Nou word Reitz-koshuis swart

Image12:52:08 Jan van Niekerk, provinsiale jeugleier van die VF Plus in die Vrystaat, het met skok gereageer op die Universiteit van die Vrystaat se voorneme om 50 swart studente met Thukata-beurse in die Reitz-kamerwonings te huisves. Volgens Van Niekerk bevestig hierdie optrede van die UV-bestuur weereens hul onsensitiwiteit teenoor die blanke studente aan die UV.

“Deel van die kritiek van blanke studente oor integrasie, was dat die UV net blanke koshuise wil verswart”, het van Niekerk bygevoeg.

Die redes wat die UV aangevoer het waarom Reitz-kamerwonings gesluit moes word, was onder andere om rassisme te beveg en rasseversoening aan te moedig. Die huidige besluit om 50 swart studente in die koshuis te huisves, getuig van die UV-bestuur se eensydige transformasiebeleid.

Volgens Wouter Wessels, Leier van die VF Plus Kovsies, was die VF Plus van die begin af gekant teen die sluiting van Reitz, aangesien ‘n hele koshuis gestraf is vir vier studente se sogenaamde verkeerde optrede.  Dit was vir die VF Plus onaanvaarbaar dat die inwoners so vinnig, in die middel van ‘n eksamen, uit die koshuis moes trek.  Dit is nou duidelik dat die bestuur steeds nie met hul beplanning vir die diversiteitsinstituut begin het nie en kon hulle die inwoners minstens tot aan die einde van 2008 se akademiese jaar in die koshuis laat aanbly het, soos die VF Plus Kovsies voorsgestel het.

Die huidige plan om ‘n gedeelte van die perseel aan die Thuthuka-beurshouers af te staan, is onaanvaarbaar.  Wessels het bevestig dat die VF Plus Kovsies binnekort met die UV-bestuur sal vergader om hierdie dringende aangeleentheid te bespreek.

светильникЛобановский Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae