Zambiese regering reg om oproer by stembusse te hanteer

Image

Rupia Banda, saam met prinses Astrid van Belgi?

13:30:57 Zambiërs het Woensdag na die stembusse gegaan om ‘n nuwe president te kies, terwyl polisie en soldate op  'n gereedheidsgrondslag was vir uitbreek van geweld nadat die opposisie die regering daarvan beskuldig het dat hy die uitslae wou kook.

Waarnemende president Rupiah Banda en opposisieleier Michael Sata loop baie gelyk in ‘n stryd om die presidentskap nadat president Levy Mwanawasa in Augustus aan ‘n beroerte oorlede is.

Sata het reeds die verkiesingsbeamptes daarvan beskuldig dat hulle beplan om die uitslae te kook, waarna die polisie en weermag op hoë vlakke van gereedheid geplaas is uit vrees vir geweld wanneer die eerste uitslae bekendgemaak word, wat waarskynlik reeds laat Donderdagaand kan wees.

Kort rye mense het gewag dat stembusse teen 6:00 oopmaak in sentraal-Lusaka, sodat hulle kan stem in die 12 ure wat die busse oop gaan wees. Polisie en waarnemers was wel oral sigbaar.

“Ek het teen 04:20 wakker geword, en was net voor 5-uur hier gewees” het Jossi Phiri (40) gesê, wat saam met sy vrou eerste was in die ry by een van die stempunte in sentraal-Lusaka.

Phiri het gesê die stryd tussen die twee is baie naby, en net die stemme sal die uitslag kan bepaal.

Gedurende die finale aanloop tot die verkiesing het Sata sy ondersteuners aangemoedig om buite die stempunte te slaap om enige konkelry met die stemme te verhoed.

Banda het weer op sy beurt gesê dat hy geen ontwrigting van die stemproses sal duld nie.

“Niemand sal toegelaat word om vrede in die land te ontwrig nie. Tot die verkiesingsresultate beskikbaar is, bly ek president, en ek sal dit nie toelaat nie,” het die 71-jarige oud-diplomaat by ‘n laaste saamtrek van 10 000 ondersteuners in Lusaka gesê.

Hy het beloof om in die voetspore van Mwanawasa te volg, wat deur die Weste geprys is vir sy ekonomiese rekord en gewilligheid om Mugabe te kritiseer.

“Ek sal voortbou op die beleid en programme wat Mwanawasa begin het, en ek sal dit voltooi en uitbrei,” het Banda, wat die kandidaat vir die regerende (MMD) Movement for Multiparty Democracy is, gesê.

Sata, wat by sy finale byeenkoms gepraat het in ‘n beter deel van Lusaka, het sy volgelinge gewaarsku teen stemmebedrog.

“Ons moet gaan kyk. Terwyl julle hier is, maak hulle gereed om met die stemme te knoei. Julle moet gaan en elke stempunt besoek om daarteen te waak,” het hy aan sy ondersteuners gesê.

Sata beweer dat hy van ‘n oorwinning in die 2006-verkiesing beroof is, toe sy volgelinge dae lank in protes oproer veroorsaak het. Sata het gesê dat hy nie geweld goedkeur nie, maar dat hy nie die saak daardie tyd hof toe genaam het om die uitslag te betwis nie.

Zambië se weermaghoof, generaal Isaac Shisuze, het Woensdag die weermag op 'n gereedheidsgrondslag geplaas om enige onrus te kan teenwerk.

Die wenner van die verkiesing Donderdag sal die oorblywende tydperk van Mwanawasa se termyn tot 2011 uitdien.        

фото моторных яхтАлександр Фильчаков

Fawu verwelkom Mbeki se lojaliteit aan ANC

Die Voedsel- en Verwante Werkersunie (Fawu)  het Woensdag voormalige President Thabo Mbeki se belofte van lojaliteit aan die ANC verwelkom. 

Fawu sê in 'n verklaring dit was hoog tyd omdat Mosiuoa Lekota en Mbhazima Shilowa die naam van die voormalige president gebruik om steun te werf onder mense wat waarskynlik navolgers van Mbeki is.

