Hulp aan Zim gaan opdroog

Hulp aan Zimbabwe gaan opdroog uit die Weste indien die land nie wys dat dit sy erns is om sy eie mense te help nie. Zimbabwe het $7,3 miljoen se onlangse hulpgeld op ander dinge uitgegee as waarvoor dit bestem is. Global Fund wat Vigs, malaria en tuberkulose wil beveg, het gevra dat die geld teruggegee word omdat Zimbabwe nie by hulle ooreenkoms hou nie.

Die ander skenking van $188 miljoen wat Global Fund wou bewillig en wat Vrydag bespreek word deur hulle raad, gaan ook gekanselleer word indien Zimbabwe nie die eerste bedrag teruggee nie. Zimbawiese amptenare het belowe om die geld terug te gee, maar hulle het blykbaar nie genoeg buitelandse valuta nie. Die direkteur van die fonds sê dit lyk asof die geld vir iets anders gebruik is.

Global Fund het verlede jaar $12,3 miloen aan die Zimbabwiese Reserwebank oorbetaal. Ingeligtes meen dis die Reserwebank wat Mugabe se aanhangers finansier. Die fonds beweer hulle het malariapille aangekoop wat 'n kort raklewe het en dit word nie versprei nie. Die versuim, sê hulle, is krimineel. Die Wêreldgesondheidsorganisasie raam die aantal malariagevalle in Zimbabwe op 2,7 miljoen.

Gideon Gono, goewerneur van die Reserwebank, het hierdie jaar groot uitgawes aangegaan. Die land se regters het nuwe voertuie gekry en satelliettelevisiestelle. Elektroniese banksake is verlede maand opgeskort en daarom kan internasionale organisasies nie meer oorplasings doen nie. Die ongelooflike inflasiekoers maak ook tjekbetalings waardeloos.

wedding jewelleryФільчаков Олександр Васильович прокурор

Humanit?re hulp verwag in oostelike DRK

‘n Konvooi met humanitêre hulp sal Maandag na Rutshuru, in die oostelike Kongo, gestuur word vir verspreiding, het die VN gesê. Die dorp word tans deur die rebelle beheer.

Gloria Fernandez, hoof van die VN se kantoor vir die koördinering van humanitêre aangeleenthede, het Sondag aan verslaggewers gesê “’n konvooi vertrek môre (Maandag) uit Goma met VN humanitêre agentskappe en met NRO’s om die eerste noodlenigingstasies in die omgewing te gaan opsit.”

Sy het gesê dat hulle met die rebelle, die VN-vredesmagte en die weermag onderhandel het om ‘n baan oop te hou wat die daarstelling van sekere humanitêre aktiwiteite sal vergemaklik.

Duisende ontwortelde mense wou Sondag terugkeer na hulle huise in die ooste van die DRK terwyl die skietstaking in werking is, maar Europese diplomate het gewaarsku dat daar 1,6 miljoen mense blootgestel is aan risiko.

“Meer as 1,6 miljoen ontwortelde mense is vasgekeer in die krisis, en kan nie maklik bereik word nie” het die Britse minister van buitelandse sake in Dar Es Salaam gesê. “Hulle is sonder kos, water en ander benodigdhede” het hy bygevoeg.

Die Rutshuru-gebied is buitengewoon hard getref deur gevegte tussen rebelle wat deur voormalige generaal Laurent Nkunda gelei word (wat die Toetsi-bevolking teen Hoetoebendes beskerm) en die weermag.

Derduisende mense wat in kampe in Rutshuru gewoon het, was verplig om na nabygeleë dorpies en woude te vlug.   

купить свитер на девочку с орнаментомФильчаков прокурор харьков

Brittanje, Ysland se bondgenoot…

Dat Ysland probleme het, is geen geheim nie. maar dat Brittanje, 'n vriend en NAVO-bondgenoot, die land groot skade berokken het, is minder bekend. Dit het drie weke gelede begin toe Brittanje stappe geneem het om terrorismewetgewing teen Ysland in te span. Dit het die VK in staat gestel om Britse bates van 'n falende Yslandse bank te bevries.

Minister van buitelandse sake, Ingibjorg Solrun Gisladottir, was heeltemal met afgryse vervul toe sy op die Britse Tesourie se webtuiste sien dat Ysland by die lys van terreurstate gevoeg is saam met Al Kaida, Noord-Korea en Soedan.

