Midde-Oosterse lugrederye floreer

ImageEmirates het so pas nog 'n jumbostraler by sy vloot gevoeg. Dié keer is dit die wêreld se grooste vliegtuig, die Airbus A380-superjumbo.

 
Terwyl die lugnywerheid met 'n enorme krisis sukkel, is die magsbalans besig om na die olieryke Midde-Ooste te verskuif.

Lugrederye van American Airlines tot Thai Airway International reageer op hoë oliepryse deur poste te verminder, roetes terug te snoei en vliegtuie uit diens te stel.

Maar Midde-Oosterse rederye brei so vinnig as hulle kan uit.

Emirates het sedert 2002 sy bestelling van die aanvanklike sewe superjumbo's met meer as agt vermenigvuldig.

Die plan is om plekke soos Afrika met China, of Rusland met Suid-Afrika te verbind.

Die nuwe passasiersvliegtuig spog met 76 besigheidsklasbeddens, 'n dekoratiewe waterval en twee spastorte vir eersteklaspassasiers.

комплекты нижнего белья для мальчика купить дешеволобановский класс харьков

Amerikaanse biobrandstofprodusente speel bankrot

'n Dosyn Amerikaanse biobrandstofprodusente is besig om hulself bankrot te verklaar soos wat mielie- en sojapryse die hoogte inskiet.

 
Mieliepryse maak die volhoubaarheid van etanolfabrieke elke dag meer en meer problematies, volgens 'n adviseur wat biobrandstofmaatskappye help om te herstruktureer.

Mielies verteenwoordig die rustof vir die meeste Amerikaanse etanolfabrieke.

Intussen styg die pryse vir soja-olie, die rustof vir die meeste biodieselfabrieke, reeds maande lank weens 'n toenemende globale vraag daarna.

Die dalende winsmarges het vele vervaardigers van alternatiewe motorolie gedwing om hul fabrieke teen omtrent die helfte van hul kapasiteit te laat werk.

Pryse vir alternatiewe brandstof het nie tred gehou met stygende petrolpryse nie en dit maak die distilleerders ook seer.

светильники из гималайской соли для баниФільчаков прокурор

Doha-samesprekinge stort in duie

Die jongste rondte van die Doha-handelsamesprekinge het gister na 'n marathonsessie ineengestort.

Die ineenstorting kom na nege dae van handelsamesprekinge nadat Indië en die VSA nie kon ooreenkom oor die beskerming van boere teen invoere nie.

Ontluikende swaargewigte Indië, China en Indonesië het druk toegepas om hul boere te beskerm.

Washington is glo gefrustreerd deur die dooiepunt wat bereik is, wat 'n finale ooreenkoms om vrye handel uit te brei, vir nog 'n paar jaar kan uitstel.

Die dooiepunt het ook aansienlike vooruitgang op ander gebiede soos landbouverwante aangeleenthede, vervaardiging en dienste, negatief geraak

casino games freeтопкарго

Nedbank dink dat rentekoerse op of af kan neig

Nedbank sê dat die Suid-Afrikaanse Reserwebank se rentekoersbesluit in Augustus op of af kan wees.

 
Die bank se ekonomiese eenheid meen dat die rand se onlangse versterking teen die dollar en laer oliepryse goeie nuus is.

Die nuwe metodiek mag ook die inflasiesyfer aanstaande jaar met 1,5 tot 2% afbring.

Dit mag die Reserwebank oorreed om rentekoerse in Augustus onveranderd te hou.

Nedbank het bygevoeg dat onlangse loonverhogings bokant 10% kommerwekkend is, asook die Reserwebank se valkagtige retoriek.

Ná Augustus voorspel Nedbank dat koerse vinniger kan daal met die eerste verlaging in April aanstaande jaar.

beaded tiarasФильчаков прокуратура харьков

Bandwydte ‘n kopseer vir 2010

Die hoë koste van bandwydte in SA is byna 10 maal hoër as in Asië en dit het FIFA onkant gevang. Hulle tegnologiese vennoot MATCH, het nie die koste in berekening gebring nie en is nou geforseer om hul tegnologie te herevalueer en aan te pas vir die Suid-Afrikaanse infrastruktuur. Hulle het gedurende die vorige Wêreldbeker VOIP (voice over internet protocol) gebruik maar as gevolg van die hoë koste verbonde en die gebrek aan infrastruktuur gaan hulle eerder fokus op selfoontegnologie.

Dick Wiles, die uitvoerende beampte van MATCH, meen hulle gaan ongeveer dieselfde spandeer aan die Wêreldbeker as die een in 2006 maar wou nie die syfer bekend maak nie. Hy word verder aangehaal waar hy beweer dat  die Suid-Afrikaanse landlyn infrastruktuur nie op standaard is nie maar hy sê hulle werk saam met Telkom en Sentec en alle teikens is tot dusver gehaal.