Fawu se siening is dat dit sal help om die lug te suiwer vir die lede en leiers van die ANC wat hulle lidmaatskap van die beweging in twyfel trek of diegene wat dit steeds oorweeg om by die, wat Fawu  renegate noem, aan te sluit.

Die unie doen 'n beroep op die ANC-leierskap om  diegene wat steeds beweer dat hulle verward is oor die trou van Thabo Mbeki, en  wat teen die organisasie werk, te vra om dit te verlaat en nie toegelaat word om dit van binne te destabiliseer nie.

из хрусталялобановский александр дети

Time Inc. verloor poste

Time Inc. wat ‘n skerp daling in advertensie-inkomste in die gesig staar, het ‘n grootskaalse herstrukturering aangekondig wat dalk die verlies van tussen 300 en 700 poste kan beteken.

Time-voorsitter en hoofuitvoerendebeampte, Ann Moore, het die herorganisasie van die bedryfseenhede van die grootste Amerikaanse tydskrifgroep in ‘n omsendbrief wat laat Dinsdag versprei is aan personeellede bekendgemaak.

Moore het niks genoem van poste wat verlore sal gaan nie, maar die New York Times het Woensdag gesê dat Time, ‘n divisie van media-vermaak reus, Time Warner, wat meer as 10 000 werknemers het 6 % van sy werksmag sal moet laat gaan. Dit is meer as 600 poste.

Advertising Age wat maatskappy uitvoerende beamptes aanhaal, het gesê dat tussen 300 en 700 poste in die slag kan bly.

Indien bevestig, kan dit die nuutste wees in ‘n week waarin Gannett Co. Inc., die grootste Amerikaanse koerantgroep reeds 10 % van sy werksmag laat gaan het, en die Los Angeles Times 75 van sy redaksionele poste moes sny.

Advertensie inkomste uit die gedrukte media het by al die koerante en tydskrifte regoor die land gekrimp omdat meer lesers aanlyn gaan om hulle nuus te lees.     

тамбов ударныйДанильченко Харьков

Ou NP’s steun Lekota

Die voormalige leier van die Nasionale Party in die Vrystaat, Inus Aucamp, en verskeie ander plaaslike NP-leiers het blykbaar hulle gewig agter die ANC andersdenkendes ingeggooi.

Die Volksblad berig dat Aucamp gesê het hulle wil die geleentheid gebruik en saam te werk om die fondamente van die nuwe party te lê. Hy sê egter die idee is nie om by die nuwe party aan te sluit nie.

Ander wat saam met Aucamp 'n vergadering met Lekota in Bloemfontein organiseer, is die vorige NP-lede, Johan Swanepoel en Pieter Vorster.

Aucamp sê die oorspronklike idee was dat Lekota 'n klein groepie van die leiers sou toespreek maar die belangstelling was so groot dat hulle die vergadering moes oopgegooi. Die vorige NP-leier sê hulle belangstelling in die moontlike nuwe party is weens "die inklusiewe proses rondom sekere beginsels". 

free slotsФильчаков прокурор отзывы

Hewige gevegte woed in DRK

Hewige gevegte tussen rebelle en regeringsmagte het Woensdag naby die streekshoofstad, Goma in die ooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo uitgebreek.


Die Kongolese weermag sê troepe van Rwanda het die grens oorgesteek om aan te sluit by die Toetsierebellie. Rwanda het die beweringe ontken.

Die VN-segsman sê hulle vredestroepe van 17 000 man is onder groot druk. Dié mag is die VN se grootste mag, maar hullehet tot dusver misluk in hulle missie om die opmars te keer. Woedende skares Kongolese het die VN-hhofkwartier verlede week met klippe bestook om hulle misnoeë met die mislukte missie te kenne te gee.

Dorpelinge kla dat die "lang neuse van Rwanda", die Toetsies, hulle onder bomme steek.

Angola het aangedui dat hulle versoeke ontvang het vir politieke en diplomatieke hulp.

'n Woordvoerder van die regeringsmagte sê rebellevegters wat lojaal is aan die renegaat generaal Laurent Nkunda, word bygestaan deur tenks uit Rwanda wat hulle posisies uit grensheuwel posisies bestook. Die gevegte sentreer in 'n gebied ongeveer 30 kilometer van Goma af.

no deposit noФильчаков Харьков

Uitsette van olievelde krimp tog, bevind studie

Die eerste gesaghebbende openbare studie van die grootste olievelde toon dat uitsette van die wêreld se olievelde vinniger daal as wat voorheen verwag is.

Die Internasionale Energie Agentskap (IEA) sê in sy jaarverslag sonder ekstra beleggings om produksie op te stoot, is die natuurlike jaarlikse koers van daling in die uitset, 9.1 persent.

Die bevindinge wys dat die wêreld gaan sukkel om genoeg olie te produseer om te vergoed vir die daling in bestaande velde, soos die Noordsee, Rusland en Alaska, en om in die langtermyn aanbod te voorsien.

Die poging sal nog verder vererger soos pryse val en beleggingsbesluite vertraag word.

Die oliewaghond, die IEA, voorspel dat China, Indië en ander ontwikkelende lande se aanvraag beleggings van $360 biljoen tot 2030 gaan vereis. Olie se uitvoerende beamptes sê die daling sal nie in die volgende paar jaar gevoel word nie omdat die aanbod afneem, maar met die verwagte vertraging in beleggings sal die uiteindelike effek vergroot word.

Die IEA sê die toekomstige koers van daling in die uitset van produksievelde soos wat hulle ouer word, is die enkele beslissende faktor van hoeveel nuwe kapasiteit nodig sal wees om globaal te bou ten einde in die aanvraag te kan voorsien.

Die waghondorganisasie het gewaarsku dat die wêreld 'n "aansienlike toename in toekomstige beleggings sal moet sien gebeur" net om die huidige vlak van produksie te handhaaf.

Die IEA verwag dat olieverbruik in 2030 106.4 miljoen vate per dag gaan bereik – laer as verlede jaar se voorspelling van 116.3 miljoen vate per dag. Die projeksies kan laer hersien word omdat die IEA se verslag 'n maand gelede opgestel is, voordat die globale finansiële krisis vererger het na die ineenstorting van Lehman Brothers.

Al die verhogings in olie-aanbod tot 2030 kom van ontwikkelende lande terwyl die verbruik in ontwikkelde lande besig is om af te neem.

Die gevolg is dat ryk lande se aandeel in globale aanvraag vanaf verlede jaar se 59 persent, tot minder as die helfte van 2030 se totaal gaan daal. 

Dit is die duidelikste aanduiding nog dat die fokus van die industrie op die aanvraag – en nie net die aanbod nie- besig is om van die VSA, Europa en Japan na ontwikkelende lande te beweeg.   

millstreamДанильченко

Padwerke breek Telkomkabel

Telekommunikasiekabels na die Gautengse provinsiale wetgewer is deur padwerke gebreek, het die DA se Jack Bloom Woensdag gesê. Jack Bloom, lid van die provinsiale wetgewer, het gesê die kabels wat die wetgewer toegang tot die internet gee, werk sedert Maandag nie.

Dit beteken dat daar geen e-pos kommunikasie is na en van die wetgewer nie, wat baie nadelig inwerk op die organisasie.

Dit maak dinge moeilik as daar wetgewing is van die parlement wat provinsiale insette benodig.

Besighede in die omgewing word ook nadelig geraak, het Bloom gesê.

Telkom het klaarblyklik aan Bloom gesê dat die onderbreking nog verskeie dae kan aanhou.

“Dit is baie jammer en dui aan dat daar baie versigtiger gewerk sal moet word wanneer padwerke gedoen word”

Telkom kantore in Pretoria en in Ormonde, Johannesburg, het geen oproepe beantwoord nie.  

осушитель влагипрокурор харьковской области

DRK stuur af op nuwe humanit?re krisis

Duisende vlugtelinge het gister steeds na die oostelike dorp Goma in die Demokratiese Republiek van die Kongo gestroom terwyl Kongolese troepe en VN-vredestroepe soldate van die afvallige Tutsi-generaal Laurent Nkunda probeer stuit het.

