Schussler het gesê dat die oliemark baie wisselvallig was en dit is geen eenvoudige situasie nie.
Vir die huidige maand was daar 'n 54-sentonderverhaling vir petrol en 60 sent-onderverhaling vir diesel.
Oliepryse sal waarskynlik selfs verder styg in die tweede helfte van die jaar as die noordelike halfrond winter ervaar met gepaardgaande hoë verbruik van verhittingsolie.