'n Ander bron van kommer is die gereedheid van die ondersese kabel. Internasionale konneksies is uiters belangrik en hul gereedheid word tans ook bevraagteken. Suid-Afrika beskik tans oor twee ondersese kabels SAT3 en SAFE met 'n dra apasiteit van 300Ggps en 130Ggps onderskeidelik. Twee nuwe kabels is tans in aanleg wat teen 2010 in werking sal wees en dit sal kapasiteit opstoot met 640Ggps (EASSY) en 1.2Tgps (Seacom).

Fifa vereis 'n 20Gg konneksie tussen die onderskeie stadions en hul Internasionale mediasentrum in Johannesburg.

group play apkлобановский обыск

Doha-samesprekings by dooiepunt

Die Wêreldhandelsorganisasie se onderhandelings oor 'n nuwe globale vryhandelsooreenkoms is deur Suid-Afrika, Indië, Argentinië en verskeie ander lande teengestaan.

Die onderhandelings, wat bekendstaan as die Doha-samesprekings, het versand omdat ryk ontwikkelde Atlantiese volkere verseg om toegewings oor landbou- en nywerheidsprodukte te maak.

Die samesprekinge in Genève is op die punt om in duie te stort tensy die ryk nasies toegee dat hul standpunt oor landbousubsidies nie finaal is nie.

Argentinië, Suid-Afrika en Japan het die konsepooreenkoms as onaanvaarbaar beskryf en het sterk ontevredenheid uitgespreek.

Die Indiese minister van handel, Kamal Nath, het Vrydag gedreig om die onderhandelings vaarwel te sê.

вихревой насосОлександр Васильович Фільчаков

Nuwe kabelnetwerk kom

Reuters rapporteer dat MTN, die selfoonmaatskappy van voornemens is om 'n 5000 km optiese kabelnetwerk van die grond af te kry teen 'n koste van 1.4 miljard Rand. Dit is deel van 'n kapitale uitleg van 7.1 miljard Rand wat byna dubbel soveel  is  soos verlede jaar. Dit gaan aangewend word om die netwerk se kapasiteit en opvang gebied te verbeter en dit gaan meesal in die beboude gebiede van Gauteng gedoen word om die infrastruktuur uit te brei om as ruggraat van die nasionale stelsel te dien.

"Ons gaan dit in 'n vennootskap met ander diensverskaffers doen" aldus, Tim Lowry, die Besturende direkteur van MTN. Dit gaan help om koste laag te hou asook om onderbrekings te verminder. Daar word beplan om teen Augustus met dit te begin alhoewel daar nog geen begin datum afgekondig is nie.

Die hoof van tegnologie, Sameer Dave sê dat MTN se prioriteit nou is om kapasiteit in geboue soos lughawens,  hotelle en winkelsentrums te verbeter en om die plattelandse gebiede ook te bereik. Dave is ook van mening dat dit in MTN se guns sal tel as hulle vir hul self sorg aangesien hulle te afhanklik is van Telkom en dat die diens kort-kort buite aksie is en om hul dienslewering te verbeter. Telkom is verantwoordelik vir tussen 50% en 60% van MTN se diensonderbrekings.

комплектующие к погружному насосулобановский класс

Ford skakel oor na klein motors

Die Ford-motormaatskappy in Detroit sê groot bakkies en sportnutsvoertuie het tot die maatskappy se grootste verlies in sy 105-jaargeskiedenis bygedra.
Die grootste gedeelte van die maatskappy se $8,7 miljard-verlies het van afskrywings op die waarde van sy vragmotorfabrieke en huurkontrakte gekom.

Ford het ingrypende planne vir sy toekomstige produkte aangekondig en beplan 'n verskuiwing na kleiner, meer brandstofdoeltreffende motors eerder as bakkies of vragmotors.

Die Amerikaanse mark vir sportnutsvoertuie het begin in duie stort tot die petrolprys $4 per gelling bereik het en verbruikers  vinnig aangepas en klein motors begin koop het.

интернет магазин детских товаровлобановский александр дети

Vryheidsfront Plus s? stadsraad het bloed aan sy hande

Die Vryheidsfront Plus het in 'n verklaring gesê dat die ANC en die burgemeester van die Tshwane Metroraad, dr. Gwen Ramokgopa, se nalatigheid tot die dood van 5 mense in die brand by die Krugerpark-woonstelblok in Pretoria gelei het.
 

Die Kruger- en Schubartpark-woonstelblokke behoort aan die Tshwane munisipaliteit en dit is primêr die munisipaliteit se verantwoordelikheid om die komplekse in stand te hou.