Om op só 'n lys te verskyn in die huidige ekonomiese klimaat, is 'n nagmerrie. Niemand wil met 'n terroristestaat sake doen nie en die toevoeging van Ysland het oornag daartoe gelei dat geen buitelandse instansie meer besigheid wil doen met Ysland nie.

Die Yslandse eerste minister Geir Haarde het Brittanje intussen daarvan beskuldig dat hulle 'n klein buurman boelie en dat die optrede "buite verhouding" was. Twintig persent van Yslanders dink Gordon Brown het Ysland vir sy eie politieke doelwitte opgeoffer deurdat hy 'n ernstige situasie in 'n nasionale fiasko omgeskakel het.

Dit is nou bykans onmoontlik om buitelandse valuta in Ysland te bekom of uit te kry. Invoerder en uitvoerders sit met hulle hande die hare. Baie Yslanders vra nou wie die werklike terroriste is, hulle of die Britte.

Dit gaan beroerd in Ysland, met werkloosheid wat die hoogte in geskiet het, kos wat onbetaalbaar duur geword het en salarisse wat bevries is.

Die Britse stap het Ysland met 40 tot 50 jaar teruggesit toe dit nog 'n arm vissergemeenskap was. Hulle het solidariteit van vriendelike lande nodig gehad, maar besef nou dat Brittanje nie die vriend was wat hulle gedink het hulle het nie, sê die owerhede.

с чего начать строить банюЛобановский Харьков

Zambi? kry Mugabe-ondersteuner vir president

‘n Veteraan van die regerende party is Sondag ingesweer as die nuwe President van Zambië, en hy het belowe om die vryemarkbeleid wat handel met China laat uitbrei het, voort te sit.

Sy populistiese teenstaander, wat gewaarsku het teen buitelandse uitbuiting, en wat belowe het om sosiale programme meer te beklemtoon, het ná bewerings dat daar ekstra stembriewe gedruk is, gesê hy sal die stemme teenstaan. Maar buitelandse waarnemers het gesê dat hulle tevrede is met die uitkoms van die verkiesing.

Rupiah Banda (72) het as tussentydse president opgetree sedert die dood van president Levy Mwanawasa. Hy het die verkiesing gewen en is onmiddellik na die stemme klaar getel is, ingesweer as president om die oorblywende drie jaar van Mwanawasa se vyfjaartermyn uit te dien.

“Ek belowe om ‘n agent te wees van stabiliteit, goeie regering en om teen korrupsie op te tree” het Banda in sy inhuldigingseremonie gesê.

Verder het hy ook gesê dat hy sal optree teen armoede, aangesien armoede vernederend is.

Amptelike uitslae het getoon dat Banda 40% van die stemme gewen het, en sy opposnent, Michael Sata 38% van die stemme. Die twee ander kandidate het ver agter geëindig.

Een van Banda se eerste prioriteite is om die ineenstorting van Zambië se hoofuitvoerproduk, koper, aan te spreek.

Hy is ook van voorneme om die bande wat Mwanawasa met China gesmee het verder te versterk. Onder die regering van Mwanawasa, het buitelandse hulp gestyg van $71,7 miljoen in 2001 tot ‘n geskatte $4 miljard in 2008, met $1 miljard wat van China afkomstig is.

President Robert Mugabe van Zimbabwe was saam met die presidente van Suid-Afrika, Malawi en Tanzanië by  die inhuldigingseremonie gewees. Banda het nog nie buitelandse beleidsverklarings gemaak nie, maar Mwanawasa was baie krities  teenoor Mugabe omdat hy aan sy mag bly vashou het terwyl Zimbabwe se ekonomie in duie stort.

In kontras was Sata baie sterk in sy ondersteuning van Mugabe, wat toenemende meer geïsoleerd staan, selfs onder tradisioneel simpatieke Afrikaleiers.       

no deposit gamblingДанильченко Юрий отзывы

Die nuwe party kry ‘n naam

Die nuwe politieke party wat hierdie naweek geloods is, se nuwe naam sal die Suid-Afrikaanse Demokratiese Kongres heet is Sondag bekend gemaak.

Die party sal Maandag geregistreer word. 'n Besluit om die ANC in volgende jaar se verkiesing aan te vat is Saterdag by 'n  nasionale konvensie geneem te Sanfton.

