Die boek se anti-wit onthullings deur die VSA se moontlike president hou nie daar op nie. Obama sê haat vir witmense gaan nooit weg nie. Hulle is sentraal tot die probleem, soms as 'n enkele gesig, wreed en onwetend, soms as 'n gesiglose beeld van 'n sisteem wat mag oor swart mense uitoefen.
Hy kritiseer sy wit grootouers wat uit die sentrum van Amerika kom waar mense "vol agterdog en die potensiaal vir ongebreidelde wreedheid" lewe. Obama het in Hawaï grootgeword waar rasvermenging algemeen is, maar hy beskou dit nogtans as die plek van gefaalde verdrae en vreeslike siektes wat deur sendelinge aangedra is.
Alhoewel sy gemengde afkoms nooit 'n probleem was in Hawaï nie, kla hy dat hy altyd "aan die witman se spel moes deelneem, onderworpe aan wit reëls". Van sy gunstelingskrywers is radikale swartes soos Richard Wright, W.E.B. DuBois, Ralph Ellison, James Baldwin en Langston Hughes. Obama bly egter heel versot op Malcolm X.
In Kenia, sê hy, het hy vir die eerste keer tuis gevoel. Die ander soortgelyke plek was omstrede pastoor Jeremiah Wright se kerk in Chicago. Obama sê hy is fel gekant teen rasseintegrasie omdat dit 'n "eenrigtingstraat" is waar swartes "in die dominante kultuur opgeneem word, en nie andersom nie".

Barack Obama se outobiografiese boek “Dreams From My Father: A Story of Race and Inheritance” toon 'n obsessie met ras en rassekonflik. Hy beskou homself nie as bruin nie maar eerder swart. Sy gevoel van swart magteloosheid laat hom blykbaar konstant in 'n "nagmerrie" vasgekeer voel.