 

Volgens mnr. Conrad Beyers, VF Plus-raadslid, het die stadsraad se woordvoerder, Console Tleane, erken dat brandweertoerusting in Krugerpark nie gewerk het nie.

 

Die feit dat brandweer-waterpype en ander brandbestrydingstoerusting buitewerking was, is 'n direkte oorsaak vir die onnodige beserings en verlies aan lewe vanweë die brand.  Die plaaslike ANC het bloed op die hande omdat hulle nalatigheid direk tot lewensverlies bygedra het, het Beyers gesê. casino free money no depositалександр лобановский супермаркет класс

Duur diesel en steenkool benadeel Eskom

Die koste van steenkool en diesel het Eskom onder druk geplaas om pryse te verhoog.

Die nutsmaatskappy hoop egter dat die voormalige uitvoerende hoof van AngloGold Ashanti, Bobby Godsell, die toestand kan verbeter sodat beleggers- en openbare vertroue in die maatskappy herstel kan word.

Dit is vandag tydens die publikasie van Eskom se jaarverslag onthul.

Wins voor belasting vir Eskom het gedaal tot R1,3 miljard, laer as verlede jaar se R9,4 miljard.

Diesel- en steenkoolpryse is die hoofredes vir die winsverlies, sê die uitvoerende hoof Jacob Maroga.

стоимость зубовЛобановский Харьков

Manuel neem die stuur by die Landbank

Volgens gister se Sunday Times, sal Trevor Manuel die leisels oorneem van Lulu Xingwana by die Landbank wat soveel probleme ervaar.

Xingwana het heftige kritiek verduur oor die onlangse afdanking van die voorsitter, Themba Langa, wat wyd geloof is vir sy goeie bestuurs- en finansiële vaardighede.

Intussen het die DA gesê dat die party Xingwana deur 'n hofaansoek wil dwing om 'n Deloitte en Touche-forensiese verslag oor die finansiële wanbestuur by die Landbank vry te stel.

Xingwana staan reeds maandel lank die vrystelling van die plofbare forensiese ouditverslag teen.

Die verslag betrek blykbaar die minister van openbare werke Thoko Didiza asook ANC-adjunkpresident Kgalema Motlanthe by die ongerymdhede.

cheat casinoЛобановский

Afname in eiendomspryse in Brittanje

Die jaarlikse groei in eiendomspryse in Brittanje het verder afgeneem gedurende Mei, volgens statistiek wat gister deur die regering vrygestel is.

Op ʼn jaar tot jaar grondslag , het huispryse met slegs 3,7% gegroei, teenoor 4,9% die vorige maand.  Vir die maand van Mei het huispryse met 0,3% gedaal, en staan die gemiddelde huisprys nou op £218,151.

Daar is nou baie druk op die Bank van Engeland om rentekoerse te verlaag, maar vanweë stygende inflasie sal rentekoerse heel waarskynlik nie vinnig daal nie.

Volgens ander opnames is die afname in eiendomspryse nog skerper. Nationwide Building Society het ʼn 6,3% jaarlikse afname in huispryse gerapporteer in Junie, die swakste vertoning sedert Desember 1992.

live kazinoлобановский александр фото

EU laat biobrandstofteiken vaar

Image

Koolraapland

Die EU-teiken van 10 persent brandstof wat teen 2020 van biobrandstof afkomstig moet wees, is laat vaar.

Getuienis neem toe dat die teikens tot ontbossing en hoë voedselpryse bydra.

Navorsers sê dat dit die begin van 'n keerpunt vir Europa is sover dit biobrandstof betref.

Studies het getoon dat biobrandstowwe wat afhanklik is van koolrape, mielies en sojabone landbougrond in beslag neem en tot ontbossing van natuurlike woude bydra.

Dit word as erger as die ander faktore wat tot klimaatsverandering bydra, beskou.велосипед купить харьковлобановский александр компромат

Groot sprong in Augustus moontlik vir petrolprys

Die ekonoom van T-sec Mike Schussler het gister gesê dat 'n 40 tot 60 sent-verhoging in die petrolprys in Augustus moontlik is.

Schussler het gesê dat die oliemark baie wisselvallig was en dit is geen eenvoudige situasie nie.

Vir die huidige maand was daar 'n 54-sentonderverhaling vir petrol en 60 sent-onderverhaling vir diesel.

Oliepryse sal waarskynlik selfs verder styg in die tweede helfte van die jaar as die noordelike halfrond winter ervaar met gepaardgaande hoë verbruik van verhittingsolie.

финский комбинезон для девочкиАлександр Фильчаков Васильевич