 

Aanvalshelikopters en pantservoertuie van die Verenigde Nasies (VN) ondersteun rege­rings­troepe noord van Goma, hoofstad van die provinsie Noord-Kivu, terwyl Nkunda se Nasionale Kongres vir die Verdediging van die Volk na die dorp self opruk.

 

Die VN-vredesmissie in die land, MONUC,  sê die Nasionale Kongres het Maandag vyf vuurpyle gevuur op twee VN-troepedraers wat vlugtelinge beskerm.

 

Die hoof van die VN-vredesmissie, mnr. Alan Doss, het aan die BBC gesê die VN kon nie anders as om by die gevegte betrokke te raak nie. “Ons kan nie toelaat dat gemeenskappe bedreig word nie.”

 

MONUC het gesê sy helikopters het op Nasionale Kongres-stellings naby Kibumba, sowat 20 km noord van Goma, losgebrand.

 

Tienduisende burgerlikes het die afgelope paar dae gevlug weens die opmars van die rebelle na Goma.

 

Die goewerneur van Noord-Kivu, mnr. Julien Paluku, het aan die VN-ondersteunde Radio Okapi gesê ’n reuse- humanitêre ramp dreig. “Ons het meer as twee miljoen vlugtelinge in die provinsie. Hoeveel sterftes, hoeveel ontworteldes is nodig voordat die internasionale gemeenskap daadwerklik ingryp?” декоративный водопад купитьДанильченко Юрий Брониславович

SAOG-leiers moet Zim-dooiepunt oplos

Image“Afrikaleiers moet nou daadwerklike aksie neem om die dooiepunt tussen Zimbabwe se president, Robert Mugabe en opposisieleier Morgan Tsvangirai op te los” het Ban ki-Moon, die VN se sekretaris generaal op Woensdag gesê.

Beide leiers staan vas oor wie Zimbabwe se departement van binnelandse sake, wat die polisie beheer, gaan kry. Ten spyte van pogings om die krisis die week op te los in ‘n hoëvlak vergadering.

‘n Dringende vergadering van die 15 SAOG-lande is nou belê om die probleem aan te spreek.

“Nou dat die SAOG-leiers saamgeroep is, hoop ek dat die leiers, wat hulle verantwoordelikheid vir vrede en stabiliteit in die streek moet onthou, die nodige sterk aksie sal neem om die krisis op te los” het Ban aan verslaggewers gesê by ‘n VN-forum oor migrasie in Manilla.

Dit het te lank geneem, het hy verder gesê, met verwysing na die versoeke dat Mugabe moet instem tot magsdeling.

Die SAOG het die laaste 7 jaar probeer om Mugabe te oortuig om ‘n kompromis met Tsvangirai aan te gaan, maar die lede is erg verdeeld oor Zimbabwe.

Sommige leiers is sterk vennote van Mugabe, wat deur baie beskou word as ‘n held in die vryheidstryd, terwyl ander hom weer die skuld gee vir die land se ekonomiese ondergang, wat veroorsaak het dat miljoene Zimbabwiërs oor die grense gestroom het op soek na werk.     

arabian nights gameФильчаков прокурор

Pakistan kla oor Amerikaanse missielaanvalle

Pakistan se minster van buitelandse sake het die Amerikaanse ambassadeur ingeroep en gevra dat missielaanvalle op militante teikens in Pakistan se grens streke gestaak word.

‘n Verklaring van die ministerie wat Woensdag uitgereik is, het gesê dat die gesant ingeroep is, waarna daar aan hom duidelik gemaak is dat die Pakistanse regering die aanvalle ten sterkste veroordeel en dat dit onmiddellik moet staak.

Missielaanvalle deur die Amerikaanse weermag en CIA onbemande vliegtuie het in die laaste paar maande verhoog. Amerikaanse bevelvoerders het gekla dat die Pakistanse regering nie genoeg druk op militante binne sy gebied plaas nie.

Pakistan het gekla dat sy soewereiniteit deur die aanvalle geskaad word, en dat die aanvalle net die ekstremisme van die groepe verder aanblaas.    

купить пост подготовки к покраскеданильченко юрий брониславович прокурор