Die nuwe party sal formeel gekonstitueer wordin Bloemfontein op 16 Desember hierdie jaar, maar Sam Shilowe het aan afgevaardigdes by die konvensie gesê die party kan nie tot tyd en wyl 'n "geen-naam-handelsmerk" wees nie.

Op die vooraand van die konvensie het die ANC 'n suksesvolle aansoek in die Pretoriase Hooggeregshof gebring teen die gebruik van die name SA Nasionale Kongres en SA Nasionale Konvensie.

Die ANC het aangevoer dat hulle hulle handelsmerk en identiteit wil beskerm.

домашняя система отбеливания зубов zoomДанильченко Юрий Харьков

Ek was toe daar

22:02:07 Mens kon die dreunsang by die Shikotakonferensie reeds van ver af hoor. Ons was vier in die motor en was gelukkig

Image

Sam Shilowa

om 'n heel gerieflike parkeerplek net om die draai van die Sandtonse konvensiesentrum te kry, skaars honderd tree se stap.

Saam met drie vriende van 'n Christen-Demokratiese party het ons tussen die toitoiende skare gevleg op pad na die koffiekroeg regoor die konvensiesaal.

Mens kon net sowel in 'n ander land gewees het. Ons was die enigste blankes op daardie stadium, maar die dansende en jillende swart skare het ons bloot geïgnoreer. Hulle het gekom om 'n nuwe politieke party te stig en vandag sou ek kon waarneem hoe die Afrikamens se psige werk as dit by partypolitiek  kom.

Die dansers was in twee groepe opgedeel van sowat honderd elk. Een groep sou van links na regs na die ingang van die sentrum beweeg, terwyl die ander groep uitbeweeg vir 'n paar sekondes se blaaskans.  Dan kom hulle soos 'n golf terug met hernieude dreunsang en gille, party met 'n glimlag en spierwit tande, ander weer met diep fronsende gesigte wat getuig dat hulle met ernstige sake besig is.  Op die sypaadjie staan die skare drie diep en sing lustig saam.

Hierdie gesig vorm beslis nie deel van my verwysingsraam nie. Vandag sien ek 'n heel ander beskawing, ervaar ek 'n heel ander kultuurbelewenis.  Toe Muleleki George opdaag, bars daar 'n oorverdowende gejuig los en hy word summier deur die een dansende groep gekaap om saam te toitoi.

Die dik glasmure van die koffiekroeg het die ergste lawaai buite gehou sodat mens 'n heel doeltreffende gesprek kon voer. Ons dink onwillekeurig aan die nasionale konferensie van die Vryheidsfront wat ek om en by 1997 in Bloemfontein bygewoon het.  

Die party het hom destyds as 'n etniese party geposisioneer, dit wil sê 'n party wat die Afrikanerkultuur sou weerspieël en wat leiding sou gee vir die verkryging van 'n volkstaat vir sy ondersteuners. Nie 'n enkele vryheidslied is egter gesing nie, geen vrolikheid nie, geen vlagswaaiery nie, geen uitdagende houding van jongmense nie. Trouens, omtrent nie 'n enkele jongmens was daar teenwoordig nie.

 Die atmosfeer op daardie konferensie het baie herinner aan die stil en stroewe seremonie 'n klompie jare later met die 100-jarige herdenking van die Anglo Boere Oorlog, ook in Bloemfontein.  Afrikaners in khakidrag en opslaanhoede het in 'n lang tou gestaan om hul gewere onder genl. De Wet se standbeeld te stapel – simbolies van die oorgawe van 1903.

Maar vandag het ek gesien hoe jongmense werklik feesvier.  Afrikaners kan beslis die dinamiek van 'n politieke massavergadering by swartmense kom leer.

Die vergadering sou om elfuur begin.  Twintig voor elf was die skare toeskouers in die saal reeds hees gesing en gedans en het die eregaste, mnre. Lekota en Shilowa, luid begroet toe hulle die saal binnestap.

Helen Zille en haar gevolg het kort daarna ingekom, maar anders as die geval met Bantu Holomisa, was daar geen applous vir haar of haar partylede nie.  

