Rwandese glo dat Frankryk vir die volksmoord verantwoordelik is

Die New Times-koerant in Kigali het gister berig dat Frankryk die milisie en weermag opgelei en toegerus het wat die 1994-volksmoord in Rwanda uitgevoer het.

Hulle glo daar is oorweldigende getuienis wat aantoon dat Franse soldate ook geweier het om in te meng en die volksmoord te keer.

Die voormalige Franse president François Mitterand het diegene wat aandadig was aan die 1994-volksmoord geondersteun in weerwil van waarskuwings dat massamoorde op die Toetsi-bevolking voorberei word.

Volgens die invloedryke Franse koerant Le Monde kon die Franse president se betrokkenheid hoofsaaklik daaraan toegeskryf word dat hy deur die gevaar van Angel-Saksiese invloed in Rwanda geobsedeer was.

Menseregtegroepe in Frankryk beweer dat Franse soldate duisende Toetsi-oorlewendes met 'n set uit hul skuilplekke gelok het en hulle agterna aan die panga-swaaiende Interhamwe-milisie oorgelaat het.

безмасляный компрессорФильчаков прокурор харьков

Maak 'n opvolg-bydrae