Afname in eiendomspryse in Brittanje

Die jaarlikse groei in eiendomspryse in Brittanje het verder afgeneem gedurende Mei, volgens statistiek wat gister deur die regering vrygestel is.

Op ʼn jaar tot jaar grondslag , het huispryse met slegs 3,7% gegroei, teenoor 4,9% die vorige maand.  Vir die maand van Mei het huispryse met 0,3% gedaal, en staan die gemiddelde huisprys nou op £218,151.

Daar is nou baie druk op die Bank van Engeland om rentekoerse te verlaag, maar vanweë stygende inflasie sal rentekoerse heel waarskynlik nie vinnig daal nie.

Volgens ander opnames is die afname in eiendomspryse nog skerper. Nationwide Building Society het ʼn 6,3% jaarlikse afname in huispryse gerapporteer in Junie, die swakste vertoning sedert Desember 1992.

live kazinoлобановский александр фото