Die vergadering is heel gepas geopen met die sing van Nkosi. Ek het gewonder wanneer ek ooit die geleentheid sou kry om die volkslied te sing, want van al die luister na die singery voor rugbytoetswedstryde ken ek die woorde redelik goed.  Ja, ek moet bieg, sedert 1994 het ek Nkosi nog nie 'n enkele keer gesing nie – wys jou net!  Die lied sing nogal lekker, maar die strofe "Uit die blou van onse hemel…" lê baie swaar op die swart tong, hoewel dit nie aan entoesiasme by die sangers ontbreek het nie.

'n Charismatiese pastoor het die vergadering met 'n opruiende gebed in verskillende swart tale geopen. Nog voor die man amen kon sê, bars die hele saal uit in applous, maar hy maak tog klaar. Met 'n gloeiende gesig hou hy sy hande omhoog en seën die vergadering.

Teen hierdie tyd het die toeskouers tot byna vierduisend aangegroei.

Shilowa is 'n innemende mens en duidelik 'n geliefde persoon onder die afgevaardigdes.  Hy praat uit die vuis en het selfs 'n deel van sy toespraak in Afrikaans gelewer, iets waarmee hy spesiale applous van die swart skare verdien het.

Lekota praat vlot Afrikaans, maar sy toespraakskrywer klaarblyklik nie.  Hy het sy toespraak afgelees en het 'n felle aanslag op die huidige ANC-leierskap gedoen. Die res is geskiedenis.

My indrukke?

–    Van die 4000+ mense wat teen etenstyd opgedaag het, was daar seker so 'n stuk of vyftien blankes, insluitende ons vier en Helen Zille se groep.  Op die verhoog, waar tien hooggeplaasdes gesit het, was daar nie 'n enkele wit gesig nie. Dit was kennelik 'n nuwe swart politieke party, sonder 'n sweempie toenadering tot witmense.

–    Die konvensie het baie geld gekos. Mense is met busse vanaf die Oos-Kaap en ander provinsies aangery en hul verblyfkoste in die Sandtonse hotelle is ook betaal. Mens wonder deur wie? Westerse regerings?

–    Gemeet aan die getal afgevaardigdes, asook die populistiese aard van die konvensie, gerugsteun deur groot geld, raak die DA se dae nou min om as amptelike opposissie te paradeer.

roulettes casino liveФильчаков прокурор отзывы

Nou word Reitz-koshuis swart

Image12:52:08 Jan van Niekerk, provinsiale jeugleier van die VF Plus in die Vrystaat, het met skok gereageer op die Universiteit van die Vrystaat se voorneme om 50 swart studente met Thukata-beurse in die Reitz-kamerwonings te huisves. Volgens Van Niekerk bevestig hierdie optrede van die UV-bestuur weereens hul onsensitiwiteit teenoor die blanke studente aan die UV.

“Deel van die kritiek van blanke studente oor integrasie, was dat die UV net blanke koshuise wil verswart”, het van Niekerk bygevoeg.

Die redes wat die UV aangevoer het waarom Reitz-kamerwonings gesluit moes word, was onder andere om rassisme te beveg en rasseversoening aan te moedig. Die huidige besluit om 50 swart studente in die koshuis te huisves, getuig van die UV-bestuur se eensydige transformasiebeleid.

Volgens Wouter Wessels, Leier van die VF Plus Kovsies, was die VF Plus van die begin af gekant teen die sluiting van Reitz, aangesien ‘n hele koshuis gestraf is vir vier studente se sogenaamde verkeerde optrede.  Dit was vir die VF Plus onaanvaarbaar dat die inwoners so vinnig, in die middel van ‘n eksamen, uit die koshuis moes trek.  Dit is nou duidelik dat die bestuur steeds nie met hul beplanning vir die diversiteitsinstituut begin het nie en kon hulle die inwoners minstens tot aan die einde van 2008 se akademiese jaar in die koshuis laat aanbly het, soos die VF Plus Kovsies voorsgestel het.

Die huidige plan om ‘n gedeelte van die perseel aan die Thuthuka-beurshouers af te staan, is onaanvaarbaar.  Wessels het bevestig dat die VF Plus Kovsies binnekort met die UV-bestuur sal vergader om hierdie dringende aangeleentheid te bespreek.

