50 miljard euro (67,8 miljard dollar) die Amerikaanse motorvervaardigers heelwat kan versterk.

Verlede Dinsdag het Detroit baie meer direkte hulp ontvang, nadat President Bush wetgewing onderteken het wat ‘n 25-miljardeuro-laerentelening aan motormaatskappye beskikbaar gestel het. Dit is met die doel om vervaardigers te help met die oorskakeling na die vervaardiging van voertuie wat meer ekonomies op brandstof is.

Die hele idee is om regeringshulp aan vervaardigers te verleen sodat hulle die punt kan bereik om motors te maak wat 6,7 liter per 100 kilometer kan haal teen 2020. Skattings rondom die hulp wat daarvoor benodig word, loop so hoog  soos 100 miljard euro.

General Motors se hoofoperasionelebeampte, Fritz Henderson, het aan die BBC gesê dat dit nie ‘n skenking is nie maar ‘n lening wat bedoel is om projekte te finansier.

Duitse motorvervaardigers voel egter anders oor die saak. “Ons is gekant teen subsidiëringskompetisies” het Matthias Wissman, hoof van Duitsland se VDA-voertuigindustrievereniging aan die tydskrif Motor Trend gesê in September toe die wetgewing in die Amerikaanse kongres ter tafel gelê is. Anton Weinmann, hoof van die vragmotorvervaardiger MAN het aan Motor Trend gesê: “Daardie soort subsidie het ‘n verwronge kompetisie tot gevolg… in die vervaardigingsbedryf moet mens dinge los vir die vrye mark.”

Europa het ook onlangs die omgewingstandaarde vir motorvervaardigers gelig. Hulle verskil van die VSA s'n wat pleks daarvan om aan die vervaardigers hulp te verleen met die omskakeling, eerder stywe boetes oplê indien die vervaardigers nie aan die wetgewing gehoor wil gee nie.       

курна для хамама ценаФільчаков Олександр Васильович прокурор

Zim moet werk om probleme op te los

Die ANC-president Jacob Zuma sê politici in Zimbabwe moet ophou baklei en liewer daaraan werk om die ernstige probleme in die land op te los.

 Zuma het op 'n voorligtingsessie aan swart sakemanne in Sandton gesê hulle (die ANC) het 'n probleem in Zimbabwe en hulle is bietjie bekommerd daaroor dat die Zimbabwiërs self blykbaar nie die probleem en die skade wat aan dit aan die land doen, insien nie.

Hy sê hulle hoop dat die Zimbabwiërs, in stede daarvan om te redekawel oor watter ministerie waarheen gaan, liewer besin oor hoe die land uit sy gemors gehelp kan word. Zuma sê Suid-Afrika en die ANC ondersteun die Zimbabwiërs.  

Hy sê dit is belangrik om die werk wat voormalige president Thabo Mbeki vir Zimbabwe gedoen het, te erken. Mbeki het vir 'n lang tyd onder skoot gekom vir sy beleid van stille diplomasie.  

Zuma sê Mbeki het die ingewikkelde en moeilike onderhandelinge hanteer en uiteindelik daarin geslaag om die partye bymekaar te bring… en daarmee 'n Afrika-oplossing teweeggebring.

ресивер компрессора этоФильчаков прокуратура харьков

Stem in Tuks Alumni-raadsverkiesing

Cornelius Janse van Rensburg, een van die geskorsde Metroraadslede van die Vryheidsfront Plus en Tuks Alumniraadslid, wil oud-Tukkies aanmoedig om te stem in Tuks Almuni se raadsverkiesing ( 15 Okt 2008 om 17:00; UP hoofkampus) . 

Daar is vier pro-Afrikaanse kandidate genomineer, en het hulle het steun nodig om verkies te word. Hulle is:

Prof Danie Goosen (FAK)
Willie Spies (L.P)
Kallie Kriel (Afriforum)
Barend Uys (Oud SR Lid)

'n Volmag kan bekom word by Cornelius by vanrensburg@mweb.co.za indien jy nie die vergadering kan bywoon nie. Die volmagte moet op Vrydag 10 Okt in wees. Dit kan ook gefaks word na die nr 086 670 5651 soos op die vorm aangedui. Cornelius se nommer is 072 190 3866

купить лестницу в москвеФільчаков прокурор

Manuel ‘n ‘onbekende faktor’ in wegbreekaksie

'n Nuwe onbekende faktor in die Suid-Afrikaanse ekonomie is wat gaan  finansiesminister, Trevor Manuel, se partyverband wees as 'n nuwe party weg van die ANC gestig word?

