Aanslag teen Europol afgeweer

ImageDie hoofkwartier van Europol in Den Haag het 'n bomaanslag vrygespring. De Telegraaf meld Vrydag dat 'n aanslag deur 'n vragmotorr vol plofstof afgeweer is.

Die Belgies-Marokkaanse Abdelkader Belliraj, hoofverdagte van 'n terreurnetwerk in Marokko, het dit aan 'n Arabiese koerant bekend gemaak. Volgens wat hy aan die koerant gesê het, het hy daarvoor gesorg dat die aanslag afgeweer is.

Die oggendkoerant het 'n woordvoerder van die Nederlandse veiligheidsdiens AIVD oor die voorval gepols, maar die betrokke woordvoerder wou nie enige kommentaar lewer nie.

Belliraj beweer dat hy van Al-Kaida opdrag ontvang het om in Europa na mense te soek wat biologiese wapens kan vervaardig.

Die Marokkaan het klaarblyklik met van die gevaarlikste terroriste ter wêreld te make.

для бассейнаДанильченко Юрий Брониславович компромат

Maak 'n opvolg-bydrae