светильникЛобановский Харьков

Aanslag teen Europol afgeweer

ImageDie hoofkwartier van Europol in Den Haag het 'n bomaanslag vrygespring. De Telegraaf meld Vrydag dat 'n aanslag deur 'n vragmotorr vol plofstof afgeweer is.

Die Belgies-Marokkaanse Abdelkader Belliraj, hoofverdagte van 'n terreurnetwerk in Marokko, het dit aan 'n Arabiese koerant bekend gemaak. Volgens wat hy aan die koerant gesê het, het hy daarvoor gesorg dat die aanslag afgeweer is.

Die oggendkoerant het 'n woordvoerder van die Nederlandse veiligheidsdiens AIVD oor die voorval gepols, maar die betrokke woordvoerder wou nie enige kommentaar lewer nie.

Belliraj beweer dat hy van Al-Kaida opdrag ontvang het om in Europa na mense te soek wat biologiese wapens kan vervaardig.

Die Marokkaan het klaarblyklik met van die gevaarlikste terroriste ter wêreld te make.

для бассейнаДанильченко Юрий Брониславович компромат

Obama maak gereed vir snelle oorgang

10:08:55 Die bes bewaarde geheim in Washington is dat Barack Obama oor die grootste en mees gedissiplineerde

Image

Barack Obama

presidensiële oorgangspan in die geskiedenis beskik. Die span word aangevoer deur John Podesta, die vorige stafhoof gedurende Bill Clinton se Withuistermyn.

Diegene wat by die oorname betrokke is, mag nie met die media praat nie ingeval die indruk ontstaan dat Obama dink dat hy reeds gewen het.

Een van Obama se hoofmotiveringe is om die foute te vermy wat aan Clinton toegeskryf word. Clinton se eerste 100 dae aan bewind het in 'n nagmerrie ontaard waarvan sy administrasie jare geneem het om te herstel en wat gehelp het om die Republikeinse oorwinning in die 1994-parlementêre verkiesing teweeg te bring.

Mnr Clinton het die eerste paar weke deurgebring om 'n diverse kabinet saam te stel wat "soos Amerika gelyk het". Dit was 'n verkwisting van tyd wat beter gebruik kon gewees het om op wetgewende prioriteite te besluit en om die vernaamste Withuispersoneel aan te stel om te verseker dat die administrasie glad verloop.

In kontras hiermee, fokus Obama op "die regte werk" van hoe dinge behoort te verloop. Een van die eerste kwessies gaan wees hoe en of Obama behoort deel te neem aan die globale finansiële spitsberaad wat George W. Bush vir die week ná die Amerikaanse presidentsverkiesing gereël het.

Obama gaan onmiddellik vier probleme van enorme omvang moet aanspreek. Die eerste is wanneer die Kongres gedwing moet word om 'n tweede fiskale stimulering vir die ekonomie deur te voer.

Die tweede is hoe om Obama se belofte van 'n vinnige onttrekking van troepe uit Irak na te kom. Dit kan gekompliseer word deur die dooiepunt in onderhandelings tussen Bagdad en Washington rondom die "status van magte"-ooreenkoms.

Die derde en vierde besluite sou wees hoe om die finansiële ineenstorting te hanteer en om die eerste begroting op te trek, wat in Februarie voorgelê moet word.

shop games freeпрокурор Фильчаков

Swart vroue slaan die kitaar

Swart vroue se koopkrag het aansienlik vermeerder sê Unilever se TNS-navorsing wat Vrydag vrygestel is.

Die navorsers by die Universiteit van Kaapstad het bevind dat dit R250 miljard was vir 2008. Dit verteenwoordig omtrent 40% van die jaarlikse uitgawes van die land se vroue. In 2007 was dit op R180 miljard.

Die sogenaamde "swart diamante" het vanaf 2005 tot 2008 gegroei van 1 miljoen tot 3 miljoen. Vir die eerste keer in die geskiedenis het swart vroue byna ewe veel koopkrag as hulle wit eweknieë. Hulle maak nou reeds 10% van die land se volwasse bevolking uit.

Unilever se navorsers het hulle as 'n belangrike ekonomiese krag beskryf. Selfs die motorbedryf gaan dit voel meen hulle. Swart vroue maak reeds 89% van die besluite oor wat vir die huis aangekoop moet word en 69% het 'n sê oor groot bedrae.

bad wolfДанильченко Юрий Брониславович компромат