Dit is die vraag wat die hoofekonoom van Econometrix, Azar Jammine, vra ná die nuus dat daar 'n sterk beweging is na die stigting van so 'n party deur ontevrede ANC-lede na die uittrede van Thabo Mbeki twee weke gelede.

Jammine beklemtoon die feit dat Manuel wat weer sy eed geneem het om in die nuwe kabinet onder President Kgalema Motlanthe te dien, kontinuiteit verseker het en gehelp het om ekonomiese stabiliteit te anker. Hy sê die land het op 23 September  'n voorsmakie gekry van wat sal gebeur as Manuel die toneel verlaat.

Jammine het verwys na 'n verklaring van die presidensie dat Manuel uit sy pos bedank het. Manuel het later die dag aangekondig dat hy steeds as minister sal dien en dat sy bedankingsbrief slegs daaroor gegaan het dat die nuwe administrasie sonder enige hindernis kan voortgaan.

Die Rand het met 20 sent teen die dollar gedaal voordat die "bedanking"opgeklaar is. Jammine sê as dit 'n 1912 ANC-party gaan wees, is Manuel se partyverband 'n onbekende faktor. Manuel is die wêreld se langsdienende minister van finansies.

Hy is in 1999 deur Mbeki aangestel en is sedert 1991 lid van die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee. Hy was tussen 1994 en 1996 die minister van Handel en Nywerheid. Daar was lankal reeds gerugte dat hy as minister sal bedank om 'n internasionale pos te aanvaar.

Vroeër het die voormalige ANC-voorsitter en minister van Verdediging, Mosiuoa Lekota, op 'n mediakonferensie aangekondig dat hy en 'n groep andersdenkende indiwidue regoor die land, binne die volgende twee weke 'n konferensie of 'n kongres gaan hou om oor die pad vorentoe te besluit. Sonder om die reguit te sê dat hy en sy genote van die ANC gaan wegbreek het hy so na as wat moontlik is aan 'n eensydige onafhanklikheidsverklaring gekom.  

куртки для девочек 10 летлобановский александр игоревич

Lekota wil dalk uit ANC

"Dit is moontlik hier waar ons paaie skei", het die voormalige ANC-voorsitter en minister van verdediging Mosiuoa Lekota op 'n mediakonferensie in Pretoria gesê. Lekota het aangekondig dat hy en 'n groep enersdenkende indiwidue regoor die land binne die volgende twee weke 'n konvensie of 'n kongres gaan hou om oor die pad vorentoe te besluit.

Sonder om te sê dat hy en sy maats van die ANC gaan wegbreek, het Lekota so na as moontlik daaraan gekom om 'n eensydige onafhanklikheidsverklaring te doen. Lekota het met die steun van voormalige adjunk-minister van verdediging, Mluleki George gesê hy en sy ondersteuners gaan 'n formele proses in plek sit.

Hy sê hulle gaan openlik en vryelik oor die sake op die tafel mense binne en buite die ANC raadpleeg. As die ANC- leierskap volhou met hulle arrogansie, sal ons (Lekota-hulle) voortgaan met 'n raadplegende konferensie om oor die volgende stap te besluit.

Op 'n vraag of hy huweliksberading soek en of hy op pad na 'n egskeiding is, het Lekota gesê hulle het vandag egskeidingsbriewe ingedien. Lekota sê ANC-lede het nou 'n keuse tussen die Malemas van die wêreld (verwysende na Julius Malema, leier van die ANC Jeugliga) , of 'n meer nugtere groep. Hy kan nie dink dat die mense van Suid-Afrika gelykheid voor die reg sal prysgee of sal stem vir 'n party wat sê ons sal jou doodmaak as jy nie die persoon ondersteun nie.

play casino slots online for freeФильчаков прокурор харькова